{"id":25362,"date":"2014-06-25T08:12:14","date_gmt":"2014-06-25T06:12:14","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25362"},"modified":"2014-06-27T11:45:46","modified_gmt":"2014-06-27T09:45:46","slug":"bodem-ii-19-die-uniform","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25362","title":{"rendered":"Bodem II, 19: Die uniform"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\">&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p>Lees eers <a title=\"Bodem II, 18: Die teregstelling\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=25331\">Bodem boek II, 18<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Die weer is \u0149 omgewing se grimering en as daar ooit \u0149 bewys was van die natuur se onge\u00ebrgdheid oor die lotgevalle van die mens, is dit ten toon gestel d\u00e1\u00e1rdie dag n\u00e1 die verskriklike Nag Een toe die Chaos in Kaapstad opgedaag het, want dit moes \u0149 sombere dag gewees het, vol nukkerige windvlae, skerpkoue re\u00ebndruppels en vaal miswolke. Dit moes begrafnisweer gewees het sodat roubeklaers in dik, donker klere nat aan die buitekant nader aan mekaar sou staan by die langgate in die aarde.<\/p>\n<p dir=\"ltr\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>Maar nee, die dag het opgedaag in volle songlorie, soos \u0149 glinstertandvaudevillester wat met \u0149 uitbundige \u201cta-DAA!\u201d oor die verhoog samba. Wit pofferwolke in \u0149 helderblou lug, windloos en geurig, die volmaakte herfsdag in die Kaap.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Ons het die drie grafte netjies in \u0149 ry gespasieer in die Noordoostelike hoek van die terrein in die skaduwee van \u0149 vyftal bloekombome wat in \u0149 halfmaan gestaan het. Daar het ons ons drie gesneuweldes begrawe en soveel as moontlike seremoni\u00eble tyd aan al drie afgestaan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Aan die linkerkant is die oorskot van Dermot, die wag, in die aarde gesit. Ons het hom buite die hek gevind waar hy geval het. Dit was Joachim wat gedemp opgemerk het dat die groot vormlose plas bloed waarin die liggaam gel\u00ea het, \u0149 aanduiding was dat Dermot nog \u0149 rukkie geleef het nadat hy getref is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cNatuurlik kan ons nie s\u00ea of hy by sy bewussyn was, al dan nie,\u201d het Joachim ges\u00ea. \u201cOns kan eenvoudig nie weet nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cNou watse verskil \u00a0maak dit?\u201d het Micki gevra. \u201cOf hy bewusteloos daar gel\u00ea het totdat hy uitgebloei het en of hy opslag dood is, watse verskil maak dit?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cGeen verskil nie. Geen verskil hoegenaamd nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cNou hoekom staan ons daaroor en wonder? Dit help nie, help net mooi niks.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Maar detail was en is steeds vir Hans Joachim Marseilles Bekker belangrik, net soos wat dit vir hom is om eerlik oor bevindinge te wees. As jy weet wat die feite is, en jy is dapper genoeg om eerlik daaroor te wees, dan kan jy begin om \u0149 greep op \u0149 situasie te kry. Ek het hierdie benadering van hom in \u0149 duisend gevalle in werking gesien.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Ons het Dermot se liggaam op \u0149 stuk plastiekseil gerol en ek, Ninja, Lance en Reginald het elkeen \u0149 hoek daarvan geneem en ons het hom tot by sy laaste halte gedra.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Die vier van ons het die reghoekige gate gegrawe, en dit was nie moeilik in die klam, sagte grond nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Die begrafnisse was eers in die middag. Ons het eers voorbereidings getref en begin om deur die stooreenhede te gaan, op soek na lewensmiddele. Ek het onder andere klere nodig gehad. My klerevoorraad is met my gesteelde rugsak weg en die klere wat ek aangehad het was gehawend n\u00e1 die oorlewingsworstelinge van die vorige aand. Ek het in een van die eenhede \u0149 laaikas gevind en daarin was onder andere \u0149 vlootblou koordfluweelbroek en \u0149 paar T-hemde in my grootte en was besig om dit aan te trek toe Reginald met \u0149 lys op \u0149 knipplank verskyn het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cEenheid 101 tot 104. Kli\u00ebnt Cape Protective Wear.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cEk dink ons moet daar kyk.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Die vier stooreenhede van CPW was ons eerste groot skattevonds en ons kon nie \u0149 beter een bestel het nie. Vier wonderlike, groot, diep vertrekke vol bokse en bokse netjies opgevoude oorpakke gese\u00ebl in plastieksakke en nog meer skoendose met enkelhoogte leerveiligheidstewels met staalversterkte punte, benewens veiligheidsbrille, plastiekhardehoede, voorskote, handskoene en oorjasse.