{"id":24289,"date":"2014-05-08T07:21:20","date_gmt":"2014-05-08T05:21:20","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24289"},"modified":"2014-05-08T07:42:37","modified_gmt":"2014-05-08T05:42:37","slug":"afrikanerpartye-verder-gemarginaliseer-in-verkiesing","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24289","title":{"rendered":"Afrikanerpartye verder gemarginaliseer in verkiesing"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/afrikanerleaders.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-24290\" alt=\"afrikanerleaders\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/afrikanerleaders.jpg\" width=\"300\" height=\"225\" \/><\/a>Met 27% van die stemme wat getel is, kon geen Afrikaanse party in die verkiesing hond haaraf maak nie. Front Nasionaal het tot dusver slegs\u00a01 142 stemme kon verwerf met &#8216;n platform ten gunste van kulturele selfbeskikking, behoud van Afrikaanse skole en die uiteindelike herstel van Afrikanersoewereiniteit. Die VF Plus het insgelyks geen vooruitgang gemaak nie en lyk asof hy bloot sy huidige stembasis gaan behou, nadat die party hom nader aan multikulturalisme geposisioneer het. Tot dusver het die VF Plus\u00a044 869 stemme aangeteken.<\/p>\n<p>Die DA lewer &#8216;n stewige vertoning en staan tans op\u00a01 057 350 stemme, oftewel 28,3%. Die ANC het\u00a02 169 454 stemme ontvang, wat gelyk aan 58,1% van die stemme is. Na verwagting sal die ANC se aandeel verder styg soos wat stemme uit verafgele\u00eb landelike gebiede inkom. Die Ekonomiese Vryheidsvegters van Julius Malema is die mees suksesvolle nuwe party in die verkiesing, met\u00a0154 481 stemme, oftewel 4,14%.<\/p>\n<p>In die lig van die ho\u00eb stempersentasie in die verkiesing van\u00a072,62%, behoort die kwota stemme wat &#8216;n party nodig het om &#8216;n setel te verkry ook te styg. In die 2009-verkiesing was die kwota stemme vir een setel 44 000. Indien dit tot 50 000 styg, sou dit beteken dat van die kleiner partye nog verder sal uitsak en dis selfs geen uitgemaakte saak dat Mamphela Ramphele van Agang &#8216;n setel gaan kry nie. Ook die Vryheidsfront Plus mag sy aantal parlement\u00eare setels sien terugsak van vier tot drie of selfs twee, afhangend van hoe die tellery van hier af vorder.<\/p>\n<p>In die Wes-Kaap se provinsiale verkiesing het die VF Plus ook verder teruggesak en nadat 56% van die stemme getel is, het die VF Plus slegs\u00a06 709 stemme ontvang, oftewel 0,67% van die totaal. Weereens behoort die VF Plus geen provinsiale setel in die Wes-Kaap, waar die DA koning kraai, te ontvang nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met 27% van die stemme wat getel is, kon geen Afrikaanse party in die verkiesing hond haaraf maak nie. Front Nasionaal het tot dusver slegs\u00a01 142 stemme kon verwerf met &#8216;n platform ten gunste van kulturele selfbeskikking, behoud van Afrikaanse skole en die uiteindelike herstel van Afrikanersoewereiniteit. Die VF Plus het insgelyks geen vooruitgang gemaak &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=24289\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikanerpartye verder gemarginaliseer in verkiesing&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":24290,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[11284,227,7599,15414,14156,4640],"class_list":["post-24289","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-agang","tag-anc","tag-da","tag-front-nasionaal","tag-verkiesing-2014","tag-vryheidsfront-plus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24289","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24289"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24289\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/24290"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24289"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24289"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24289"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}