{"id":2422,"date":"2008-08-05T03:36:35","date_gmt":"2008-08-05T03:36:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2422"},"modified":"2008-08-05T03:36:35","modified_gmt":"2008-08-05T03:36:35","slug":"solsjenitsin-kommunistiese-praktyke-leef-voort-in-suider-afrika","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2422","title":{"rendered":"Solsjenitsin: kommunistiese praktyke leef voort in Suider-Afrika"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Veral in sy klassieke roman <em>&#39;n Dag in die lewe van Iwan Denisowitsj<\/em> beeld hy die bestaan van die gevangenes in &#39;n strafkamp uit en hoe hulle in uiterste omstandighede mekaar bystaan om voedsel of warmte te verkry. Solsjenitsin se Christelike humanisme en byna primitiewe siening van vryheid staan in teenstelling met kommunisme wat die mens as &#39;n behavioristiese dier sien wat tot gelykheid gekondisioneer moet word.<\/div>\n<div align=\"justify\">\n<div align=\"justify\"> Danksy hierdie boek, asook die latere <em>Goelag-argipel<\/em>, is intellektuele in Wes-Europa toenemend ontnugter deur kommunisme en Marxisme wat in die sestigerjare steeds &#39;n gerespekteerde politieke filosofie was. Hierdie fase van intellektuele kentering is moontlik die beste gesimboliseer deur die beroemde Franse filosoofskrywer Jean-Paul Sartre, wat self &#39;n Marxis was, en Michel Foucault se ete met Sowjetdissidente ten tye van die Leonid Bresjnef se staatsbesoek aan Parys in Junie 1977. Ook die uitbarsting van &quot;nuwe filosofie&quot; in Parys waardeur die &quot;goelag&quot; as &#39;n begrip ons intellektuele woordeskat binnegekom het, was &#39;n direkte gevolg van Solsjenitsin se invloed.<\/div>\n<p> Danksy Solsjinitsin en ander Russiese dissidente se dapper stryd, kan ons vandag s&ecirc; dat kommunisme as &#39;n ideologie dood is. Kommunistiese praktyke, asook die siening van die mens wat deur kondisionering en breinspoeling gelykheid en eenselwigheid met ander moet aanvaar, is egter nie verby nie.<\/p>\n<p> In Suidelike Afrika het ons gesien hoe Robert Mugabe die ekonomie van ons buurstaat Zimbabwe vernietig deur &#39;n rampspoedige eksperiment in kollektiewe boerdery soos wat in die Sowjetunie in die twintiger- en dertigerjare van die vorige eeu toegepas is. Suid-Afrika, tesame met Kuba, Noord-Korea en China, is een van die laaste lande op aarde waar &#39;n kommunistiese party &#39;n vername rol in regering speel en waar die meeste leiers, sonder &#39;n sweem van ironie, mekaar as &quot;kameraad&quot; aanspreek.<\/p>\n<p> Terwyl hongersnood in Zimbabwe heers en daar w&ecirc;reldwye kommer bestaan oor ho&euml; voedselpryse, is Suid-Afrika se ANC-regering besig om dieselfde beleid as Robert Mugabe in te voer deur kollektiewe boerdery in te stel met &#39;n drakoniese onteieningswet waarmee die grond van individuele boere sonder markverwante vergoeding genasionaliseer kan word. Ook die moordbendes wat op die Suid-Afrikaanse platteland ons boere aanval en onder die gruwelikste omstandighede martel en doodmaak, word grotendeels deur die staat ge&iuml;gnoreer want die plaasmoordenaars dien dieselfde doel as Zimbabwe se &quot;oorlogsveterane&quot;, d.w.s. om die regmatige eienaars van hul grond te verdryf.<\/p>\n<p> Net soos die w&ecirc;reld vir &#39;n groot deel van die twintigste eeu sy o&euml; en ore toegedruk het vir Sowjetvergrype en -mislukkings, wil niemand vandag hoor van mislukte grondhervorming en die vervolging van minderheidsgroepe in Suider-Afrika waar ons eiendom, ons taal, kultuur en ons lewens self, elke dag bedreig word nie.<\/p>\n<p> Na die voorbeeld van Solsjenitsin, moet ons as skrywers egter die moed h&ecirc; om die ongewilde waarheid te praat. Ons sal ons skrywerlike en intellektuele plig versaak indien ons nie die geestelike goelag in ons subkontinent aandurf en uiteindelik oorwin, hoe onwaarskynlik en haas onmoontlik dit tans mag lyk nie.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ds-dental.ru\/blog\">3d \u0442\u043e\u043c\u043e\u0433\u0440\u0430\u0444\u0438\u044f \u0437\u0443\u0431\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62776-interesnye-fakty-o-yurii-danilchenko.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" width=\"120\" height=\"164\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Gister het ek namens ons skrywersorganisasie, Pretoria-PEN,&nbsp; hulde gebring aan Alexander Solsjenitsin wat eergister in die ouderdom van 89 jaar oorlede is. Meer as enigiemand het Solsjenitsin die masker van kommunisme deur sy geskrifte afgeruk en aan die w&ecirc;reld die ware gesig van Sowjetkommunisme getoon met sy strafkampe en psigiatriese hospitale waar dissidente aagehou is.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,21092,2359],"class_list":["post-2422","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-rubrieke","tag-solsjenitsin-kommunistiese-praktyke-leef-voort-in-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2422","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2422"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2422\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2422"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2422"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2422"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}