{"id":2514,"date":"2008-08-13T13:55:19","date_gmt":"2008-08-13T13:55:19","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2514"},"modified":"2008-08-13T13:55:19","modified_gmt":"2008-08-13T13:55:19","slug":"vandag-is-gra-dag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2514","title":{"rendered":"Vandag is GRA-dag"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Hoekom was dit nodig dat &#329; liggaam soos die GRA gestig moes word? Kom ek skets baie kortliks die faktore wat daartoe aanleiding gegee het.<\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In 1652 stig Jan van Riebeeck die verversingspos aan die Kaap. Al gou verander dit van &#329; verversingspos na &#329; kolonie waar mense uit Europa hulle kom vestig. Dit was hoofsaaklik mense uit Holland en Duitsland. Vir byna 150 jaar bly die Kaap &#329; Hollandse kolonie. Gedurende hierdie 150 jaar het daar meer Duitsers na die Kaap gekom as al die ander immigrante uit die ander lande tesame, Hollanders inkluis. In 1688 kom die Franse Hugenote. Hulle grootste bydrae was hul godsdienssin, hul kennis van wynbou en die vanne soos Du Plessis, Marais, Delport en&nbsp; De Villiers.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In hierdie 150 jaar het die boere bekend as die Vryburgers, al hoe verder ooswaarts, weswaarts en noordwaarts beweeg, maar veral ooswaarts. Die verbinding met die moederkolonie Holland was uit die aard van die saak baie swak. Daar was nie boeke, koerante of skole nie, met die gevolg dat die taal, veral di&eacute; van die Vryburgers, begin verander het van Hoog Hollands na die sogenaamde Kaapsch Hollands. Hulle het dus nie meer suiwer Hollands gepraat nie, maar &#329; vereenvoudigde weergawe daarvan.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In 1795 word die Kaap vir die eerste keer deur Engeland verower en in 1806 vir die tweede keer. In 1814 word die Kaap &#329; permanente Engelse besetting. Die veroweraar het nou toestande in die lewe geroep wat die voortbetaan van die Hollandsprekendes as &#329; aparte nasie met &#329; eie taal bedreig het. Nederlands was toe nog die amptelike taal van die staat, die kerk, die Bybel, die skool en die platform. Die spreektaal was Afrikaans, toe nog genoem Kaapsch Hollands. Met die geringe skoolopleiding van daardie dae kon niemand Nederlands werklik magtig word nie en in briewe en toesprake is die verafrikaanse vorm gebesig. Dit was die natuurlike proses waartydens die spreektaal nog nie tot kultuurtaal verhef is nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die Engelse veroweraar was van plan om van die Kaap &#329; Engelse kolonie in die ware sin van die woord te maak. Dit moes geskied langs die weg van verengelsing van alles en almal en die taal wat tog maar die nasieskap bepaal, moes dit eerste ontgeld.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Wat die staat aanbetref, kom daar op 5 Julie 1822 die volgende belangrike aankondiging: Na 1 Januarie 1823 moet alle amptelike stukke aan die goewermentsekretaris in Engels wees. Na 1 Januarie 1825 moet alle dokumente in Engels wees. Na 1 Januarie 1827 sou Engels die enigste amptelike taal van die geregshowe wees. Die taal van 90% van die bevolking is daarmee uit die regswese verban. As gevolg daarvan sou daar duur betaal moes word vir &#329; tolk in enige regsproses. Dit was dan ook een van die redes vir die Groot Trek, volgens Piet Retief se manifes.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In 1826 word die riksdaalder, skelling en oulap vervang deur pond, sjieling en pennie. Wat die kerk aanbetref, is die verengelsingsbeleid ook aktief toegepas Predikante is deur die staat betaal. Vanaf 1822 word &#329; aantal Skotse predikante ingevoer. Die sinode besluit in 1834 dat daar gestreef moes word om Engels in sommige van die eredienste te gebruik. Onder die voorwendsel om dit aantrekliker te maak vir die jong mense en om Engelse na die dienste te lok, is die aanddienste in Kaapstad, Worcester en Stellenbosch in Engels gehou. Ook die liedere het afgewyk van die Psalm- en Gesangeboek. Kerke in die platteland het gelukkig vry gebly van die invloede. Suiwer Boerekultuur het hier behoue gebly.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In 1809 het &#329; sekere Collins ges&ecirc;: &ldquo;Import English teachers and the next generation will be English.&rdquo; In 1822 word Skotse onderwysers ingevoer en in elke dorp &#329; staatskool gestig. Vir die grootste deel van die bevolking was die skool egter net &#329; middel om die kinders Hollands te leer lees en skryf, sodat hulle die Bybel kon lees en uit die katkisasieboek kon leer. Waar die staatskole nie in hierdie behoefte kon voorsien nie, is van privaatonderrig gebruik gemaak en teen 1830 loop die staatskole feitlik leeg.