{"id":24822,"date":"2014-06-04T12:16:10","date_gmt":"2014-06-04T10:16:10","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24822"},"modified":"2014-06-04T12:17:57","modified_gmt":"2014-06-04T10:17:57","slug":"nicholas-wade-boek-bring-rassedebat-na-hoofstroom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24822","title":{"rendered":"Nicholas Wade-boek bring rassedebat na hoofstroom"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Troublesome-Inheritance.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-24823\" alt=\"Troublesome-Inheritance\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Troublesome-Inheritance-300x224.jpg\" width=\"300\" height=\"224\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Troublesome-Inheritance-300x224.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/Troublesome-Inheritance.jpg 475w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>deur Dan Roodt<\/p>\n<p>Tot dusver is ras as \u2018n besprekingsonderwerp beperk tot genetici, onverskrokke intellektuele dissidente, asook polities korrekte skrywers wat herhaaldelik beweer het dat ras \u2018n \u201cblote sosiale konstruk\u201d is. Onder die minder intelligente deelnemers word beskuldigings van \u201crassisme\u201d gewoonlik lustig rondgeslinger.<\/p>\n<p>\u2018n Nuwe boek wat so pas deur Penguin in die VSA uitgegee is, <em>A Troublesome Inheritance: Genes, Race and Human History<\/em> (Prys: $27,95), dreig om dit alles te verander en die gewraakte rassedebat na die hoofstroom te laat deurbreek. Die skrywer, Nicholas Wade is die wetenskapsverslaggewer van Amerika se mees invloedryke koerant, die <em>New York Times<\/em>.<\/p>\n<p>Wade verwys na die jongste genetiese navorsing wat onomwonde aantoon dat ras \u2018n werklikheid is. Dis algemeen bekend dat die mens en die vrugtevlieg ongeveer 95% van hul gene in gemeen het, maar gene opsigself bepaal nie die samestelling van die organisme nie, wel die frekwensie van gene of allele. Daardie voorkoms van allele is ook verantwoordelik vir rasseverskille. Soos Wade dit stel:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cThe genetic differences between human races turn out to be based largely on allele frequencies, meaning the percentages of each allele that occur in a given race.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>\u2018n Ras is daarom niks anders as \u2018n kompleks van genetiese variasie of verskille tussen mense nie. Daar bestaan vyf groot menslike rasse wat ooreenstem met die meerderheidsbevolkings in Afrika, Europa, Oos-Asi\u00eb, die Amerikas en Australasi\u00eb.<\/p>\n<p>Hedendaagse genetici kan ook baie akkuraat mense van gemengde ras se afkoms ontleed, want \u2018n mens dra jou hele voorgeskiedenis van duisende jare in jou gene saam. Hoewel dit nie in die boek voorkom nie, gebruik Israel byvoorbeeld deesdae genetiese toetse om te bepaal of voornemende immigrante van Joodse afkoms is, aldan nie.<\/p>\n<p>Die algemene opvatting dat \u201calmal deesdae maar min of meer gemeng is\u201d, word nie deur genetici gestaaf nie. Wade noem byvoorbeeld oor een uitgebreide studie wat onderneem is:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cMany populations are not highly mixed, and the Rosenberg-Feldman survey confirmed the remarkable extent to which people throughout history have lived and died in the place where they were born.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Interessant egter is dat die bevolking in Afrika, anders as elders ter w\u00eareld, juis \u2018n taamlik gemengde afkoms vertoon. Genetici soos Tishkoff skryf dit toe aan die grootskaalse migrasies wat daar in Afrika plaasgevind het, soos byvoorbeeld die Bantoe-migrasie wat vanaf Nigeri\u00eb en Kameroen na Oos- en Suider-Afrika geskied het.<\/p>\n<p>Dikwels korreleer taal en genetiese afkoms ook sterk, behalwe waar groepe hul oorspronklike tale verloor.<\/p>\n<p>Rasse, soos spesies self, het weens evolusie en seleksie oor duisende jare ontstaan. \u2018n Idee wat sterk in die boek geargumenteer word en insgelyks op die mees onlangse genoom-navorsing berus, is dat evolusie eintlik baie vinniger plaasgevind het as wat \u2018n mens dink. Ook is ons steeds besig om by ons omgewing aan te pas en vind evolusie dus steeds en moontlik selfs teen \u2018n versnelde pas, plaas!<\/p>\n<p>Een fassinerende studie wat in Kanada gedoen is, het bevind dat vroue op \u2018n eiland in die St. Lawrence-rivier binne \u2018n betreklike kort tyd geneties verander het om op \u2018n vroe\u00ebr ouderdom kinders te baar. Die gemiddelde ouderdom waarop hul eerste kinders gebore is, het binne slegs enkele geslagte van 26 tot 22 jaar gedaal, wat navorsers slegs aan genetiese faktore en aanpassing kon toeskryf.<\/p>\n<p>Daar bestaan ook getuienis dat Afro-Amerikaners besig is om by hul lewenswyse buite Afrika aan te pas en van hul genetiese aanpassing wat uit Afrika afkomstig is, te verloor.<\/p>\n<p>Teenoor mense wat beweer dat ras nie bestaan nie, meen Wade:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cEven when it is not immediately obvious what race a person belongs to from bodily appearance, as may often be the case with people of mixed-race ancestry, race can nonetheless be distinguished at the genomic level. With the help of ancestry informative markers\u2026 an individual can be assigned to the appropriate continent of origin\u2026 At least at the level of continental populations, races can be distinguished genetically, and this is sufficient to establish that they exist.