{"id":24883,"date":"2014-06-08T09:26:25","date_gmt":"2014-06-08T07:26:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24883"},"modified":"2014-06-08T09:26:25","modified_gmt":"2014-06-08T07:26:25","slug":"die-mediaprobleem-in-afrikaans","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24883","title":{"rendered":"Die mediaprobleem in Afrikaans"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-23246\" alt=\"danr2\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\" width=\"292\" height=\"198\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg 292w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2-190x130.jpg 190w\" sizes=\"auto, (max-width: 292px) 85vw, 292px\" \/><\/a>deur Dan Roodt<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/danroodtpage\" target=\"_blank\">Hou van Dan Roodt se Facebookblad<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Dis algemeen bekend dat die media w\u00eareldwyd, maar veral in Westerse lande, deur Links beheer word. Op sigself is dit &#8216;n gevolg daarvan dat die universiteite insgelyks deur linkses beset word wat gereeld heksejagte uitvoer op almal wat nie soos hulle dink nie. Verlede jaar is &#8216;n rubriekskryfster van PRAAG hewig by Tukkies en in die media aangeval omdat sy durf verwys het na die ho\u00eb aantal verkragtings wat deur swart mans in Suid-Afrika gepleeg word.<\/p>\n<p>Omdat joernaliste gewoonlik aan universiteite opgelei word, neig die meeste om linkse idees aan te hang. Hulle staan vyandig teenoor tradisionele ho\u00eb kultuur, waaronder klassieke musiek, Westerse kuns, meriete op skool en in die werkplek, asook blankes in die algemeen.<\/p>\n<p>Dit is uiters ironies dat die rolle n\u00e1 die Koue Oorlog omgekeer is: nou is dit die Weste wat deur marxiste en veral kulturele marxiste regeer word, terwyl Oos-Europa en veral Rusland deesdae konserwatiewe geluide maak. President Wladimir Poetin het byvoorbeeld al die gesin as grondslag vir &#8216;n gesonde samelewing geloof terwyl hy huwelike van dieselfde geslag en aanneming deur gay ouers afkeur. Hiervoor is hy al deur mev. Hillary Clinton van die VSA met &#8220;Hitler&#8221; vergelyk.<\/p>\n<p>Swede bly steeds een van die mees linkse Westerse lande, hoewel die patriotiese Sweedse Demokrate in die afgelope Europese verkiesings byna 10 persent van die stemme aldaar verkry het. In die tagtigerjare het die Sweedse regering terreur in Suid-Afrika befonds en &#8216;n algehele ekonomiese boikot teen ons land gevoer.<\/p>\n<p>Die Sweedse regering het ook die destydse Vrye Weekblad van Max du Preez befonds om die Afrikaanse kultuur van binne af te rysmier. Vandag is daar geen meer koerante in Afrikaans oor wat die Afrikanersaak of Westerse kultuur in ons land verdedig nie en slegs linkse, kultureel-marxistiese sienings wat Afrikanerskap aftakel, word geduld. Vandag in Rapport skryf Anthony Altbeker byvoorbeeld in sy rubriek dat blanke Amerikaners vergoeding aan swartes vir slawerny en ander vergrype behoort te betaal, terwyl sosio-ekonomiese ongelykheid tussen wit en swart in Suid-Afrika hom &#8220;ongemaklik&#8221; maak. Die implikasie is duidelik: blankes behoort steeds meer van hul bates en inkomste aan swartes af te staan.<\/p>\n<p>In dieselfde Rapport laat klink Frans Cronj\u00e9 van die Instituut vir Rasse-aangeleenthede &#8216;n dissonante noot as hy beweer dat die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty de facto in beheer van die land is. Hy skryf:<\/p>\n<p>Steve Hofmeyr het die politieke spyker op die kop geslaan toe hy n\u00e1 Sondag se aankondiging van die kabinet op Twitter ges\u00ea het dat die ou apartheidsera se ooms en tannies nog korrek bewys sal word oor die \u201crooi gevaar\u201d.<\/p>\n<p>Ondanks talle verkiesingsontledings oor die afgelope twee weke is die SAKP se naam amper nooit genoem nie. Maar kyk na die kabinet en parlement, en dit lyk of die SAKP die verkiesing gewen het.<\/p>\n<p>Twintig jaar van breinspoeling het egter bewys dat die gemiddelde Afrikaner daarbuite baie meer vatbaar vir linkse, kommunistiese propaganda is as wat ons dink. Die Afrikaner-akademici &#8211; wat hulself nie meer as Afrikaners beskou nie &#8211; het eerste voor die Rooi golf geswig en is deesdae troue dienaars van die SAKP en die gedagte dat radikale sosialisme die oplossing is.<\/p>\n<p>Die meeste Afrikaanse skrywers wat deur die media opgehemel word of wat gereeld liter\u00eare pryse ontvang, soos Antjie Krog, Andr\u00e9 P. Brink en Marlene van Niekerk, skep nydige karikature van Afrikaners in hul boeke wat ook oorsee in vertaling verkoop word. Die Sweedse skrywer en joernalis, Per W\u00e4stberg \u00a0wat oorspronklik die terreurbefondsing vir die ANC en SAKP gere\u00ebl het, is &#8216;n goeie vriend van Andr\u00e9 P. Brink wie se verraad en haat teen sy eie mense uiteraard sy goedkeuring wegdra.