{"id":25331,"date":"2014-06-24T10:09:32","date_gmt":"2014-06-24T08:09:32","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25331"},"modified":"2014-06-25T08:40:18","modified_gmt":"2014-06-25T06:40:18","slug":"bodem-ii-18-die-slaappille","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25331","title":{"rendered":"Bodem II, 18: Die teregstelling"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\">&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p>Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem II, 17: Die speelgrond\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23505\">Bodem boek II, 17<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Man sit op die vloer. Sy rug rus teen die muur, sy knie\u00eb is voor hom opgetrek en sy voorarms rus op hulle, die hande hang ondertoe en sy vingers is pap, soos uitgemelkte spene. Hy dra nie skoene nie en het nie \u0149 hemp aan nie want die leersole van sy uithangskoene het bros en hard op die teer geklap toe hy die voortvlugtende agterna gesit het, en sy spierwit hemp het omtrent geskyn in die nag. Toe trek hy skoene en hemp uit en rol broekspype op en sit sy vyand in die nuwe re\u00ebn van die nag agterna op bre\u00eb voete met vereelte sole. Sy ligte borselhare is donkernat, die kleur van eikehout, en staan in pylpuntjies regop. Hy is so nat dat \u0149 oneweredige soom water om sy sitvlak versamel, pienk omdat die re\u00ebnvog die bloed van sy slagoffer op sy borskas verdun het. Voor sy voete l\u00ea \u0149 tuisgemaakte kapwapen, \u0149 kru lem van \u0149 voertuigbladveer gemaak en aan \u0149 kort pyp vasgesweis. Sy gemoed is so leeg soos \u0149 huis sonder meubels.<\/p>\n<p dir=\"ltr\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>Dis ek wat daar sit, en ek is vol nuwe kennis wat jy nie in boeke kan lees of in lesings kan hoor nie. Ek dink aan Dawid, Koning Dawid van die Bybel. Hy was die Here se Generaal, God se Koning, maar hy is nie toegelaat om die tempel te bou nie weens die bloed aan sy hande. Hoe kan dit wees? Hy het weinig verkeerd gedoen. Die bloed wat hy getrek het, was in opdrag van die Here, of ten minste in alle redelikheid weens die aansprake van sy oorlewingsdrang.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Dit is nie skuld of onskuld wat aan Dawid gekleef het nie, verstaan ek nou. Dit is dat hy anders is, nie omdat hy verander h\u00e9t nie, maar omdat hy verander \u00eds. Om \u0149 mens \u2013 daardie wonderlike biomasjien van vel en vesel en spiere en senings en been en siel \u2013 dood te maak, al is hy jou vyand, geregverdig of nie, is die vreeslikste handeling van een \u00a0mens teenoor \u0149 ander. Jy kan dit nie doen \u00a0\u00a0en ongeskonde bly nie. Jou siel krul vol kreukels op soos plastiek wat te na aan \u0149 oop vlam kom. Daarna is jy nie skuldig of onskuldig nie. Net anders. Onherroeplik.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Ek het met veterane van die Grensoorlog gepraat wat met uitgelatenheid doodgeslaan het, maar agterna dit nie in hulle kon vind om oor \u0149 miskruier te ry nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Ek is nie alleen op die grond teen daardie muur nie. Links van my sit Ninja en sy o\u00eb knip nie. Hy is \u0149 tor in sy eie pot stroop. Niemand het deur die nag doodgemaak soos ek en hy nie. Dit was hy wat die stormgeweer leeggeskiet het in die omgeslaande bakkie in. Dit was ek wat doodgekap het met my kapknuppel rondom die Ford en by die muur. Dit was ek wat die aanvaller op sy hande en knie\u00eb tereggestel het. En ek is die een wat \u0149 laaste slagoffer met ondeurdagte ywer in die donker perseel agterna gesit het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cSy is nou rustig,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cDis nie meer \u00a0lank nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">In die lig van die batterylantern kom hy orent van die liggaam wat op \u0149 kombersoorgetrekte deur op die ontvangstoonbank l\u00ea. Reginald maak \u0149 smoorklank in sy keel wat hom laat klink of hy verwurg word.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Na dit alles verby was, het ons vir Tabitha agter die betonbladskerm gaan haal. Ek, Ylbaard, Reginald en Ninja het \u0149 los deur in die gereedskapkamer gekry en dit vir \u0149 ongemaklike draagbaar gebruik. Niemand was bereid om die \u00a0kermende vrouewag te ondersoek nie, so dit was Joachim self wat haar nat hemp opgestoot het terwyl ek lig verskaf het met \u0149 flits.