{"id":25434,"date":"2014-06-27T11:40:26","date_gmt":"2014-06-27T09:40:26","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25434"},"modified":"2014-07-08T13:26:17","modified_gmt":"2014-07-08T11:26:17","slug":"bodem-ii-20-die-langgate","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25434","title":{"rendered":"Bodem II, 20: Die langgate"},"content":{"rendered":"<p>\u2018n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p>Bodem I is reeds volledig.<\/p>\n<p>Lees eers <a title=\"Bodem II, 19: Die uniform\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=25362\">Bodem boek II, 19<\/a>.<\/p>\n<p id=\"docs-internal-guid-ed441ce4-dca8-401b-29fb-2108a0e4e624\" dir=\"ltr\">Nie een van ons het regtig geweet wat die protokol vir \u0149 tuisgemaakte begrafnis is nie. Uiteindelik het ons maar, dink ek, dat Hollywood en goedkoop literatuur ons inlig. Ons het by die grafte gestaan en een vir een die liggame, toegedraai in seil, in die langgate laat insak en toe het di\u00e9 wat die oorledenes geken het, mooi dinge oor hulle ges\u00ea. Dit het beteken dat Reginald die meeste aan die woord was, want hy het uiteraard twee kollegas verloor.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cTabitha Paulson was \u0149 gentle soul met \u0149 strict side,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p dir=\"ltr\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-22774\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" alt=\"bodemII\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>Die plegstatige aard van die geleentheid het hom blykbaar laat verval in Kaaps. Ek het Joachim se frons opgemerk en nog altyd agterna gewonder of dit bygedra het tot die besluit wat hy later in verband met Reginald sou neem.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cSy was \u0149 kerkmeisie, \u0149 pentacostal, in die choir gesing en almal daai dinge, \u0149 stem so soet soos die soetste, soetste soetmoskonfyt. Haar secret ambition was om \u0149 sous chef te gewees het by een van die groot hotelle. Sy het daai courses en alles gedoen, after hours. Ons het almal gebenefit want \u00f3f sy bring vir ons van haar petit fours op \u0149 Maandag, of ons kry quiche of oxtail of whatever sy mee ge-experiment het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cSy was net \u0149 nice girl, a genuinely nice person, en alles. Maar jy kon haar ook trust om haar job te doen, en laasnag het sy haar job gedoen, dit weet ons, almal van ons hier by haar final resting place. Toe die vyand ons defences gebreach het, waar was sy? Da\u2019 langs ons, shoulder to shoulder, met haar paintball gun. En dit was crazy, crazy, jy weet? Want waar sien jy nou dat \u0149 paar security guards met paintball guns moet contend met die satanic horde en hulle se firearms? Ma\u2019 sy\u2019t\u2019ie gehesitate \u2018ie. Sy\u2019t haar job gedoen.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cAh, ah, ahhh!\u201d het iemand oorkant my gekreun en ek het opgekyk en kon nog steeds nie gewoond raak aan wat ek gesien het nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Boeta Ericson het in die nag verskyn soos \u0149 gesant uit \u0149 ander w\u00eareld. Hy het dwarsdeur die geveg in \u0149 stoorkamer geslaap, goed gewierook met die beste boom in die Kaap en gemarineer met Olof Bergh. Hy was die vierde wag waarvan die ander drie in die kolking van die gebeure vergeet het. Hy het doodluiters in die kantoor waar ons na die slag ons wonde gelek en probeer sin maak het van die kronkels van die nag se gebeure, ingeskuifel, gegaap, sy ribbes gekrap en die vaak uit sy gesig gevee. Hy het die atmosfeer besnuif en gepraat:<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cWat eet ons?\u201d het hy gevra.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Vir die gewone mens is dit onmoontlik om \u0149 groot verskyning te maak, babelas, krappend, snuiwend en geklee in slegs \u0149 kortpyponderbroek. Maar vir Boeta Ericson was dit nie \u0149 prestasie nie. Hy is groot, sien, nie soos in die gewone \u201cgroot\u201d-kategorie nie; groot soos mense-draai-in-die-straat-om-en-kyk groot, digby 2,1 meter op sy kaalvoetsole; groot maar in presiese proporsie met bre\u00eb skouers, nou heupe en lang bene, alles onder \u0149 gespierde nek en \u0149 aandagrowende gesig met \u0149 volbaard en geelrooi hare wat agteroor in dik deinings tot net bo sy skouers val. Hy is \u0149 plakkaatmodel van \u0149 Hollywood-Viking. Kleur sy hare swart en hy kon \u0149 ekstra gewees het op die stel van \u201c300\u201d as een van Koning Leonidas se Spartane.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Nie een van ons het onmiddellik geantwoord nie, nie ek of Lance of Ninja wat teen die oorkantste manier ineengesak gesit het weens uitputting nie; nie Micki of Joachim wat by die toonbank waarop Tabitha uitgestrek was, gesit het nie; nie een van die ander motorfietsers of Reginald die oorblywende wag nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Ooglopend onbewus van die beroering wat sy verskyning veroorsaak het, het hy weer diep geruik-ruik.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cKos,\u201d het hy verklaar.