{"id":24617,"date":"2014-05-24T17:57:10","date_gmt":"2014-05-24T15:57:10","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24617"},"modified":"2014-05-24T17:57:10","modified_gmt":"2014-05-24T15:57:10","slug":"vryheid-gelykheid-en-nasionalisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24617","title":{"rendered":"Vryheid, gelykheid en nasionalisme"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-23246\" alt=\"danr2\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\" width=\"292\" height=\"198\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg 292w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2-190x130.jpg 190w\" sizes=\"auto, (max-width: 292px) 85vw, 292px\" \/><\/a>deur Dan Roodt<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/danroodtpage\" target=\"_blank\">Hou van Dan Roodt se Facebookblad<\/a><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek onthou die opskrif in ons geskiedenisboek toe ek op skool was in die ou Suid-Afrika: \u201cDie Franse omwenteling.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In daardie dae was Afrikaans suiwer en Germanisties, en is die woord \u201crevolusie\u201d as minder wenslike taalgebruik geag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Suid-Afrika se verkiesingsuitslae verlede week geen verrassings ingehou het nie, broei daar in Frankryk die soort politieke, kulturele en intellektuele omwenteling wat laas w\u00eareldwyd in skoolhandboeke verewig is. In die aanloop tot 1789 sou filosowe, skrywers, ensiklopediste en oproermakers die hele Europa aan die brand steek met die woorde \u201cvryheid, gelykheid, broederskap\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deesdae is daar weer \u2019n groot groep Franse skrywers, filosowe, denkers en sogenaamd \u201cpopulistiese\u201d politici \u2013 soos Marine Le Pen van die Nasionale Front (Front National \u2013 FN) \u2013 wat re\u00eblreg standpunt inneem teen die magtige Amerika, die Europese Unie, die multikulturele samelewing, die miljard\u00ears en bankiers, maar ook vorme van moderne kuns, feminisme en wit skuld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iewers onthou ek \u2019n Amerikaanse akademikus wat bewonderend oor Franse intellektuele opgemerk het: \u201cAs die trein van die geskiedenis by ons die stasie binnestoom, het hy in Parys lankal reeds vertrek.\u201d Hy het di\u00e9 uitspraak gemaak met verwysing na die pornografiese letterkunde van Georges Bataille wat \u201coortreding\u201d \u2013 veral van godsdienstige, sek\u00adsuele en ander taboes \u2013 die grondbeginsel van sy oeuvre gemaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dieselfde Franse obsessie met die avant-garde en om nuut en oorspronklik te dink, het weer eens vir \u2019n uitbarsting van ikonoklasme en rebellie gesorg wat dreig om die land uitmekaar te skeur en geweldige spanning, maar ook opwinding veroorsaak. Die stryd word gevoer in dik boeke en essays waarin die geskiedenis sedert die Middeleeue sommer herinterpreteer word. Dit woed verder op die internet, op webblaaie, Twitter, YouTube en TV-gespreksprogramme waar jy maar kan vloek en skel en argot (Franse sleng) gebruik, solank jy intelligent klink en iets te s\u00ea het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En natuurlik, in \u2019n land waar die skoonheidsbedryf van madame Liliane Bettencourt, erfgename van die maatskappy L\u2019Or\u00e9al, die rykste vrou ter w\u00eareld gemaak het, verstaan almal hoe bemarking, reklame en media werk. Terwyl aktiviste, filosowe en politici mekaar die stryd op TV aans\u00ea, word daar terselfdertyd met die Franse voorliefde vir geleerde terme oor \u201cdie media\u201d en hul invloed bespiegel op die trant van \u2019n Pierre Bourdieu of \u2019n Jean Baudrillard.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens sommige peilings steun tot 30% van die Franse jeug die regse Nasionale Front en dis in die mode om regs en \u201cpatrioties\u201d te wees. Net soos in Duitsland tydens die Weimar-republiek in die 1920\u2019s gebeur het, oortuig kommuniste hulself geredelik van die noodsaak van nasionalisme en selfs kommunistiese en linkse kiesers uit die Franse werkersklas stem deesdae insgelyks vir \u201cLe Front\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die aanloop tot die Europese verkiesings wat volgende Sondag plaasvind, staan die Nasionale Front sterk met 24% van moontlike stemme \u2013 volgens \u2019n meningspeiling deur die CSA vir BFMTV en die Nice-Matin-mediagroep wat aan die einde van verlede maand gedoen is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die party se liberale teenstander, die UMP (Unie vir \u2019n Volksbeweging), ontvang in dieselfde meningsopname 22% steun en die Sosialistiese Party 20%.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder jong mense en middeljariges is die Nasionale Front los voor. Die CSA-peiling toon tot 30% van kiesers tussen 25 en 34 jaar en 34% van kiesers tussen 35 en 49 jaar steun die party.