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Die koe\u00ebl het haar \u0149 handbreedte onder die borsbeen getref en \u0149 ronde gaatjie deur haar vel en in haar buik in geboor. Haar maag was besmeer met bloed en Joachim het dit probeer skoonvee met papier van \u0149 groot rol af, maar maak nie saak hoe vinnig hy gevee het nie, die bloed het in \u0149 dik rooi sous uitgewel soos melk wat oorkook. Joachim het die papier in \u0149 dik kussing gevou, dit op die wond gedruk en vir Reginald beveel om dit daar te hou waarna hy vir my en Micki eenkant toe geroep het vir kajuitraad.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cSy bloei inwendig,\u201d het hy verduidelik. \u201cDis hoekom haar buik so geswel is.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cSo gaan sy&#8230;\u201d het Micki skor gefluister.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cSy gaan uitbloei. Ek weet nie baie van skietwonde nie, maar ek neem aan van haar organe is geperforeer. Haar lewer miskien, of milt of pankreas. Ek weet net nie wat nie. Maar sy moes al op \u0149 teatertafel gewees het vir \u0149 noodoperasie. Dis net \u0149 kwessie van tyd, ek is bevrees.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cWat gaan jy doen?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cDie enigste menslike ding. Ek het slaappille, sterkes, in my noodhulpstelletjie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cJy bedoel&#8230; Joachim! Sy\u2019s nie \u0149 hond nie! Jy kan haar nie sommer uitsit soos \u0149 poedel wat te oud geword het nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cSy het een ding oor om te doen in haar hele lewe, my dier, en dit is om te sterf. Sal ons haar nie help om dit so maklik en so waardig as moontlik te doen nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cDis nie jou besluit nie! Dis God s\u0149!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cEn Hy het klaar besluit. Hy het besluit sy moet raakgeskiet word, en sy was. Dis verby, mooiste Micki, haar lewe is verby en sy moet nou nog net doodgaan. Dis al wat oorbly.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Micki het haar arms voor haar borste gevou en haar onderlip vasgebyt. Die nag het diep getrek uit haar reserwes. \u0149 Paar ure tevore was sy by \u0149 pasta- en opera-aand en daarna het die w\u00eareld nog nie opgehou kantel onder haar nie. Dit is nie ver van Le Amici Ristorante in Tamboerskloof tot die stooreenheidperseel in Killarney nie, maar dit was \u0149 lewenstog van die een na die ander en in daardie tyd het die hele w\u00eareld verander. Die ou re\u00ebls is opgelos in die geweld van die nag en nou is daar nuwe, in geheel meer primitiewe, wette. Sy het niks verder ges\u00ea nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Tabitha het in- en uit bewussyn gedryf. Wanneer sy weggesink het, was haar asemhaling vermoeid en borrelrig en wanneer sy by was, het sy gekreun. Joachim het vir haar tien sterk slaappille in drie dosisse ingegee, die hele tyd koerend dat dit haar \u201cbeter sal maak&#8221;, dat sy oor \u00a0niks bekommerd moet wees nie, dat sy net slaap nodig het. Hy het langs die lessenaar, aan haar kopkant op \u0149 kantoorstoel gaan sit. Reginald was by haar voetend.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Niemand s\u00ea iets nie en die hoofgeluide is di\u00e9 gesug van die ketel op die gasvlam en die geklingel van teelepel teen koffieblik en bekers. Dennis, gretig om vir sy wanprestasie in die pantserkar te vergoed, is besig om homself te rehabiliteer deur algemeen nuttig te wees.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u0149 Skaduwee sweef oor my en ek kyk op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cJoggie,\u201d s\u00ea Micki, \u201ckyk hoe lyk jy. Jy is papnat.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Sy hou \u0149 effe verlepte, blou handdoek na my uit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cMaak jouself droog!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Ek kyk na die handdoek. Dit hang van \u0149 groot hoogte af, asof Micki \u0149 toring is. Ek weet wat om daarmee te doen, ek weet net nie hoe nie, asof my liggaam se sensors wat so goed gewerk het toe ek moes koes en slaan en terugdeins en kap, nou defektief is. Die toring vou grasieus op en Micki kom saggies op haar knie\u00eb voor my.