{"id":24739,"date":"2014-06-01T07:30:25","date_gmt":"2014-06-01T05:30:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24739"},"modified":"2014-06-17T17:02:03","modified_gmt":"2014-06-17T15:02:03","slug":"die-toekoms-van-die-eu-en-die-weste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24739","title":{"rendered":"Die toekoms van die EU en die Weste"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_24740\" aria-describedby=\"caption-attachment-24740\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/robison.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-24740\" alt=\"John Robison\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/robison.jpg\" width=\"300\" height=\"168\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/robison.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/robison-70x40.jpg 70w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24740\" class=\"wp-caption-text\">John Robison<\/figcaption><\/figure>\n<p>Soos wat die tyd aanstap sien ons hoe Westerse lande nog baie kan leer van die Afrikanerleiers van weleer. Wie onthou nog Verwoerd se boodskap dat sodra Mandela president word, sal die bakens van die Weste ten gunste van daardie gevaarlike ideologie van kommunisme val? Of PW Botha se waarskuwing van die totale aanslag sodra kommunisme oorneem? In daardie opsig funksioneer Suid-Afrika soos \u2019n mikrokosmos vir die res van die Westerse w\u00eareld. Net soos die Sowjet Unie \u2019n eksperiment was om te sien hoe suksesvol kommunisme uitgevoer kan word na die res van die w\u00eareld, is Suid-Afrika \u2019n laboratorium om te sien hoe Westerse volkere omgaan met hul eie kulturele ondergang.<\/p>\n<p>Hierdie Nuwe W\u00eareldordetsoenami wat besig is om die Weste te oorspoel is egter nie net van die onlangse tyd nie, maar het geleidelik ontwikkel oor honderde jare vanuit verskillende oorde. Een van die eerste belangrike aanwysings in hierdie verband was die Skot John Robison se Proofs of a Conspiracy uit 1797. Uiteindelik sal hierdie verskillende strominge by mekaar uitkom, met soos gewoonlik slegs \u2019n klein groepie ingewydes wat die volle oorsig het van wat presies gebeur.<\/p>\n<p>Om hierdie totale aanslag meer oorsigtelik te maak sal dit \u2019n goeie idee wees om na \u2019n aantal verskillende onderdele te kyk waaruit dit bestaan. Ek het dit saamgevat onder \u2019n aantal kriteria om te probeer om meer helderheid op die saak te werp. Die onderwerpe wat hier ter sprake sal wees is wetgewings, kultuur en geloof.<\/p>\n<p>Internasionale wetgewing. Op hierdie stadium is daar rofweg gestel twee soorte regstelsels wat geld in die w\u00eareld, naamlik wette op land en wette op see. Die wette op land verskil uiteraard van land tot land, maar die wette op see is min of meer universeel. Die mees uitgebreide wetstelsel op see is afkomstig uit die admiraliteit, en is al grotendeels opgeneem in die landswette van die meeste handelslande. In stede soos Amsterdam, Londen, New York en ander sien \u2019n mens op belangrike historiese geboue allerlei standbeelde en ornamente wat die dakke en voorgewels versier. Een van hierdie ornamente wat op die hoogste punt van die dakke pryk is \u2019n brons of geelkoper seilskippie. Daardie skippie beteken iets. Dit gee aan dat in daardie gebied koopvaardywette geld. Koopvaardywette is gebaseer op admiraliteitswette, aangesien die admiraliteit die eerste beheerliggaam op see was wat \u2019n uitgebreide regstelsel ontwikkel het. Omdat die meeste handel oor see gaan, is tot op vandag die admiraliteitswette die basis waarop koopvaardy- en handelswette geskoei is.<\/p>\n<p>Soos enige regsgeleerde kan beaam is wette gebaseer op \u2019n bepaalde gees. Die Franse grondwet is gebaseer op die gees van vryheid, gelykheid en broederskap, di\u00e9 van Amerika op die gees van vryheid en indiwidualisme, en die gees van die admiraliteitswette berus op eer. Die bemanning op \u2019n skip is verplig om alles wat gebeur aan die kaptein te vermeld. Hulle moet hul eie belange opsy sit ter wille van die groep, anders kan die hele missie gevaar loop, vandaar dat eer die belangrikste deug is in die admiraliteit.