{"id":25489,"date":"2014-06-30T10:24:36","date_gmt":"2014-06-30T08:24:36","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25489"},"modified":"2014-06-30T10:27:20","modified_gmt":"2014-06-30T08:27:20","slug":"362-jaar-van-voorbereiding-vir-n-oorname","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25489","title":{"rendered":"362 jaar van voorbereiding vir \u2018n oorname"},"content":{"rendered":"<p>Verstommend is die feit dat swartmense in SA, na die persepsie van die w\u00eareld, vir 362 jaar sedert 1652 deur blankes onderdruk is, maar dat swartes in 1993 bevoeg geag is om oor die lotgevalle van \u2018n Westers geori\u00ebnteerde samelewing by die stembus te oordeel en tewens daarna die ekonomiese, politieke en staatkundige mag volledig oorgeneem het.<\/p>\n<h3>Stelselmatige oorname<\/h3>\n<p>In feite is die einste swartes vir 362 jaar voorberei om die mag oor te neem. Reeds hier in die 1700s is swartes in blanke huishoudings opgeneem &#8230; het hulle ons slaapkamers binnegedring &#8230; het hulle ons beddens opgemaak &#8230; het hulle ons kos gemaak &#8230; het hulle ons kinders op hulle ru\u00ea gedra- \u201cpepa\u201d &#8230; het hulle stelselmatig ons boerderye bedryf, ens.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/landman_christo.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-thumbnail wp-image-18497 alignright\" alt=\"Dr Christo Landman\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/landman_christo-150x150.jpg\" width=\"100\" height=\"100\" \/><\/a>Soos iemand op \u2018n keer skertsend ges\u00ea het: \u201cgee my sewe k\u2019s dan doen ek die werk self\u201d! Dit is presies wat oor honderde jare gebeur het. Witmense het hulle gewys hoe om dinge te doen maar swartmense moes dit doen &#8230; of het dit gedoen. Dit was nie net tot hande-arbeid beperk nie, maar het ook vakkundige beroepe behels. Vandag bv. kom \u2018n tegnikus van \u2018n bekende sekuriteitsmaatskappy die stelsel bywerk. Hy is swart. Die elektrisi\u00ebn wat uitgestuur word na my huis is swart. Die bankklerk wat my by die bank bedien, is swart. Ek laat bloed trek vir analise-doeleindes en raai, dit is \u2018n swart suster. En so kan ek aangaan.<\/p>\n<p>En dan sit hulle letterlik in die parlement en lees hulle toesprake af, want wie geskryf het wat hulle s\u00ea, weet nugter alleen. Voor die \u201cnuwe orde\u201d is sake oor en weer deur opponerende groepe gedebatteer. Nou is d\u00edt wat ges\u00ea word gewoon wet.<\/p>\n<h3>Transformasie<\/h3>\n<p>Terwyl daar sogenaamd \u2018n politieke kompromis bereik is, is daardie onderhandelinge lank reeds vergete. Dit verteenwoordig wesentlik \u2018n oorname van die stelsel. Die stelsel was eens \u2018n Westerse, gedifferensieerde samelewingsorde, met verdeling van magte (die trias politica), met \u2018n vrye ekonomie en liberale asook gemeenskapswaardes. Die stelsel het ook voorsiening gemaak vir stamtradisies, -owerhede en \u2013grondgebied.<\/p>\n<p>Nou beteken transformasie afrikanisering. Ja ubuntu (medemenslikheid) beteken in die nuwe orde die aanvaarding van Afrika-waardes as normatief; \u2018n konteks wat voorskriftelik en afdwingbaar is. Aanvaar jy dit, is jy een van die groter groep. Aanvaar jy dit nie, is dit rassistiese meerderwaardigheid.<\/p>\n<p>Hiervolgens besit \u201cthe people\u201d alles &#8230; die grond, die minerale rykdomme, water, ens. \u201cThe people\u201d beteken kortom in die Bantoetale \u201cdie swartes\u201d, want \u2018n onderskeid word gemaak tussen abantu en abelungu (die wittes). Die staat wat niks anders as die diktatuur van die swartes is nie, besit alles vir abantu in trust.<\/p>\n<p>Sowat twee jaar gelede hou die Artikel-185-kommissie \u2018n tweejaarlikse beraad oor transformasie. Sowat sewe honderd abantu is teenwoordig. Daar was darem so tien abelungu. Die uiteindelike besluit van die beraad is dat transformasie beteken dat SA nie meer \u2018n buitepos van die Westerse w\u00eareld is nie, maar \u2018n ware Afrikaland waar Afrikawaardes en -norme heers. Die wittes wat daar was het met hulle monde toe gesit!<\/p>\n<h3>Swakpunt in die mondering<\/h3>\n<p>Hulle het nou die mag en wat nou? Wel, die rekord sedert 1993 toon dat die nuwe magshebbers nie oor die vermo\u00eb beskik om uitkomsgebaseerde regering en dienste te lewer nie. Sien, hulle het vir 362 jaar die werk gedoen &#8230; maar nie geleer om te administreer nie. Die gevolg hiervan is eenvoudig dat, terwyl hulle graag teer op Westerse beskawingsdinge \u2013 soos duur Duitse motors, Italiaanse leerskoene, Franse donkerbrille, Skotse wisky, Chester Barry- Engelse pakke klere, ens. \u2013 die abantu nog steeds afhanklik is van Westerse beskawingsgoedere. Van dienslewering en diensteverskaffing is daar weinig sprake.<\/p>\n<h3>Hoe nou gemaak?<\/h3>\n<p>Die marxiste in Rusland het eens \u2018n beroep gedoen op die werkers om hulleself te organiseer. In 1917 was daar die bekende oorname van die kommunisme! In Suid-Afrika is die wekroep aan Afrikaners: organiseer julleself &#8230; konsolideer julle getalle op beperkte georgrafiese gebiede (soos Orania en Kleinfontein) &#8230; mobiliseer julle vakkundige vermo\u00ebns en administratiewe vaardighede ten behoewe van julleself &#8230; dan sal julle oorleef.<\/p>\n<p>Die kommunistiese Duitse Demokratiese Republiek van Oos-Duitsland het nie ideologies ineen gestort nie, maar weens hulle onvermo\u00eb om met die tegnologiese en administratiewe vaardighede van Wes-Duitsland (die Bondsrepubliek) mee te ding.<\/p>\n<p>Intussen sal Afrika maar deur die evolusion\u00eare proses van &#8216;n devolusie van mag, differensiasie van funksies en desentralisasie na gemeenskappe moet worstel. Hoe lank weet \u2018n mens nie, want die wederkoms kan dalk plaasvind voor dit werklik gebeur. Is nog 2000 jaar lank genoeg?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verstommend is die feit dat swartmense in SA, na die persepsie van die w\u00eareld, vir 362 jaar sedert 1652 deur blankes onderdruk is, maar dat swartes in 1993 bevoeg geag is om oor die lotgevalle van \u2018n Westers geori\u00ebnteerde samelewing by die stembus te oordeel en tewens daarna die ekonomiese, politieke en staatkundige mag volledig [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":10,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[82,10],"tags":[17134,17136,4112,5325,17135,11571],"class_list":["post-25489","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c72-christo-landman","category-rubrieke","tag-abantu","tag-abelungu","tag-afrika","tag-kultuurverskille","tag-oorname","tag-weste"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25489","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/10"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25489"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25489\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25489"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25489"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25489"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}