{"id":24333,"date":"2014-05-10T22:34:11","date_gmt":"2014-05-10T20:34:11","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24333"},"modified":"2014-05-10T22:34:11","modified_gmt":"2014-05-10T20:34:11","slug":"verkiesing-het-afrikaners-afrikanerskap-verwerp","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24333","title":{"rendered":"Verkiesing: Het Afrikaners Afrikanerskap verwerp?"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-23246\" alt=\"danr2\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\" width=\"292\" height=\"198\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg 292w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2-190x130.jpg 190w\" sizes=\"auto, (max-width: 292px) 85vw, 292px\" \/><\/a>deur Dan Roodt<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/danroodtpage\" target=\"_blank\">Hou van Dan Roodt se Facebookblad<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Leon Lemmer verklaar vandag in sy <a title=\"Swart is die nuwe wit\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=24328\">rubriek<\/a>:<\/p>\n<blockquote><p>Onderliggend is daar die onomstootlike feit dat ons deur ons eie mense ontheem is. Daardie bliksems woon ongeskonde en welvarend tussen ons.<\/p><\/blockquote>\n<p>Eerlikwaar, ek kan nie anders as om met Leon saam te stem nie: die grootste vyand van die Afrikaner vandag is nie meer Brittanje, die Sowjetunie of selfs die ANC nie, maar die Afrikaner self. Trouens, toe ek tydens die pas afgelope verkiesingsveldtog in die Paleis van Justisie te Pretoria met ampsdraers van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) oor die verkiesingsdeposito moes praat, het hulle my beleefd en met agting behandel. wel wetende wie ek is en dat ek \u2018n Afrikanerparty, die Front Nasionaal, verteenwoordig het. As daar iets soos \u2018n beleefde aanspreekvorm in moderne Engels was, sou hulle my met \u201cu\u201d aangespreek het.<\/p>\n<p>Nie net \u201cjy\u201d en \u201cjou\u201d die meeste Afrikaners my nie, maar my inkassie is tydens die verkiesing deur DA-ondersteuners oorstroom met die volgende tipe boodskappe:<\/p>\n<blockquote><p>Wat \u2018n klomp kak! &#8211; mariolift@yahoo.com<\/p>\n<p>Hi dis n persoonlike email myne moet asb nie weer nonsens stuur nie dit mors my tyd. En plaas daarvan om ander partye te beledig vee eers voor julle deure regtig pateties\u2026 &#8211; Dina Dadswell dinadadswell@gmail.com<\/p>\n<p>Word wakker. Die DA is werklik die enigste manier om die barbare te stop &#8211; Ben Van Niekerk benny.vanniekerk@gmail.com<\/p>\n<p>Beste Dan, Voertsek. Ek kan aan meer kras woorde dink, maar nou ja. Ek distansieer myself heeltemal van hoere en barbare wat in protesoptogte landsvlae verbrand. Julle berokken ons mede wit afrikaners soveel skade. Aggenee man! &#8211; Morne Pretorius mornewp@gmail.com (L.W. Die \u201clandsvlag\u201d waarna hy verwys, is die internasionale kommunistiese vlag, rooi met die hamer-en-sekel-embleem daarop.)<\/p>\n<p>Do not send this to me ever again! In plaas van saam staan is elke party vir sy eie! Dis agv julle wat di land in sy moer is! Jan Bosch boschjd@gmail.com<\/p>\n<p>Boel &#8211; Henk Vosloo henkvosloo@telkomsa.net<\/p>\n<p>SIESTOG DOOS &#8211; Willem van Zyl vanzylwillem0@gmail.com<\/p>\n<p>Nou ja; laat on maar sien wie in die werlikheid leef en wie spoke aanjaag; ofskoon die statistiek. Jou houding is ouderwets; lankmeer nie van toepassing nie; mense redeneer met &#8216;n meer volwasse houding weens