{"id":24513,"date":"2014-05-20T09:59:34","date_gmt":"2014-05-20T07:59:34","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24513"},"modified":"2014-05-20T10:51:28","modified_gmt":"2014-05-20T08:51:28","slug":"myne-sal-amcu-aansoek-teenstaan-om-smsse-te-verbied","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24513","title":{"rendered":"Myne sal Amcu-aansoek teenstaan om SMS&#8217;se te verbied"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_24514\" aria-describedby=\"caption-attachment-24514\" style=\"width: 250px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/josephben.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-24514\" alt=\"Joseph Mathunjwa en Ben Magara\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/josephben.jpg\" width=\"250\" height=\"296\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24514\" class=\"wp-caption-text\">Joseph Mathunjwa en Ben Magara<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die platinumprodusente, Amplats, Lonmin en Implats sal Dinsdag &#8216;n dringende hofaansoek deur die vakbond, Amcu teenstaan.<\/p>\n<p>Amcu\u00a0het aansoek gedoen dat die platinumprodusente nie meer die stakende mynwerkers per SMS mag kontak nie.<\/p>\n<p>Die platinumprodusente het SMS&#8217;se gebruik om die werkers regstreeks oor die nuutste loonaanbod in te lig.<\/p>\n<p>Die uitvoerende hoof van Lonmin, Ben Magara s\u00ea tot 67 persent van Amcu-lede het aangedui dat hulle wil terugkeer werk toe, maar\u00a0hulle vrees vir hul lewens.<\/p>\n<p>Magara s\u00ea die maatskappye oortree geen arbeidswetgewing deur die SMS&#8217;se uit te stuur nie.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea &#8216;n derde van die jaarlikse platinumproduksie is al verlore.<\/p>\n<p>Die platinumprodusent, Lonmin, het die staking in Rustenburg in Noordwes as moordend beskryf. Dit duur reeds 17 weke.<\/p>\n<p>Die maatskappy s\u00ea dit kan tot sy ondergang lei indien dit nie omgekeer word nie.<\/p>\n<p>Magara, &#8216;n Zimabwi\u00ebr, s\u00ea die staking gaan herstrukturering en afleggings onvermydelik maak.<\/p>\n<p>Intussen het die president van Amcu, Joseph Mathunjwa, by &#8216;n\u00a0inligtingsessie oor die mynbedryf en die bykans vier maande oue-staking in die platinum-sektor, sy eie rykdom verdedig terwyl werkers krepeer.<\/p>\n<p>Mathunjwa het gereageer op &#8216;n berig in The Star dat hy &#8220;in luuksheid baai&#8221;.<\/p>\n<p>Die koerant het berig dat hy drie BMW&#8217;s in sy naam geregistreer het teen &#8216;n\u00a0beraamde totale waarde van R900 000.<\/p>\n<p>The Star beweer dat hy ook drie huise besit wat in sy naam is. Een van die eiendomme is &#8216;n vier-ster gastehuis.<\/p>\n<p>Mathunjwa het ook by die ontbytinligtingsessie ges\u00ea dat die minerale van Suid-Afrika aan sy burgers eerste behoort voordat dit na ander lande gaan.<\/p>\n<p>&#8220;Die minerale moet Suid-Afrikaners eerste bevoordeel voordat dit tot voordeel van die mense in Londen of waar hulle ook al is, gaan&#8221; Mathunjwa ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea demokrasie beteken niks as mense op die grond ly nie.<\/p>\n<p>Sowat 200 Lonmin-myners, onder wie ook inwoners van Marikana, sal Dinsdag in die Ga-Rankuwa landdroshof, noord van Pretoria, verskyn.<\/p>\n<p>Die groep word aangekla van openbare geweld, die besit van gevaarlike wapens en intimidasie.<\/p>\n<p>Die mense is op 16 Augustus 2012 in hegtenis geneem, die dag waarop 34 mense deur die polisie doodgeskiet is.<\/p>\n<p>Nog tien mense, onder wie twee polisielede en twee myn veiligheidsbeamptes, is ook destyds gedood toe die mynstaking in geweld ontaard het.<\/p>\n<p>Aanklagte van moord is voorwaardelik deur die hof teruggetrek.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die platinumprodusente, Amplats, Lonmin en Implats sal Dinsdag &#8216;n dringende hofaansoek deur die vakbond, Amcu teenstaan. Amcu\u00a0het aansoek gedoen dat die platinumprodusente nie meer die stakende mynwerkers per SMS mag kontak nie. Die platinumprodusente het SMS&#8217;se gebruik om die werkers regstreeks oor die nuutste loonaanbod in te lig. Die uitvoerende hoof van Lonmin, Ben Magara &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=24513\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Myne sal Amcu-aansoek teenstaan om SMS&#8217;se te verbied&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":24514,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[10816,11991,16745,15162,15102,10975,16710,11414,5703],"class_list":["post-24513","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-amcu","tag-amplats","tag-ben-magara","tag-implats","tag-joseph-mathunjwa","tag-lonmin","tag-platinumprodusente","tag-rustenburg","tag-staking"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24513","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24513"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24513\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/24514"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24513"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24513"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24513"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}