{"id":255,"date":"2007-03-31T09:03:04","date_gmt":"2007-03-31T09:03:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=255"},"modified":"2007-03-31T09:03:04","modified_gmt":"2007-03-31T09:03:04","slug":"jode-het-geen-toekoms-onder-multikulti","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=255","title":{"rendered":"&#8216;Jode het geen toekoms onder multikulti&#8217;"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;In Frankryk heers daar &lsquo;n stryd tussen die bourgeoisie en die immigrante, en wie ook al enigiets teen die immigrante s&ecirc;, word as &lsquo;n rassis beskou,&rdquo; het Finkelkraut voortgegaan. &ldquo;Die Christendom word aanmekaar aangeval, maar dis verbode om enigietys negatiefs oor Islam kwyt te raak, want dis &lsquo;n godsdiens van onderdruktes en indien u dit sou kritiseer, is dit omdat u &lsquo;n rassis is.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens <em>Haaretz<\/em>, wou Alain Finkielkraut nie onthul vir wie hy in die komende Franse presidentsverkiesing gaan stem nie. Die sukses van mnr. Sarkozy, het hy beklemtoon, &ldquo;vloei daaruit dat hy geen sin vir politieke korrektheid het nie&rdquo;, &lsquo;n begrip wat die filosoof as &ldquo;die weiering om die feite te aanvaar&rdquo; definieer. Die probleem is egter dat &ldquo;hy deur Links, en nou deur die sentriste, as &lsquo;n fascis beskryf word. Hy sal hetsy as gevolg daarvan verkies word, hetsy om dieselfde rede verslaan word,&rdquo; meen hy.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In November 2005 het &lsquo;n lang onderhoud met Alain Finkielkraut wat insgelyks in die sentrum-linkse Israelse dagblad gepubliseer is, &lsquo;n storm ontketen weens uitlatings wat op di&eacute; stadium as &ldquo;rassisties&rdquo; beskou is. &ldquo;Hulle vertel ons dat die Franse sokkerspan &lsquo;n re&euml;nboog is&hellip; Trouens, die hele span is vandag net swart, iets wat die hele Europa laat grinnik,&rdquo; het hy in 2005 ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar dis sy ontleding van die onluste in die Paryse voorstede wat opspraak verwek het: &ldquo;Daar is ges&ecirc; dat die onluste te wyte was aan hul maatskaplike omstandighede en dat ons daarin &lsquo;n opstand van jongmense teen diskriminasie en werkloosheid moes sien. Die probleem is dat die meeste swart of Arabies is, met &lsquo;n Moslem-identiteit&hellip; Dis duidelik dat ons hier met &lsquo;n opstand van &lsquo;n etnies-religieuse aard te make het.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hy het destyds die &ldquo;koel mense&rdquo; kwalik geneem vir hul verdraagsaamheid en engelagtigheid jeens die &ldquo;nuwe verworpenes van die aarde&rdquo;, soos die swart nasionalis Frantz Fanon se beroemde boek heet. Volgens Finkielkraut in 2005, &ldquo;is daar hartstogtelike haatspraak teen die hele Frankryk. Al hierdie haat en geweld kom in die onluste na vore. Om die onluste as &lsquo;n reaksie jeens Franse rassisme te beskou, is om jouself blind te hou vir &lsquo;n veel groter haat: die haat vir die Weste, die Weste wat beskou word as enigste skuldige aan alle misdaad.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Verbeel u dat dit Blankes was soos in Rostock in Duitsland,&rdquo; het die filosoof vervolg. &ldquo;Onmiddellik sou elkeen s&ecirc;: fascisme sal nie toegelaat word nie! As &lsquo;n Arabier &lsquo;n skool afbrand, is dit protes. As &lsquo;n Blanke dit doen, is dit fascisme. Ek is kleurblind. Boosheid is boosheid, ongeag kleur. En di&eacute; boosheid is, vir die Jood wat ek is, geheel en al ontoelaatbaar.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Na die storm wat sy woorde veroorsaak het, het die filosoof om verskoning gevra en gemeen dat hy &ldquo;die slagoffer van &lsquo;n enorme misverstand&rdquo; was en beklemtoon dat di&eacute; verklarings &ldquo;&rsquo;n sameflansing was wat nie eie aan hom was nie&rdquo;.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/en\/blog\/the-best-email-marketing\">social media<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/finkielkraut3.JPG\" width=\"193\" height=\"104\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Alain Finkielkraut<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Die bekende Paryse filosoof en meningsvormer, Alain Finkelkraut, was verlede week in Israel om die Hebreeuse vertaling van sy boek <em>L&rsquo;avenir d&rsquo;une n&eacute;gation<\/em> (Die toekoms van &lsquo;n ontkenning, 1982) bekend te stel. In Woensdag 28 Maart se uitgawe van die Israelse dagblad <em>Haaretz <\/em>word daar verslag gedoen oor sy betoog voor &lsquo;n uitgesoekte groep plaaslike politici en intellektuele wat deur die Instituut vir politieke beplanning vir die Joodse volk (IPBJV) gere&euml;l is.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Die Franse Jode (waarvan daar 700 000 is &ndash; redakteur) het slegs &lsquo;n toekoms indien Frankryk &lsquo;n nasie bly; daar is geen moontlike toekoms vir Jode in &lsquo;n multikulturele samelewing nie, want die mag van die anti-Joodse groepe sal moontlik groter wees,&rdquo; het hy volgens die Israelse koerant ges&ecirc;.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[392,21089,173],"class_list":["post-255","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-jode-het-geen-toekoms-onder-multikulti","tag-nuus","tag-select-category"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/255","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=255"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/255\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=255"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=255"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=255"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}