{"id":25506,"date":"2014-07-01T08:59:07","date_gmt":"2014-07-01T06:59:07","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25506"},"modified":"2014-07-01T09:47:52","modified_gmt":"2014-07-01T07:47:52","slug":"bnp-paribas-betaal-boete-van-9-miljard","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25506","title":{"rendered":"BNP Paribas betaal boete van $9 miljard"},"content":{"rendered":"<div>Soos daar verwag is, word die Franse bank BNP Paribas met $8,9 miljard (ongeveer R100 000 000 000) deur die Amerikaanse regering beboet. Die aankondiging is gisteraand deur die kantoor van die prokureurgeneraal van New York-staat gemaak. &#8216;n Advokaat van die Franse bank het in die hof skuldig gepleit op aanklagte van vervalsing van handelsdokumente en sameswering. Een van die aanklaers het verklaar dat BNP Paribas aandadig was aan &#8216;n &#8220;langtermynsameswering&#8221; wat in &#8220;verskeie jurisdiksies&#8221; plaasgevind het en die Amerikaanse sanksies teen die Soedan, Kuba en Iran oortree het.&#8217;Fout is gemaak&#8217;Mnr. Jean-Laurant Bonnaf\u00e9, die algemene direkteur van die bank, het Vrydag reeds die werknemers van die bank in &#8216;n memorandum op die ergste voorberei. &#8220;Ek wil dit duidelik stel: ons sal swaar gestraf word. Omdat daar wanbestuur was en foute gemaak is.&#8221;<\/p>\n<p>Die Amerikaanse ondersoekers het vasgestel dat die bank transaksies ter waarde van 30 miljard dollar uitgevoer en weggesteek het, hoofsaaklik by sy filiaal in Gen\u00e8ve, Switserland. Die transaksies het handel in ru-olie met die lande behels.Omdat die ru-oliemark in dollar verhandel, moes BNP Paribas hom herfinansier by die Federale Reserwebank in New York, daarom ag die Amerikaanse departement van justisie dit as sou die transaksies oor sy grondgebied &#8220;beweeg&#8221; het en behoort die federale wet eerbiedig te gewees het, selfs al was die betalings nie onwettig daar waar hulle plaasgevind het nie: n\u00f3g Frankryk, n\u00f3g Switserland het tydens di\u00e9 periode enige sanksies teen die Soedan, Iran of Kuba toegepas.Ander Europese banke was reeds die slagoffers van sogenaamde &#8220;dollar-imperialisme&#8221;. In 2012 moes die Nederlandse bank ING &#8216;n boete van $619 miljoen betaal omdat hy transaksies in dollar met Libiese, Birmaanse, Iranese en Kubaanse kli\u00ebnte aangegaan het. Maar dit was nie naastenby so hoog soos die byna $10 miljard wat van BNP Paribas verlang word nie. Die Franse bank word swaarder as die ander gestraf omdat die bedrae groter was, asook omdat hy nie di\u00e9 winsgewende handel gestaak het nadat hy deur die Amerikaners in kennis gestel is dat dit onwettig was nie.<\/p>\n<p>&#8216;Goeie nuus vir ons kli\u00ebnte&#8217;<\/p>\n<p>Vir Bonnaf\u00e9 is die ooreenkoms wat daar met die Amerikaanse regering bereik is, &#8220;goeie nuus vir al ons spanne en vir ons kli\u00ebnte aangesien dit die onsekerheid wat op ons groep gerus het, uit die weg ruim&#8221;.<\/p>\n<p>Die reuseboete sal nie tot die bankrotskap van die bank lei nie, aangesien dit min of meer &#8216;n jaar se winste verteenwoordig, maar dit gaan tog die solvensie en kapitaalsterkte van die bank raak. Sy verhoudings met institusionele beleggers mag ook in die gedrang kom. Sekere pensioenfondse mag nie in maatskappy bel\u00ea wat teenoor die Amerikaanse gereg skuldig gepleit het nie. Dit was juis di\u00e9 verhoudings waaroor daar nog ter elfder ure onderhandel is.<\/p>\n<p>Buiten die boete, word BNP Paribas verbied om sekere transaksies in dollar uit te voer. Die bank sal vir een jaar nie handel in dollar mag dryf sover dit ru-olie en gas betref nie. Hierdie strafmaatre\u00ebl sal in Januarie 2015 in werking tree. Intussen sal die bank tyd h\u00ea om alternatiewe re\u00eblings te tref deur byvoorbeeld &#8216;n ander bank te kry wat as tussenganger vir sulke transaksies kan optree.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soos daar verwag is, word die Franse bank BNP Paribas met $8,9 miljard (ongeveer R100 000 000 000) deur die Amerikaanse regering beboet. Die aankondiging is gisteraand deur die kantoor van die prokureurgeneraal van New York-staat gemaak. &#8216;n Advokaat van die Franse bank het in die hof skuldig gepleit op aanklagte van vervalsing van handelsdokumente &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=25506\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;BNP Paribas betaal boete van $9 miljard&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5,85],"tags":[16437,15377,4988,17139,4970,12466,4125,2260,2848],"class_list":["post-25506","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","category-c76-sake","tag-bnp-paribas","tag-boete","tag-gas","tag-ing","tag-iran","tag-kuba","tag-ru-olie","tag-soedan","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25506","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25506"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25506\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25506"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25506"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25506"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}