{"id":24745,"date":"2014-06-01T08:13:03","date_gmt":"2014-06-01T06:13:03","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24745"},"modified":"2014-06-01T08:13:03","modified_gmt":"2014-06-01T06:13:03","slug":"rassisme-en-heksery","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24745","title":{"rendered":"Rassisme en heksery"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-23246\" alt=\"danr2\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\" width=\"292\" height=\"198\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg 292w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2-190x130.jpg 190w\" sizes=\"auto, (max-width: 292px) 85vw, 292px\" \/><\/a>deur Dan Roodt<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/danroodtpage\" target=\"_blank\">Hou van Dan Roodt se Facebookblad<\/a><\/strong><\/p>\n<p><b>&#8211; &#8216;n Repliek aan\u00a0<a href=\"http:\/\/www.oulitnet.co.za\/senet\/senet.asp?id=1032\">Gerrit Brand<\/a><\/b><\/p>\n<p>Dit is soms moeilik om reaksie uit my mede-Afrikaanssprekendes te kry, nieteenstaande die kulturele, politieke en toenemend ook ekonomiese krisis waarin hulle hul bevind. Daarom is ek verheug dat Gerrit Brand dit goedgevind het om so breedvoerig op my &#8211; kennelik provokatiewe &#8211; stuk oor \u201cSangomas of Newton\u201d te reageer. Soos aanvanklik verlede jaar met die aanvang van die taaldebat, hoop ek dat dit die begin kan wees van \u2019n besinning oor kultuurverskil in Suid-Afrika, want die ontkenning hiervan is besig om die Suid-Afrikaanse maatskappy helaas in \u2019n vorm van anargie en ongekende maatskaplike geweld te dompel. Trouens, menige waarnemer het al daarop gewys dat Suid-Afrika een van die gevaarlikste plekke op aarde is, en dat \u2019n mens se kanse om hier \u2019n gewelddadige dood te sterf byvoorbeeld groter is as in plekke waar milit\u00eare konflik onlangs plaasgevind het, soos in die voormalige Joego-Slawi\u00eb.<\/p>\n<p>Ek het dit geensins bedoel as \u2019n studeerkamerobservasie \u00e0 la Kant wat nooit K\u00f6nigsberg verlaat het, maar dit tog goedgevind het om \u2019n antropologie te skryf waarin die \u201cnegers van Afrika\u201d voorgestel word as uiters primitiewe mense wat so \u201cpraatsiek is dat jy hulle met stokke moet slaan om hulle stil te kry nie.\u201d My voorlopige aanmerkings oor ons probleem is juis ontketen deur onlangse empiriese ervarings, soos by die Konferensie oor Rassisme waar dit duidelik was dat daar \u2019n haas onoorbrugbare kloof tussen kultuurgroepe in Suid-Afrika bestaan, sodat mense gladnie \u201cmet mekaar kommunikeer nie\u201d. Veral dr. Pallo Jordan se sterk anti-wit en anti-Westerse uitsprake was vir my ontstellend omdat dit die begin kan wees van \u2019n soort pogrom teen almal wat nie tot die tradisionele \u201cswart\u201d Afrikagroep behoort nie. Trouens, die moontlikheid van volksmoord op wittes en veral Afrikaners in die afsienbare toekoms in Suid-Afrika is myns insiens nie uitgesluit nie, gesien die sterk antipatie teenoor enigeen wat nie tot die \u201cmeerderheid\u201d binne sy rasse- en kultuurbetekenis behoort nie.