{"id":25328,"date":"2014-06-24T09:44:51","date_gmt":"2014-06-24T07:44:51","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25328"},"modified":"2014-06-24T10:22:06","modified_gmt":"2014-06-24T08:22:06","slug":"amcu-lede-se-grusame-dade-verder-in-getuienis-ontbloot","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25328","title":{"rendered":"Amcu-lede se grusame dade verder in getuienis ontbloot"},"content":{"rendered":"<p>Regter Ian Farlam, voorsitter van die Farlam-kommissie, moes die verrigtinge in Centurion tydelik staak nadat familielede van twee veiligheidswagte wat by Marikana vermoor is, se foto&#8217;s vertoon is, ineengestort het.<\/p>\n<p>Mnr. X het Maandag sy grusame getuienis voortgesit oor wat\u00a0in 2012 tydens die staking by Marikana gebeur het.<\/p>\n<p>Hy het voorheen getuig hoe Amcu-lede mensvleis ge\u00ebet het vir moetie.<\/p>\n<p>Regter Farlam het &#8216;n aansoek van adv. Dali Mpofu, wat namens van die mynwerkers optree, verwerp om mnr. X vir sielkundige waarneming te stuur.<\/p>\n<p>Mnr. X het Vrydag uitstel gevra omdat hy gevoel het mense in die openbare galery toor hom met moetie.<\/p>\n<p>Volgens Mpofu is die getuie se geloofwaardigheid onder verdenking.<\/p>\n<p>Mpofu het aangevoer mnr. X is parano\u00efes en hallusinerend en dat hy \u2019n metaalplaat in sy kop het weens \u2019n breinbesering.<\/p>\n<p>Amcu-lede was volgens mnr. X se getuienis daarop uit om die polisie uit te lok en aan te val tydens die staking.<\/p>\n<p>Hy het gister herhaal hoe Amcu toordokters, <em>Izinyanga<\/em>, gehuur het vir moetie om hulle teen polisiekoe\u00ebls te beskerm.<\/p>\n<p>Die aand van 11 Augustus 2012 op die koppie in Marikana is een wag se ken met \u2019n panga afgekap en hy het in die motor doodgebrand.<\/p>\n<p>Mnr. X het ges\u00ea hulle het die volgende oggend besluit om die vakbond NUM se kantoor in Marikana aan te val en lede daar te vermoor.<\/p>\n<p>&#8220;Daar was drie vuurwapens. Die res was gewapen met pangas en assegaaie. Bhele (een van die leiers) het \u2019n kan petrol saamgedra.<\/p>\n<p>&#8220;Op pad na die NUM-kantoor het ons by \u2019n mynhostel verbygestap. \u2019n Groep veiligheidswagte wou ons nie daar inlaat nie en ons met rubberkoe\u00ebls geskiet. Die vuurwapens het nie gewerk nie. Ons het geglo dis danksy die moetie.&#8221;<\/p>\n<p>Volgens mnr. X het die wagte weggehardloop. \u201cTwee wagte was in \u2019n private motor. Ons het dit met die petrol aan die brand gesteek. Een wag se ken is met \u2019n panga afgekap en hy het in die motor doodgebrand.<\/p>\n<p>&#8220;Die ander wag is uit die motor gesleep en ek het hom met \u2019n panga in die gesig geslaan. Iemand het hom met \u2019n assegaai gesteek. Ek het hom ook gesteek. Bhele het sy tong en wang afgesny en in \u2019n plastieksak gegooi. Van sy bloed is in \u2019n ander plastieksak gegooi. Dit is verbrand om die moetie sterker te maak.&#8221;<\/p>\n<p>Mnr. X sit Dinsdag sy getuienis voort.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Regter Ian Farlam, voorsitter van die Farlam-kommissie, moes die verrigtinge in Centurion tydelik staak nadat familielede van twee veiligheidswagte wat by Marikana vermoor is, se foto&#8217;s vertoon is, ineengestort het. Mnr. X het Maandag sy grusame getuienis voortgesit oor wat\u00a0in 2012 tydens die staking by Marikana gebeur het. Hy het voorheen getuig hoe Amcu-lede mensvleis &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=25328\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Amcu-lede se grusame dade verder in getuienis ontbloot&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[10816,11418,15661,17042,14265,10815,5240],"class_list":["post-25328","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-amcu","tag-farlam-kommissie","tag-mensvleis","tag-mnr-x","tag-moetie","tag-num","tag-toordokters"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25328","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25328"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25328\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25328"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25328"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25328"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}