{"id":24199,"date":"2014-05-04T10:33:30","date_gmt":"2014-05-04T08:33:30","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24199"},"modified":"2014-05-04T12:32:31","modified_gmt":"2014-05-04T10:32:31","slug":"n-sielkundige-oorlog-teen-die-afrikaner","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24199","title":{"rendered":"&#8216;n Sielkundige oorlog teen die Afrikaner"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-23246\" alt=\"danr2\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\" width=\"292\" height=\"198\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg 292w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2-190x130.jpg 190w\" sizes=\"auto, (max-width: 292px) 85vw, 292px\" \/><\/a>deur Dan Roodt<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/danroodtpage\" target=\"_blank\">Hou van Dan Roodt se Facebookblad<\/a><\/strong><\/p>\n<p><a title=\"20 jaar van onvryheid\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=24127\">Verlede week<\/a> het ek probeer uitspel watter enorme verliese &#8211; ekonomies, kultureel en andersins &#8211; Afrikaners oor die afgelope 20 jaar gely het. Dit het ons so byna-byna as volk vernietig, want as dit nie vir die koms van die internet was nie, sou mense nou al so gebreinspoel, gedekultureer en geassimileer gewees het dat daar niks van ons sou oorgebly het nie.<\/p>\n<p>Die mees ideale vorm van volksmoord is immers assimilasie, want daardeur word \u2018n volk of etniese groep eenvoudig stil-stil verteer en hul vyande hoef nie eens skuldig te voel dat hulle die ander groep doodgemaak het nie. Dink maar aan die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog of die Armeense volksmoord deur Turkye. Tot vandag toe word n\u00f3g die Britte n\u00f3g die Turke hiervan kwytgeskeld. Al skryf mense nie aanmekaar daaroor nie, anders as oor die Duitse konsentrasiekampe vir Jode tydens die tweede w\u00eareldoorlog, bly di\u00e9 gebeure vassteek in die geheuens van veral Afrikaners en Armeni\u00ebrs. Vele Britte en Turke is ook bewus daarvan en in boeke, films en ander media word dit telkens weer opgehaal.<\/p>\n<p>Dog net soos daar in die fisika vir elke reaksie \u2018n teenreaksie is, het die Afrikaner se neerlaag in 1994 ook onvoorsiene gevolge gehad. Ons vyande se meesterplan was min of meer die volgende:<\/p>\n<ul>\n<li>Om ons van alle mag en die meeste van ons bates te stroop (hierin het hulle geslaag).<\/li>\n<li>Om die oorlog teen Afrikaners deur middel van sielkundige operasies (Eng. PSYOPS) te verhewig (hier onder meer daaroor) om ons sodoende willoos en plooibaar te laat.<\/li>\n<li>Om ons taal en erfenis sover moontlik te vernietig deur die onderdrukking van Afrikaans, naamsveranderings, die sloop van geboue (soos nou in Johannesburg), verengelsing van ons instellings, ens.<\/li>\n<li>Om ons identiteit verdag te maak (deur die gelykstelling van Afrikanerskap met \u201crassisme\u201d) en ons hele geskiedenis as \u201cboos\u201d voor te stel (die verskriklike \u201cverlede\u201d).<\/li>\n<li>Om vrees by ons in te boesem deur die voortsetting van fisieke terreur (plaasmoorde, huisaanvalle, verkragtings) ten einde die sielkundige operasies te vergemaklik.<\/li>\n<li>Om ons op die duur te assimileer en \u2018n soort minderwaardige aanhangsel van die Kaapse kleurlinge te maak wat ook hul taal (Kaaps) as oorgangstaal na Engels sal aanvaar. Op hul beurt word die kleurlinge natuurlik insgelyks deur swartes geassimileer soos reeds in ho\u00eb mate in die PWV-gebied gebeur het.<\/li>\n<\/ul>\n<h3>Wat is sielkundige operasies?