{"id":2472,"date":"2008-08-10T12:31:09","date_gmt":"2008-08-10T12:31:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2472"},"modified":"2008-08-10T12:31:09","modified_gmt":"2008-08-10T12:31:09","slug":"die-kaukasus-energiebrandpunt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2472","title":{"rendered":"Die Kaukasus, energiebrandpunt"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Die huidige brandpunt is natuurlik Suid-Osseti&euml; waar Georgiese en Russiese troepe mekaar die stryd aanges&ecirc; het. Suid-Osseti&euml; l&ecirc; aan die suidekant van die Kaukasusgebergte in Georgi&euml;, terwyl Noord-Osseti&euml; in Rusland gele&euml; is.<\/p>\n<p>  &#39;n Dag voor die Spele, op 7 Augustus, en nadat albei partye tot &#39;n skietstaking ingestem het, het Georgi&euml; egter &#39;n verrassingsaanval teen die Russiese besettingsmag in Suid-Osseti&euml; geloods. Rusland, wat volgens <em>Jane&#39;s<\/em> meer as 600 000 troepe in die gebied versamel het, het hulle pantsers op Tshkinvali gekonsentreer en ook die dorp Gori gebombardeer.<\/p>\n<p>  Na wat berig word, kon Georgi&euml; se skamele 26 000 troepe nie die mas opkom nie en het Georgi&euml; opnuut &#39;n skietstilstand aangevra. Die meeste inwoners in Suid-Osseti&euml;, net soos di&eacute; in die ander omstrede gebied in Georgi&euml;, Abkhasi&euml;, is draers van Russiese paspoorte wat volgens die Russiese president Dmitri Medwedef meer as genoeg rede vir Russiese ingryping verskaf. In 2006 het die inwoners van Suid-Osseti&euml; in &#39;n nie-amptelike referendum tewens gestem om onafhanklik van Georgi&euml; te wees.<\/p>\n<p>  Josef Stalin, wie se vader glo uit di&eacute; gebied afkomstig was, het Osseti&euml; in 1922 in twee verdeel tussen Rusland en Georgi&euml;. Die verdeling is deur inwoners uit die staanspoor as kunsmatig ervaar. Suid-Osseti&euml; het in 1989 &#39;n geleentheid gesien om weer met hul noordelike landgenote te verenig, maar hul pogings is deur die Georgiese nasionalis Zviad Gamsakhurdia gefnuik. N&aacute; die ineenstorting van die ou Sowjet-Unie het die Kaukasus oor die algemeen &#39;n oplewing van nasionalisme beleef.<\/p>\n<p>  In Tsjetsjni&euml;, net soos Georgi&euml;, wou inwoners graag onafhanklik van hul eertydse imperiale heerser staan, maar in Suid-Osseti&euml; het plaaslike leiers hul verbintenis aan die Russiese Federasie herbevestig. Nadat Mikheil Saakashvili vir Eduard Shevardnadze in 2003 ontsetel het om Georgi&euml; onder NAVO en Amerikaanse invloed te bring, het die jong Amerikaans geskoolde president belowe om Suid-Osseti&euml; en Abkhasi&euml; weer uit Rusland se greep te dwing. <\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">Benewens die VSA het Israel ook sy milit&ecirc;re kennis ter beskikking van Georgiese veiligheidsmagte gestel. Alle pogings blyk tans vrugteloos te gewees het. Volgens Westerse nuusagentskappe het die Russe ook &#39;n suksesvolle kuberaanslag teen Georgi&euml; geloods in antwoord op die Georgiese aanval.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"> Reuters het intussen berig dat Russiese straalvegters die Bakoe-Tsibilisi-Ceyhan-pyplyn aangeval het, maar misluk het, volgens Georgi&euml; se minister van ekonomiese ontwikkeling, Ekaterina Sharashidze. Die pyplyn word deur BP bedryf. Daar was egter nog geen onafhanklike bevestiging van die bewering nie. Die oliepyplyn verteenwoordig ongetwyfeld die kern wat die huidige vyandelikhede betref. Die BTC-pyplyn dra ru-olie van Asi&euml; na die Weste en is van meet af aan gesien as &#39;n Westerse poging om olie onafhanklik van Rusland na die Turkse hawe van Ceyhan te vervoer.<\/p>\n<p>  Die VSA het die BTC-pyplyn befonds teen &#39;n bedrag van $3,6 miljard en Georgi&euml; verdien ongeveer $60 miljoen jaarliks aan transitofooie daaruit. Rusland is gretig om olieuitvoere na Suid-Asi&euml; te laat toeneem en daarom is Turkye se Ceyhan-hawe vir die Russe ook aanloklik. Die Russe maak op die oomblik gebruik van die Golf van Finland en die Finse koerant, die Helsingin Sanomat, het in 2003 berig dat olietenkervervoer na verwagting sou verdriedubbel omdat Rusland sy massiewe Primorsk-olieterminaal in die noorde van St. Petersburg verder sou uitbrei.<\/p>\n<p>  Rusland beheer ook Georgi&euml; se hoofenergiemaatskappy en wil Georgi&euml; voorts gebruik as &#39;n sentrale energieverpreidingspunt vir die streek. Rusland bedryf tans die Inguri-hidroelektriesekragstasie op die Abkhasies-Georgiese grens. Maar bowenal moet daar vir Kazakstan &#39;n manier gevind word om sy aansienlike oliereserwes by klante in Suid-Asi&euml; te kry. En Georgi&euml; verteenwoordig die kortste pad vir daardie uitvoere. Kosowo, dus, is nog lank nie vergete in Russiese gemoedere nie. <\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/gaykoverty_pnevmotreshchetki\/\">\u0433\u0430\u0439\u043a\u043e\u0432\u0435\u0440\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62776-interesnye-fakty-o-yurii-danilchenko.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/karinkl3.jpg\" width=\"115\" height=\"149\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>19:14:34 Terwyl die o&euml; van die w&ecirc;reld op Beijing en die indrukwekkende aanbieding van die Olimpiese Spele gerig was, het Anglo-Amerikaanse belange in die Kaukasus bloedneus gekry. Di&eacute; streek is van toenemende belang in globale energiepolitiek en Rusland het pas gewys dat Westerse inmenging in sy agterplaas al hoe minder geduld sal word. <\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[45],"tags":[166,21092],"class_list":["post-2472","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c26-karin-roodt","tag-karin-roodt","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2472","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2472"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2472\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2472"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2472"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2472"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}