<\/p>\n<p>Die vraag is nou: hoe verset &#8216;n mens jouself teen hierdie golf van marxistiese propaganda wat via die media en die universiteite oor ons land spoel? Naspers, die eertydse Nasionale Pers wat in 1915 gestig is om die Afrikanersaak te steun met DF Malan as eerste redakteur van Die Burger, staan vandag vyandig teenoor Afrikanerskap en Westersheid. Ons het onlangs gesien hoe die redakteur van Beeld, Adriaan Basson en sy vriendin, Hannelie Booyens, saamgespan het om deur goedkoop propaganda &#8216;n krisis vir Potchefstroomse kampus te skep, waarvan die gevolg waarskynlik die verengelsing en verswarting van di\u00e9 kampus gaan wees.<\/p>\n<p>In weerwil van die funeste rol wat Adriaan Basson en Beeld speel, betaal 60 000 Afrikanerlesers steeds getrou elke maand hul intekenings op di\u00e9 koerant. Dit verteenwoordig &#8216;n bedrag van ongeveer R6 miljoen per maand waarmee Afrikaners hul eie ondergang subsidieer. Basson is &#8216;n kulturele marxis van die Frankfurt-skooltipe wat glo dat die gesin, die eie taal of kultuur, asook enige vorm van tradisie, hetsy in &#8216;n koshuis, hetsy op Geloftedag, uit die bose is en verbied moet word.<\/p>\n<p>Ons stuur inderdaad op &#8216;n totalit\u00eare samelewing af waardeur die staat in elke aspek van ons privaatlewens, asook die opvoeding van ons kinders, gaan inmeng sodat &#8216;n klein groepe superryk oligarge en plunderaars oor &#8216;n verarmde bevolking kan heers.<\/p>\n<p>Die stryd om oorlewing begin by die beheer van Links oor ons mense se denke. In Europa het die leidende intellektuele en regse politici daarin geslaag om, ondanks vyandige media, in boeke en op die internet &#8216;n nuwe rigting in te slaan. Die VSA word meer en meer gesien as die vyand van die Weste en van die Europese beskawing, terwyl &#8216;n nuwe entente van Europe\u00ebrs wat Duitsers, Franse, Nederlanders en Russe insluit, bepleit word.<\/p>\n<p>Soos wat Suid-Afrika en al ons instellings verengels, word die invloed van Amerikaanse politieke korrektheid soos dit deur Anthony Altbeker, Adriaan Basson en die horde ideolo\u00eb in die media bevorder word, natuurlik net sterker.<\/p>\n<p>Oor die afgelope veertien jaar was praag soos &#8216;n stemmtjie wat in die woestyn roep. Ons getroue ondeursteuners het ons deur di\u00e9 moeilike tyd gedra. Maar vandag is die skrif aan die muur sodat selfs die liberale Frans Cronj\u00e9 van die Instituut vir Rasse-aangeleenthede &#8211; een van die oudste liberale instellings in die land &#8211; dit kan sien.<\/p>\n<p>As net &#8216;n paar duisend van Beeld se intekenare wat Adriaan Basson se totale aanslag op die Afrikaner en die voortbestaan van Afrikaanse instellings befonds, praag-debietorders sou uitneem, sou die situasie met &#8216;n handomkeer kon verander. Ons sou veel meer in-diepte-beriggewing kon plaas oor die korrupsie wat in die land gedy, asook multimedia-onderhoude, dokument\u00eare video&#8217;s, ens. kon vervaardig.<\/p>\n<p>Waarskynlik is die groot massa Afrikaners tans vir ons saak verlore. Hulle verstaan nie wat oor die afgelope paar dekades gebeur het nie en wil ook nie die werklikheid van die huidige krisis raaksien nie. As &#8216;n paar duisend van ons egter saamstaan en die marxistiese monopolie op media in Suid-Afrika verbreek, kan die situasie met &#8216;n handomkeer verander.<\/p>\n<p>In 1968 was die ANC besig om dood te loop en die SAKP het hul eie &#8220;gewapende stryd&#8221; as &#8216;n &#8220;absurde klug&#8221; wat nie bestaan nie, beskryf. Danksy media en steun aan die universiteite, het Joe Slovo van die SAKP met sy marionet Mandela egter uiteindelik die land oorgeneem en gierige linkses plunder dit tans na hartelus.<\/p>\n<p>Suid-Afrika kan nog gered word, mits ons ons alternatiewe media tot &#8216;n magtige stroom van inligting en menings kan uitbou.<\/p>\n<p><strong><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=19181\">Sluit dus vandag nog by praag aan<\/a> en oorreed familie en vriende om dieselfde te doen.<\/strong><\/p>\n<p>Die vraag is eenvoudig: steun u Afrikanerhaat soos wat Adriaan Basson en sy trawante dit bedryf of Afrikanervryheid en -heropstanding?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dan Roodt [followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Dis algemeen bekend dat die media w\u00eareldwyd, maar veral in Westerse lande, deur Links beheer word. Op sigself is dit &#8216;n gevolg daarvan dat die universiteite insgelyks deur linkses beset word wat gereeld heksejagte uitvoer op almal wat nie soos hulle &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=24883\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die mediaprobleem in Afrikaans&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":23246,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[],"class_list":["post-24883","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24883","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24883"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24883\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/23246"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24883"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24883"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24883"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}