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Mens moet onthou dat vele immigrante van Wes-Afrika en die Midde-Ooste in Frankryk ook stemreg het en gewoonlik Sosialisties stem, wat die steun vir die FN onder \u201cinheemse Franse\u201d n\u00f3g ho\u00ebr sou maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een oud-kommunis wat tans aan die voorpunt van die Franse stryd staan teen wat hy die \u201cglobalistiese oligargie\u201d noem, is Alain Soral.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel hy hom steeds as \u2019n Marxis beskou, het hy van die Franse Kommunistiese Party reguit na die Nasionale Front oorgeloop en was ook in \u2019n stadium dagbestuurslid van die party. Tans verkeer sy jongste boek <em>Comprendre l\u2019empire<\/em> (Om die ryk te verstaan) boaan die Franse blitsverkoperlys van politieke nie-fiksie. Die subtitel daarvan is veelseggend: \u201cDemain la gouvernance globale ou la r\u00e9volte des Nations?\u201d Overgezet synde: M\u00f4re \u2019n w\u00eareldregering, of die opstand van volkere?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Soral is dit net nasies of volkere wat oor die vermo\u00eb beskik om weerstand teen \u2019n dreigende globale oligargie van rykes te bied. Hy bedryf ook sy eie organisasie, genaamd \u201cGelykheid en versoening\u201d, wat onder meer geld insamel vir sy regskoste, want hy is in etlike hofsake gewikkel teen ander groepe of politici wat hom van laster aankla.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe het Soral so bekend (of berug) geraak dat selfs die huidige Franse premier, Manuel Valls, gereeld na hom verwys? Een element is die TV-debatte tussen skrywers, akademici en politici waar deelname van mense met re\u00eblreg teenoorgestelde menings uiteraard vir heftige meningsverskil en ho\u00eb kykersgetalle sorg. Soral, wat skerp kritiek op feminisme lewer, is byvoorbeeld \u201cin die spel geplaas\u201d teen die linkse feminis en uitgesproke lesbi\u00ebr, Caroline Fourest.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Humor en tipies Franse sarkasme kenmerk di\u00e9 botsings. Die Joodse aktivis en advokaat \u00adArno Klarsfeld het selfs op televisie \u2019n glas water oor sy debatsteenstander \u00adRobert M\u00e9nard uitgesmyt.<\/p>\n<figure id=\"attachment_24473\" aria-describedby=\"caption-attachment-24473\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/franse_verkiesing.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24473 \" alt=\"Verkiesingsplakkate van die Front National: Nee vir Brussel,  ja vir Frankryk\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/franse_verkiesing-300x200.jpg\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/franse_verkiesing-300x200.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/franse_verkiesing.jpg 620w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24473\" class=\"wp-caption-text\">Verkiesingsplakkate van die Front National: Nee vir Brussel, ja vir Frankryk<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Interessant is Soral se bewering dat Vrymesselary \u2019n groot rol in die Franse Revolusie gespeel het. Ook verklaar Soral die breuk in die 19de-eeuse sosialisme tussen die \u201cwetenskaplike\u201d (en dus wrede) Marx-Engels-sosialisme en die \u201clibertynse\u201d sosialisme van Proudhon en Bakoenin aan die hand van hul afkoms en verbintenis, aldan nie, met die internasionale bankiers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As \u2019n mens in een boek na Vrymesselaars, bankiers en Karl Marx s\u00e1\u00e1m verwys, klink dit al klaar na \u2019n same\u00adswerings\u00adteorie, maar Soral se ontleding steun op heelwat feite en verrassende nuwe insigte. Soral sou egter as filosofiese denker, maar ook as aktivis, nie so omstrede gewees het as hy nie \u2019n noue vriendskap gehandhaaf het met Frankryk se grootste rassis nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voordat die leser nou tot \u2019n haastige gevolgtrekking kom \u2013 onthou hierdie is Frankryk, dinge is nie so voorspelbaar soos by ons nie. Frankryk se \u201cgrootste rassis\u201d is, ja wel, \u2019n swart man en \u2019n uiters gewilde komediant! \u2019n Man wat, soos \u00adTrevor Noah, agtergekom het dat skerp politieke satire vol sale kan trek. Trouens, Dieudonn\u00e9 M\u2019bala M\u2019bala was eens op \u2019n tyd aktief in die beweging t\u00e9\u00e9n \u00adrassisme en het spesifiek teen die Nasionale Front te velde getrek, terwyl hy ook vertonings waarin rassisme gesatiriseer word, aangebied het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 1\u2009Desember 2003 het Dieudonn\u00e9 egter \u2019n satiriese skets op TV oor die \u00adPalestynse kwessie aangebied waarin hy die spot met \u2019n Joodse setlaar in die besette gebiede dryf en hom as \u2019n Nazi voorstel. Daarmee het Dieudonn\u00e9 kennelik sy politieke satire te ver gevoer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Frank\u00adryk se invloedryke Joodse gemeenskap van 500\u2009000, wat ook in die media oorverteenwoordig is, het hom as antisemities begin brandmerk. Maar pleks van