{"id":24905,"date":"2014-06-09T10:49:12","date_gmt":"2014-06-09T08:49:12","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24905"},"modified":"2014-06-22T10:20:32","modified_gmt":"2014-06-22T08:20:32","slug":"oos-wes-watter-een-is-bes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24905","title":{"rendered":"Oos, Wes, watter een is bes?"},"content":{"rendered":"<p>Ons het nou al \u2018n hele klomp keer oor die nuwe neiging in die motorw\u00eareld geskryf dat vervaardigers se motors al hoe groter word en die enjins al hoe kleiner. Dit is nie net die vordering van tegnologie wat die skuif motiveer nie, maar ook die toenemende wetgewing oor omgewingsbesoedeling.<\/p>\n<figure id=\"attachment_24909\" aria-describedby=\"caption-attachment-24909\" style=\"width: 225px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chevrolet-Cruze-1.4T-LS-Sedan.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24909\" alt=\"Die Chevrolet Cruze 1.4T LS S\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chevrolet-Cruze-1.4T-LS-Sedan-225x300.jpg\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chevrolet-Cruze-1.4T-LS-Sedan-225x300.jpg 225w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chevrolet-Cruze-1.4T-LS-Sedan.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24909\" class=\"wp-caption-text\">Die Chevrolet Cruze 1.4T LS S<\/figcaption><\/figure>\n<p align=\"justify\">Hierdie week kyk ons na drie motors wat eintlik kompakte gesinsedans moes wees, maar deesdae amper as volgrootte sedans kan diens doen. Al drie die motors het vier deure, vyf sitplekke en \u2018n reusebagasiebak. Alles eienskappe van \u2018n gesinsedan, maar al drie word aangedryf deur piepklein enjintjies en al drie lewer meer krag as die Toyota Camry 2.2, wat vir baie jare die beste verkoper van gesinsedans in Suid-Afrika was.<\/p>\n<p align=\"justify\">Ons het die Chevrolet Cruze 1.4T LS, die Opel Astra 1.4 Turbo Enjoy Sedan en GWM se C50T Elite vir \u2018n paar dae kon bestuur.<\/p>\n<h3 align=\"justify\">Voorkoms<\/h3>\n<figure id=\"attachment_24918\" aria-describedby=\"caption-attachment-24918\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Opel-Astra-1.4-Turbo-Enjoy.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24918\" alt=\"Die sagte lyne van die Opel Astra 1.4 Turbo Enjoy\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Opel-Astra-1.4-Turbo-Enjoy-300x191.jpg\" width=\"300\" height=\"191\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24918\" class=\"wp-caption-text\">Die sagte lyne van die Opel Astra 1.4 Turbo Enjoy<\/figcaption><\/figure>\n<p align=\"justify\">Wanneer dit by ontwerp en tegnologie kom, is die Opel Astra sekerlik die mooiste van die drie motors. Sagte, skoon lyne beklemtoon die Astra se familiemotorstatus en gee die motor na ons mening iets wat die Cruze en die C50T nie het nie, so &#8216;n effense vroulike gevoel. Die motor kom heelwat sagter, so asof dit spesifiek vir \u2018n vrou ontwerp is, voor. Daar is vloeiende lyne wat netjies afgerond word met &#8216;n sagte hoofligontwerp en relatiewe klein kantruite. Die enigste sportiewe wenk wat die motor laat, is die sterk lyne oor die onderkant van die deure.<\/p>\n<figure id=\"attachment_24911\" aria-describedby=\"caption-attachment-24911\" style=\"width: 225px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chevrolet-Cruze-van-agter.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24911 \" alt=\"Die Chevrolet Cruze van agter\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chevrolet-Cruze-van-agter-225x300.jpg\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chevrolet-Cruze-van-agter-225x300.jpg 225w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chevrolet-Cruze-van-agter.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24911\" class=\"wp-caption-text\">Die Chevrolet Cruze van agter<\/figcaption><\/figure>\n<p align=\"justify\">Die Cruze aan die ander kant se ontwerp is weer sterk en straal \u2018n besliste manlike gevoel uit. Dit beskik oor groot luginlate voor, asook groot wielbo\u00eb en heelwat groter kantruite. Reguit skerp lyne voor en agter onderstreep die harder ontwerp. Die Sjinese C50T se ontwerp is so ietsie tussen die Cruze en die Astra. Di\u00e9 motor staan heelwat laer in sy sokkies en vertoon plat. Dit is nie asof die C50T lelik is nie, maar daar skort iets; dit laat ons nogal aan die Kia Clarus en Hyundai se eerste Sonata dink. Die ontwerp is vir seker bykans 15 jaar agter di\u00e9 van die Astra en die Cruze. Die C50T is nie lelik nie, dit voel net oudmodies en nie heeltemal in pas met vandag se ontwerptaal nie.