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In 1839 gee die owerheid &#329; bietjie toe. Die kinders kon nou Hollands as vak neem as die ouers dit verlang. Verder sou alles Engels wees. In sommige dele van die land het die mense begin tevrede raak met die toestande sodat daar byvoorbeeld in Colesberg nie een leerling was wat Hollands as vak wou neem nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Verengelsing het stadigaan sy kloue begin inslaan in die volkslewe. Die siening was: Laat die kinders maar Engels leer, Hollands kom vanself. Die Afrikaners het begin minderwaardig voel. In die klaskamer is hulle gekonfronteer met die grootheid van die Britste ryk, &#329; ryk waaroor die son nooit ondergaan nie. Op die skoolterrein moes hulle net Engels praat. Die&eacute; wat oortree het, is swaar gestraf. Hulle moes die Dutch Mark dra en honderde re&euml;ls uitskryf, soos &ldquo;I must speak English&rdquo;.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In 1870 tipeer CP Hoogenhout, &#329; digter bekend as Jan wat versies maak, die toestand soos volg: &ldquo;Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy siet en hoor. In ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor.&rdquo; In 1870 hoor ons vir die eerste keer dat mense van Afrikaans praat en dit kan beskou word as erkenning vir Afrikaans as selfstandige taal in teenstelling met die ou opvatting dat dit &#329; soort Hollands is.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Daar tree nou ook manne na vore wat hulle daadwerklik vir Afrikaans beywer. Onder hulle staan Hoogenhout, Pannevis en SJ du Toit uit. Pannevis en Hoogenhout skryf &#329; Afrikaanse Volkslied wat verafrikaans word deur SJ du Toit en DF du Toit:<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&ldquo;&#329; Ider nasie het syn Land<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ons woon op Afrikaanse strand<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Vir ons is daar geen beter grond<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Op al die wye w&ecirc;reld rond<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Trots is ons om die naam te dra<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Van kinders van Suid-Afrika<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&nbsp;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&#329; Ider nasie het syn Taal<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ons praat van die Kaap tot in Transvaal<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Wat almal maklik kan verstaan<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Wat gaan die ander tale ons aan<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ons praat soos Pa en Oupapa<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">die landstaal van Suid-Afrika.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&nbsp;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Pannevis wou graag die Bybel in Afrikaans vertaal, maar die algemene opvatting was dat die tyd nog nie ryp was vir so &#329; gewigtige stap nie. Die Afrikaners moes eers taalbewus en nasiebewus gemaak word. Dit was dan ook die ideaal van die stigters van die GRA wat op 14 Augustus in die huis van Mnr. Gideon Malherbe in die Paarl vergader het. Die taalmonument is later op hierdie plek opgerig. Op daardie dag is die GRA dan ook amptelik gestig.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Teenwoordig was: <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">CP Hoogenhout, Voorlopige Voorsitter, 32<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">August Ahrbeck, voorlopige sekretaris, 24<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ds. SJ du Toit, predikant, 27<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">DF du Toit, onderwyser, 29<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">DF du Toit, wynboer, 25<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">PJ Malherbe, wynboer, 22<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&nbsp;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Opvallend is hulle jeug, hul baie sterk godsdienssin en hulle geloof. Elke hervormer is &#329; geloofsheld wat glo dat die onbestaande moontlik sal word. Die doel en strewe van die GRA was: Om te staan vir ons TAAL, ons NASIE en ons LAND. Op al hulle vergaderings en in alle amptelike stukke moet die Afrikaanse taal gebruik word.