<\/p>\n<p>Hier moet ek jou ontnugter oor die \u201cAfrika-\u201d in Afrikaner, wat volgens jou aan ons \u201cdie kans\u201d moet gee, of ons moet besweer teen verwerping. Ek herinner jou aan die onlangse uitspraak van President Thabo Mbeki, op 11 Augustus tydens die Oliver Tambo lesing, waar hy ges\u00ea het dat \u201cdie wittes\u201d tot \u2019n \u201cuitlander-heersersklas\u201d (\u201cforeign ruling class\u201d) behoort. \u2019n Mens moet ook onthou dat die Jode in die vooroorlogse Duitsland totaal ge\u00efntegreer was in terme van taal, kultuur en gewoontes, maar dat \u2019n baie geringe godsdiensverskil genoeg rede was om hulle die slagoffers van \u2019n volksmoord te maak. Myns insiens is daar ontstellende ooreenkomste in die \u201csondebok-status\u201d wat Afrikaners in Suid-Afrika beklee, en di\u00e9 van die Jode in Nazi-Duitsland wat ook vir die probleme van hiperinflasie, werkloosheid, ens. tydens die Weimar republiek geblameer is.<\/p>\n<p>Jou tipering van my stuk as \u2019n rassistiese uitbarsting is nie korrek nie. Ek probeer juis wegkom van die rassedebat wat so sterk deur die regering aangedryf word, en wat Cicero se uitroep verdien:\u00a0<cite>illud quam incredibile, quam absurdum!\u00a0<\/cite>Die ekonomiese, politieke, kulturele en talige dimensies in ons land kan nie alles tot ras of rassisme gereduseer word nie.<\/p>\n<p>Ek poog geensins om die saak van Afrikaans aan \u2019n anti-swart sentiment te koppel nie. Die gerehabiliteerde pan-Afrikanisme van ons swart elite word egter juis in Engels gevoer, en \u2019n anti-Afrikaanse houding is deel hiervan. Dit ly geen twyfel dat daar van Afrikaanssprekendes verwag word om hulleself te verengels ten einde deel te word van die \u201cnuwe nasie\u201d nie. Dat hierdie strategie deels ook uitgedink is deur die tradisionele (meesal blanke) aanhangers van die \u201cimperiale gedagte\u201d in Suid-Afrika, spreek vanself. Feit is egter dat Engels die taal is van die Afrika renaissance, hoe paradoksaal en teenstrydig dit ook al mag voorkom, en dat Afrikaans in die weg daarvan staan.<\/p>\n<p>My opmerkings is bloot bedoel as \u2019n eerste vraagstelling en tereg wil ek nie op di\u00e9 stadium tot enige gevolgtrekkings kom nie. Die moontlikheid dat daar \u2019n groot paradigmaverskuiwing in Suid-Afrika aan die gang is, weg van \u2019n Westers-geori\u00ebnteerde logika na Afrika denke, is so voor die hand liggend dat dit my verbaas dat Gerrit Brand dit as so omstrede ervaar.<\/p>\n<figure id=\"attachment_24746\" aria-describedby=\"caption-attachment-24746\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/spotprent_franse_intellektuele.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24746 \" alt=\"'n Beroemde Franse spotprent met die vaders van postmodernisme: Foucault, Lacan, L\u00e9vi-Strauss en Barthes\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/spotprent_franse_intellektuele-300x110.jpg\" width=\"300\" height=\"110\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/spotprent_franse_intellektuele-300x110.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/spotprent_franse_intellektuele.jpg 561w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24746\" class=\"wp-caption-text\">&#8216;n Beroemde Franse spotprent met die vaders van postmodernisme: Foucault, Lacan, L\u00e9vi-Strauss en Barthes<\/figcaption><\/figure>\n<p>Deels berus my opmerkings natuurlik op \u2019n skepsis aangaande die kulturele relativisme wat in die Weste begin geld het n\u00e1 die Tweede W\u00eareldoorlog. Ons almal is geskool in hierdie tipe denke wat die \u201cgelykheid van kulture\u201d geponeer het, en die postmodernisme as \u201ckritiek van die blanke ideologie\u201d soos Jacques Derrida dit geformuleer het, is natuurlik afgelei daarvan. In die huidige Suid-Afrika egter, word dit by die dag duideliker dat kulturele relativisme, hoewel aantreklik in terme van die tradisionele gelykheidsideaal in die Weste, in die praktyk skrikwekkende afmetings kan aanneem omdat ons oor geen kriteria meer beskik om progressiewe, rasionele wetenskap te verdedig teenoor, by gebrek aan \u2019n beter term, \u201cprimitiewe kennis\u201d nie.