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cEk weet wat jy gedoen het,\u201d s\u00ea sy en druk die handdoek oor my gesig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Ek is verbyster. Die dinge buite in die nag moes vergete in die donker gelos gewees het. Ek wil iets s\u00ea, dit alles net wegpraat, verduidelik dat niks verduidelik moet word nie, maar hoewel my mond oopgaan, het my verstand blykbaar een of ander spraakmeganisme verl\u00ea en geen woorde word geuiter nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cDit was&#8230; vreeslik,\u201d s\u00ea sy terwyl sy my nek afvee.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Ek verdien die aanklag. Dit was \u0149 genadelose jag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Die twee wat regsom in die perseel ingevlug het, het al langs die buitemuur afgenael, die elf rye stooreenhede links van hulle. Regs en voor hulle was tweemeterho\u00eb betonmure met kronkels lemmetjiedraad bo-op dit. Een van die plunderaars, gedryf deur desperaatheid en moontlik \u0149 oorskatte begrip van sy eie ratsheid het probeer om oor die agterste muur en eenvoudig deur die lemmetjiesdraad te spring en \u0149 sekonde later was hy vasgestringel in die draad, een arm regop getrek in die draad en die koorde onder sy armholte deur en swaartekrag het die lyf ondertoe getrek en die kil lemmetjies het aanhoudend dieper in geskeur. Hy was hulpeloos en het ten hemele geskree in \u0149 rou stem van verontwaardiging.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Die ander een het regs geswenk in een van die lang rye in. Hy moes vir \u0149 oomblik betreklik veilig gevoel het, maar die twee voertuie het hom begin jag. Weereens het Joachim die taktieke in \u0149 sekonde uitgepluis en weereens was dit dodelik. Hy het Ylbaard in die Volkswagen linksom gestuur om die rye af te sper en het self met die Merk IV regsom beweeg, al langs die betonmuur af met die rye aan sy linkerkant. Hy het \u0149 nuwe drywer gehad \u2013 Kip, die een wie se neus ek verfomfaai het en wie se ribbebeen ek gebreek het. As daardie aand helde opgelewer het in ons desperate oorlewingstryd, moet Kip genoem word. Ek het vroe\u00ebr die pantserkar bestuur en weet hoe hewig \u0149 man aan die stuur moet trek om die voertuig te laat draai. Om dit met gebreekte ribbes te doen, moes \u0149 kleine hel op sy eie gewees het, maar Kip het dit gedoen en daarna sou hy Joachim se drywer wees tot lank nadat hy die Maarskalk geword het. Ninja was agter op die Merk IV.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Joachim en Kip het die voortvlugtende in die derde ry opgespoor. Die pantserkar het swaarlywig om die draai geleun en geleidelik spoed opgetel agter die man aan. Hy het in die naelloop van en vir sy lewe die resies net-net gewen en skerp regs geswenk. Die Volkswagen was \u0149 twee stooreenheidlengtes agter hom, maar die versnelling van die potsierlike motor was sodanig dat Ylbaard-hulle hom ingehaal het voordat hy weer regs in die volgende ry kon afhardloop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Ylbaard het bereken dat hulle teen omtrent 40 kilometer per uur gery het toe hulle hom getref het. Dit klink nie na \u0149 besondere ho\u00eb snelheid nie, maar dink aan die geweld van \u0149 1,500-kilogram renoster met harde blik vir \u0149 vel en toegerus met botsstawe. Dink hoe vernietigend dit die menslike liggaam sal tref teen vinniger as wat Osain Bolt ooit kon hardloop. Die VW het die man net onder die knie\u00eb getref en sy liggaam het agteroorgeklap en toe skerp vooroor waarna die kar met \u0149 effense bokspring oor hom is. Hy het vollengte vooroor geval. Iets aan die onderstel het sy een voet gehaak en hom soos \u0149 mat opgerol. Maar die menslike liggaam is nie gemaak om opgerol te word nie en werwels is losgetrek, bene gebreek, senings middeldeur gepluk en lede<\/p>\n<p dir=\"ltr\">mate ontwrig. Nadat Ylbaard die Volkswagen met \u0149 driepuntdraai omgeswaai het, het hulle die man op sy rug aangetref. Hy was duidelik opslag dood.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Die ander twee vlugtendes het intussen langs die rye stooreenhede rieme neergel\u00ea. Een van hulle het die twee meter ho\u00eb muur bereik en in die desperaatheid van doodsvrees oor die muur probeer spring, voluit in die rolle lemmetjiesdraad wat bo-op dit vas. Die sluwe draad het met swaartekrag saamgespan om sy arms en bolyf vas te trek en die skerp plaatjies in hom in te ruk sodat hy hulpeloos soos \u0149 groteske insek in \u0149 spinnerak vasgewoel was. En dis waar die Merk IV op hom afgekom en die hoofligte op hom geskyn het. Hy het gewoel teen die greep van die draad en die lemmetjies het hom meedo\u00ebnloos opgekerf.