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die belangrikste publikasie van die genootskap was &#329; koerant met die naam Die Patriot. Die Patriot maak op 15 Januarie 1876 sy eerste verskyning. Dit was aanvanklik &#329; maandblad wat 50 sent per jaar gekos het. In 1877 word dit &#329; weekblad. Vanaf 1878 is DF du Toit die redakteur, bekend as Oom Lokomotief. Die Patriot is wyd gelees tot in Transvaal en die Vrystaat en het reusewerk verrig in die belang van Afrikaans in die ou Kolonie.<\/p>\n<p align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/patriot.jpg\" width=\"399\" height=\"543\" align=\"middle\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>&nbsp;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">SJ du Toit, in &#329; politieke frontverandering, kies kant vir Rhodes met die Jameson-inval in 1896 en kritiseer president Kruger. Die intekenare daal en Die Patriot sterf &#329; finansi&euml;le dood. Die Tweede Vryheidsoorlog speel &#329; groot rol hierin.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">N&aacute; die oorlog vlam die taalstryd weer op en kom die 2de Taalbeweging aan die gang. &#329; Mens voel maar klein as jy daaraan dink wat andere vir Afrikaans gedoen het, maar terselfdertyd behoort dit &#329; ieder en &#329; elk aan te vuur om ook vandag sy deel te doen. Gedurende hierdie tyd was daar manne wat &#329; reusestryd in belang van Afrikaans gevoer het. Ek sonder enkeles van hulle uit:<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">O, koud is die windjie en skraal<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">En blink in die doflig en kaal<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">So wyd as die Heer se genade<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">l&ecirc; die velde in sterlig en skade<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">En hoog in die rande<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Versprei in die brande<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Is die grassaad aan roere <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Soos winkende hande<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&nbsp;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">O teurig die wysie op die ooswind se maat<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Soos die lied van &#329; meisie in haar liefde verlaat<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In elk&rsquo; grashalm se vou<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Wink &#329; druppel van dou<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">En vinnig verbleek dit tot ryp in die kou!<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&nbsp;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die gedig &ldquo;Winternag&rdquo; bewys dat Afrikaans ook die draer van die diepste gevoelsuitinge kan wees. &ldquo;Winternag&rdquo; is inderdaad &#329; keerpunt in die stryd vir Afrikaans. Dink daaraan dat die taal onveranderd gebly het soos die gedig in 1905 neergeskryf is!<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ek dink aan dr. DF Malan wat so &#329; groot bydrae gelewer het tot die amptelike erkenning van Afrikaans op 8 Mei 1925. &ldquo;Bring bymekaar almal wat bymekaar hoort uit innerlike oortuiging.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ek dink aan die politieke en vreeslose taalheld, CJ Langenhoven, wat die geleenthede om Afrikaans in die parlement te bevorder, goed gebruik het. Hy is natuurlik die skepper van &ldquo;Die Stem&rdquo;. Sy humor en satire is tot vandag toe vir sy lesers &#329; bron van plesier. Dis hy wat by geleentheid in die Parlement ges&ecirc; het: &ldquo;Die helfte van die parlementslede is bobbejane.&rdquo; Natuurlik moes hy die opmerking terugtrek. Hy doen dit met die woorde: &ldquo;Die helfte van die parlementslede is nie bobbejane nie!&rdquo;.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Deur sy pittige en soms ernstige skryfwerk, het hy Afrikaans geweldig bevorder. Een van sy s&ecirc;goed het my as jong seun diep be&iuml;ndruk en &#329; rigsnoer in my lewe geword. Afrikaans is my p&ecirc;rel van grote waarde waarvan dit &#329; goedkoop prys sou gewees het as ek tot die betaling daarvan geroepe sou gewees het om al my besittings af te staan. Toe dit goed met ons gegaan het, het ek nooit daaraan gedink nie. Vandag het daardie woorde weer besondere betekenis verkry.