<\/p>\n<h3 align=\"justify\">Binneruim<\/h3>\n<p align=\"justify\">Wat die binneruime van die drie motors betref, is daar genoeg spasie vir 5 insittendes. Die C50T het beslis die meeste ruimte agter die voorsitplekke, maar snaaks genoeg die kleinste bagasieruim. Afwerking in die Cruze is net op \u2018n ander vlak as di\u00e9 van die Astra en die C50T. Die Chevy is toegerus met sagte swart leersitplekke en mooi blink aksente op al die regte plekke. Die uitleg van die instrumentepaneel is duidelik en alles is gemaklik waar dit veronderstel is om te wees, reg waar jy dit verwag. Mooi satynsilwerafwerking op die stuurwiel wat toegerus is met vingerbeheerknoppies vir die radio en togbeheer lyk en voel na gehalte. Die hele motor voel solied en geen ratels of geluide is enigsins te bespeur nie. Al die lyne is skerp en doelgerig en vir die eerste keer in \u2018n lang tyd het ek nie gevoel dat die prys van die motor buitensporig is vir wat hy jou bied nie. Die beheerknoppe vir die lugversorging en radio is baie duidelik en net mooi die regte grootte om dit maklik raak te vat. Voor die bestuurder is daar twee groot wysers wat die spoed en die toereteller huisves; tussen die twee is kleiner wysers wat die brandstof en enjintemperatuur weergee. Onder die twee klein wysers is \u2018n digitale venstertjie waar verskeie funksies soos digitale spoed, brandstofverbruik, ens. vertoon kan word. Agterlangs is daar genoeg beenruimte vir \u2018n gemiddelde volwassene, weereens met sagte leer en gehalte-afwerking. Uitvoubare koppiehouers in die middelste armleuning is netjies en bruikbaar.<\/p>\n<figure id=\"attachment_24907\" aria-describedby=\"caption-attachment-24907\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chev-Cruze-binneruim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24907\" alt=\"Chev Cruze se binneruim\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chev-Cruze-binneruim-300x168.jpg\" width=\"300\" height=\"168\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chev-Cruze-binneruim-300x168.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chev-Cruze-binneruim-70x40.jpg 70w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chev-Cruze-binneruim.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24907\" class=\"wp-caption-text\">Chev Cruze se binneruim<\/figcaption><\/figure>\n<figure id=\"attachment_24920\" aria-describedby=\"caption-attachment-24920\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Opel-Astra-binneruim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24920\" alt=\"Opel Astra se binneruim\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Opel-Astra-binneruim-300x225.jpg\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Opel-Astra-binneruim-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Opel-Astra-binneruim.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24920\" class=\"wp-caption-text\">Opel Astra se binneruim<\/figcaption><\/figure>\n<p align=\"justify\">Die Astra se binneruim is pure kwaliteit en selfs nog meer modern as di\u00e9 van die Cruze. Weereens is alles byderhand en gemaklik om by te kom. Die materiale wat gebruik is, is regtig van hoogstaande gehalte en weereens kon ons geen spoor van ratels of geraas binne die motor vind nie. Daar is wel heelwat meer knoppies in die Astra en dit laat \u2018n mens wonder of alles werklik nodig is. Alhoewel die Astra en die Cruze bykans dieselfde spesifikasie het, was dit meer subtiel en gebruikersvriendelik in die Cruze se binneruim. Waar die Cruze doelgerig voorkom, vertoon die Astra sagter en jonger aan die binnekant. Beenruimte in die Astra is dan ook aanvaarbaar, maar voelbaar minder as in die Cruze.<\/p>\n<figure id=\"attachment_24914\" aria-describedby=\"caption-attachment-24914\" style=\"width: 150px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/GWM-C50T-binneruim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-thumbnail wp-image-24914 \" alt=\"GWM C50T se binneruim\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/GWM-C50T-binneruim-150x150.jpg\" width=\"150\" height=\"150\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24914\" class=\"wp-caption-text\">GWM C50T se binneruim<\/figcaption><\/figure>\n<p align=\"justify\">Die Sjinese C50T het my verbaas met sy afwerking en bougehalte in die binneruim. Die motor voel werklik goed aanmekaar gesit en niks lyk plastiekerig nie. Die materiaal in die binneruim was nou wel nie leer soos in die Cruze nie, maar \u2018n goeiegehalte- veloerdoekstof doen hier diens. Daar is ook heelwat knoppies wat alles van togbeheer tot kolligte verstel. Die motor bied ook by verre die meeste beenruimte agter. Met \u2018n as-afstand van 2700mm is die C50T dan ook \u2018n goeie 15 mm langer as die Cruze en die Astra, wat die spasie in die binneruim verbeter.<\/p>\n<h3 align=\"justify\">Op die pad<\/h3>\n<figure id=\"attachment_24922\" aria-describedby=\"caption-attachment-24922\" style=\"width: 150px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Opel-Astra-van-agter.