<\/p>\n<p>Jou eie repliek, Gerrit, is \u2019n sprekende voorbeeld hiervan as jy die teorie van element\u00eare partikels wat na twee-en-\u2019n-halfduisend jaar se wetenskapsbeoefening in die Weste tot stand gekom het, vergelyk met \u2019n geloof in geeste. Binne die kulturele relativisme is alles gelyk, fisika of bygeloof, maar jou gesonde verstand s\u00ea vir jou dat die een tog iewers \u201cho\u00ebr as\u201d die ander geskat moet word. Ook kan partikel-teorie aangewend word om kernkragsentrales te bou, wat veral Europese lande van al hul elektrisiteit voorsien. Indien daar iewers voorvadergeeste is wat die ligte laat brand, moet jy my asseblief s\u00ea. Van die ekstreme afrikaniste postuleer die bestaan van \u2019n Afrika wiskunde, wat te herlei is na redelik eenvoudige maniere van objekte te tel, ens. Om element\u00eare rekene wat enige laerskoolkind kan bemeester gelyk te stel met die differensiaal- en integraalrekening wat Leibniz en Newton afsonderlik in die sewentiende eeu geformuleer het, asook ander verbysterende en geniale ontdekkings sedertdien in die wiskunde, maar ook op ander gebiede soos die fisika, biologie, sterrekunde, ens., ens., spreek nie net van na\u00efwiteit nie, maar berus op \u2019n fundamentalistiese begrip van kennis. Myns insiens lei kulturele relativisme altyd tot fundamentalisme, want het die Pous nie binne die relativisme gelyk dat die son om die aarde draai eerder as Galileo wat beweer dat die aarde om die son wentel nie? Binne ons konteks is die \u201ckennis\u201d van die sangoma dan ewe geldig as di\u00e9 van Newton of Einstein, want daar is geen kriteria om tussen die twee te besluit nie.<\/p>\n<p>\u2019n Voorbeeld van kulturele relativisme wat lei tot fundamentalisme is die steun wat die Franse filosoof, Michel Foucault, aan die Imam Khomeini toeges\u00ea het aan die beginstadium van die Iranese rewolusie. Foucault het die strengheid van die Westerse tradisie, die kille blik van die eksamen of eksaminering, hetsy in sy mediese vorm, hetsy in sy opvoedkundige manifestasies, gekritiseer en sodoende \u2019n relativisme gevestig waarbinne alle kennisvorme ewe geldig is &#8211; ook di\u00e9 van godsdienstige fanatici en samelewings uit die ystertydperk.<\/p>\n<p>Deel van my huidige skepsis oor kulturele relativisme is gemik teen die postmodernisme, dus sou dit verkeerd wees om dit as \u201crassisme\u201d te sien, want dan is ek ook rassisties jeens die dominante filosofiese en intellektuele tradisie in die Weste wat hierdie relativisme geponeer het. Trouens, Afrikanisme is in daardie sin ook \u2019n Westerse ideologie omdat dit Afrika verstaan vanuit hierdie relativisme, en in samehang daarmee. Dit is uiters interessant hoe Afrikaniste binne ons eie konteks \u2019n \u201cgemengde diskoers\u201d bedryf van nostalgie oor verlore tradisies, pan-Afrikanistiese politiek en modieuse Westerse selftwyfel soos geformuleer deur beide die Franse skool wat van L\u00e9vi-Strauss afstam en die Amerikaanse skool wat terug te voer is na Boas, die leermeester van Margaret Mead.