{"id":2527,"date":"2008-08-14T08:24:11","date_gmt":"2008-08-14T08:24:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2527"},"modified":"2008-08-14T08:24:11","modified_gmt":"2008-08-14T08:24:11","slug":"wat-is-tsvangirai-se-prys","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2527","title":{"rendered":"Wat is Tsvangirai se prys?"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Terwyl die onderhandelings plaasvind met Thabo Mbeki, die hopelose Suid-Afrikaanse president, wat nogal bemiddelaar speel, het sekere elemente van die kompromie reeds deurgeskemer. Dit volg &#329; tipiese Afrikapatroon. Trouens, die hele gedagte van &#329; regering van nasionale eenheid wat as die oplossing vir die land se probleme voorgehou word, is geskoei op die sogenaamde Keniamodel. Toe daar feitlik &#329; burgeroorlog in Kenia uitgebreek het n&aacute; die verkiesings in Desember 2007, het die VSA en Brittanje voorgestel dat sowel die meerderheidsparty as sy opposisie die land behoort te regeer.<\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Kenia beskik oor &#329; geweldige groot kabinet. Omtrent die helfte van die Keniaanse parlement is almal ministers of adjunkte, nie minder as 96 nie! Deel van &#329; Zimbabwiese &ldquo;skikking&rdquo; gaan daarom &#329; vergrote kabinet van 36 mense wees.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Net soos in Kenia waar die regering en die opposisie reeds in Februarie 2008 tot &#329; eenheidsregering ingestem het, maar meer as &#329; maand gestry het oor wie watter poste kry, gaan dit in Zimbabwe nie oor &#329; beginsel nie, maar oor poste in die vergrote kabinet.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Wat ook reeds duidelik is, is dat Tsvangirai sy hand oorspeel het. Die leier van die MDC het gedink dat hy met Groot Brittanje en stedelike steun agter hom vir Mugabe van die troon kan stoot. Maar China staan agter Mugabe en vanwe&euml; die spanning tussen Rusland en die Angel-Saksiese w&ecirc;reld, het die Russe by die VN ook agter China ingeval.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Die Britte en Amerikaners se geraas en -blaas by die Verenigde Nasies het toe op niks uitgeloop nie en Mugabe sit steeds stewig in die saal, sy ouderdom en slegte reputasie in die Weste ten spyt. Benewens China beskik Mugabe en Zanu-PF oor nog &#329; baie belangrike bondgenoot: Mbeki en Suid-Afrika. Trouens, die hele oefening wat nou aan die gang is, is om &#329; &ldquo;nuwe&rdquo; Zim-regering maar waarin Mugabe en Zanu-PF steeds die kitaar sal slaan vir die buitew&ecirc;reld en selfs Brittanje aanvaarbaar te maak. Mbeki, die sogenaamde &ldquo;bemiddelaar&rdquo; is niks anders as &#329; openbarebetrekkingekonsultant vir Mugabe en Zanu-PF nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Die eintlike vraagstuk tydens die huidige onderhandelings is: wat is Morgan Tsvangirai se prys? Hy het van die presidentskap met Britse steun gedroom, maar moet nou reeds besef dat sy hand verswak het. Vandaar die feit dat die samesprekings onderbreek is sodat Tsvangirai kan gaan &ldquo;nadink&rdquo;.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Eintlik is die hele proses wat van nou af gevolg gaan word, heel voorspelbaar. Die SAOG-lande speel &#329; taamlike rol, hoewel die huidige voorsitter, Levy Mwanawasa van Zambi&euml;, in &#329; koma in &#329; Paryse hospitaal l&ecirc;. Dis nogal gerieflik, aangesien hy een van Mugabe se weinige kritici in di&eacute; organisasie was. Mbeki en die res van die SAOG-lande &ndash; die SA president was gister in Angola waar hy Dos Santos, die voorsitter van SAOG se veiligheidskomitee ingelig het &ndash; gaan druk op Tsvangirai toepas om van die presidentskap af te sien en &#329; ondergeskikte pos teenoor Mugabe te aanvaar.