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-thumbnail wp-image-24922 \" alt=\"Die Opel Astra van agter\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Opel-Astra-van-agter-150x150.jpg\" width=\"150\" height=\"150\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24922\" class=\"wp-caption-text\">Die Opel Astra van agter<\/figcaption><\/figure>\n<figure id=\"attachment_24917\" aria-describedby=\"caption-attachment-24917\" style=\"width: 150px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/GWM-C50T-van-agter.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-thumbnail wp-image-24917 \" alt=\"GWM C50T van agter\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/GWM-C50T-van-agter-150x150.jpg\" width=\"150\" height=\"150\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24917\" class=\"wp-caption-text\">GWM C50T van agter<\/figcaption><\/figure>\n<p align=\"justify\">Al drie hierdie motors is gesinsmotors wat veronderstel is om maklik te bestuur, lig op brandstof te wees om gerieflik elke dag werk toe en terug, asook skool toe en terug te kan ry. Die Cruze is kop en skouers die maklikste om elke dag mee oor die weg te kom. Die motor loop tjoepstil en die enjin is seepglad al is dit nog koud. Die stuur is akkuraat en lig genoeg om maklik te kan parkeer, maar swaar genoeg om goeie terugvoer te gee wanneer jy bietjie haastig raak. Rygehalte is ook vir my die beste van die drie. Alhoewel die Astra die identiese onderstel en enjin as die Cruze gebruik, voel die Cruze net na \u2018n meer gebalanseerde volledige pakket as die Astra. Die C50T aan die anderkant ry soos die Kia Clarus en Hyundai Sonata van 15 jaar gelede. Die motor ry sag, amper te sag vir wat dit is en die enjin is nie glad en soepel soos die van die Cruze en Astra nie. Omdat die motor dan ook so laag op die pad sit, is dit moeilik om rondom die motor te weet waar die hoeke van die bakwerk is. Ek moes \u2018n hele paar keer mooi kyk om nie in my eie motorhuis te ver of te naby aan die muur te parkeer nie.<\/p>\n<h3 align=\"justify\">Enjins<\/h3>\n<figure id=\"attachment_24908\" aria-describedby=\"caption-attachment-24908\" style=\"width: 150px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chevrolet-Cruze-1.4T-LS-laairuim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-thumbnail wp-image-24908 \" alt=\"Die Chevrolet Cruze se laairuim\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chevrolet-Cruze-1.4T-LS-laairuim-150x150.jpg\" width=\"150\" height=\"150\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24908\" class=\"wp-caption-text\">Die Chevrolet Cruze se laairuim<\/figcaption><\/figure>\n<figure id=\"attachment_24921\" aria-describedby=\"caption-attachment-24921\" style=\"width: 150px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Opel-Astra-laairuim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-thumbnail wp-image-24921 \" alt=\"Die Opel Astra se laaruim\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Opel-Astra-laairuim-150x150.jpg\" width=\"150\" height=\"150\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24921\" class=\"wp-caption-text\">Die Opel Astra se laaruim<\/figcaption><\/figure>\n<p align=\"justify\">Die Astra en die Cruze word elk deur \u2018n 1,4-literturbo-enjin aangedryf wat 103 KW en 200Nm se wringkrag lewer. Beide is gekoppel aan \u2018n 6-spoedhandratkas wat die voorwiele aandryf.<\/p>\n<p align=\"justify\">GWM se C50T word aangedryf deur \u2018n 1,5-literturbo-enjin met 98 KW en 188 Nm se wringkrag. Hier doen \u2018n 5-spoedhandratkas diens en die C50T word ook deur die voorwiele aangedryf. Wanneer die C50T se enjin die optimale hitte bereik, voel dit stukke beter as wat wanneer die enjin nog koud is.<\/p>\n<figure id=\"attachment_24916\" aria-describedby=\"caption-attachment-24916\" style=\"width: 150px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/GWM-C50T-laairuim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-thumbnail wp-image-24916 \" alt=\"Die GWM C50T se laairuim\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/GWM-C50T-laairuim-150x150.jpg\" width=\"150\" height=\"150\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24916\" class=\"wp-caption-text\">Die GWM C50T se laairuim<\/figcaption><\/figure>\n<p align=\"justify\">Die koppelaar in ons toetsmotor het ook baie hoog gebyt en aanvanklik was dit maar \u2018n gesukkel om die motor gemaklik vinnig aan te sit en te ry. N\u00e1 \u2018n paar dae het ek agtergekom dat die Sjinees eers optimale hitte moes bereik voordat hy gemaklik bestuur kan word, amper soos Bruce Lee van ouds wat eers goed warm gemaak moet word voor hy optimaal funksioneer.<\/p>\n<p align=\"justify\">Beide die Astra en die Cruze is toegerus met tolbeheer vir die wiele en stabiliteitsbeheer terwyl die C50T daarsonder moet klaarkom. Daar is dan ook slegs twee lugsakke in die C50T beskikbaar waar die Astra en Cruze met 6 elk spog. Brandstofverbruik is 5,8 en 5,9 l\/100km vir onderskeidelik vir die Cruze en die Astra terwyl die C50T \u2018n syfer van 7,4 l\/100km kon aanteken. Wat die groen kant van sake betref, laat die Astra en Cruze onderskeidelik 139 en 135 g\/km CO2-gasse die atmosfeer in terwyl die C50T se 1,5-literenjin 173 g\/km produseer. Onthou, hoe minder hoe beter!