ondervinding. &#8216;n Tragiese statistiek het ander metodes van aanpassing opgekweek; die mensdom se geskiedenis het &#8216;n situatsie ontwikkel wat volwasse mense, met opreg emosies, na internationale steuning lei. Jou pogings, ofskoon die idealisme, is skrikwekkend. &#8211; George Richard Cunning george.cunning@gmail.com<\/p>\n<p>Fokkof &#8211; ek het nie tyd om sulke snert te akkomodeer nie! Miskien is dit reg &#8211; moenie DA stem nie &#8211; dan versterk julle in elk geval ons &#8211; die ANC, SACP en waarskynlik ook die EFF &#8211; se politieke voorsprong en leeftyd! Word wakker jou aap!!! Ek sal jou sommer vanself blok! Ek stem in elk geval nie DA nie, ek is &#8216;n ingeskrewe en aktiewe ANC lid &#8211; jy is welkom om my politieke affiliasie na te gaan!! Nog altyd geweet professors en doktors is nie noodwendig intelligent nie! &#8211; Bettie Nieuwoudt bettien@live.co.za<\/p>\n<p>Dis baie swak om ander partye af te kraak. Sit n berig in die koerant as jy n voet het om op te staan met jou aantygings. Inteendeel hetek nog nooit van jou party gehoor nie &#8211; Super Heatstop superheatstop.kirsten957@gmail.com<\/p>\n<p>Wie de f o k gee jou toestemming om verkiesing propaganda te stuur. Verder stem ek vir wie ek wil en sal definitief nie vir klein partye stem wat die 30 jaar geen inpak gehad het nie. Dit het begin by die HNP en eindig by die VF. Cheers &#8211; Hennie Strydom strydom.hennie@yahoo.com<\/p>\n<p>Hi, Dus nou n Klomp stront. DA groete &#8211; Muneeb Omarjee omarjee4@gmail.com<\/p>\n<p>Ek het nie jou negatiwiteit nodig nie. &#8211; Almero Stoltz almero.leighton@gmail.com<\/p>\n<p>Dis nogal swak geskryf!!!! Om so iets uit te stuur is &#8216;n skande!!!! Ronel ronelvrensburg@gmail.com<\/p>\n<p>Piss off! How dare you send me unsolicited email. I hope nobody votes for you bunch if idiots!!!! &#8211; Yvette du Toit yvette.dutoit@gmail.com<\/p>\n<p>Goeie more, Ja ek besef dat van die goed wat jy daar se n moontlikheid is, en dit sit nie lekker in n man se hart nie. Maar die GROOT vraag is : WIL ONS VAN DIE ANC ONTSLAE RAAK ? Ja of nee. Wel ek wil. Of julle en ander mense wat se julle wil dit regtig wil he betwyfel ek ten sterkste. Ek is nie die tipe persoon wat skree ,Moer hulle, skiet hulle en fok hulle nie. Ek is die tipe mens wat sekere op offerings sal maak . Met anderwoorde om vir klein onbenullige splinter partye te stem sal nie help vir wat ons wil he nie. Naamlik om van die anc ontslae te raak nie.Al wat dit baie suksesvol sal doen is om te sorg dat die anc weer met n 2 derdes stem sal wen. On wel te kry wat ons wil he is om te verenig, of ons met die D A se beleid saam stem of nie is om vir die DA te stem. Met hulle is daar n vae moontlikheid dat ons dalk kan kry wat ons wil he. In die lig beskou, en as n persoon wat wel van die anc wil ontslae raak. Sal ek my ore sluit vir verkiesing propeganda. en wel vir die DA stem. LETWEL: nie omdat ek met hulle manifes saamstem nie. &#8211; Swanie jzswanie@gmail.com<\/p>\n<p>Please don&#8217;t send me voting information. Small parties are usesless. Disband yourself and go over to DA. Same goes to VF+. Disband. All other small parties do the same. &#8211; David Grant du Preez hotboygrantimweb@gmail.com<\/p>\n<p>Ek stel nie belang in verkiesings propaganda nie!! Volgens my is almal korrup!! So fok weg en los my uit!! &#8211; Gert van Tonder gertvantonder78@gmail.com<\/p>\n<p>Fokof &#8211; Pieter Swart 2jackrussels@gmail.com<\/p>\n<p>Hi Dan, Ek mag miskien nie \u2018n Doktorsgraad h\u00ea soos jy nie, maar stupid is ek nie, so hou jou partytjie want julle gaan nie eens die Parlement haal nie. &#8211; Denis Chapman denchapman@telkomsa.net<\/p>\n<p>Ek stem nie vir n party wat nie eers kan spel of taalvaardig is nie. Stop alle kommunikasie na my! Jaco Rademeyer DA Kieser jrejaco@gmail.com (L.W. Ek het agterna vir di\u00e9 persoon gevra waar ek verkeerd spel, maar hy kon my nie antwoord nie. Blykbaar spel Mmusi Maimane Afrikaans beter as ek.)