{"id":2482,"date":"2008-08-11T03:29:12","date_gmt":"2008-08-11T03:29:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2482"},"modified":"2008-08-11T03:29:12","modified_gmt":"2008-08-11T03:29:12","slug":"bou-beteken-kennelik-gee-gee-gee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2482","title":{"rendered":"&#8216;Bou&#8217; beteken kennelik gee, gee, gee"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Is dit nie ironies nie? Ds Smith en prof Terreblanche sou hulleself sekerlik as liberaal beskou, maar dis juis hulle, die liberale, wat die bangste is vir die Afrikaan se argwaan. Hulle klink presies nes my Geestesweerbaarheid-onderwysers wat destyds so gewaarsku het oor die Rooi en Swart Gevare.<br \/>  &nbsp;<br \/>  Ds Smith ervaar duidelik letterlik &lsquo;n doodsvrees vir die Afrikaan. Afrikaners moet die minste wees, waarsku Ds Smith, want as ons onsself nie neerbuig en verootmoedig voor die swart meerderheid nie, wag daar letterlik &lsquo;n &ldquo;katastrofe&rdquo; (sic.) As ons nie versigtig is nie, gaan Jacob Zuma se ondersteuners na hulle Kalasjnikovs gryp en ons almal uitwis, v&oacute;&oacute;rdat &lsquo;n onbekende Westerse land se skepe vier miljoen van ons sal kan kom red.<br \/>  &nbsp;<br \/>  Die skrywer trek in dieselfde rubriek te velde teen die emigrante. Hulle is glo verraaiers en lafaards. Wat egter insiggewend is, is dat Ds Smith nie dieselfde soort waarskuwings aan die glyers rig nie. Hy waarsku byvoorbeeld nie die uitgeweke Suid-Afrikaners om hulleself in Perth te gedra nie. Hy vra hulle nie om op te hou om arrogant te wees by die krieket, of om nie hulle Springboktruie na toetse op Australiese bodem te dra nie. <br \/>  &nbsp;<br \/>  Hy is kortom nie bevrees dat die meerderheid Australi&euml;rs hulle gaan vererg en &lsquo;n volksmoord teen Afrikaners op Australiese bodem sal loods nie, soos hulle met die Aborigines gemaak het nie.<br \/>  &nbsp;<br \/>  Ds Smith het dus duidelik twee stelle verwagtings. Hy verwag een soort optrede van Westerlinge soos Australi&euml;rs, maar koester gans en al &lsquo;n ander stel verwagtinge van Afrikane. Ds Smith verwag duidelik dat Afrikane op een of ander stadium gewelddadig gaan optree as ons nie walgooi nie. Is dit nie &lsquo;n teksboekdefinisie van rassisme nie &ndash; om te verwag dat mense op grond van velkleur anders gaan optree?<br \/>  &nbsp;<br \/>  Dan kom ons by Ds Smith se &ldquo;oplossing.&rdquo;&nbsp; Alle ander indiwidue en volke tree in hulle eie belang op. Dis die mees natuurlike ding op aarde. As dit nie die geval was nie, waarom dan nasionale grense handhaaf? Afrikaners moet egter, anders as enige ander volk op aarde, volgens die dominee anders optree. Ons moet vergeet van ons eie belange. Ons moet uniek wees, &ldquo;veg&rdquo; teen die drang om in eiebelang op te tree, en eerder &ldquo;bou.&rdquo; &ldquo;Bou&rdquo; is uiteraard die liberaal se kodewoord vir &ldquo;gee, gee, gee&rdquo;.<br \/>  &nbsp;<br \/>  Kom ons veronderstel ons maak soos die goeie dominee voorstel. Ons bou. Ons kla nie as daar 3000 van ons jaarliks vermoor word, of 6000 van ons vrouens verkrag word nie. Ons bly stil as die infrastruktuur in duie stort. Ons verootmoedig ons voor die gode Mandela of Zuma. Gaan dit genoeg wees, ds Smith, of gaan ons wit velle steeds ons uniform wees die dag wanneer hulle hulle masjiengewere gaan haal?<br \/>  &nbsp;<br \/>  Die Asi&euml;rs wat Idi Amin uit Oeganda verjaag het, die Belge in die Kongo en die Zimbabwiese boere kan heel moontlik met die dominee verskil.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">gambling in<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/sluganarodu.org\/slugi\/category0\/region17\/city45\/id707\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die waarskuwings van die vorige bedeling oor die swart gevaar is dikwels &lsquo;n objek van bespotting. Deesdae is die vaandeldraers vir die <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/antonbkl.JPG\" width=\"77\" height=\"101\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/> Swart Gevaar dikwels linkse Afrikaners soos Professor Sampie Terreblanche of die skrywer van <a href=\"http:\/\/www.news24.com\/Beeld\/Opinie\/Rubrieke\/0,,3-2085-66_2373276,00.html\">hierdie<\/a>  stuk, die afgetrede teoloog Nico Smith.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[152,21092],"class_list":["post-2482","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-anton-barnard","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2482","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2482"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2482\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2482"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2482"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2482"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}