<\/p>\n<p>By sy onlangse besoek aan Suid-Afrika, het \u2019n ander Franse denker, R\u00e9gis Debray, ges\u00ea dat \u201com vandag \u2019n rewolusion\u00ear te wees, moet jy iets van \u2019n tradisionalis wees\u201d, en hiermee is ek dit roerend eens. Die geveg om Afrikaans te behou is \u2019n onderdeel van die groter stryd om \u2019n mens se tradisie te red van die dubbele aanslag van relativisme en fundamentalisme. Hoewel PRAAG van plan is om \u2019n konferensie te re\u00ebl oor die Afrika-renaissance waar ons graag die leidende denkers van di\u00e9 beweging wil vra om aan ons te verduidelik presies waaroor dit gaan, is my voorlopige siening daarvan toenemend negatief, want die onderliggende fundamentalistiese inslag is duidelik. Dit gaan om \u2019n \u201cterugkeer na die oorsprong\u201d, \u2019n herontdekking van die \u201cverlore Afrika\u201d, en \u2019n gepaardgaande verwerping van verligte denke in die Westerse sin.<\/p>\n<p>In my toespraak verlede maand aan die RAU tydens die bespreking oor \u201cDie toekoms van Afrikaans\u201d (sien\u00a0<a href=\"http:\/\/www.praag.org\/\">http:\/\/www.praag.org<\/a>\u00a0onder die rubriek \u201copstelle\u201d) het ek na die volgende aanhaling uit N.P. van Wyk Louw verwys, wat die verhouding van Afrikaans teenoor beide die Weste en Afrika s\u00f3 opsom:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<ul>\n<ul>\u201cAfrikaans is die taal wat vir Wes-Europa en Afrika verbind; dit suig sy krag uit di\u00e9<\/ul>\n<\/ul>\n<\/ul>\n<p><cite>twee\u00a0<\/cite><\/p>\n<ul>\n<ul>\n<ul>bronne; dit vorm \u2019n brug tussen die groot helder Weste en die magiese Afrika &#8211; die soms nog so \u00f3nhelder Afrika; hulle is albei<\/ul>\n<\/ul>\n<\/ul>\n<p><cite>groot<\/cite><\/p>\n<ul>\n<ul>\n<ul>\u00a0magte, en wat daar groots aan hulle verenig kan ontspruit &#8211; d\u00edt is miskien wat vir Afrikaans voorl\u00ea om te ontdek.\u201d (Louw, N.P. van Wyk. \u201cLaat ons nie roem nie\u201d in<\/ul>\n<\/ul>\n<\/ul>\n<p><cite>Versamelde prosa 2\u00a0<\/cite><\/p>\n<ul>\n<ul>Kaapstad: Human &amp; Rousseau, 1986, bl. 182.)<\/ul>\n<\/ul>\n<p>Die opvatting van \u2019n brugtaal tussen Afrika en die Weste is interessant, ook in \u2019n konseptuele sin. Anders as Kant, of enige kontempor\u00eare Westerse relativis, het ons immers ervaring van Afrika, en ons afkeer aan sekere elemente van tradisionele Afrika kultuur, soos byvoorbeeld dit wat met toorkuns te make het, asook die vervolging van hekse en towenaars, die verklaring van natuurverskynsels met verwysing na magiese denkbeelde, ens., spruit uit ons ervaring. Tydens die politieke stryd gedurende die hervormingsperiode wat uitgeloop het op die 1994-verkiesing, is ongeveer 400 mense gedood in halssnoermoorde wat myns insiens \u2019n vorm van ritualistiese moord was. \u2019n Bekende voorstander van die Afrika renaissance, prof. Nthuli, het onlangs verduidelik dat die konsep \u201chalssnoer\u201d \u2019n belangrike rol in Zoeloe rites speel, veral tydens die huwelik, en hy het vertel hoe al die jongmeisies onder Cesthwayo uitgemoor is omdat een van hulle teenoor die ou krygers aan wie hulle gegee is na \u2019n oorwinning, ges\u00ea het, \u201cdie halssnoer pas nie\u201d.<\/p>\n<p>Myns insiens verdien die manier waarop tradisionele Afrika gebruike en konsepte inspeel op ons huidige werklikheid veel meer aandag. Ek wou mense prikkel om oor hierdie kwessie te begin dink. Daar is \u2019n sekere koloniale opvatting wat sou wou h\u00ea dat swartmense in Suid-Afrika een en almal \u2019n\u00a0<cite>tabula rasa<\/cite>\u00a0is wat na willekeur opgevul kan word met Westerse (Engelse) kultuur. Meer en meer is dit egter duidelik dat hierdie \u2019n na\u00efewe en skadelike gedagte is, omdat die vervreemding van swartmense wat hulle artikuleer as \u2019n ervaring van \u201crassisme\u201d, regstreeks hieraan verbind is.