<\/p>\n<p>waar val jy nou weer van jou trollie af &#8230;&#8230;&#8230;&#8230;.<br \/>\ndie feit dat jy nou nog die kommunis storie glo\/skree wys dat jou kop in jou poepol gebere is. &#8211; Pierre Jordaan paj2001@gmail.com<\/p>\n<p>Vlieg he&#8217;ll toe, ek STEM DA &#8211; Cules Strydom culesstrydom@gmail.com<\/p>\n<p>thank you but no thanks. DA has proved itself many times over in the one successful province in SA &#8211; Coffee &amp; Books bruclem@hanover-za.com<\/p>\n<p>Gaan praat jou kak op &#8216;n ander plek, en haal my van jou mail list af! &#8211; Frikkie Nortj\u00e9 frikkie.nortje7@gmail.com<\/p>\n<p>Julle praat net n pot kak. Weet nie wie de fok my adres opgesit het nie , verwyder dit dadelik. En die blikkies kos wat julle in 94 gebere het is in elkgeval vrot ! Seriously get a fucking live &#8211; Jhanes Esterhuizen esterhuizenja@gmail.com<\/p><\/blockquote>\n<p>\u2018n Aanhaling van Churchill wat ook die afgelope week tydens die verkiesing die rondte gedoen het, is:<\/p>\n<blockquote><p>The strongest argument against democracy is a five minute discussion with the average voter.<\/p><\/blockquote>\n<p>Dit is maklik om jouself te oortuig dat die meerderheid Afrikaners gekant is teen regstellende aksie, plaasmoorde en korrupsie, asook begaan is oor die herstel van ons vryheid en soewereiniteit, Standaardafrikaans, Afrikaanse skole en universiteite, totdat \u2018n mens Churchill se \u201cvyfminutegesprek\u201d met die gemiddelde Afrikaner voer of dalk vyf woorde van hom in geradbraakte Afrikaans per epos ontvang.<\/p>\n<p>Met slegs 5 138 stemme wat op Front Nasionaal met sy boodskap van kulturele selfbeskikking en die uiteindelike herstel van Afrikanersoewereiniteit verenig is, moet ek erken dat \u201cware Afrikaners\u201d vandag in \u2018n volslae en moontlik uitsterwende minderheid verkeer.<\/p>\n<p>Dis al jare lank wat ek die hoon en smaad van sommige Naspersjoernaliste verduur. Ek kan onthou toe ek destyds in die laat negentigerjare op \u2018n ietwat huiwerige manier gewonder het of Afrikaanse taalregte nie maar eerbiedig kon word nie, is ek as \u2018n \u201cNazi\u201d uitgeskel en met Adolf Hitler vergelyk. Karen Zoid, Max du Preez en vele liberale Afrikaners het my gereeld as \u2018n \u201cmoroon\u201d en \u2018n \u201cidioot\u201d uitgekryt.<\/p>\n<p>Toentertyd met die stigting van PRAAG in 2000, het Hannelie Booyens, dieselfde Beeld-joernalis wat onlangs die \u201cNazi-saluut\u201d-herrie op Potchefstroom ontketen het, my ongevraagd in \u2018n epos uitgevloek dat die see my nie kon afwas nie. Dit was f- en k-woorde net waar jy kyk. Toe ek agterna daaroor by Beeld kla, het die koerant gedreig om m\u00fd te dagvaar!<\/p>\n<p>Wat is die implikasie van Afrikaners se oorweldigende steun vir die DA, \u2018n grotendeels Anglo-Amerikaanse party wat grondhervorming, regstellende aksie en naamsveranderings ondersteun? As ek eerlik met myself is, moet ek s\u00ea dat hulle nie net ons klein groepie se idees verwerp nie, maar ook hul rug keer op die totale Afrikanertradisie oor die afgelope vier eeue, vanaf Jan van Riebeeck tot PW Botha!