{"id":24392,"date":"2014-05-13T14:03:25","date_gmt":"2014-05-13T12:03:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24392"},"modified":"2014-05-13T14:03:25","modified_gmt":"2014-05-13T12:03:25","slug":"selfbeskikking-of-selfbedrog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24392","title":{"rendered":"Selfbeskikking of selfbedrog?"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/02\/wingard_johann.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-7517 alignleft\" alt=\"wingard_johann\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/02\/wingard_johann.jpg\" width=\"110\" height=\"138\" \/><\/a>deur Johann Wingard<\/p>\n<p>In sy onlangse Praag-artikel oor <a title=\"Selfbeskikking en die Internasionale reg\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=18496\">Selfbeskikking en die Internasionale Reg<\/a> skryf Dr Christo Landman onder meer dat Afrikaners hulself nie deur oppervlakkige vertolkings van die internasionale reg moet laat mislei nie.<\/p>\n<p>Hy word toe op kenmerkende wyse deur Cor Ehlers van Oase tereggewys. Laasgenoemde beweer dat \u2018n volk se reg op selfbeskikking nie onderhewig is aan \u2018n land se grondwet nie, maar slegs aan die internasionale reg.<\/p>\n<p>Dit is so dat die reg op selfbeskikking \u2018n universele mensereg is. Maar dit is waar dit ongelukkig eindig. Dit is by die uitoefening van daardie reg waar probleme ontstaan en waar die geloofwaardigheid van die internasionale reg self in gedrang kom.<\/p>\n<p>Geskiedenis leer dat erkenning van \u2018n minderheidsvolk se onafhanklikheidstrewe nie voldoende is om sy selfbeskikking te verkry nie, maar dat dit slegs die regsbasis vorm waarop verdere aksies geloods kan word.<br \/>\nDaardie aksies is polities, ekonomies en milit\u00ear van aard. Dit word in die strate van die betrokke gebied besleg en nie in die howe van Europa nie. Die nuutste voorbeelde daarvan speel hom tans in Oekra\u00efne af.<\/p>\n<p>Hoewel dit volgens internasionale reg vertolk word dat die bevolking van die Krimskiereiland die inherente reg besit om sy selfbeskikking op te eis, word dit deur die internasionale gemeenskap as onwettig beskou om op eie versoek aansluiting by Rusland te vind. Die groot moondhede erken die internasionale reg dus slegs wanneer dit hul geopolitieke belange pas.<\/p>\n<p>Rusland was waarskynlik agter die Krim se hele selfbeskikkingstrategie, want hy wou die Krimskiereiland, wat sy strategiese vlootbasis huisves, terugkry. Klaar.<\/p>\n<p>Dieselfde geld vir die res van Oos-Ooskra\u00efne waar referendums tans gehou word om volgens die &#8220;internasionale reg&#8221; hul selfbeskikking te verkry. Maar sou Rusland daardie reg van sy kultuurgenote probeer afdwing, word hy met sanksies gedreig.<\/p>\n<p>Selfs vir \u2018n leek is dit duidelik dat die internasionale reg slegs \u2018n handige rasionalisering geword het waarmee moondhede hul selfbelang kan bevorder. Kyk na die VSA se gruwelike skendings van menseregte in die Midde-Ooste en Oos-Europa.<\/p>\n<p>Dit is dus nie selfbeskikking nie, maar selfbedrog om mede-Afrikaners te mislei deur \u2018n grondgebied op kultuurhistoriese begronding as \u2018n Afrikanervolkstaat te omlyn en dan op die internasionale reg staat te maak om politieke onafhanklikheid te verkry.<\/p>\n<p>Die internasionale reg is tandeloos en skep slegs \u2018n morele grondslag vir die selfbeskikkingsgedagte. Selfbeskikking kan slegs deur die mense van \u2018n gebied afgedwing word.<\/p>\n<p>Vir langdurige vrede moet selfbeskikking op \u2018n meer fundamentele grondslag berus, naamlik die werklikheid van praktiese politiek. Sou dit in belang van \u2018n gebied wees om groter selfseggenskap oor eie sake vir sy inwoners te verkry, sal dit logieserwyse kan gebeur.<\/p>\n<p>Dit is waarby die NBR se kantongedagte aansluiting vind. Langdurige stabiliteit en vooruitgang kan nie slegs op die wankelrige beginsel van kultuuridentiteit geskoei word nie, maar moet ook die beginsel van ekonomiese oorlewing en vooruitgang van al die inwoners van \u2018n gebied tot gevolg kan h\u00ea.<\/p>\n<p>Die kantongedagte kan op \u2018n praktiese wyse vrede en voorspoed vir Afrikaners as mede-inwoners van kleiner gebiede op federale gondslag verseker. Dit sal egter nooit \u2018n onafhanklike staat vir Afrikaners kan wees nie.<\/p>\n<p>Dit is selfbedrog om selfbeskikking slegs op die teoretiese grondslag van die internasionale reg op te eis.<br \/>\nDaar sal niks van kom nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Johann Wingard In sy onlangse Praag-artikel oor Selfbeskikking en die Internasionale Reg skryf Dr Christo Landman onder meer dat Afrikaners hulself nie deur oppervlakkige vertolkings van die internasionale reg moet laat mislei nie. Hy word toe op kenmerkende wyse deur Cor Ehlers van Oase tereggewys. Laasgenoemde beweer dat \u2018n volk se reg op selfbeskikking [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21760,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121,10],"tags":[2188,13486,8319,16689,16688],"class_list":["post-24392","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c113-johann-wingard","category-rubrieke","tag-afrikaners","tag-cor-ehlers","tag-internasionale-reg","tag-kanton","tag-serlbeskikking"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24392","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24392"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24392\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21760"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24392"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24392"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24392"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}