<\/p>\n<p>Die afbraak van landsgrense soos byvoorbeeld in die Eurolande gaan gerieflik help om die admiraliteitswette te bevorder. Hierdie wette mag dalk belangrik wees op see, maar as dit elke faset van ons lewens gaan oorheers kan dit \u2019n probleem word. Waar wette op land oor die algemeen ingestel is om persoonlike vryheid te waarborg, is wette op see slegs gebaseer op resultate. Dit kom daarop neer dat jou eie persoonlike ontwikkeling niet tot sy reg kan kom nie en dat diegene wat in beheer is van jou alles van jou moet weet. Daar is geen privaatheid meer nie en geen persoonlike ontwikkeling nie. Alles is onderhewig aan die groot loerbroer en enige afwyking kan gestraf word. Die uiteinde is dus nie veel anders as slawerny nie. \u2019n Mens kan dit duidelik ervaar in \u2019n seevarende moontheid soos Nederland waar die bemoeisieke regering alles van sy inwoners moet weet. Enigiets privaat en persoonlik word met agterdog bejeen. Dit is daarom belangrik dat ons landswette moet respekteer en moet waak teen oormatige admiraliteitswette wat orals ingevoer gaan word.<\/p>\n<p>Kultuur. Dit word deesdae al hoe kranksinniger wat mense as esteties kwalifiseer. Opvattings wat nie in tradisie gewortel is nie word opgehemel terwyl alle andere opvattings wat oor honderde jare ontwikkel het as agterlik of onvanpas beskou word. In Swede word dit ook steeds meer die norm om nie meer na mans en vroue in die derde persoon (\u2018han\u2019 of \u2018hon\u2019) te verwys nie, maar met die neutrale \u2018he\u2019. Hierdie jarelange droom van die universele mens het \u2019n belangrike ideaal gevorm by die Swede, en nou sit hulle met \u2019n onwerkbare situasie, \u2019n uitgeputte welsynstaat en minderhede uit Moslemlande wat Swede \u2019n reputasie gegee het as die land met \u2019n verkragtingsyfer wat twintig keer ho\u00ebr is as die Europese gemiddelde.<\/p>\n<p>Andersyds het ons almal die wenner van die afgelope Eurovisie Musiekfees gesien, naamlik \u2019n bebaarde transseksueel uit Oostenryk. \u2019n Vrou of iets met \u2019n baard wat \u2019n soort afgesaagde James Bond deuntjie gesing het moet ons as \u2019n monumentale prestasie beskou. Let wel, die kompetisie se naam is \u201cEurovision\u201d, met ander woorde \u201cvisie van Europa\u201d, oftewel dit waarheen Europa oppad is. En dit is \u2019n goeie vraag. Waarheen is Europa (en ipso facto die Weste as geheel) oppad met hul patologiese ophemeling van alles wat afwyk? Voorlopig lyk dit in elk geval asof die Weste met die EU as beliggaming op \u2019n chaotiese toestand afstuur.<\/p>\n<p>Die sielkundige Kurt Lewin se konsep van flu\u00efditeit kan ons hiermee help. Met flu\u00efditeit word bedoel dat daar \u2019n georganiseerde chaos moet plaasvind om mense te verwar en te reduseer tot \u2019n toestand soortgelyk aan \u2019n vroe\u00eb kindertyd. Dit word onder andere gekenmerk deur gebrek aan selfdisspiliene, oppervlakkige vermaak wat tradisionele kultuur en tradisie verdring, en onderwys wat deesdae eerder bestaan uit beroepsopleiding as opvoeding. Blykbaar is selfs die inhoudlose pubertelevisiekanaal M-TV se naam kripties vir \u201cEmpty TV\u201d, wat weereens wys dat hierdie ophemeling van sotheid doelbewus georkestreer word.<\/p>\n<p>\u2019n W\u00eareld soortgelyk aan Jose Ortega y Gasset se La Rebelion de las Masas is die gevolg, aangesien almal iets te vertelle het in hul hiperdemokrasie maar niemand werklik iets te s\u00ea het nie. Hulle het ook nie die integriteit om op te volg wat hulle s\u00ea nie, terwyl geleerde en ervare mense se menings net so swaar weeg soos iemand wat onkundig is en dus verdring word. Die chaos wat hieruit gaan ontstaan sal \u2019n despotiese gesag iewers in die toekoms \u2019n noodsaak maak soos wat mense op soek gaan na iemand wat orde in die chaos kan bewerkstellig.<\/p>\n<p>Om die waarheid te s\u00ea is hierdie chaos selfs in beton gegiet. Die Europarlementgebou in Strasbourg is ontwerp om soos die Toring van Babel te lyk, en interessant genoeg is die parlement\u00eare setels in sewe halfrond rye gedeel sodat dit lyk soos ligstrale. Die getal sewe het \u2019n belangrike esoteriese betekenis. Van oudsher uit die mitologie word sewe ligstrale beskou as \u2019n samestelling tussen verskillende opvattings om die mensdom in \u2019n ho\u00ebr staat van perfeksie te stuur, volgens die leerstelings van die teosofie en New Age bewegings altans. Die bedoeling van die EU is nie net om handel te bevorder nie, maar om \u2019n nuwe tydgees in te lui.