{"id":25499,"date":"2014-07-01T07:59:33","date_gmt":"2014-07-01T05:59:33","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25499"},"modified":"2014-07-01T09:48:08","modified_gmt":"2014-07-01T07:48:08","slug":"beeld-redakteur-prys-atkv-vir-sy-multikulturele-afrikaans","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25499","title":{"rendered":"Beeld-redakteur prys ATKV vir sy multikulturele Afrikaans"},"content":{"rendered":"<div class=\"article_widget textblock pos-fill\" id=\"widget_53b2456e729d1\">\n<div class=\"text_block\">\n<p>Nadat Beeld vanjaar &#8216;n veldtog teen die laaste Afrikaanse kampus, di\u00e9 van die Noordwes-universiteit te Potchefstroom, gevoer het, vind die redakteur, Adriaan Basson, dit Saterdag goed om die ATKV te loof vir sy bevordering van multikulturele Afrikaans.<\/p>\n<p>Hier volg &#8216;n uittreksel uit Adriaan Basson se rubriek:<\/p>\n<h3>Die stille sukses van die ATKV<\/h3>\n<p>&#8220;Terwyl die taalvure opnuut brand, is daar \u2019n organisasie wat stil-stil waarskynlik meer vir Afrikaans doen as al die ander saam.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is nie \u2019n organisasie wat groot politieke uitsprake maak of mense bangpraat of valse propaganda links en regs versprei nie. Hulle bou eerder. Hulle vernietig grense en neem Afrikaans na nuwe plekke en monde.<\/p>\n<p>&#8220;&#8216;Trots Suid-Afrikaans in Afrikaans&#8217; is nie verniet hul leuse nie.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het hierdie week weer aan die ATKV gedink toe ek met Marno Swart en Mericia Els van die Ho\u00ebrskool Waterkloof gepraat het oor hul deelname aan vanjaar se ATKV-debats- kompetisie. Ek het met nostalgie teruggedink aan my eie deelname aan die einste kompetisie, asook die ATKV se redenaars- en tienertoneelkompetisies.<\/p>\n<p>&#8220;Ek onthou die opwinding as die ATKV die jaar se onderwerpe vir redenaars bekend gemaak het. Die spoeg het gespat as ons klomp puisiegesigte losgetrek het oor \u201cgrense\u201d, \u201cdie toekoms van Afrikaans\u201d of \u201cdie rol van geloof\u201d.<\/p>\n<p>&#8220;En ek onthou die strawwe mededinging van die toneelkompetisie en hoe ongelooflik ernstig ons onsself en ons eie toneelstukke opgeneem het. Maar: Dit het ons verhoogervaring gegee en geleer hoe om voor mense te praat. Dit het ons selfbeelde gebou en ons blootstelling gegee aan mense wat nie soos ons lyk of klink nie.<\/p>\n<p>&#8220;Ek kon hoor in Marno en Mericia se stemme hoe ernstig hulle die debat beskou en hoe goed voorbereid hulle was.<\/p>\n<p>&#8220;En ek het gedink: wat \u2019n puik inisiatief! En gewonder: S\u00ea mense ooit vir die ATKV dankie vir wat hulle vir ons mense en veral ons kinders doen?<\/p>\n<p>&#8220;Daar is nie \u2019n ATKV in Zoeloe of Sotho of Xhosa nie. Dis jammer. Hierdie taalgroepe kan gerus by Japie Gouws en sy span leer hoe om \u2019n inklusiewe, dinamiese organisasie te bou wat hom veral toespits op die ontwikkeling van ons jongmense.<\/p>\n<\/div>\n<\/div>\n<div class=\"text_block\">\n<p>&#8220;Die ATKV maak Afrikaans cool en bevorder die taal, eerder as om alewig die taal te wil beskerm teen een of ander verbeelde gevaar.<\/p>\n<p>&#8220;Luister \u2019n bietjie na hul lys van projekte: Applous, Korekompetisie, Liedjieslypskool, Filmfundi, Jeugberaad, Leierskapsontwikkeling, Muziq, Rieldans, Universiteites\u00ear, Tienertoneel, Debat, Leesprojek, Olimpiade, Redenaars, Meertaligheid, Onderwyskopskuif en Handevat. En dis maar net \u2019n paar.<\/p>\n<p>&#8220;Onlangs is ek genooi na \u2019n geselligheid van die ATKV op die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Soweto-kampus. Ek kon ongelukkig nie gaan nie.<\/p>\n<p>&#8220;Die volgende dag skryf my kollega Pauli van Wyk in Beeld: &#8216;Afrikaans sal volgende jaar die eerste keer op die UJ se Soweto-kampus gedoseer word.&#8217; Ek val amper van my stoel af.<\/p>\n<p>&#8220;Hier sit en wroeg ons alweer (sic) oor Afrikaans se voortbestaan en in Soweto groei die taal.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">* * *<\/p>\n<p>Intussen het dit n\u00f3g moeiliker geraak om Beeld aanlyn te lees. Tot dusver kon &#8216;n mens die koerant lees deur die koekies van jou blaaier af te skakel, maar blykbaar is di\u00e9 skuiwergat nou toegemaak want &#8216;n mens ontvang nou &#8216;n boodskap wat jou verplig om die koekies aan te skakel. Beeld weet ook nie wat die Afrikaanse woord vir &#8216;n &#8220;cookie&#8221; is nie en gebruik dit op Engels.<\/p>\n<p>Naspers, die eienaars van Beeld, het volgens &#8216;n onlangse aankondiging R7,5 miljard se kontant aan nuwe e-handel-webblaaie bestee waaruit hy blykbaar nog geen sent wins gemaak het nie, maar kan nie sy Afrikaanse dagblaaie vir lesers dwarsoor die w\u00eareld beskikbaar maak nie.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nadat Beeld vanjaar &#8216;n veldtog teen die laaste Afrikaanse kampus, di\u00e9 van die Noordwes-universiteit te Potchefstroom, gevoer het, vind die redakteur, Adriaan Basson, dit Saterdag goed om die ATKV te loof vir sy bevordering van multikulturele Afrikaans. Hier volg &#8216;n uittreksel uit Adriaan Basson se rubriek: Die stille sukses van die ATKV &#8220;Terwyl die taalvure &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=25499\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Beeld-redakteur prys ATKV vir sy multikulturele Afrikaans&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[12029,167,9970,3377],"class_list":["post-25499","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-adriaan-basson","tag-afrikaans","tag-atkv","tag-beeld"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25499","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25499"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25499\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25499"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25499"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25499"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}