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201c\u00dbhm, pap en bredie,\u201d het Joachim ges\u00ea en na die tafel met die twee potte op beduie. \u201cHelp jouself.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cMoerse!\u201d het die groot jongman ges\u00ea. \u201cMoerse.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Die slagveld maak dors, maar nie noodwendig honger nie en daar was verbasend baie kos oor. Boeta het die pap in \u0149 indrukwekkende ho\u00eb hoop op \u0149 plastiekbord geskep en dit toe bedek met die dik, rooi bredie. Dis eers toe hy begin rondkyk vir \u0149 sitplek wat hy die liggaam op die toonbank gesien het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cDit Tabitha?\u201d het hy gevra. \u201cHoekom l\u00ea sy daar? So?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cSy\u2019s geskiet,\u201d het Reginald ges\u00ea.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cR\u00earig?\u201d Hy het rubbernekkerig nader gestaan terwyl hy die eerste groot skeppe kos in sy mond geskopgraaf het. \u201cHoekom?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cHier was mense,\u201d s\u00ea Reginald. \u201cHulle wou ons roof. Hierdie menere het ons gehelp.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cWoes. Woes.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cGaan sy orraait wees?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cNie soos ons dink nie. Sy gaan gaan.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cWaarheen?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cWeg, jy weet&#8230; sy sterf.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cWoes. Sj\u00f4. Woes.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Boeta het nie geweet hoe om na di\u00e9 nuus op te tree nie en het rondgekyk na die res en hulle stemmigheid gesien. Die ander was bloot te moeg om emosioneel te wees, te verwilder en innerlik te besig om die gebeure van die nag in hulle gedagtes te rangskik. Daarom het Boeta maar net groot skeppe kos in sy mond gestoot en in gespierde kieste gekou.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Ek ken Boeta Ericson dus van Nag Een af en ek het nog nooit iemand anders te\u00ebgekom wat sy bui so geredelik kon instem op die atmosfeer van die heersende situasie nie. As daar gelag moes word het hy geskater, as daar geween mos word, het hy hartlik getjank, as die algemene bui \u0149 ontspanne een was, het hy behaaglik versmelt. Ek dink nie hy het in sy lewe \u0149 oorspronklike gedagte gehad nie en hy is op ander aangewese om te weet wat in sy gemoed moet aangaan. Solank as wat hy weet wat die regte emosie vir die geleentheid is, is hy die meester van hulle almal. Daar is net een gevoel wat totaal aan hom onbekend is: Boeta Ericson weet nie wat vrees beteken of hoe dit voel nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cIs ek reg as ek s\u00ea,\u201d wou Joachim weet en ek kon sien dat die gedaante hom gefassineer het, \u201cdat jy dwarsdeur alles geslaap het. Ek bedoel, hier was \u0149 opgeskote veldslag meters van jou af, met kleingeweervuur, botsings, hand-tot-handgevegte en gille. En jy het die hele tyd geslaap?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cJa,\u201d het Boeta met sy mond vol kos ges\u00ea, gesnorklag en toe gefrons. \u201cAs ek slaap&#8230; slaap ek.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Boeta Ericson het in sy gekreukelde blou sekuriteitswaguniform by die grafte gestaan en snik tydens Reginald se huldeblyk aan Tabitha.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cNet voordat sy finally gefade het,\u201d het Reginald ges\u00ea, \u201chet Tabitha opgekyk na my.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u2018Reggie,\u2019 het sy ges\u00ea, \u2018Reggie, toe ek anderdag werk toe gekom het, was dit die ou \u00a0w\u00eareld wat ek geken het. Nou is dit \u0149 nuwe een. Reggie, ek hou nie van hierdie nuwe een nie. Ek resign.\u2019<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cEn toe raak sy net weg.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">In die glansende, erbarmlike sonskyn van die dag het die groot druppels uit die hoeke van Boeta Ericson se toegeknypde o\u00eb kronkelpaadjies in sy geel baard ingeloop.<\/p>\n<p>\u00a0(Lees vervolgens Bodem, boek II, <a title=\"Bodem II, 21: Die motorfietsbobbejaan\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=25671\">episode 21<\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers Bodem boek II, 19. Nie een van ons het regtig geweet wat die protokol vir \u0149 tuisgemaakte begrafnis is nie. Uiteindelik het ons maar, dink ek, dat Hollywood en goedkoop literatuur ons inlig. Ons het by die grafte gestaan en een vir een &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=25434\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem II, 20: Die langgate&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-25434","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25434","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25434"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25434\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25434"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25434"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25434"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}