<\/p>\n<p>O ja, rassisme het deesdae in Suid-Afrika so \u2019n bre\u00eb betekenis, soos ook geblyk het by die Konferensie oor Rassisme, dat die mees verregse AWB-ondersteuner saam met die mees verligte persoon wat hom bloot verset teen die absolutisme van \u201calle wittes is rassiste\u201d geklassifiseer word as laakbare \u201crassiste\u201d. Die Menseregtekommissie se pseudo-Freudiaanse geloof dat \u201cdie ontkenning van rassisme die grootste aanduiding van rassisme is by enige blanke\u201d maak deel uit van hierdie stereotipe van \u201cdie witte\u201d of \u201cdie blanke\u201d wat tans by ons gedy.<\/p>\n<p>In die goeie ou eurosentriese tradisie gaan ek my nie aan enige beskuldiging van kettery steur nie, en bloot hierdie kwessies probeer deurdink ten einde nader aan \u2019n oplossing vir Suid-Afrika se probleme te probeer kom. Niks is vir my heilig nie, nie die konsep \u201crassisme\u201d nie, en ook nie eens \u201cdemokrasie\u201d nie. Dit is vir my die toppunt van kolonialisme om te dink dat indien demokrasie \u2019n aanvaarbare politieke stelsel in Wes-Europa en Noord-Amerika is, dit ook noodwendig die beste oplossing is vir Afrika, en vir Suid-Afrika. Onthou: Hitler het via die stembus, en daarom \u201cdemokraties\u201d aan bewind gekom. So ook Robert Mugabe. Universele stemreg is geen waarborg vir \u2019n rasionele en menslike stelsel nie, soos ons by die dag in Suid-Afrika ontdek. Dit nou tersyde, want die huidige onderwerp is steeds kultuurverskille.<\/p>\n<p>Afrikaans is daarom, en hier herhaal ek bloot Van Wyk Louw se gedagte, \u2019n \u201cderde term\u201d wat ontkom aan die digotomie Afrika\/die Weste. Afrikaans is vir my modernisme, wat re\u00eblreg staan teenoor die pre-modernisme van tradisionele Afrika. Natuurlik is tradisionele Afrika vir altyd verander deur die kontak met Westerse kultuur, en is elemente daarvan vir goed verlore, maar die Rousseauistise ophemeling van die tradisionele kultuur as synde \u201cmeer menslik, minder kil\u201d, ens., waarvan daar ook in jou brief sprake is, is myns insiens gegrond op \u2019n illusie. Veral onder die gemilitariseerde groepe kusbewoners soos die Xhosas en Zoeloes was daar dikwels tirannieke opperhoofde soos Tsjaka en Dingaan. Daar is een weergawe van Tsjaka se reaksie op sy moeder, Nandi, se dood as sou hy omstanders wat nie hard genoeg gehuil het nie, voor die voet laat doodmaak het. Ook die opvolging van opperhoofde het by wyse van sluipmoorde geskied, en dit sou \u2019n interessante studie wees om te bepaal watter eienskappe \u2019n leier nodig het om onder sulke omstandighede sy posisie te bekom en te behou. Voeg daarby die werklik onmenslike behandeling van vroue, en die prentjie is allermins die idille wat vandag om ideologiese redes aan ons voorgehou word.<\/p>\n<p>Jou betoog gaan grotendeels uit van die gedagte dat alle menslike kultuur \u2019n gemene basis het en dat almal op een of ander manier kousale logika gebruik. Natuurlik is alle mense biologies verwant en diegene wat hoegenaamd geen kontak met hul werklikheid kon bewerkstellig nie, het lank reeds uitgesterf weens honger of is uitgeroei deur hul vyande. As \u2019n mens pyn voel, spreek dit vanself dat jy \u2019n oorsaak daarvoor gaan soek, maar as jou o\u00eb nie die mes of doring kan sien wat jou steek nie, eindig die ooreenkoms tussen primitiewe kousaliteit en wetenskaplike kousaliteit presies daar. Om jou pyn toe te skryf aan \u2019n fisiologiese proses wat uitgaan vanaf \u2019n baie presiese begrip van die molekul\u00eare werking van liggaamselle en om dit toe te skryf aan \u2019n mistieke proses van be\u00efnvloeding deur voorvadergeeste is nie twee benaderings binne \u2019n omringende \u201cwetenskap\u201d nie; die een is wetenskap en die ander nie.