<\/p>\n<p>Wat nog \u2019n verdere aanwysing is dat die EU nie deur praktiese politiek bestuur word nie, kan ons kyk na die swaargewigte binne hierdie unie. Soos die nie-verkose voorsitter van die EU, Herman van Rompuy self toegegee het is hulle almal Jesu\u00efete. Die belangrikste funksies binne die EU word beklee deur die Seuns van Loyola. Die uitsondering is natuurlik die dominee se dogter Frau Merkel, wat \u2019n gerieflike teenwig bied om die ware gesig van die EU effens te verdoesel.<\/p>\n<p>Seker die vernaamste kenmerk van hierdie bedugte orde is dat die doel die middele heilig. Volgens die Eed van Inwyding wat elke prominente Jesu\u00efet moet onderteken is alles geoorloof, van moord, marteling, lieg, bedrieg tot verkragting, vergiftiging, lis en bedrog ensovoorts, solank die doel maar bereik word.<\/p>\n<p>Ons kan duidelik sien dat die Jesu\u00efete die ware stigters is van kommunisme. In elk geval het hulle van alle groepe die meeste ervaring met infiltrasie, sabotasie, konkel agter die skerms en w\u00eareldheerskappy, en is daarom die perfekte kandidate om die Unie te lei.<\/p>\n<p>Vir diegene wat dink ek oordryf, kan ons na die eerste belangrike EU referendum in 2005 kyk. Nederland en Frankryk het tesame massaal \u2018nee\u2019 gestem teen \u2019n nadere samewerking binne die EU, maar met allerlei geknoei het die elite desondanks die samewerkingsverband deurgedruk, waarmee die Nederlanders en Franse nog \u2019n stukkie van hul soewereiniteit moes prysgee, teen die wil van die burgers in. \u2018n Ander aanwysing sien ons tans met die krisis in Oekra\u00efene. Volgens Poetin is die ware verkose Oekra\u00efense president Janoekowietsj uit die saal gelig omdat hy nie met die EU wou saamwerk nie, met ander woorde sy beleid het te veel berus op soewereiniteit in plaas van onderworpenheid aan daardie korrupte beheerliggaam genaamd die Europese Unie. En nou moet daardie land dit bekoop met \u2019n kleinskalige burgeroorlog.<\/p>\n<p>Ons sien nou by die afgelope verkiesing dat mense massaal hul misno\u00eb begin wys teenoor die Unie, veral noudat Marine le Pen se anti-EU Front National \u2019n belangrike oorwinning behaal het. In Nederland het Geert Wilders se PVV nie so vooruitgestreef nie, waarskynlik oor sy onlangse \u201cMinder Marokkane\u201d uitlating wat baie kiesers van hom vervreem het. Ek dink egter nie dat hierdie ruk na regs \u2019n invloed sal h\u00ea nie. Dis hooguit slegs een stappie terug, maar die EU sal sy wil hoe dan ook aan sy onderdane opdring.<\/p>\n<p>Ons is geneig om te vra hoekom hierdie behoefte om massaal te integreer belangrik is vir hulle. Selfs die bekende Britse teenstander van die EU, Nigel Farage het al tereg gevra hoekom hulle hierdie obsessie het om die EU ten alle koste te laat slaag. Uiteraard speel mag en materi\u00eble gewin \u2019n rol, maar dit is nie al nie.<\/p>\n<p>Die ware antwoord hierop is eintlik net so sinies as wat dit eenvoudig is, naamlik die uniewording het niks met die gewone burger uit te waai nie! Die argitekte agter die eenwording volg bloot instruksies op wat al honderde jare oud is. Die beginsel om so veel moontlik mag te konsentreer in die hande van \u2019n klein groepie ingewydes is al so oud soos die mensdom self. Interessant genoeg dink sommige van die meer okkulte figure selfs in terme van siklusse wat oor duisende jare strek waaraan hulle gehoor probeer gee, en ons moet beslis nie die fout maak om hul mag en toewyding te geringskat nie.<\/p>\n<p>As ons werklik wil weet wat die toekoms van die Weste en die EU gaan wees, sal dit \u2019n goeie idee wees om te kyk na twee parallele strominge, te wete die konsep van Sinargie, soos ontwikkel deur die Fransman Joseph Alexandre Saint-Yves, en die teosofie van Helena Blavatsky en haar opvolger Alice Bailey.