{"id":24936,"date":"2014-06-10T08:55:45","date_gmt":"2014-06-10T06:55:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24936"},"modified":"2014-06-10T08:55:45","modified_gmt":"2014-06-10T06:55:45","slug":"geskil-tussen-marine-le-pen-en-haar-pa-oor-anti-joodse-grappie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24936","title":{"rendered":"Geskil tussen Marine Le Pen en haar pa oor anti-Joodse grappie"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_24947\" aria-describedby=\"caption-attachment-24947\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/jean-marie-et-marine-le-pen-le-15-mars-2010-a.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24947\" alt=\"Jean-Marie en Marine Le Pen\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/jean-marie-et-marine-le-pen-le-15-mars-2010-a-300x198.jpg\" width=\"300\" height=\"198\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/jean-marie-et-marine-le-pen-le-15-mars-2010-a-300x198.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/jean-marie-et-marine-le-pen-le-15-mars-2010-a.jpg 534w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24947\" class=\"wp-caption-text\">Jean-Marie en Marine Le Pen<\/figcaption><\/figure>\n<p>Marine Le Pen, die leidster van die Front National, wat sedert onlangs as Europa se mees suksesvolle regse party gesien word, het haar vader, Jean-Marie, in die openbaar gekritiseer oor &#8216;n opmerkinig wat hy Vrydagaand 6 Junie oor die Joodse sanger en akteur Patrick Bruel gemaak het. Sy het di\u00e9 opmerking as &#8216;n &#8220;politieke fout&#8221; beskryf wat kwaadwillig deur die Front National se vyande aangegryp sal word.<\/p>\n<p>Le Pen vader is reeds deur &#8216;n horde Joodse en antirassistiese organisasies in Frankryk oor die kole gehaal oor sy opmerking in &#8216;n internetvideo waarin hy kommentaar lewer op openbare figure soos Madonna, Guy Bedos en die tennisspeler Yannick Noah wat onder andere sou ges\u00ea het dat hulle &#8220;Frankryk gaan verlaat indien die Front National die meeste stemme kry&#8221;. Ook die sanger-akteur Patrick Bruel, wat van Joodse afkoms, asook &#8216;n profesionele pokerspeler is, het iets di\u00e9 trant kwytgeraak, wat deur Jean-Marie Le Pen se gespreksgenoot op die intervideo aangeroer is. Hierop het Jean-Marie Le Pen geantwoord: &#8220;Dit verbaas my nie&#8230; Luister, volgende keer sal ons &#8216;n oond vol bak.&#8221; Die Franse woord &#8220;fourn\u00e9e&#8221; wat hy gebruik het, beteken &#8216;n &#8220;hoeveelheid brood of koek wat saam gebak word&#8221;, maar kan ook net &#8216;n &#8220;klomp mense met dieselfde lot beteken&#8221;. Boonop speel dit op &#8220;four&#8221; (oond) wat gewoonlik op Frans in verband met die Joodse slagting tydens die tweede w\u00eareldoorlog gebruik word.<\/p>\n<p>Le Pen senior het jare gelede in 1987 ook die holocaust as &#8216;n &#8220;besonderheid van die geskiedenis&#8221; beskryf, waarvoor hy sedertdien konstant gekritiseer is en waarvoor hy in 1986 &#8220;een simboliese frank&#8221; as boete deur die hof van Aubervilliers, &#8216;n voorstad van Parys, opgel\u00ea is.<\/p>\n<p>Sy dogter se metgesel, Louis Aliot, wat gewoonlik baie lojaal teenoor Jean-Marie Le Pen is, het eerste in die openbaar losgetrek deur Sondag sy uitlating as &#8220;polities dom&#8221; te beskryf. Hierop het Le Pen senior geantwoord: &#8220;As daar mense aan \u00a0my kant is wat dit op di\u00e9 manier interpreteer, is hulle imbesiele.&#8221; Intussen het die FN die video van hul webblad verwyder.<\/p>\n<p>Hierop het Marine Le Pen die openbare reaksie op haar pa se uitlanting as &#8216;n &#8220;kunsmatige polemiek&#8221; beskryf, maar tog ges\u00ea dat hy &#8216;n &#8220;politieke fout&#8221; begaan het. Terwyl sy daarvan oortuig is dat &#8220;die betekenis wat aan sy woorde geheg word, van kwaadwilligheid spreek&#8221;, het die FN se leidster Sondagaand verklaar dat haar pa &#8220;in die lig van sy lang ervaring&#8230; nie kon insien watter interpretasie daar van di\u00e9 formulering gemaak sou word nie, &#8216;n politieke fout is waarvoor die Front National nou die gevolge moet dra&#8221;.<\/p>\n<p>Volgens die koerant Le Monde, gaan dit vir die Front National oor &#8216;n &#8220;subtiele&#8221; spel daartussen om as hoofstroomparty hom te &#8220;ontdemoniseer&#8221;, maar terselfdertyd steeds &#8220;teen die stelsel&#8221; voor te kom waardeur sy gewildheid onder ontevrede Franse kiesers toeneem. Die koerant praat van &#8220;goeie demonisering&#8221; en &#8220;slegte demonisering&#8221;. Deur haar kritiek op die Europese Unie, laat Marine Le Pen haar op &#8216;n goeie manier deur die media &#8220;demoniseer&#8221;, maar deur sulke moedswillige antisemitiese uitlatings ontketen haar vader die slegte vorm van demonisering. Aldus Le Monde.<\/p>\n<p>Jean-Marie Le Pen het verder verklaar dat &#8220;die politieke fout gemaak word deur diegene wat in pas verkeer met eenvormige denke en wat soos die ander partye wil lyk&#8221;.<\/p>\n<p>Le Pen vader is die lewenslange erepresident van die party waarvan hy in 1972 stigterslid was. Hy gaan dus moeilik uit die kussings gelig word, selfs al word hy &#8216;n verleentheid vir sy dogter. In die Franse streeksverkiesings wat om die draai l\u00ea, sal die uitslae wel aantoon of sy uitlating die party skade berokken het, aldan nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Marine Le Pen, die leidster van die Front National, wat sedert onlangs as Europa se mees suksesvolle regse party gesien word, het haar vader, Jean-Marie, in die openbaar gekritiseer oor &#8216;n opmerkinig wat hy Vrydagaand 6 Junie oor die Joodse sanger en akteur Patrick Bruel gemaak het. Sy het di\u00e9 opmerking as &#8216;n &#8220;politieke fout&#8221; &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=24936\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Geskil tussen Marine Le Pen en haar pa oor anti-Joodse grappie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":24947,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[1093,13836,9513,10639,16939,4686,16940],"class_list":["post-24936","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-frankryk","tag-front-national","tag-jean-marie-le-pen","tag-marine-le-pen","tag-patrick-bruel","tag-politiek","tag-yannick-noah"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24936","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24936"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24936\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/24947"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24936"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24936"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24936"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}