<\/p>\n<p>Soos Max du Preez en ander al geargumenteer het, was die Groot Trek \u2018n fout, want ons moes eerder die gesag van die Britse koningin in die negentiende eeu aanvaar het. Toe Brittanje die Transvaal geannekseer het, eers in 1877 en toe weer in 1899, moes ons dit insgelyks aanvaar het. Toe die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty onder Joe Slovo en Nelson Mandela in die 1950s hul stem begin dik maak het, moes ons net daar politieke selfmoord gepleeg het en nie nog vir veertig jaar \u201caan die mag vasgeklou het nie\u201d. Boonop moes Afrikaans nooit bestaan het nie en moes ons soos die Skotte, Waliesers en Iere gemaak het en eenvoudig Engels, Engels, alles Engels aanvaar het.<\/p>\n<p>Om weereens Leon Lemmer aan te haal: \u201cOns is deur ons eie mense ontheem.\u201d Omdat hulle reeds die Afrikanertradisie en -kultuur in sy totaliteit verwerp het, beskou hulle ons as vreemdelinge in Suid-Afrika. Telkemale die afgelope tyd, op Twitter en elders, is daar mense wat vir my s\u00ea dat ek die land behoort te verlaat omdat ek daarop durf aandring om myself te wees en nie onderdanig aan die veramerikaanste, multikulturele orde is nie.<\/p>\n<p>Kort n\u00e1 verkiesingsdag het \u2018n joernalis my gebel en ges\u00ea: \u201cJy moet jou politiek los, Dan. Ons Afrikaners omhels die multikulturele samelewing en hou van diversiteit.\u201d<\/p>\n<p>Is dit waar? Op die oog af lyk dit so. \u00d3f Afrikaners het so skynheilig geword dat hulle vir Mmusi Maimane en Lindiwe Mazibuko stem, maar in hul binnekamers steeds in die geheim een of ander Afrikaneridentiteit koester, \u00f3f my joernalistieke vriendin het gelyk!<\/p>\n<p>Binnekort gaan die DA \u2018n nuwe leier kies en dit l\u00ea tussen Musi Maimane en Lindiwe Masibuko. Adriaan Basson, die redakteur van Beeld, s\u00ea reeds in sy koerant:<\/p>\n<blockquote><p>In Gauteng het derduisende Afrikaanse mense gestem vir \u2019n swart man \u2013 Mmusi Maimane \u2013 om premier te word van Suid-Afrika se ekonomiese hartland.<\/p>\n<p>Dit s\u00ea nogal iets van hoe identiteitspolitiek in 20 jaar verander het, selfs vernietig is.<\/p><\/blockquote>\n<p>Dit gee my \u2018n gevoel van: Ek is geweeg, en te lig bevind. Ten minste deur Afrikaners, wat Mmusi Maimane bo my verkies.<\/p>\n<p>Miskien moet Sunette Bridges volgende keer as sy weer \u201cNog \u2018n moord!\u201d op Facebook skree, vir Mmusi Maimane laat weet. Hy is haar leier en deel haar leedvermaak oor die mislukking van enige noemenswaardige Afrikanerbeweging.<\/p>\n<p>Terwyl \u2018n klein groepie van ons ons volk van \u2018n gewisse ondergang en Suid-Afrika van \u2018n herhaling van die Zimbabwiese ondergang probeer red, het die meerderheid Afrikaners net minagting vir ons. Hulle vloek en skel op ons. Of koester leedvermaak soos Sunette Bridges en die Vryheidsfront Plus wat nou \u2018n \u201cinklusiewe\u201d party is en saam met die DA modder na ons toe gooi. Trouens, vanjaar is PRAAG soos nog nooit tevore beswadder nie en het \u2018n groepie uit die Kaap herhaaldelik klagtes teen ons webblad by Google gel\u00ea en hulle oortuig om die advertensies op ons webblad te staak, wat vir ons \u2018n aansienlike finansi\u00eble verlies veroorsaak het. Hulle wil ons heeltemal stilmaak en finansieel ru\u00efneer.