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ek haal nog &#329; taalheld aan, Jan FE Celliers: <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ek hou van &#329; man wat sy man kan staan<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ek hou van &#329; man wat &#329; slag kan slaan<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&#329; oog wat nie wyk, wat &#329; bars kan kyk<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">en &#329; wil wat so vas soos &#329; klipsteen staan<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&nbsp;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ek hou van &#329; man wat sy moeder eer<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In die taal uit haar vrome mond geleer<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">En&#8230;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&nbsp;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Daar is vandag vele wat redeneer oor wie die Afrikaner en wat die herkoms van Afrikaans is. Die swart mense in Mosambiek praat Portugees, maar dit maak hulle nie Portugese nie. Baie van die inwoners van Sentraal-Afrika praat Frans, maar dit maak hulle nie Franse nie. Baie kleurlinge in Suid-Afrika praat Afrikaans, maar dit maak nie van hulle Afrikaners nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Op grond van my kennis van die Afrikaanse, Nederlandse en Duitse grammatika en letterkunde kan ek met groot oortuiging s&ecirc; dat Afrikaans &#329; suiwer Germaanse taal is. Die storie dat Afrikaans &#329; produk van die slawe en die Hottentotte aan die Kaap is, is absolute snert, al s&ecirc; watter hooggeleerde professor dit ookal. Daarvoor is die Afrikaanse grammatika &#329; bietjie te ingewikkeld.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Natuurlik is daar leenwoorde uit die Bantoe-tale, uit Maleis, Portugees en uit Khoisan. Daar is ook leenwoorde uit Engels en Frans, maar dit is min en beperk tot selfstandige naamwoorde en bywoorde. Elke taal het sulke leenwoorde. Die werkwoord, die hart van enige taal, en die sintaksis is onaangeraak deur vreemde invloede &ndash; dis suiwer Germaans.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ons spreekwoorde kom uit Nederland en Duitsland, byvoorbeeld:&nbsp; Je Kahler der Junker desto &auml;rger der Prunker &#8211; in Afrikaans &#8211; Hoe kaler jonker, hoe groter pronker. Hierdie spreekwoord kom uit die ou Oos-Pruise, die mees oostelike provinsie van die Duitse ryk.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Huidig lewe ons weer te midde van &#329; erge taalstryd. In baie opsigte is dit veel erger as aan die begin van die vorige eeu. Dit is wel waar dat geen taal uitgeroei kan word, tensy die hele volk wat die taal praat, uitgeroei word nie. Dit is die goeie nuus, maar die slegte nuus is dat &#329; volk nie net fisies vernietig kan word nie, maar ook geestelik.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In hierdie situasie is daar geen beter hoop of troos of raad as CJ Langenhoven se laaste strofe van Die Stem nie:<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Op U almag vas vertrouend het ons vadere gebou<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Skenk ook ons die krag, o Here om te handhaaf en te hou <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dat die erwe van ons vaadre vir ons kinders erwe bly<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Knegte van die Allerhoogste teen die hele w&ecirc;reld vry<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou o Heer <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Met ons land en met ons nasie, sal dit wel wees God regeer.<\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/17-kardannye-svetilniki-raznovidnosti-i-dostoinstva\">\u043a\u0430\u0440\u0434\u0430\u043d\u043d\u044b\u0439 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a \u0444\u043e\u0442\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.theinsider.ua\/rus\/politics\/54eb7edf432fb\/\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Grawapen.jpg\" width=\"298\" height=\"230\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">GRA-wapen<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>14 Augustus is inderdaad &#329; uitstaande baken op die pad van die Afrikanervolk. Dit was op 14 Augustus 1875 dat die Genootskap van Regte Afrikaners gestig is. Dit was hoegenaamd nie &#329; volksbeweging wat daartoe aanleiding gegee het nie. Inteendeel, dit was slegs &#329; paar begeesterde en doelgerigte manne wat die taak op hulle skouers geneem het.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[124],"tags":[21105,21097,2444],"class_list":["post-2514","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c116-geskiedenis","tag-s32-feuilleton","tag-s17-geskiedenis","tag-vandag-is-gra-dag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2514","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2514"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2514\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2514"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2514"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2514"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}