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Joachim het uit die toring geklim en voor die man gaan staan, die pantserkar se ligte agter hom. Hy het tot onder die man gestap. Di\u00e9 het hom hoor kom en daarin geslaag om sy \u00a0kop so ver te draai dat hy vir Joachim in die oog kon kry.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cHelp my!\u201d \u00a0het die man gepleit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cDis nie hoekom ek hier is nie,\u201d het Joachim ges\u00ea.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cNou wat dan?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Joachim het die een haan van die Lupara teruggetrek en die min het die geluid herken en driftig begin wriemel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cJy gaan my nie skiet nie! Gaan jy my skiet?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cDit is my plan.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cNee. NEE! Jy moenie! Jy hoef nie! Luister man, dis verby! Dis alles verby! Ek kan niks aan julle doen nie! Fok man, ek is aan stukke gesny. Ek gee oor. Dink man, dink! Dit is nie nodig nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cO, dit is.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cNeeneenee&#8230; Luister, LUISTER! Ons het \u0149 fout gemaak, \u0149 fout! Ons moes nooit hierin gedraai het nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cJulle h\u00e9t \u0149 fout gemaak. Julle het nie al die re\u00ebls verstaan nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cRe\u00ebls? Watse fokken re\u00ebls?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cDie re\u00ebls s\u00ea dat as julle hier kon inkom en ons doodmaak, soos julle wou, kon julle alles hier gevat het. Die res van die re\u00ebls s\u00ea as julle dit nie regkry nie, maak ons julle dood.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cNee man! NEE! Dit was nie ek nie. Dit was my pelle! Hulle wou hier in&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cSo jy s\u00ea dit was nie jou skuld nie. Ek w\u00e9\u00e9t dit was nie myne nie. En jy weet, re\u00ebls is re\u00ebls.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">En daarmee het Joachim die Lupara teen sy skouer gebring en die man deur die kant van sy kop geskiet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Die laaste voortvlugtende was myne. Hy het na die spoorvraghouers gevlug. Teen die einde van hulle bedrywighede het Sentinel Storage slordig begin raak en die ho\u00eb, lang metaalhouers is soos \u0149 kind se speelgoedblokkies rondgestrooi. Dit het \u0149 uitstekende doolhof saamgestel en hy moes gedink het hy \u00a0kan daarin verdwyn. Maar ek het my skoene met die harde leersole uitgetrek, my broekspype opgerol en tot bo-op \u0149 vraghouer gewip \u2013 nie \u0149 moeilike takie vir \u0149 gebreide stoeier nie. Ek het van die een na die ander gewip en hom aangejaag na die hoek van die werf toe tussen die houers deur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Hy het \u0149 handwapen by hom gehad en elke keer as hy \u0149 kykie van my gekry het, het hy oorhaastig op my geskiet. Die knalle het tussen die houers gesimbaal. Net een trefskoot sou my gestuit het, maar ek was so vasberade en kwaad dat ek baie seker was dat hy my nie sou tref nie. Hy het nie en dit het alles ge\u00ebindig toe hy by \u0149 doodloopgangetjie tussen \u0149 paar houers in is en sy pistool gestoor het. Hoog bo hom, op \u0149 vraghouer, het ek stelling ingeneem, die lang kapknuppel se steel in albei hande.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Hy het my gewaar, die nuttelose pistool na my geslinger, op die grond neergesak, op sy sy, en sy een hand se palm na my gehou in \u0149 futiele gebaar om die einde af te weer. Toe spring ek van die vraghouer af, die kapper ver oor my kop teruggetrek, en toe my voetsole weerskante voor hom die grond tref&#8230; kap ek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cEk is&#8230; jammer&#8230; dis net&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Micki frons in die dowwe lig van die elektriese lantern in die kantoor. Dis asof my gedagtes en stem nie gesinchroniseer is nie, asof ek nie kan s\u00ea wat ek dink of kan dink wat ek moet s\u00ea nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cDis&#8230; dis&#8230;\u201d My stem is hees.