{"id":24685,"date":"2014-05-28T09:15:32","date_gmt":"2014-05-28T07:15:32","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24685"},"modified":"2014-05-28T09:15:32","modified_gmt":"2014-05-28T07:15:32","slug":"platinastakings-laat-ekonomie-in-eerste-kwartaal-krimp","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24685","title":{"rendered":"Platinastakings laat ekonomie in eerste kwartaal krimp"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_24688\" aria-describedby=\"caption-attachment-24688\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/Amcu-staking.png\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24688\" alt=\"Stakende platinamynwerkers van Amcu\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/Amcu-staking-300x187.png\" width=\"300\" height=\"187\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/Amcu-staking-300x187.png 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/Amcu-staking.png 400w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24688\" class=\"wp-caption-text\">Stakende platinamynwerkers van Amcu<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die stakings by platinamyne het nie net die grootste daling in mynbou-aktiwiteit in vyftig jaar veroorsaak nie, maar ook die hele Suid-Afrikaanse ekonomie met 0,6 persent in die eerste kwartaal laat daal. Die inkrimping in mynbou- en steengroef-aktiwiteit is 24,7 persent.<\/p>\n<p>Sommige ekonome voorspel reeds &#8216;n resessie aangesien die dispuut oor lone in die platinumgordel nog glad nie verby is nie. N\u00e1 18 weke, sal dit ook die land se ekonomiese uitset in die tweede kwartaal raak, terwyl somminge myne in Rustenburg reeds in April en Mei feitlik heeltemal tot stilstand gedwing is. Dit beteken dat die statistiek vir die tweede kwartaal ook teleurstellend gaan wees.<\/p>\n<p>Volgens gangbare ekonomiese definisies, staan twee agtereenvolgende kwartale van negatiewe groei as &#8216;n resessie bekend. Die kanse is dus nou goed dat Suid-Afrika aan die einde van di\u00e9 kwartaal amptelik in &#8216;n resessie sal verkeer. Die vorige keer toe die land hom in di\u00e9 situasie bevind het, was tydens die globale finansi\u00eble krisis in 2009.<\/p>\n<p>In die vierdie kwartaal van verlede jaar het die ekonomie nog met 3,8% gegroei.<\/p>\n<p>Met die huidige trae en negatiewe groeikoers, is daar geen moontlikheid dat die werkloosheidsyfer sal verbeter nie. Minder ekonomiese aktiwiteit beteken ook dat die invordering van belastings getref sal word, wat weer die begrotingstekort gaan verhoog.<\/p>\n<p>Die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) vereis &#8216;n groeikoers van 5% per jaar ten einde werkloosheid teen die jaar 2030 tot minder as 10% te verlaag.<\/p>\n<p>Die hoofekonoom van Econometrix, Azar Jammine meen egter dat &#8216;n resessie slegs moontlik is indien die plantinastaking vir die res van die jaar duur. Indien dit gou be\u00ebindig word, kan die land nog &#8216;n resessie vermy.<\/p>\n<p>Volgens Johan Theron, &#8216;n woordvoerder van Impala Platinum, sal dit ongeveer drie maande neem om die produksievlakke van v\u00f3\u00f3r die staking te bereik indien die staking sou ophou.<\/p>\n<p>Die swak groeisyfers vir die eerste kwartaal het die reeds die Reserwebank genoop om sy vooruitskatting vir ekonomiese groei van 2,6% tot 2,1% vir vanjaar aan te pas.<\/p>\n<p>Hierdie syfers ondersteun ook die Reserwebank se besluit om rentekoerse voorlopig onveranderd te laat.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die stakings by platinamyne het nie net die grootste daling in mynbou-aktiwiteit in vyftig jaar veroorsaak nie, maar ook die hele Suid-Afrikaanse ekonomie met 0,6 persent in die eerste kwartaal laat daal. Die inkrimping in mynbou- en steengroef-aktiwiteit is 24,7 persent. Sommige ekonome voorspel reeds &#8216;n resessie aangesien die dispuut oor lone in die platinumgordel &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=24685\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Platinastakings laat ekonomie in eerste kwartaal krimp&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":24688,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[16836,8981,4823,5703],"class_list":["post-24685","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-platina","tag-reserwebank","tag-resessie","tag-staking"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24685","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24685"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24685\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/24688"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24685"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24685"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24685"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}