<\/p>\n<p>Gerrit Brand is kennelik \u2019n groter kenner as ek op teologiese gebied, en ek erken my tipering van tradisionele Bantoegodsdiens as polite\u00efsme is nie bevredigend nie, maar watter ander term moet ons dan gebruik, want blykbaar is \u201canimisme\u201d ook nie aanvaarbaar nie? Ek is egter bevrees dat monote\u00efsme binne die Joods-Christelike tradisie \u2019n baie spesifieke betekenis het, en daar is baie interessante teorie\u00eb oor die ontstaan daarvan tydens die Joodse ballingskap in Babiloni\u00eb, en ek dink nie die blote bestaan van \u2019n Opperwese binne \u2019n bepaalde kultuur is noodwendig daarmee vergelykbaar nie.<\/p>\n<p>Ek stem beslis nie saam dat Afrikaners blote besoekers in Suid-Afrika is nie. Trouens, op \u2019n sekere manier dink ek dat ons \u2019n gepriviligeerde aanspraak op Suid-Afrika het as ons vaderland op \u2019n manier wat Afrikaniste nie het nie, aangesien hulle hulself beroep op \u2019n kontinentale of \u201cswart\u201d identiteit wat ewe seer in die Kongo of Gaboen uitgeleef kan word, terwyl ons taal en kultuur onlosmaaklik verbind is aan Suid-Afrika en Namibi\u00eb. Afrikaanssprekende bruinmense het reeds \u201ceerste nasie\u201d-status by die Verenigde Nasies verkry, en die afstammelinge van die KhoiSan kan ewe seer die ander groepe van watter velkleur ook al, beskuldig van \u201csetlaar\u201d-status. Dit is egter myns insiens \u2019n steriele argument, en die ooreenkoms daarvan met die ideologie van verregse groepe wat \u201cEuropa vir die blanke Europe\u00ebr\u201d wil opeis, is nie toevallig nie.<\/p>\n<p>Ek is bevrees dat Gerrit Brand, wat my van een of ander vorm van etnosentrisme wil beskuldig, self baie soos \u2019n Europe\u00ebr dink, al hou hy nie van my bre\u00eb onderskeid tussen \u201cIndo-Europe\u00ebrs\u201d en \u201ctradisionele Afrikane\u201d nie. (Ek dink dit is duidelik dat dit geen rasseonderskeid is nie, maar eerder taalkundig en kultureel, \u201cIndo-Europees\u201d synde \u2019n kategorie in die taalkunde.) Kulturele relativisme is \u2019n salon-filosofie wat as luukse in Europa verdra kan word; na alles stel Europe\u00ebrs die re\u00ebls vas in hul eie land en as deel van die Europese Unie. By ons sit ons met die probleem dat nie net ons taal bedreig word nie, maar ook ons denkwyse. En ander besluit vir ons watter re\u00ebls sal geld, wat ons kinders op skool sal leer, wat op TV uitgesaai sal word, ens., ens.<\/p>\n<p>L\u00e9vi-Strauss maak iewers die punt aangaande die Inoe\u00efet dat hulle kultuur oor \u2019n \u201copening\u201d beskik het wat dit koloniseerbaar gemaak het. In \u2019n sekere sin beskik die Afrikaanse kultuur ook oor so \u2019n opening, want die Calvinistiese tradisie met sy klem op skuld en erfsonde maak dit maklik manipuleerbaar en vernietigbaar indien daar op hierdie element gefokus word. Die manier waarop sekere Afrikaners aanhoudend besig is met \u2019n emaskulerende aanblaas van skuld by die bre\u00eb bevolking toon dat die Afrikaanse kultuur geen groter vyand het as diegene in ons midde nie. Ons gebrek aan \u2019n metropool stel ons insgelyks weerloos teenoor \u2019n gewetenlose teenstander wat sou kon besluit om ons finaal uit te wis. Nie \u2019n enkele Europese moondheid was bereid om die Boere republieke selfs net van logistieke hulp te voorsien gedurende die Tweede Vryheidsoorlog teen Engeland nie. Die kontras tussen die Britse ontsteltenis onlangs na die moord op vier blanke Zimbabwi\u00ebrs wat natuurlik Engelssprekend was, en die volslae stilte in die Weste oor die huidige plaasmoorde waarin 900 boere in Suid-Afrika reeds dood is, stem \u2019n mens ook tot nadenke.