<\/p>\n<p>Sinargie het te make met die ontwikkeling van \u2019n rigide burokrasie bestaande uit \u2019n heersersklas wat meen dat hulle voorbestem is om te regeer. Hulle het totaal geen boodskap aan demokrasie of persoonlike vryheid nie. Dit het ontstaan as \u2019n reaksie op die anargie van die laat negentiende eeu en dat mense self nie in staat is om te weet wat goed is vir hulle nie. Vandaar meen hierdie ingewyde heersers dat hulle die septer moet swaai omdat hulle weet hoe om te sorg vir hul onderdane. Die huidige chaos wat ons nou sien is waarskynlik \u2019n poging om dieselfde anargie na te boots sodat die EU se bestaan verder geregverdig kan word.<\/p>\n<p>Sinargie was egter nie volledig uitgedink deur Saint-Yves nie, maar het volgens hom \u2019n tradisie wat honderde jare oud is. Die Republiek van Plato was immers ook \u2019n bestel wat op sinargie berus het. Die belangrikste draers van die geheime van sinargie was \u2013 soos gewoonlik \u2013 die bekende verdagtes naamlik die Tempelridders gewees, en mag dalk die rede wees waarom die moderne Tempelridders \u2013 die Jesu\u00efete \u2013 die taak op hul geneem het om die EU te lei.<\/p>\n<p>Die ander belangrike stroming wat die EU vormgee is terug te vinde in die leerstellings van die teosofie. Hierdie benadering is baie abstrak en misterieus maar ons kan die uitwerkinge daarvan aanvoel. Wie sou byvoorbeeld in die tagtiger jare kon dink dat popsterre soos Ke$ha openlik satanisme, kannibalisme en om jonk te sterf sou ophemel? Of dat Richard Dawkins \u2019n platform gegee word om sy ate\u00efsme rond te basuin terwyl sy formidabele opponente soos Rupert Sheldrake, Jonathan Black of Rodney Stark se stemme skaars gehoor word?<\/p>\n<p>Die antwoord het te make met die Vistydperk wat nou begin afloop en die Waterdraertydperk (\u201cAge of Aquarius\u201d) wat nou aan die daeraad hang. Dit mag \u2019n verklaring bied hoekom daar \u2019n vyandige ingesteldheid teenoor Christendom heers, terwyl gedagtegoed wat tiperend is van die Waterdraertydperk soos die New Age Beweging, astroteologie en teosofie nou steeds meer aanvaar word. Die konsep van eenheid en die sewe ligstrale soos hierbo vermeld vorm \u2019n belangrike hoeksteen in die Waterdraertydperk. Dit kan egter ook verwys na die sewe gode van chaos soos uitgebeeld in die Nag Hammadi of die sewe geeste van Olympus wat elkeen oor \u2019n bepaalde gebied heers.<\/p>\n<p>Hoe dit ook sy, die EU is vormgegee deur mense wat \u2019n gede\u00eb kennis van die mistieke en okkulte het. Dit is hulle wat uiteindelik gaan bepaal waar Europa en die Weste as geheel oppad is. Ons is aan hulle oorgelewer, net soos wat hulle glo dat hulle aan kosmiese instruksies onderhewig is.<\/p>\n<p>Egter, die voordeel van die Waterdraertydperk is dat alles wat in newels verhul was gaan uitlek aan die publiek, en die gewone mens gaan uiteindelik sien wat werklik aangaan, altans dit is wat die kenners beweer.<\/p>\n<p>Kom ons hoop dat daar nog genoeg energie en solidariteit bestaan onder Westerse volkere om ons ware vryheid en soewereinitiet terug te eis en om nie opgesluk te word in hierdie kranksinnigheid van \u2019n paar magsbehepte imbesiele nie.<\/p>\n<p>Dan kan ons werklik weer voortbestaan in geregtigheid.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soos wat die tyd aanstap sien ons hoe Westerse lande nog baie kan leer van die Afrikanerleiers van weleer. Wie onthou nog Verwoerd se boodskap dat sodra Mandela president word, sal die bakens van die Weste ten gunste van daardie gevaarlike ideologie van kommunisme val? Of PW Botha se waarskuwing van die totale aanslag sodra [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":24740,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[16860,8538,16862,16859,16861,16858,16856,15232,16857],"class_list":["post-24739","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","tag-admiraliteitswette","tag-europa","tag-jesuiete","tag-john-robison","tag-koopvaardywette","tag-kulturele-ondergang","tag-mikrokosmos","tag-nuwe-wereldorde","tag-westerse-denke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24739","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24739"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24739\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/24740"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24739"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24739"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24739"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}