{"id":245,"date":"2007-03-29T14:10:17","date_gmt":"2007-03-29T14:10:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=245"},"modified":"2007-03-29T14:10:17","modified_gmt":"2007-03-29T14:10:17","slug":"die-dekades-van-die-lang-messe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=245","title":{"rendered":"Die dekades van die lang messe"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoBodyText2\">In baie opsigte is die regime in politieke terme veel meer gesofistikeerd as waarvoor ons hulle krediet gee, en veral baie meer gesofistikeerd as die meeste blanke politici. Die afranseling wat die swaksinnige Roelf Meyers van die patetiese Nasionale Party by Kodesa op die lyf geloop het, is sprekend hiervan. Vir die regime om &rsquo;n kataklismiese, georganiseerde volksmoord teen blankes te pleeg of aan te spoor in &rsquo;n spreekwoordelike nag van die lang messe, sou &rsquo;n dom en kru strategie wees. <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit sal dom wees omdat blankes hulself noodwendig milit&ecirc;r sal organiseer. Dit sal tot &rsquo;n burgeroorlog lei soortgelyk aan di&eacute; in Kosovo, een wat milit&ecirc;r gesproke vir die regime bitter moeilik sou wees om te beheer. Rewolusies soos di&eacute; wat deur die gerugte in die vooruitsig gestel word, het die neiging om hul skeppers te vernietig. Hoe weet die Xhosa-elite dat die moordenaars van blankes nie ook ryk swartes en hul eiendom sal begin teiken nie? Die SANW is in &rsquo;n toestand van terminale disintegrasie as gevolg van swak dissipline, &rsquo;n gebrek aan bestuur en MIV, met slegs 5% van sy troepe slaggereed. Moontlik sal die Verenigde Nasies moet ingryp om orde te herstel. Nadat orde herstel is of die burgeroorlog verby is, sal die oorblywende blankes waarskynlik vir hul eie veiligheid na &rsquo;n spesifieke gebied verskuif moet word, en sal veroorsaak dat &rsquo;n volkstaat tot stand kom, iets waaroor die regime geensins entoesiasties is nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die land se ekonomie sal egter in die proses vernietig word, aangesien blanke oorlewendes op groot skaal sal vlug, tesame met hul kundigheid. Kyk mens na die naakte hebsug en kruipende nasionalisering waarmee die regime en sy Xhosa-binnekring blanke bates vir homself toe-eien, is dit allermins wat die Wabenzi sou wou h&ecirc;. &rsquo;n Nag van die lang messe sal ook noodwendig tot die kansellasie van die 2010-sokkerw&ecirc;reldbeker lei, iets wat &rsquo;n geweldige verleentheid vir die Afrosentriese bewind sou wees, om nie te praat van &rsquo;n enorme geldelike verlies vir die korrupte lede van die regime wat geldelik deur die toernooi bevoordeel gaan word nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit is weliswaar moontlik dat bendes lukraak en gewelddadig mag reageer op Mandela se dood, maar &rsquo;n kort, bloedige en grootskaalse nag van die lang messe wat deur die regime georganiseer word, is om bostaande redes myns insiens hoogs onwaarskynlik. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Andersyds is dit so dat die regime geen erg het aan die blanke setlaars op sy grondgebied nie. Die president praat van &ldquo;setlaars wat nog nie vertrek het nie&rdquo;. Minister Charles Nqakula beveel aan dat diegene wat kla oor misdaad, die land moet verlaat. Stel uself dus in die ANC-regime se posisie. U het twee doelwitte: U wil ontslae raak van &rsquo;n ongerieflike minderheid. Ten tweede wil u nie in die proses die gans wat die goue eiers l&ecirc; en aan u obsene rykdom verskaf, nekom draai nie. Die beste scenario is een waarin die minderheid s&eacute;lf besluit om landuit te verkas, sonder dat &rsquo;n bloedige en ekonomies vernietigende oorlog nodig is. Hoe doen mens dit?<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&bull; Blaas misdaad en laegraadse terreur in die geheim aan, maar weier om iets daadwerkliks aan die gevolglike misdaad te doen, sodat die minderheid in vrees en bewing lewe en gevangenes in hul eie huise word. Ontken dan dat die probleem bestaan as hulle daaroor kla en blameer dit op rassistiese persepsies.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&bull; Maak dit duidelik dat statut&ecirc;re rassediskriminasie teen die minderheid ad infinitum sal aanhou. Sodoende sal die minderheid die gevolgtrekking maak dat daar beroepsgewys bitter beperkte geleenthede vir hulle bestaan en vrywillig emigreer na lande met beter vooruitsigte.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&bull; Wis die minderheid se kultuur, plekname en geskiedenis stelselmatig uit, sodat hulle toenemend ontuis in hul vaderland voel. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&bull; Ontwapen die minderheid om enige moontlikheid van gewapende opstand te verwyder.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&bull; Vervreem die minderheid deur aanhoudend al die land se probleme op die minderheid te blameer. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&bull; Pas gedwonge integrasie toe, waarvolgens plakkers en armes aangemoedig word om op die minderheid se voorstoep te kom woon, selfs in rykmansbuurte en selfs in die enkele gebiede waar die onwelkomes die meerderheid is.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&bull; Terwyl u al die bostaande doen, besig skynheilige praatjies van nasiebou en versoening teenoor die internasionale gemeenskap, sodat hulle nie onraad merk nie. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die leser het waarskynlik reeds besef dat al die bostaande reeds in Suid-Afrika aan die gang is. Dit is dus heeltemal moontlik dat die regime klaar &rsquo;n veldtog van laegraadse etniese reiniging van stapel gestuur het, waarvolgens hy stelselmatig probeer om blankes te verwilder, maar op so &rsquo;n subtiele wyse dat hy hom nie internasionale veroordeling op die hals haal nie en nie die ekonomie in die proses totaal vernietig nie, of in ieder geval nie voor die Xhosa-elite hul Switserse bankrekenings volgestop het nie. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die nag van die lang messe gaan myns insiens waarskynlik nie plaasvind nie, want ons bevind ons reeds in die dekades van die lang messe. Praatjies oor die nag van die lang messe dien slegs om ons aandag van d&iacute;t wat reeds aan die gang is, af te lei.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/fruit-shop\/\">shop games free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/13.10.2017\/harkov_v_liderah_po_komfortnosti_zhizni_v_ukraine\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/antonbkl.JPG\" width=\"77\" height=\"101\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die Mandela SMS-sage het blankes se saak waarskynlik &rsquo;n groot knou toegedien, omdat dit die voorwerp van hoon en spot in die media geword het. Dit het mense ook baie meer lugtig vir gerugte en waarskuwings gemaak, iets wat in die toekoms moontlik &rsquo;n duur prys mag h&ecirc;. Die volgende waarskuwing mag op die werklikheid gegrond wees, maar gaan mense ag slaan daarop of gaan hulle ook dink dat dit &rsquo;n blote gerug is? Myns insiens spreek die vrees vir &rsquo;n sogenaamde nag van die lang messe, buiten die profetiese of religieuse aspekte daarvan, voorts nie van baie helder denke nie, en onderskat dit die ANC-regime se uitgeslapenheid.<span style=\"font-size: 12pt; font-family: &quot;Times New Roman&quot;\"> <\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[152,384,21092],"class_list":["post-245","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-anton-barnard","tag-die-dekades-van-die-lang-messe","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/245","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=245"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/245\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=245"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=245"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=245"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}