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Want hoe vertel jy vir \u0149 meisie van wat jy gedoen het? Ek kom uit \u0149 w\u00eareld waar foute reggestel word met \u0149 druk van die agteruitknoppie op \u0149 \u00a0tikplank, of waar jy \u00a0kan sterf en dan net die rekenaarspeletjie weer kan begin. Maar as jy \u0149 opgekrulde man met jou kru kapknuppel tereggestel het, hoe ontdoen jy dit? Dit is nie \u0149 video wat jy agteruit kan speel sodat bloedvate weer heg, vliese heel word, skedelbrokke weer terug in mekaar pas nie. Dit wat ek stukkend geslaan het, kan nooit weer heel word nie. Hy kan nooit weer leef nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cEk is jammer,\u201d s\u00ea ek uiteindelik sag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Micki wieg weg van my af, die rooinat handdoek in albei haar hande.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cJammer?\u201d s\u00ea sy. \u201cJy s\u00ea vir m\u00fd jammer?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cJa&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cJoggie,\u201d s\u00ea sy. \u201cJoggie&#8230; jy het niks om voor jammer te s\u00ea nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cWat?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cJoggie, nadat ek die lig in die bakkie se drywer se o\u00eb geskyn het, moes ek in die kantoor ingegaan en die deur agter my gesluit het. Dis wat Joachim ges\u00ea het. Maar ek het nie. Ek het net daar agter die drommetjie bly sit en bo-oor dit geloer. En ek het gesien wat gebeur het.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cEk wens jy het nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cKyk na my! Kyk na my. Luister. Vandat dit alles begin het, was ek soos \u0149 katjie wat verdrink en dit, dit alles wat gebeur het, dit was soos \u0149 rivier in vloed om my. Ek was seker dit alles gaan my wegspoel. En toe is dit asof die katjie teen \u0149 bloekomboom vasspoel en ek klou, ek klou en ek klou en ek klou aan die boom vas, en solank hy bly staan, sal ek niks oorkom nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cJy, Joggie, jy is my bloekomboom. Ek het gesien hoe jy veg. Ek het gesien hoe jy aanhou en aanhou selfs toe dit lyk asof hulle jou net gaan&#8230; uitwis. Hulle was so baie, en gewapen, en jy het niks gehad nie, net jou hande. Maar ek het geweet, gew\u00e9\u00e9t!, \u00a0hulle sal jou nie wen nie. En solank jy nog staan, d\u00edt het ek geweet, dit weet ek nou, hier en nou, solank jy nog staan kan niks met my gebeur nie. Ek sal altyd, altyd, altyd dankbaar wees.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Sy sit die handdoek neer, vat my kop tussen haar twee hande en soen my saggies, deeglik op die lippe, en sit weer terug.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cDankie,\u201d fluister sy. \u201cDankie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cBly by my,\u201d s\u00ea ek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Sy glimlag effens.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cEk kan nie,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Micki staan op, geluidloos, moeiteloos, kyk weer vir \u0149 oomblik na my en draai om en stap na Joachim wat langs die toonbank sit waarop Tabitha l\u00ea.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Twee figure strompel van die kleedkamer af na my toe. Dit is kort Ninja en lang Lance. Die een gaan sit aan die een kant van my en die ander een aan die ander kant van my. Hulle s\u00ea niks.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u0149 Mens kan nie jou familie kies nie en soms, wanneer manne saam veg vir oorlewing, kan jy ook nie kamerade kies nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Dis hoekom hulle \u201cbroers\u201d genoem word.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">(Lees vervolgens\u00a0<a title=\"Bodem II, 19: Die uniform\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=25362\"><em>Bodem, boek II, 19<\/em><\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers\u00a0Bodem boek II, 17. Man sit op die vloer. Sy rug rus teen die muur, sy knie\u00eb is voor hom opgetrek en sy voorarms rus op hulle, die hande hang ondertoe en sy vingers is pap, soos uitgemelkte spene. Hy dra nie skoene nie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=25331\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem II, 18: Die teregstelling&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-25331","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25331","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25331"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25331\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25331"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25331"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25331"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}