<\/p>\n<p>Wat bly dus oor? Daar is mense wat eenvoudig boedel oorgee en die land verlaat. Gereeld bel mense my en s\u00ea hulle het nou genoeg gehad en gaan nou Australi\u00eb toe. Ek weier egter om my geboorteland te verlaat omdat mense soos aangehoudenes in \u2018n geestesinrigting op my vloek en skel.<\/p>\n<p>Ek is egter bereid om te aanvaar dat die 5 138 mense wat vandeesweek vir die Front Nasionaal gestem het die enigste oorblywende Afrikaners is, tesame met \u2018n paar duisend ander wat nie kon of wou stem nie.<\/p>\n<p>Ek aanvaar ook dat die meerderheid Afrikaners volslae minagting vir my koester. Hulle dink ek kan nie spel nie, omdat hulle nie meer die Standaardafrikaanse spelling erken nie. Moontlik spel hulle nou soos die Kaapse digter Loit S\u00f4ls. Die digteres en ANC-ondersteuner Antjie Krog bepleit reeds jare lank Kreools, dus het sy \u2018n groot klomp mense tot haar sienswyse bekeer.<\/p>\n<p>Afrikaners wil nie gered word nie; hulle geniet geweld, diskriminasie en oorheersing.<\/p>\n<p>Waarskynlik sou \u2018n mens \u2018n lang ontleding van die Afrikaner se psigopatologie, sy masochisme en identiteitsdiffusie kon doen. Identiteitsverlies by die individu lei gewoonlik tot depressie en skisofrenie. Daar is heelwat elemente van Afrikanergedrag deesdae wat as skisofrenies bestempel kan word. As jy met mense praat oor politiek, kla hulle steen en been oor toestande in die land, maar as dit by verkiesings kom, stel hulle hoegenaamd nie belang om enigiets daaraan te verander nie. Hulle haat die ANC, maar is dol op die gewese ANC-leier, Mandela. Ensovoorts.<\/p>\n<p>Ek moet egter s\u00ea dat dit my nie eens meer interesseer om Afrikaners in hul huidige toestand te probeer verstaan nie. Net soos hulle my konstant verwerp, verwerp ek hulle ook.<\/p>\n<p>Soos Koos Kombuis, voel ek lus om uit die Afrikanerdom te bedank. Of miskien is ek lankal deur die halfgeletterde DA-kaners met hul anglofiele Huisgenoot-aanbidding vir die Britse koningsgesin, Zille en Mmusi Maimane afgedank!<\/p>\n<p>Desnieteenstaande voel ek baie lojaal en patrioties teenoor ons geskiedenis, ons tradisie en ons voorouers wat onder veel moeiliker omstandighede as vandag altyd vryheid en soewereiniteit nagestreef het. Die feit dat die huidige geslag ons edele voorgangers verwerp het, beteken nie dat ons hulle daarin moet navolg nie, inteendeel.<\/p>\n<p>Kom ons eer die dooies, ook die onskuldige kinders wat deesdae vermoor word omdat hulle ouers iewers in die re\u00ebnboogkroeg sit en drink.<\/p>\n<p>Ons beskik oor \u2018n wonderlike en voortreflike tradisie, \u2018n pioniersgeskiedenis wat vele ander volkere ons beny. Ek sou graag d\u00e1\u00e1roor wou getuig, wel wetende dat ek my daardeur die hoon en spot van die dansende, dekadente, toi-to\u00efende, verafrikaniseerde DA-kaner op die hals sou haal. Hulle wat nie net Andries Pretorius, Paul Kruger en Hendrik Verwoerd verwerp het nie, maar ook NP van Wyk Louw, CM van den Heever en Jaap Steyn.<\/p>\n<p>Dit raak donker in Suid-Afrika. Maar in Europa &#8211; in ons stamlande, Nederland en veral Frankryk &#8211; heers daar \u2018n opwindende herlewing van ons beskawing. Ons moet ons rug op ons volksgenote in hul dwaasheid en waansin keer en eerder aansluiting by ons geesgenote oorkant die water vind. Ons moet ons eie krisis ook vir hulle verstaanbaar maak en daardeur ons verbintenis tot Promethaanse denke en optrede herbevestig.<br \/>\nOok moet ons aanhou om in Standaardafrikaans, ons mooi, aristokratiese, musikale taal te skep en te dink.