{"id":24318,"date":"2014-05-09T07:58:59","date_gmt":"2014-05-09T05:58:59","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24318"},"modified":"2014-05-09T07:58:59","modified_gmt":"2014-05-09T05:58:59","slug":"stemlokaal-aan-die-brand-gesteek-na-ongerymdhede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24318","title":{"rendered":"Stemlokaal aan die brand gesteek na ongerymdhede"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/effvotes.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-24321\" alt=\"effvotes\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/effvotes-300x190.jpg\" width=\"300\" height=\"190\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/effvotes-300x190.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/effvotes.jpg 630w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se lokaal in Alexandra, Gauteng is Donderdagaand aan die brand gesteek deur ontevrede kiesers.<\/p>\n<p>Ontstoke opposisiepartye wil h\u00ea dat die stemmery noord van Johannesburg oorgedoen moet word.<\/p>\n<p>Die polisie s\u00ea &#8216;n vertrek in &#8216;n gemeenskapsentrum, wat deur die OVK gebruik is, is aan die brand gesteek terwyl daar\u00a0mense binne die sentrum was. Geen beserings is egter aangemeld nie.<\/p>\n<p>Brig. Neville Malila van die polisie s\u00ea 31 mense is in verband met die voorval in hegtenis geneem en hulle sal binnekort in die hof verskyn.<\/p>\n<p>Die kiesbeampte van die OVK in Gauteng, Mashego Sheburi s\u00ea hulle sal die korrekte prosedure moet volg om beswaar te maak<\/p>\n<p>In ander voorvalle van ongerymdhede, is stembriewe in Lynnwood Ridge, Pretoria, gevind.\u00a0Eyewitness News berig dat die stembriewe in &#8216;n park gekry is in\u00a0swart sakke wat deur &#8216;n onbekende man opgetel sou word.<\/p>\n<p>Volgens die verslag is die Onafhanklike Verkiesingskommissie ( OVK) bewus van die voorval en is tans besig om dit op te volg.<\/p>\n<p>Die OVK het vroe\u00ebr fotostate van die uitslagstrokies vir die Lynnwoodrif-gebied in Pretoria getoon wat daarop dui dat die DA-agent die stemtelling afgeteken het.<\/p>\n<p>Die DA-leier, Helen Zille het in &#8216;n twiet ges\u00ea DA-agente in die betrokke stemdistrikte het bevestig dat die stembriewe reeds getel is. Sy s\u00ea die houers kon van &#8216;n vragmotor afgeval het.<\/p>\n<p>Sheburi s\u00ea hulle enigste uitweg is om app\u00e8l by die OVK aan te teken. Hy s\u00ea hulle sal hul aantygings behoorlik moet kan staaf voordat die drastiese besluit om die kiesproses te herhaal, geneem kan word.<\/p>\n<p>Kiesers wat vir die Front Nasionaal gestem het, gaan glo &#8216;n klag l\u00ea nadat hulle stemme na bewering nie getel is nie.<\/p>\n<p>Vroe\u00ebr het IVP-ondersteuners blykbaar &#8216;n groep ANC-agente gyselaar gehou nadat stembriewe by die Women for Peace-temlokaal in Alexandra glo in &#8216;n vreemde motor gelaai is.<\/p>\n<p>Beide partye se leierskap het ingegryp om die saak glo op te los.<\/p>\n<p>Volgens &#8216;n twiet deur EFF-lid Boitumelo Molelekeng, is stembriewe van sy party ook in Diepsloot opgespoor waar dit weggegooi is.<\/p>\n<p>&#8216;n Ondersoek is aan die gang nadat die polisie die talle houers vol stembriewe in asblikke by die skool in Diepsloot in Johannesburg gevind het.<\/p>\n<p>Die stemmateriaal is deur leeders ontdek. Die EFF is woedend en het die OVK beskuldig van nalatigheid. Die meeste van die voltooide stembriewe was vir die ANC en die EFF.<\/p>\n<p>&#8216;n Woordvoerder van die ANC, Godfrey Senthomole, s\u00ea hulle is teleurgesteld in die OVK.<\/p>\n<p>Die EFF het intussen ges\u00ea dit is onregverdig dat hulle stembriewe in &#8216;n asblik gegooi is. &#8216;n Woordvoerder van die party, Ishmail Timbani, s\u00ea hulle eis &#8216;n verduideliking van die OVK oor die voorval.<\/p>\n<p>Die stemtelproses nader tans sy einde, met sowat 94 persent van die stemdistrikte wat hul stemme verklaar het. Die ANC sal as oortuigende oorwinnaar uit die verkiesing tree, met tussen 62 en 63 persent van die stemme wat op die party verenig is.<\/p>\n<p>Die regerende party het 3 persentasiepunte prysgegee teenoor hul prestasie in die vorige verkiesing.<\/p>\n<p>Ten spyte van baie beloftes om swart stemme te trek, staan die DA slegs op 22 persent terwyl die EFF reeds meer as 6% ingepalm het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se lokaal in Alexandra, Gauteng is Donderdagaand aan die brand gesteek deur ontevrede kiesers. Ontstoke opposisiepartye wil h\u00ea dat die stemmery noord van Johannesburg oorgedoen moet word. Die polisie s\u00ea &#8216;n vertrek in &#8216;n gemeenskapsentrum, wat deur die OVK gebruik is, is aan die brand gesteek terwyl daar\u00a0mense binne die sentrum &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=24318\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Stemlokaal aan die brand gesteek na ongerymdhede&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":24321,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[14156],"class_list":["post-24318","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-verkiesing-2014"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24318","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24318"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24318\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/24321"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24318"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24318"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24318"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}