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Die oorpakke was eenstukke en almal van dieselfde donkergroen kleur. Tot vandag toe kan ek, as ek konsentreer, die sensasie herleef van die dik weefstof toe ek een aangeglip het. Dit was droog en dig en skoon. Vir die eerste keer sedert ek van die stoep by Le Amici afgetrap het in die nat straat in agter Joachim aan, het ek begin glo dat iets van my menswees behoue gebly het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Ek het vir my ook \u0149 paar swart veiligheidstewels toege\u00ebien. Wat die dag en die dae daarna vir ons ingehou het, kon ek nie met sekerheid s\u00ea nie, maar ek was seker dat blinkleeruitgaanskoene nie die regte skoeisel daarvoor was nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Die motorfietsers se klere was ewe verweer en hulle het elkeen \u0149 soortgelyke stel oorpak-en-stewels as ek ontvang en aangetrek. Ons het dieselfde klere aangehad. Ons was, om presies te wees, onbepland sekerlik, in uniform. Die effek is versterk deur Micki wat iewers \u0149 rol swart katoen gekry het en daarmee vir ons elkeen \u0149 serp geprakseer het om vir lyfbande te gebruik. Dit is afgerond met swart bre\u00ebrandhoede van seil gemaak, waarvan ons 2 500 in \u0149 promosieklerasiebesigheid se eenheid gevind het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Swart hoed, groen oorpak, swart serp om die middellyf, diepgroen oorpak, swart stewels: Dit het die uniform geword, berug by sommiges, beroemd onder veel meer, van alles wat ons sou word in die komende dae, weke, maande&#8230; Die drag van die Maarskalk se Le\u00ebr.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Hy het self soos ons aangetrek \u2013 met enkele verskille: Benewens die serp om sy middellyf het hy nog een diagonaal vanaf sy skouer oor sy borskas gedra en op sy kop \u2013 hoe dit behoue gebly het, weet ek nie \u2013 was sy operakuil, hoog en glinsterend en nagswart soos \u0149 raaf se vlerk. Meer nog as ons uniforms, sou daardie kuil die kenteken van ons broedersbende word. Joachim het deurgaans die waarde van vertoon besef en gebruik. En daar was hy, soos ons en tog ook verhewe. Sy instink om naatloos te wissel van een van ons tot enig in sy soort was een van sy uitstaande eienskappe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Ylbaard het sorgvuldig nog \u0149 stel klere bymekaar gemaak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cOm te wat te?\u201d wou Lance weet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cVir hom, jy weet,\u201d het Ylbaard ges\u00ea en skielike trane het sy o\u00eb volgeskiet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cVir Solly?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cJa. Ek sou hom in sy colours wou begrawe,\u201d het hy deur \u0149 toe keel ges\u00ea. \u201cMaar ons het dit nie hier nie. Ek het gesoek en ek het \u0149 suit \u2013 \u0149 pak klere \u2013 gekry. So \u0149 bloue. Maar Solly was nie eintlik \u0149 pakklere-ou nie, so toe ek hierdie sien&#8230;<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cDis orraait, is dit nie?\u201d het hy vir Joachim gevra.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cDit sal my trots maak,\u201d het Joachim ges\u00ea, \u201ctrots om dieselfde klere te dra as waarin ons hom gaan groet.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Die motorfietsers het self die liggaam in die kantoor gaan was, sy lang hare natgesproei en gekam, sy baard netjies geknip, en hom toe aangetrek in kraaknuwe groen oorpak, swart serp, swart stewels.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Peter \u201cSolly\u201d Martins was die eerste van ons broers wat in die uniform begrawe sou word.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Hy was nie die laaste nie. By verre nie die laaste nie.<\/p>\n<p>(Lees vervolgens <a title=\"Bodem II, 20: Die langgate\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=25434\">Bodem, boek II, 20<\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers Bodem boek II, 18. Die weer is \u0149 omgewing se grimering en as daar ooit \u0149 bewys was van die natuur se onge\u00ebrgdheid oor die lotgevalle van die mens, is dit ten toon gestel d\u00e1\u00e1rdie dag n\u00e1 die verskriklike Nag Een toe die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=25362\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem II, 19: Die uniform&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-25362","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25362","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25362"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25362\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25362"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25362"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25362"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}