<\/p>\n<h3 align=\"justify\">Pryse<\/h3>\n<figure id=\"attachment_24910\" aria-describedby=\"caption-attachment-24910\" style=\"width: 150px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chevrolet-Cruze-beenspasie.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-thumbnail wp-image-24910\" alt=\"Beenruimte in die Chevrolet Cruze\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Chevrolet-Cruze-beenspasie-150x150.jpg\" width=\"150\" height=\"150\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24910\" class=\"wp-caption-text\">Beenruimte in die Chevrolet Cruze<\/figcaption><\/figure>\n<figure id=\"attachment_24919\" aria-describedby=\"caption-attachment-24919\" style=\"width: 150px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Opel-Astra-beenspasie.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-thumbnail wp-image-24919\" alt=\"Opel Astra se beenruimte\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Opel-Astra-beenspasie-150x150.jpg\" width=\"150\" height=\"150\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24919\" class=\"wp-caption-text\">Opel Astra se beenruimte<\/figcaption><\/figure>\n<p align=\"justify\">Teen R249\u00a0600 is die Chevrolet Cruze 1.4T LS-sedan die goedkoopste van die drie, die GWM C50T Elite sal jou R249 999 uit die sak jaag en die Opel Astra 1.4 Turbo Enjoy-sedan \u2018n allemintige R277\u00a0900. Dit is R28\u00a0000 meer vir die Opel as die ander twee. Beide Astra en Cruze is standaard beskikbaar met \u2018n 5-jaar- 120\u00a0000km-waarborg en die Cruze het \u2018n 3-jaar- 60\u00a0000km-diensplan ingesluit. Opel sluit \u2018n 5-jaar- 90\u00a0000km-diensplan in by die Astra se prys. GWM se waarborg is ook 5 jaar maar slegs 100\u00a0000km en daar is \u2018n 5-jaar- 60\u00a0000km-diensplan ingesluit by die prys.<\/p>\n<figure id=\"attachment_24913\" aria-describedby=\"caption-attachment-24913\" style=\"width: 150px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/GWM-C50T-beenspasie.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-thumbnail wp-image-24913\" alt=\"Beenruimte in die GWM C50T\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/GWM-C50T-beenspasie-150x150.jpg\" width=\"150\" height=\"150\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24913\" class=\"wp-caption-text\">Beenruimte in die GWM C50T<\/figcaption><\/figure>\n<p align=\"justify\">Wanneer \u2018n mens in ag neem dat die Cruze alles bied wat jy in die Astra kry en boonop nog \u2018n beter ritgehalte, dan is dit ooglopend dat die Cruze die motor is om te koop. Wat GWM aanbetref, dink ons die C50T is op die regte pad; die motor is prakties genoeg om in hierdie geselskap te kan kers vashou, bougehalte is ook heel aanvaarbaar in die segment, maar ontwerp en enjinafgerondheid skiet nog te kort. Ons voel ook dat die C50T te duur is vir wat daar in die mark beskikbaar is. GWM moet soos Hyundai\/Kia en Toyota en Nissan voor hulle, hulself nog in die segment in Suid-Afrika bewys, voor hulle produkte soos die C50T teen meer gevestigde vervaardigers se produkte kan prys.<\/p>\n<h4 align=\"justify\"><\/h4>\n<h4 align=\"justify\">Chevrolet Cruze 1.4T LS Sedan<\/h4>\n<table width=\"340\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"7\">\n<colgroup>\n<col width=\"240\" \/>\n<col width=\"70\" \/> <\/colgroup>\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Prys<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>4 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Voorkoms <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>b<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>uite<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>4 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Binneruim<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>gehalte<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span> en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>a<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>fwerking<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Ruimte<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span> en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>p<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>raktiese toepassing<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>4 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Agter die stuur<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Enjin en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>r<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>atkas<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Op die pad<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Veiligheid<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Totaal<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>37 uit 