{"id":25305,"date":"2014-06-23T10:33:02","date_gmt":"2014-06-23T08:33:02","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25305"},"modified":"2014-06-23T10:33:16","modified_gmt":"2014-06-23T08:33:16","slug":"spanning-oor-rassetransformasie-by-universiteit-van-stellenbosch-vergadering","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25305","title":{"rendered":"Spanning oor rassetransformasie by Universiteit van Stellenbosch-vergadering"},"content":{"rendered":"<p>Volgens &#8216;n voorbladberig in die Kaapse koerant, Die Burger, gaan &#8220;transformasie en die sentrum vir inklusiwiteit by die Universiteit Stellenbosch (US) na verwagting vanoggend vir groot spanning by \u2019n US-raadsvergadering sorg&#8221;.<\/p>\n<p>Hoewel die huidige US-raad nie ten gunste van die radikale transformasie van die universiteit is, het die rektor, prof. Russel Botman, blykbaar ander planne. Soos Leon Lemmer in sy <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?cat=149\">rubrieke<\/a> op die praag-webblad gereeld berig, bedryf Botman &#8216;n vorm van universit\u00eare politiek wat meer met linkse aktivisme as met akademie te make het.<\/p>\n<p>Volgens bronne by die universiteit is &#8216;n &#8220;transformasieplan&#8221; wat van die blanke dosente en studente ontslae sou raak, asook die universiteit nog verder sou verengels, verleder jaar deur die universiteitsraad afgekeur. Maar Botman beskou nie die goedkeuring van die raad as noodsaaklik om in elk geval die plan uit te voer nie.<\/p>\n<p>Sedert 2013 bestaan daar &#8216;n &#8220;Transformasiesentrum&#8221; op die kampus wat ten doel het om die US finaal van sy Afrikanerwortels en -erfenis te suiwer en daarvan &#8216;n Afrika-universiteit te maak.<\/p>\n<p>Die sentrum beskik oor &#8216;n Facebook-blad waarin sy doelstelling omskryf is as &#8220;om transformasie op die kampus te bestuur, te ondersteun en te monitor&#8221;, dog di\u00e9 missiestelling is intussen van die blad verwyder.<\/p>\n<p>N\u00e1 die Universiteit van die Vrystaat met sy Reitz-huis-debakel en die Noordwes-Universiteit waar die sogenaamde &#8220;nazi-armgebaar&#8221; van damestudente tot &#8216;n nasionale polemiek gely het, is die Universiteit van Stellenbosch nou die derde Afrikaanse universiteit wat deur &#8216;n transformasie-aanslag in die gesig gestaar word, di\u00e9 keer van binne die rektor se kantoor self.<\/p>\n<p>Volgens Botman is die &#8220;bre\u00eb trekke&#8221; van sy transformasieplan reeds aanvaar as deel van die US se Institusionele Voorneme en Strategie 2013\u200a-\u200a2018 waarvoor die raad op 29 April 2013 gestem het. Die\u201ctransformasieplan\u201d was een van sewe aanvullende dokumente wat ook aan die raad voorgel\u00ea is.<\/p>\n<p>Botman het teenoor Die Burger verklaar: &#8220;Die sentrum is gevestig as deel van \u2019n strategie &#8216;om \u2019n instelling te skep waarin \u2019n verwelkomende kultuur, gelykheid, diversiteit en transformasie floreer&#8217;.&#8221;<\/p>\n<p>Die sentrum rapporteer regstreeks aan Botman en daarom voel hy hom nie gebonde aan die raad se sienings wat van meer &#8220;oorsigtelike aard&#8221; is, terwyl die transformasiesentrum deel van die &#8220;operasionele bestuur&#8221; van die kampus uitmaak.<\/p>\n<p>Van die sentrum se personeel het reeds in die openbaar die Matie-alumni en donateurs as &#8220;struikelblokke vir transformasie&#8221; bestempel. Een van die aanbevelings van die transformasiesentrum is dat die naam van die DF Malan-sentrum verander moet word. Die sentrum bestempel ook die \u00a0US in &#8216;n dokument as \u201choofsaaklik wit, heteroseksueel, manlik, Afrikaans en met belang in die sieninge van die alumni en die konvokasie en sieninge in die Afrikaanse media&#8221;.<\/p>\n<p>Mnr. Piet le Roux, een van die raadslede met &#8216;n pro-Afrikaanse siening en wat voorheen as nagraadse student &#8216;n video-onderhoud met praag gevoer het, s\u00ea: \u201cMy vertroue in die US-bestuur hang af van die antwoorde wat op my vrae verskaf gaan word. Ek is glad nie tevrede met die sentrum en sy aktiwiteite nie.\u201d<\/p>\n<p>Prof. Christo Viljoen, voorsitter van die US-konvokasie, het hom soos volg daaroor uitgelaat: \u201cDit hou ernstige implikasies vir die konvokasie in indien sy lede deur \u2019n amptelike US-afdeling as struikelblokke vir die uitvoering van die raad se beleid vir diversifisering en inklusiwiteit beskou word.\u201d<\/p>\n<p>Daar is sprake van &#8216;n mosie van wantroue wat by vandag se vergadering ingestel mag word. Die universiteit weier egter om die gewraakte &#8220;transformasieplan&#8221; beskikbaar te stel, aangesien dit &#8220;slegs &#8216;n beleidsdokument is&#8221; en daarom nie vir openbare insae nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Volgens &#8216;n voorbladberig in die Kaapse koerant, Die Burger, gaan &#8220;transformasie en die sentrum vir inklusiwiteit by die Universiteit Stellenbosch (US) na verwagting vanoggend vir groot spanning by \u2019n US-raadsvergadering sorg&#8221;. Hoewel die huidige US-raad nie ten gunste van die radikale transformasie van die universiteit is, het die rektor, prof. Russel Botman, blykbaar ander planne. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=25305\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Spanning oor rassetransformasie by Universiteit van Stellenbosch-vergadering&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[17070,17071,9585,4835,17069,10604],"class_list":["post-25305","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-piet-le-roux","tag-raadsvergadering","tag-russel-botman","tag-transformasie","tag-transformasiesentrum","tag-universiteit-stellenbosch"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25305","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25305"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25305\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25305"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25305"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25305"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}