{"id":25299,"date":"2014-06-23T09:42:06","date_gmt":"2014-06-23T07:42:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25299"},"modified":"2014-06-23T09:42:06","modified_gmt":"2014-06-23T07:42:06","slug":"waterpypbars-rioolstorting-kopseer-vir-pretorianers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25299","title":{"rendered":"Waterpypbars, rioolstorting kopseer vir Pretorianers"},"content":{"rendered":"<p>Wat vir Johan Erickson soos \u2019n klein waterlekkie gelyk het, het binne dae in \u2019n waterramp verander met derduisende rand se skade.<\/p>\n<p>Erickson en Meyerstraat se inwoners in Wonderboom-suid, Pretoria, is Donderdagaand omstreeks 23:00 deur \u2019n geweldige slag wakkergemaak.\u2019n Gebarste waterpyp voor Erickson se huis was die oorsaak vir di\u00e9 helse ontploffing.<\/p>\n<p>\u201cDie water het meters in die lug gespuit en het geweldige skade aan my huis aangerig. My tuin en huis was heeltemal onder water,\u201d het \u2019n ontstoke Erickson ges\u00ea.Erickson, voorsitter van die Wonderboompoort sektor 1 Mayville\/WBS-gemeenskapspolis\u00ebringsforum, het sy dankbaarheid teenoor alle sektorlede en inwoners wat hom vir ure lank gehelp het om die gemors skoon te kry, uitgespreek.<\/p>\n<p>\u201cAlmal het gehelp om slote te grawe om die water van my huis af weg te lei. Hulle het selfs reinigingsmiddels gebring en ingespring om te help skoonmaak. Ek is dankbaar vir almal se hulp,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Volgens Erickson het hy reeds verlede Sondag die waterlek onder die Tshwane-metro se aandag gebring.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea hy gaan die saak nie daar laat nie en het reeds regsadvies ingewin om die metro aanspreeklik te hou vir die skade wat aan sy eiendom aangerig is.\u201cMy meubes is beskadig en selfs ons voorstoep se plaveisel het gesak weens die watervloei. Dit is onaanvaarbaar.\u201d<\/p>\n<p>Maar dis nie net Erickson wat \u2019n stel met die metro afgetrap nie, Abie Fourie van Waverley het ook \u2018n probleem met die metro.<\/p>\n<p>Fourie ry vir die afgelope vyf maande van Waverley na Jan Niemandpark, maar hierdie rit sluit \u2018n reis seur \u2018n rivier van riool in.<\/p>\n<p>Volgens Fourie spruit die probleem uit die diefstal van mangatdeksels op die hoek van Klipspruit- en Henningstraat.<\/p>\n<p>Alhoewel inwoners en sakeondernemings die diefstal en rioolprobleem glo verskeie kere by die metro aangemeld het, is daar steeds geen lig aan die einde van di\u00e9 grillige tonnel nie, s\u00ea hy.<\/p>\n<p>\u201cSekere tye van die dag stroom die riool die pad af en op ander dae l\u00ea die menslike ontlasting en toiletpapier oor die hele pad. Dit is \u2019n groot probleem vir ons,\u201d het Fourie ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die metro het na verskeie navrae nog geen terugvoer verskaf nie.<\/p>\n<p>Bron: Rekord Moot<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat vir Johan Erickson soos \u2019n klein waterlekkie gelyk het, het binne dae in \u2019n waterramp verander met derduisende rand se skade. Erickson en Meyerstraat se inwoners in Wonderboom-suid, Pretoria, is Donderdagaand omstreeks 23:00 deur \u2019n geweldige slag wakkergemaak.\u2019n Gebarste waterpyp voor Erickson se huis was die oorsaak vir di\u00e9 helse ontploffing. \u201cDie water het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=25299\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Waterpypbars, rioolstorting kopseer vir Pretorianers&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5380,4848,8138,17059,17060,17058],"class_list":["post-25299","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-dienslewering","tag-riool","tag-tshwane-metro","tag-waterlek","tag-waterpypbars","tag-wonderboom-suid"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25299","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25299"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25299\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25299"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25299"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25299"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}