40<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<h4 align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Opel Astra 1.4 Turbo Enjoy Sedan<\/span><\/span><\/h4>\n<table width=\"340\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"7\">\n<colgroup>\n<col width=\"240\" \/>\n<col width=\"70\" \/> <\/colgroup>\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Prys<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>2 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Voorkoms <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>b<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>uite<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>4 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Binneruim<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>gehalte<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span> en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>a<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>fwerking<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Ruimte<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span> en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>p<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>raktiese toepassing<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>4 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Agter die stuur<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>4 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Enjin en Ratkas<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Op die pad<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>4 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Veiligheid<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Totaal<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>33 uit 40<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<h4 align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>GWM C50T Elite<\/span><\/span><\/h4>\n<table width=\"340\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"7\">\n<colgroup>\n<col width=\"240\" \/>\n<col width=\"70\" \/> <\/colgroup>\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Prys<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>3 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Voorkoms <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>b<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>uite<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>3 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Binneruim<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>gehalte<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span> en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>a<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>fwerking<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Ruimte<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span> en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>p<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>raktiese toepassing<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Agter die stuur<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>3 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Enjin en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>r<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>atkas<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>3 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Op die pad<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>3 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Veiligheid<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>3 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>Totaal<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p align=\"justify\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span>28 uit 40<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons het nou al \u2018n hele klomp keer oor die nuwe neiging in die motorw\u00eareld geskryf dat vervaardigers se motors al hoe groter word en die enjins al hoe kleiner. Dit is nie net die vordering van tegnologie wat die skuif motiveer nie, maar ook die toenemende wetgewing oor omgewingsbesoedeling. Hierdie week kyk ons na [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,103],"tags":[16634,8686,16928,16930,16929],"class_list":["post-24905","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-s28-motors","category-c94-padtoetse","tag-beenruimte","tag-brandstofverbruik","tag-chevrolet-cruze-1-4t-ls-sedan","tag-gwm-c50t-elite","tag-opel-astra-1-4-turbo-enjoy-sedan"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24905","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24905"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24905\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24905"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24905"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24905"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}