{"id":25257,"date":"2014-06-20T08:58:18","date_gmt":"2014-06-20T06:58:18","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25257"},"modified":"2014-06-20T08:58:18","modified_gmt":"2014-06-20T06:58:18","slug":"meneer-x-getuig-oor-mensvleis-ritueel-by-marikana","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25257","title":{"rendered":"Meneer X getuig oor mensvleis-ritueel by Marikana"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Oudmynwerker,\u00a0wat om veiligheidsredes slegs as Meneer X bekend staan,\u00a0het Donderdag oor afskuwekkende moetierituele voor die Marikana-insident getuig.<\/p>\n<p>Meneer X, \u2019n rotsboor-operateur, tree op as die polisie se sleutelgetuie waarin die gru-besonderhede oor mensvleis wat deur Amcu-lede vir moetie gebruik is, na vore gekom het.<\/p>\n<p>Hy is deel van &#8216;n getuiebeskermingsprogram en getuig deur middel van \u2019n elektroniese beeldskakel vanaf \u2019n onge\u00efdentifiseerde plek.<\/p>\n<p>Die Amcu-myners het veiligheidswagte vermoor om liggaamsdele van die menselyke vir tradisionele genesers te bekom sodat hulle daarmee teen koe\u00ebls beskerm sou word.<\/p>\n<p>Die ANC het Amcu reeds daarvan beskuldig dat hulle ook deur buitelandse agente ge\u00efnfiltreer is.<\/p>\n<p>Die oudmyner getuig in Centurion voor die Farlam-kommissie oor die omstandighede rondom die dood van 44 mense in Augustus 2012 by Marikana.<\/p>\n<p>Tien mense, onder wie polisiebeamptes en sekuriteitswagte, sowel as ses ander mynwerkers is in die week voor die Marikana-slagting tydens gewelddadige stakings vermoor.<\/p>\n<p>Julius Malema, EFF-leier, en sy partylede het intussen Donderdag uit die Nasionale Vergadering van die parlement gestap omdat Malema volgehou het om die ANC en die polisie vir die moorde by Marikana verantwoordelik gehou het.<\/p>\n<p>Malema het geweier om opmerkings terug te trek wat hy tydens die debat oor die Staatsrede gemaak het. Hy het toe ges\u00ea die ANC het massamoord by Marikana gepleeg.<\/p>\n<p>Die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise,\u00a0het beslis dat sulke bewerings onparlement\u00ear is en dat hy dit moet terugtrek.<\/p>\n<p>Die Kantoor van die ANC se Hoofsweep het die gedrag van lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters in die Nasionale Vergadering as skokkend bestempel.<\/p>\n<p>Die ANC se Parlement\u00eare woordvoerder, Moloto Mothapo, s\u00ea die kantoor verwelkom aanduidings dat die Parlement die voorval gaan ondersoek<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Oudmynwerker,\u00a0wat om veiligheidsredes slegs as Meneer X bekend staan,\u00a0het Donderdag oor afskuwekkende moetierituele voor die Marikana-insident getuig. Meneer X, \u2019n rotsboor-operateur, tree op as die polisie se sleutelgetuie waarin die gru-besonderhede oor mensvleis wat deur Amcu-lede vir moetie gebruik is, na vore gekom het. Hy is deel van &#8216;n getuiebeskermingsprogram en getuig deur middel &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=25257\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Meneer X getuig oor mensvleis-ritueel by Marikana&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[10816,11418,6685,10519,15661,14265,5240],"class_list":["post-25257","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-amcu","tag-farlam-kommissie","tag-julius-malema","tag-marikana","tag-mensvleis","tag-moetie","tag-toordokters"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25257","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25257"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25257\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25257"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25257"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25257"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}