terug te staan, het Dieudonn\u00e9 die speletjie verder geneem en selfs \u2019n nuwe satiriese saluut wat hy die \u201cquenelle\u201dnoem, in \u2019n stortvloed vierletterwoorde bekend gestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Afrikaans kan \u2019n mens seker die quenelle die \u201caf-arm\u201d noem, want een arm hang slap langs die lyf en die ander word oor die bors gekruis. Heel onskuldig, op die oog af. Behalwe in die o\u00eb van die Joodse Raad van Frankryk (CRIF) wat toenemend in die af-arm \u2019n nuwe en \u201cbedekte Nazi-saluut\u201d begin sien het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevolg is dat die Joodse Raad aan die begin van die jaar as\u2009\u2019t ware die Franse kabinet \u201cbyeengeroep\u201d het om Dieudonn\u00e9 se vertonings te verbied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Manuel Valls, toe nog die minister van binnelandse sake, het persoonlik daarvoor gesorg dat verskeie stede in Januarie \u00adDieudonn\u00e9 se vertonings verbied het. Vir \u2019n week of tien dae het die Franse media oor niks anders as die quenelle geskryf nie!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ironies genoeg het die Duitse tydskrif <em>Der Spiegel<\/em> onlangs die Joods-Franse filosoof Alain Finkielkraut as \u201cregs en konserwatief\u201d bestempel omdat hy insgelyks die reg op \u2019n eie kulturele en volksidentiteit verdedig. Duitsers wat Jode \u201cregs\u201d noem? Jode wat \u2019n swart man van \u201caanhitsing tot rassehaat\u201d (\u2019n misdaad in Frankryk) aankla? Waar is ons nou? wonder \u2019n mens. Dis amper soos die \u201cdraai-arm\u201d op Potchefstroom wat ook n\u00e1 jare \u2019n Nazi-saluut geword het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Feit is egter dat daar die afgelope dekade of drie honderde boeke in Frans verskyn het wat op een of ander manier die idee van \u2019n nasionale kultuur of identiteit op \u2019n verskeidenheid maniere besing, iets wat natuurlik teen multikulturalisme en globalisme indruis. Toenemend is die linkses in Frankryk teen die toue en het geen antwoord meer op die intellektuele intensiteit en politieke provokasies van die regses nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Marine Le Pen verwerp die huidige \u00adEuropese Unie \u2013 wat volgens haar nasionale soewereiniteite skend \u2013 maar is ten gunste van \u2019n Parys-Berlyn-Moskou-spil wat \u2019n \u201cEuropa van nasies\u201d t\u00e9\u00e9n die Amerikaanse \u201cryk\u201d tot stand bring. Sal \u2019n oorlogsugtige VSA so iets duld?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van madame Le Pen se kwinkslae is: \u201cFrankryk verkeer in \u2019n krisis en ons het nie eens \u2019n Korsikaan wat ons kan kom red nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Laasgenoemde is natuurlik \u2019n verwysing na Napoleon. Maar op die eiland Korsika betoog nasionaliste in hul duisende juis om van Frankryk af te stig!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos Alain Soral dit stel: \u201cGlobalisering is \u2019n onvermydelike tegnologiese en ekonomiese proses, maar globalisme verteenwoordig \u2019n vorm van verdrukking.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie rubriek het verlede Sondag ook in <a title=\" Vryheid, gelykheid en... rassisme\" href=\"http:\/\/www.rapport.co.za\/Weekliks\/Nuus\/Vryheid-gelykheid-en-rassisme-20140516\" target=\"_blank\">Rapport<\/a> verskyn.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dan Roodt [followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Ek onthou die opskrif in ons geskiedenisboek toe ek op skool was in die ou Suid-Afrika: \u201cDie Franse omwenteling.\u201d In daardie dae was Afrikaans suiwer en Germanisties, en is die woord \u201crevolusie\u201d as minder wenslike taalgebruik geag. Terwyl Suid-Afrika se verkiesingsuitslae &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=24617\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vryheid, gelykheid en nasionalisme&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":24473,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[16646,16785,16787,16784,16788,1093,13836,16783,11138,16343,10639,16789,16782,16786,5149],"class_list":["post-24617","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-alain-soral","tag-arno-klarsfeld","tag-bankiers","tag-caroline-fourest","tag-dieudonne-mbala-mbala","tag-frankryk","tag-front-national","tag-jean-baudrillar","tag-karl-marx","tag-manuel-valls","tag-marine-le-pen","tag-napoleon","tag-pierre-bourdieu","tag-robert-menard","tag-vrymesselaars"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24617","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24617"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24617\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/24473"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24617"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24617"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24617"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}