{"id":24312,"date":"2014-05-08T12:06:08","date_gmt":"2014-05-08T10:06:08","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24312"},"modified":"2014-05-08T12:13:14","modified_gmt":"2014-05-08T10:13:14","slug":"geel-rooi-blou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24312","title":{"rendered":"Geel, rooi, blou?"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/geelrooiblou.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-24313\" alt=\"geelrooiblou\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/geelrooiblou.jpg\" width=\"265\" height=\"190\" \/><\/a>Die feit dat president Jacob Zuma en die ANC in staat was om grootliks die Nkandla-kwessie af te lag, dui daarop dat die gedrukte media byna geen invloed meer oor die politiek uitoefen nie.<\/p>\n<p>Die veelheid klein partye wat aan die verkiesing deelgeneem het, was eerder &#8216;n aanduiding van hoe etniese politiek op voetsoolvlak &#8216;n werklikheid geword het. Dit het egter nie in stemme vertaal nie.<\/p>\n<p>Die ANC is immers &#8216;n Zoeloe-party en die opposisie DA is nou &#8216;n Xhosa-party, &#8216;n weerspie\u00ebling van die twee grootste etniese groepe se greep op hul kiesers, maar die res is steeds stemloos.<\/p>\n<p>Nkandla was vir maande op elke koerantvoorblad in Suid-Afrika. Zuma het skouerophalend ges\u00ea dit is net die &#8220;slimmes&#8221; wat omgee oor Nkandla, waarmee hy waarskynlik bedoel het die 25% of so wat gereeld koerant lees.<\/p>\n<p>Zuma se minagting vir diegene wat dink die dooieboommedia het enige invloed, is deur die kiesers uitgedra.<\/p>\n<p>Wat egter werklik saak maak is die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie wat by verre die grootste deel van die gehoor gerig het om hul kruisies by die voorste drie partye te gaan trek Woensdag.<\/p>\n<p>Die voorste drie partye, naamlik die ANC, DA en EFF was ook die SAUK-sterre en voorts het &#8216;n oorvloed geld gesorg dat die drie in die kykers se oog bly.<\/p>\n<p>Die ANC het vryelik toegang tot die TV benut en inheemse tale het gesorg dat daar geen Westerse filter oor sake soos Nkandla tussenbeide kom om die kieser af te skrik nie.<\/p>\n<p>Die DA en EFF is rojaal uit die buiteland befonds en het letterlike honderde miljoene tot hul beskikking gehad om kykers te vermaak.<\/p>\n<p>Die DA het &#8216;n eg-Amerikaanse veldtog gevoer met le\u00eb &#8220;wen&#8221;-slagspreuke, en netjies georkestreerde byeenkomste.<\/p>\n<p>Die tekortkominge van die gedrukte media moet vir die Grondwetters &#8216;n kopseer wees na dese want nie alleen is daar etniese elemente wat die verkiesing be\u00efnvloed het nie, maar ook die ANC se besondere sterk greep op die TV-kyker.<\/p>\n<p>Vreemd is ook dat die meeste partye so stil is oor probleme by die SAUK.<\/p>\n<p>Wat die DA betref wil hulle graag &#8216;n Amerikaanse twee-partystelsel op Suid-Afrika afdwing, wat dalk hul stilte oor die uitsaaier se ideologiese rigting verklaar. Die DA sal dus graag die ANC teen die EFF opstel, aangesien hul beleidsrigtings presies dieselfde is en beide partye hul toekomsvisie binne dieselfde verwysingsraamwerk as die EFF s&#8217;n plaas, naamlik met &#8216;n klem op korrupsie, ongelykhede en grondgryp.<\/p>\n<p>En die rol van tegnologie? Mbv SMS&#8217;e en sosiale media kan die partye direk praat met kiesers, sonder die konvensionele media en sonder die TV.<\/p>\n<p>Sosiale media se invloed sal egter eers toeneem soos die koste van bandwydte daal, wat baie meer mense toegang tot die internet sal gee.<\/p>\n<p>Miskien is dit die rede waarom die regering so stadig is om aksie te neem om die koste te verlaag. Hoekom die SAUK verswak as dit is een van die mees kragtige ideologiese wapens is?<\/p>\n<p>Dit was immers die eksperiment van die Front Nasionaal: &#8216;n Lakmoestoets om die invloed van sosiale media op Afrikanerkiesers te peil.<\/p>\n<p>Niemand kon eintlik die mededingende verhaal van die ANC op TV troef nie. Die veelvoud menings met Facebook en Twitter was klaarblyklik oorweldigend vir die internetneofiet wat self &#8216;n besluit moes maak.<\/p>\n<p>Afrikanerkiesers wou liewer aan die hand gelei word deur TV-vermaak as om self te dink.\u00a0Die SAUK het dus die wedloop om stemme teen die internet ver gewen deur die ou uitgediende DA-weergawe van 2009 en VF+ as politieke antwoord aan te bied.<\/p>\n<p>Die ANC se TV-aanslag was konsekwent: Ons het &#8216;n goeie storie te vertel oor die vordering wat gemaak is oor 20 jaar.<\/p>\n<p>Omdat die DA, die EFF, asook die gedrukte media die herskryf van die geskiedenis as &#8216;n &#8220;struggle-triomf&#8221; ewe hard verkoop het, het die &#8220;opposisie&#8221; ironies genoeg van die ANC die enigste party van bevryding gemaak.<\/p>\n<p>Die Demokratiese Alliansie se herdefini\u00ebring van homself &#8216;n struggle-vennoot was dus eintlik ANC-propaganda wat slegs met &#8216;n duur blou TV-veldtog nie ontaard het in nog ANC-steun nie.<\/p>\n<p>Al drie voorste partye het gestaan by &#8216;n radikale ekonomiese beleid teen ongelykheid, populistiese retoriek en die simbole van die rewolusie met barette omhels.<\/p>\n<p>Tussen die Oscar Pistorius-sirkus deur wat dekking van die verkiesing byna oorheers het, het die internet se bereik dus gesneuwel as &#8216;n stuk nuttige politieke gereedskap.<\/p>\n<p>Die laagste gemene deler het selfs mees die oningeligte wit kieser opgeraap: &#8216;n TV-skouspel in prim\u00eare kleure van geel, blou en rooi.<\/p>\n<p>&#8216;n Jubelende oud-AWB-lid het Praag tewens meegedeel dat hy vir die wenspan sy kruisie getrek het. Die blou span.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die feit dat president Jacob Zuma en die ANC in staat was om grootliks die Nkandla-kwessie af te lag, dui daarop dat die gedrukte media byna geen invloed meer oor die politiek uitoefen nie. Die veelheid klein partye wat aan die verkiesing deelgeneem het, was eerder &#8216;n aanduiding van hoe etniese politiek op voetsoolvlak &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=24312\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Geel, rooi, blou?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":24313,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50,11],"tags":[227,7359,7599,10876,14156],"class_list":["post-24312","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c33-hoofartikels","category-s7-menings","tag-anc","tag-awb","tag-da","tag-eff","tag-verkiesing-2014"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24312","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24312"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24312\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/24313"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24312"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24312"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24312"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}