<\/p>\n<p>Ek is geensins besig om die Westerse geskiedenis te probeer voorhou as per se voortreflik nie, en natuurlik was daar bloedige oorlo\u00eb, volksmoord onder die Nazi\u2019s, Leopold se skrikbewind in die Kongo waar kinders se hande afgesny is as hul ouers nie genoeg rubber getap het nie, ens. Enige logika kan wantoegepas word, maar ek dink ons sou moet erken dat daar wel in die Weste vooruitgang was vanaf \u2019n primitiewe stamtoestand tot die beskawing met sy tegnologiese wondere wat ons vandag geniet, en waartoe nie-Westerlinge ook toegang het. \u201cMenseregte\u201d was \u2019n Westerse uitvindsel, en dit was ook hulle wat slawerny eerste afgeskaf het. Die relativistiese ontkenning van vooruitgang lei daartoe dat daar min te kies is tussen die lewe in \u2019n modderhut met towerkragte as jou enigste vorm van verklaring vir die meer komplekse elemente in jou werklikheid, en die verfynde en verwikkelde omgang met begrippe wat die moderne Westerse beskawing kenmerk en waarin Afrikaans ook, sy dit dan geografies op die periferie, deelagtig is. Trouens, in \u2019n sekere sin het ons \u2019n \u201cAfrikaanse beskawing\u201d geskep, en is ons besig om dit te verdedig, soos altyd, teen \u2019n tweeledige aanval vanuit die metropolitaanse empaaier en dit wat ek baie polities onkorrek, moet ek erken, \u2019n \u201cneo-primitiwisme\u201d genoem het, en wat plaaslik teen ons geloods word ten einde ons taal, letterkunde, musiek, en lewenswyse af te breek en in te lyf by die nuwe kultuur wat geskep moet word by wyse van \u2019n terugkeer na die oorsprong, en \u2019n herwaardering van \u2019n pre-wetenskaplike oertoestand.<\/p>\n<p>Die waarde van Afrikaans binne die Suid-Afrikaanse verband is meer as net folklore of letterkunde of \u201ckultuur\u201d in die eng sin van die woord. Dit wil my voorkom asof Afrikaans ook draer kan wees van \u2019n moderniseringsproses, juis omdat dit begrip en toleransie het vir pre-moderne mondelinge kulture. Engels gee mense net toegang tot die moderne by wyse van \u2019n uitwissing van die eie kultuur en \u2019n kolonisering wat onder die huidige omstandighede in elk geval meer en meer onhaalbaar lyk. Afrikaans het nog nooit klem gel\u00ea op die kolonisering van ander nie, maar tree eerder as \u2019n soort eksemplaar van modernisering op binne \u2019n Afrikaverband. Indien Afrika ooit aan sy huidige middeleeuse toestand met oorlo\u00eb, volksmoord, korrupsie en verval &#8211; dink maar aan die\u00a0<cite>Economist<\/cite>\u00a0se \u201chopelose kontinent\u201d-tipering wat op grond van die feite nie onbillik is nie &#8211; gaan ontsnap, sal dit \u2019n versnelde modernisering moet deurmaak soos wat die Afrikaanse kultuur sedert die einde van die negentiende eeu ondervind het. Hierdie proses kan net binne, en met behulp van, die Afrikatale self plaasvind.<\/p>\n<p>Omdat ek redelik pessimisties is dat so \u2019n proses wel binne die afsienbare toekoms op dreef gaan kom, moet ons eerste prioriteit die onverskrokke verdediging van ons beskawing-in-die-kleine wees. Afrikaans is nie maar net \u2019n taal tussen ander nie, maar die draer van daardie kleiner beskawing waaraan ons steeds elke dag skep, en waartoe enigeen toegang het. Die vrugte van daardie beskawing is, hoe ontoereikend en gering ook al, daar vir almal om te sien wat Suid-Afrika besoek, en staan in skrille kontras teenoor die post-koloniale eindspel &#8211;\u00a0<cite>the post-colonial endgame<\/cite>, daar is nou \u2019n begrip wat jy kan terugstuur na die empaaier &#8211; wat oor die afgelope veertig jaar in Afrika noord van die Limpopo plaasgevind het.