{"id":25205,"date":"2014-06-18T14:27:47","date_gmt":"2014-06-18T12:27:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25205"},"modified":"2014-06-18T14:29:25","modified_gmt":"2014-06-18T12:29:25","slug":"wat-is-so-skokkend-aan-plan-vir-skole","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25205","title":{"rendered":"Wat is so skokkend aan plan vir skole?"},"content":{"rendered":"<p>Ek maak beswaar teen die opskrif \u201cLUR se skok-plan vir skole\u201d (Beeld, 16 Junie). Wat op aarde kan \u201cskokkend\u201d wees daaraan om voormalige model-C-skole met inrigtings in minder gegoede woonbuurte saam te smelt en die hoofskappe te transformeer?<\/p>\n<p>Na my ervaring gee slegs \u2019n baie klein persentasie Afrikaners nog om vir ons kultuur, geskiedenis en die vryheidstrewe van ons voorouers.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-thumbnail wp-image-56\" alt=\"Dan Roodt\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4-120x150.jpg\" width=\"80\" height=\"100\" \/><\/a>\u2019n Jaar of twee gelede het ek voor die grondwethof \u2019n soort eenmanbetoging gehou vir die reg van beheerrade om die taalbeleid van skole te bepaal.<\/p>\n<p>Soos mev. Thatcher ges\u00ea het, het ek my in \u201c\u2009\u2019n minderheid van een\u201d bevind en moes aanvaar dat die meerderheid Afrikaners of \u201cAfrikaanses\u201d of wat hulle hulself ook al deesdae noem, Amerikaanse waardes van \u201cdiversiteit\u201d en multikulturele samesyn met ywer omhels het. Immers stem meer as 90% van Afrikaanssprekendes vir die DA, wat in sy handel en wandel daardie VS-ideaal van diversiteit uitleef, met leiers wat kopdoeke dra en veral saam dans.<\/p>\n<p>Mnr. Panyaza Lesufi gaan nou bloot die beleid en beginsels toepas waarvoor die Afrikaanse pers, asook die DA-kiesers in verkiesing n\u00e1 verkiesing smeek, met ander woorde groter transformasie en vermenging van tale, kulture en mense. Dis hoegenaamd nie \u201cskokkend\u201d nie; dis suiwer \u2019n logiese toepassing van die beginsels wat almal heelhartig ondersteun.<\/p>\n<p>Dus, pleks dat Beeld so \u2019n reaksion\u00eare opskrif by \u2019n berig plaas wat \u2019n volgende stap in ons Groot Samesyn aankondig, behoort daar eerder blydskap en opgewondenheid oor di\u00e9 vooruitsig te heers! In elk geval het wyle minister Kader Asmal die Afrikaanse kampusse saamgesmelt en almal het die nuwe diverse, meestal Engelstalige kampusse verwelkom. Waarom sou dit vir skole anders wees?<\/p>\n<p>Soos die LUR s\u00ea: Dis net \u2019n stereotipe dat die standaard van wiskunde in Alexandra of Diepsloot laer as in Waterkloof of Linden is. Boonop is dit \u2019n rassistiese stereotipe wat nou in die praktyk verkeerd bewys sal word as hoofde en leerkragte tussen skole uitgeruil gaan word en kinders insgelyks tussen skole in busse aangery word.<\/p>\n<p>Die Afrikaner het sedert die 1990\u2019s reeds triljoene rande se bates op \u2019n skinkbord prysgegee. Die totale waarde van die oorblywende Afrikaanse skole is seker nie veel meer as R50\u2009miljard werd nie. \u2019n Bagatel waaroor niemand \u2019n traan sal stort nie.<\/p>\n<p>Die voordele van diversiteit vir \u2019n kind se opvoeding het derduisende Amerikaanse opvoedkundiges al in proefskrifte en handboeke besing.<\/p>\n<p>Prof. Jonathan Jansen sal dit kan beaam. As Beeld dit nie kan insien nie, skort daar iets.<\/p>\n<p>Hierdie rubriek het ook as brief in vandag se Beeld verskyn.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek maak beswaar teen die opskrif \u201cLUR se skok-plan vir skole\u201d (Beeld, 16 Junie). Wat op aarde kan \u201cskokkend\u201d wees daaraan om voormalige model-C-skole met inrigtings in minder gegoede woonbuurte saam te smelt en die hoofskappe te transformeer? Na my ervaring gee slegs \u2019n baie klein persentasie Afrikaners nog om vir ons kultuur, geskiedenis en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=25205\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wat is so skokkend aan plan vir skole?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[167,6210,6153,17006,5178],"class_list":["post-25205","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-diversiteit","tag-grondwethof","tag-kader-asmal","tag-skole"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25205","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25205"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25205\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25205"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25205"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25205"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}