<\/p>\n<p>Terwyl die meeste Afrikaners hul identiteit prysgegee het &#8211; d\u00edt waaroor \u2018n gedekultureerde Afrikaner soos Adriaan Basson jubel &#8211; het hulle nog nie heeltemal hul taal afgesweer nie, al kan hulle dit nog skaars praat en skryf.<\/p>\n<p>Ek troos my daaraan dat Hebreeus, wat eens \u2018n dooie taal was, in Israel kon herleef. Net so gaan Afrikaans iewers in die toekoms herleef, solank ons aanhou om ons tradisie in die hede uit te bou, al is dit dan vir \u2018n klein minderheid.<\/p>\n<p>Daar heers tans twee vorme van meerderheidstirannie in Suid-Afrika: di\u00e9 van swart wat oor wit regeer, maar ook die politieke meerderheid van Mmusi Maimane-dissipels onder Afrikaners wat ons, die skeppende en denkende minderheid, verdruk. Nie net staan hulle onverdraagsaam teenoor ons, wat dieselfde taal as hulle praat nie, maar hulle sou ons graag uit die land wou verdryf of permanent die swye opl\u00ea omdat ons hulle aan die legio mislukkings van hul multikulturele utopie herinner.<\/p>\n<p>Sowel Van Wyk Louw as Nietzsche het ingesien dat die skeppende minderheid die lotgevalle van volkere en kulture bepaal.<\/p>\n<p>Van Wyk Louw het mos ges\u00ea:<\/p>\n<blockquote><p>maar as julle dood<br \/>\nen \u2019n vrot plek in ons volk is,<br \/>\ndan sal ons \u2019n mes vat<br \/>\nen vinnig, genadiglik<br \/>\nsny deur spiere<br \/>\nen vleis tot genesing.<\/p><\/blockquote>\n<p>Ons probleem is net dat die \u201cvrot plek in ons volk\u201d s\u00f3 groot geword het. Maar al bly daar \u2018n paar honderd of \u2018n paar duisend van ons oor wat steeds die hoefslae van die Bittereinders in ons binneste voel dreun, is daar hoop.<\/p>\n<p>Ek is egter nie oortuig dat dit enige doel dien om verder oor politiek met Afrikaners te praat nie. Nie net is hulle onkundig oor ons geskiedenis en die huidige internasionale politiek nie, maar hulle stel meer in die meng-en-wees-vrolik-boodskap van Sewendelaan as in enige werklike politieke ontleding of debat belang.<\/p>\n<p>Ons behoort eerder verhale en sprokies aan hulle te vertel. Iets soos fiksie met \u2018n effense, haas onsigbare kinkel.<\/p>\n<p>Of dalk moet ek oor modes, motors en binneversiering skryf. Dit sou meer sin h\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dan Roodt [followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Leon Lemmer verklaar vandag in sy rubriek: Onderliggend is daar die onomstootlike feit dat ons deur ons eie mense ontheem is. Daardie bliksems woon ongeskonde en welvarend tussen ons. Eerlikwaar, ek kan nie anders as om met Leon saam te stem &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=24333\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Verkiesing: Het Afrikaners Afrikanerskap verwerp?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":23246,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[12029,7599,16672,15414,11322,11340,4631],"class_list":["post-24333","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-adriaan-basson","tag-da","tag-da-kaner","tag-front-nasionaal","tag-hannelie-booyens","tag-mmusi-maimane","tag-verkiesing"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24333","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24333"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24333\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/23246"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24333"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24333"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24333"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}