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Hierdie uitkoms gaan natuurlik die Britte in &#329; netelige posisie plaas. Ten einde hul potensi&euml;le sakebelange in Zimbabwe te bevorder en die Chinese mededinging te bied, wil Brittanje instaan met &#329; hulppakket om Mugabe se skade aan die ekonomie te probeer herstel. Tot dusver het Brittanje egter hoog en laag gesweer dat Mugabe eers die presidentskap moet prysgee alvorens dit kan gebeur.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Morgan Tsvangirai is iets van &#329; Britse marionet of tuislandleier. Trouens, vermoedelik het Brittanje sy hele verkiesingsveldtog gefinansier, want waar sal &#329; opposisieleier in &#329; bankrot land in elk geval geld vandaan kry om &#329; verkiesing te finansier, met &#329; magdom plakkate en pamflette, asook helikopters wat hom rondgevlieg het?<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Die marionetmeesters in Whitehall sit nou met die volgende dilemma: hoe gaan hulle hul Zimbabweplan uitvoer, maar terselfdertyd afsien van hul poging tot dusver om Mugabe te ontsetel? Waarskynlik gaan Mbeki, wat ook sterk onder Britse invloed verkeer, aan Brittanje uitkomkans bied deur &#329; &ldquo;geskiedkundige kompromie&rdquo; op die tafel te plaas waardeur Mugabe president bly maar Tsvangirai ook een of ander simboliese posisie soos di&eacute; van eerste minister teen &#329; stywe pakket in werklike geld, nie Zim-dollars nie, aangebied word.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Brittanje is &#329; middelslagland met ewe middelmatige leiers. My voorspelling is dat Gordon Brown, die eerste minister, en David Miliband, die minister van buitelandse sake, hul trots gaan sluk en enige &ldquo;deurbraak&rdquo; wat Mbeki mag aankondig, met fanfare gaan verwelkom. Hul vyand van onlangs, Mugabe, gaan heel waarskynlik nog baat by die komende Britse kontantinspuiting wat die land gaan tref.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Hoewel die oorwinning wat die anti-blanke Mugabe op die punt staan om te behaal vir die Afrikaner &#329; taamlike bitter pil is om te sluk, behoort ons moed te skep uit die verswakking van Britse invloed in Suidelike Afrika.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Brittanje was in die eerste plek regstreeks en onregstreeks daarvoor verantwoordelik dat die twee mees radikale partye, Zanu-PF en die ANC, in ons subkontinent die mag oorgeneem het. Hoewel Mugabe &#329; onaangename man is, is hy vir ons minder gevaarlik as Gordon Brown wat steeds via ons Britsgesinde media, sowel Engels as&nbsp; Afrikaans, asook Mittal-staal en die koloniale mynmaatskappye, dieselfde soort ramp in Suid-Afrika kan veroorsaak as wat Brittanje reeds in Zimbabwe teweeggebring het.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Net soos in Zimbabwe, steun Brittanje immers amptelik &ldquo;grondhervorming&rdquo; in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.masters19.ru\/gipsovye-kartiny-doma\/\">\u043f\u0440\u043e\u0438\u0437\u0432\u043e\u0434\u0441\u0442\u0432\u043e \u0433\u0438\u043f\u0441\u043e\u0432\u043e\u0439 \u043b\u0435\u043f\u043d\u0438\u043d\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/vulyk_16_128\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" width=\"120\" height=\"164\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>14:21:59 Die huidige onderhandelings tussen Zanu-PF en die Zimbabwiese opposisie gaan waarskynlik op een of ander vorm van kompromie tussen die partye uitloop. Enigeen wat hoop dat die land se ekonomiese krisis daardeur opgelos gaan word, moet weer dink.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,21092,2457],"class_list":["post-2527","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-rubrieke","tag-wat-is-tsvangirai-se-prys"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2527","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2527"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2527\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2527"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2527"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2527"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}