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Nicholas Wade toon ook aan hoe sommige van die Amerikaanse akademici wat ras ontken, soos Stephen Jay Gould, hul data vervals het om by hul sienings in te pas. Nieteenstaande die vooruitgang wat die genoomprojek gebring het in die mens se begrip van sy afkoms en die objektiewe werklikheid van ras, heers daar steeds die dogma in die geesteswetenskappe dat ras bloot \u2018n subjektiewe projeksie is en dat ons dit nie \u201cbehoort raak te sien nie\u201d.<\/p>\n<p>Die meer omstrede deel van Nicholas Wade se boek, is waar hy argumenteer dat ras aan maatskaplike of ekonomiese prestasie verwant is. Omdat rasse oor duisende jare geselekteer word binne \u2018n bepaalde omgewing en daar ook op die vlak van die groep aanpassing plaasvind, is sommige rasse en kulture meer suksesvol as ander. In Hoofstuk 9 van die boek bespreek Wade die ongekende opbloei van die Westerse beskawing oor die afgelope 500 jaar en bevind dat dit ook ten dele aan genetiese faktore toegeskryf kan word. Soos die skrywer dit stel:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cThe rise of the West was not some cultural accident. It was the direct result of the evolution of European populations as they adapted to the geographic and military conditions of their particular ecological habitat\u2026 The rise of the West is an event not just in history but also in human evolution.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Tien jaar gelede nog was daar so \u2018n taboe oor ras en evolusie dat \u2018n mens skaars daaroor kon praat. Die vroe\u00eb werk van skrywers soos J Philippe Rushton en Michael Levin oor rasverskille, wat min of meer dieselfde argument as Nicholas Wade aanbied, is oor die algemeen met vyandigheid begroet. Rushton, wat nou oorlede is, se klasse aan die Universiteit van Wes-Ontario in Kanada is ontwrig, hy is met geweld gedreig en daar is selfs gepoog om hom afgedank te kry.<\/p>\n<p>Die menslike genoomprojek het egter tot \u2018n groter beskikbaarheid van genetiese data en \u2018n groter openheid om ras te bespreek, gelei. Daarom het die drie invloedrykste koerante in die VSA, die <em>New York Times<\/em>, die <em>Washington Post<\/em> en die <em>Wall Street Journal<\/em>, al drie oor die afgelope maand resensies oor <em>A troublesome inheritance<\/em> geplaas. Terwyl die resensies van die <em>Times<\/em> en die <em>Post<\/em> voorspelbare kritiek vanuit \u2018n geestewetenskaplike hoek op Wade lewer, is Charles Murray in die <a title=\"Book Review: 'A Troublesome Inheritance' by Nicholas Wade\" href=\"http:\/\/online.wsj.com\/news\/articles\/SB10001424052702303380004579521482247869874\" target=\"_blank\"><em>Wall Street Journal<\/em><\/a> baie lowend oor die boek en noem dit \u2018n \u201chistoriese\u201d werk.<\/p>\n<p>Murray is natuurlik medeskrywer van die <em>The Bell Curve<\/em> wat in 1994 soveel omstredenheid rondom die IK-kwessie, waaronder verskille in die gemiddelde intelligensievlakke van rasse, veroorsaak het. In sy resensie oor <em>A troublesome inheritance<\/em> praat hy van die \u201cortodoksie\u201d aan Amerikaanse universiteite wat steeds die bewese werklikheid van ras en rasseverskille ontken:<\/p>\n<blockquote><p>And yet, as of 2014, true believers in the orthodoxy still dominate the social science departments of the nation&#8217;s universities. I expect that their resistance to &#8220;A Troublesome Inheritance&#8221; will be fanatical, because accepting its account will be seen, correctly, as a cataclysmic surrender on some core premises of political correctness. There is no scientific reason for the orthodoxy to win. But it might nonetheless.<\/p><\/blockquote>\n<p>Die feit dat Nicholas Wade se boek egter deur \u2018n hoofstroomuitgewer gepubliseer is en in hoofstroomkoerante en -media bespreek word, verteenwoordig \u2018n aanduiding dat die mure van politieke korrektheid besig is om te kraak, indien hulle nog nie heeltemal geval het nie.<\/p>\n<p>Betalende lede van Praag wat belangstel <em>A troublesome inheritance<\/em> in elektroniese formaat te leen, kan \u2018n e-pos aan inlig[by]praag.org stuur.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dan Roodt Tot dusver is ras as \u2018n besprekingsonderwerp beperk tot genetici, onverskrokke intellektuele dissidente, asook polities korrekte skrywers wat herhaaldelik beweer het dat ras \u2018n \u201cblote sosiale konstruk\u201d is. Onder die minder intelligente deelnemers word beskuldigings van \u201crassisme\u201d gewoonlik lustig rondgeslinger. \u2018n Nuwe boek wat so pas deur Penguin in die VSA uitgegee [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":24823,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96,41,10,7],"tags":[16900,16901,14585,16899,4772,4775,10525,16902],"class_list":["post-24822","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c87-boeke","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","category-s27-vermaak","tag-a-troublesome-inheritance","tag-charles-murray","tag-menslike-genoom","tag-nicholas-wade","tag-ras","tag-rasverskille","tag-resensie","tag-the-bell-curve"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24822","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24822"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24822\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/24823"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24822"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24822"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24822"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}