<\/p>\n<p>Ja, ek neem sekerlik \u2019n risiko om dinge oor so \u2019n bre\u00eb boeg te gooi en die heersende opvatting van kulturele relativisme uit te daag, maar dan lyk dit nie asof ons vorentoe enige keuse gaan h\u00ea nie. Daarvoor is die proses waarin ons ons bevind eenvoudig te radikaal.<\/p>\n<p>Die beskuldiging van rassisme wat daar teen my gemaak word, is maar net nog \u2019n variasie van die etiket van \u201cregs\u201d wat daar \u2019n jaar gelede na my kant geslinger is omdat ek dit durf waag het om te argumenteer ten gunste van gelyke behandeling van Afrikaans teenoor ander tale in Suid-Afrika. My stuk oor \u201cSangomas of Newton\u201d behandel duidelik \u2019n kenteoretiese probleem met radikale politieke implikasies in Suid-Afrika. By die Rassismekonferensie, waarop ons regering terloops ses miljoen rand geblaas het, was dit tydens die besprekingsessies duidelik dat niemand \u201crassisme\u201d kon definieer nie, en ek meen dat Gerrit Brand en ander wat probeer om my met die rassismekwas by te kom eers twee definisies sal moet verskaf, te wete: \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a01) wat is \u201cras\u201d? en 2) wat is \u201crassisme\u201d? en daarna moet aandui hoe ek my skuldig maak aan di\u00e9 twee begrippe afkomstig uit die negentiende-eeuse Westerse biologie.<\/p>\n<p>Om iemand in die huidige Suid-Afrika as \u2019n \u201crassis\u201d te brandmerk, het presies dieselfde vorm as beskuldigings van heksery, omdat dit \u2019n aanklag is wat onbewysbaar is en daarom is die teendeel (onskuld daaraan) ook onbewysbaar. In die tradisionele Bantoekulture is hekse of towenaars gewoonlik aan \u2019n marteldood onderwerp n\u00e1 so \u2019n beskuldiging. Hoewel ek myself in die laaste instansie as \u2019n Afrikaan beskou, is ek nie bereid om my identifikasie met Afrika so ver te voer dat ek vrywillig na die brandstapel gaan stap n\u00e1 die sangoma haar vinger na my gewys het nie.<\/p>\n<p>Hierdie stuk het in 2000 op LitNet verskyn.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dan Roodt [followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Hou van Dan Roodt se Facebookblad &#8211; &#8216;n Repliek aan\u00a0Gerrit Brand Dit is soms moeilik om reaksie uit my mede-Afrikaanssprekendes te kry, nieteenstaande die kulturele, politieke en toenemend ook ekonomiese krisis waarin hulle hul bevind. Daarom is ek verheug dat Gerrit Brand dit goedgevind het om so &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=24745\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Rassisme en heksery&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":24746,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[13065,16865,9012,16866,266],"class_list":["post-24745","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-bantoe","tag-gerrit-brand","tag-kulturele-relativisme","tag-michel-foucault","tag-rassisme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24745","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24745"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24745\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/24746"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24745"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24745"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24745"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}