<\/h3>\n<p>Onlangs het ek \u2018n artikel oor sielkundige operasies (PSYOPS = psychological operations) onder o\u00eb gehad. Die <a title=\"PSYOPS and CIMIC operations: From concepts to G-DEVS models\" href=\"http:\/\/pascalfroissart.free.fr\/3-cache\/2012-faucher-et-al.pdf\" target=\"_blank\">artikel<\/a> is in Engels deur \u2018n groep Franse navorsers (Colette Faucher en ander) geskryf; uit die bibliografie blyk dit dat daar reeds heelwat boeke en artikels oor die onderwerp gepubliseer is. Daar word ook gepraat van CIMIC, wat met sielkundige operasies gepaardgaan:<\/p>\n<blockquote><p>In the context of the stabilization phase of modern conflicts, Civil-Military Cooperation actions (CIMIC) and Psychological actions (PSYOPS), which are actions of influence, are essential and take precedence over combat actions. Both types of actions have effects on info-targets and aim at influencing them by generating in them feelings and behaviors. CIMIC projects through CIMIC advertising and PSYOPS through messages diffusion both conducted by Allied forces. In both cases, the effects are propagated from the direct info-targets to the people they are connected to, directly or indirectly, through the social networks they belong to.<\/p><\/blockquote>\n<p>As ons dink aan die geweldige golf van propaganda en sielkundige manipulasie wat daar oor die afgelope twintig jaar teen Afrikaners ontplooi is, is dit helder dat ons midde-in so \u2018n \u201csielkundige operasie\u201d verkeer. Trouens, mens kan dit \u2018n sielkundige oorlog noem, want dit is meedo\u00ebnloos, onophoudelik en omvattend. Dit word op alle vlakke van die samelewing gevoer en behels ons fisieke en geestelike omgewing, asook die diepste aspekte van ons menswees: ons gevoelens, gewaarwordinge, gedrag, norme en waardes, selfs ons werklikheidspersepsie.<\/p>\n<p>Die gewelddadige fase van die Suid-Afrikaanse konflik sou voltrek word in die \u201cNasionale Demokratiese Revolusie\u201d soos die ANC-SAKP deurgaans daarna verwys. Hoewel die konflik eintlik kort n\u00e1 1948 begin het toe dit duidelik geraak het dat daar \u2018n hernieude poging deur Afrikaners sou wees om hul verlore soewereiniteit via die 1910-staat terug te kry, sou ek die gewelddadige fase van die konflik tussen 1978 en 1994 plaas.<\/p>\n<p>Waarom 1978? Dit was die jaar waarin die SAKP besoek aan Vi\u00ebtnam gebring het om die terreur- en intimidasietegnieke van sogenaamde \u201cvolksoorlog\u201d (<em>people\u2019s war<\/em> op Engels) op ons en die vreedsame meerderheid swartes van Suid-Afrika te bemeester. Mao Zedong, die berugte kommunistiese diktator van China, het oorspronklik daarmee begin, maar dit was veral die Noord-Vi\u00ebtnamese milit\u00eare hoof, generaal Vo Nguyen Giap, wat di\u00e9 kommunistiese doktrine verfyn het. Soos dr. Anthea Jeffery dit in haar boek van 634 bladsye, <em>People\u2019s war &#8211; new light on the struggle for South Africa<\/em> (2009), stel:<\/p>\n<blockquote><p>The theory of people\u2019s war is clear and relatively simple. This type of revolutionary war does not depend for its success on the clash of competing armies. Neither does it rest upon guerilla attacks, though these provide one ingredient in the whole. People\u2019s war goes far beyond conventional conceptions of warfare, for its principal effort revolves around organisation and communication. It relies heavily on agitation, backed by terror and coercion, while also holding out the promise of a golden future.<\/p><\/blockquote>\n<p>Die figure wat Vi\u00ebtnam in 1978 besoek het, was Oliver Tambo, Joe Modise, Joe Slovo en Alfred Nzo. Die besoek self is deur die voormalige Sowjetunie gefasiliteer, want sedert 1968 het Joe Slovo, Ronnie Kasrils en ander lede van die Suid-Afrikaanse Kommunistepary de facto beheer oor die ANC en sy strategie uitgeoefen. Slovo en Kasrils het noue bande met die Sowjetunie en Oos-Duitsland gehandhaaf en dit was deur hul toedoen dat beide lande die ANC van logistieke, milit\u00eare en finansi\u00eble hulp voorsien het. Hoewel Swede, Noorwe\u00eb en Nederland ook in die sewentigerjare begin het om die ANC en SAKP te befonds, was hulle minder by die beplanning en uitvoering van terreur betrokke. Aan die ander kant het individuele Nederlanders soos Klaas de Jonge en Heleen Pastoors vrylik aan terreuraanvalle op Suid-Afrikaanse burgerlikes deelgeneem.<\/p>\n<p>Die Kerkstraatbom, die Amanzimtoti-bom, bomme in Wimpy-restaurante, asook die halssnoermoorde en bre\u00eb intimidasie van Suid-Afrika se swart bevolking was regstreekse gevolge van die \u201cvolksoorlog\u201d tussen 1978 en 1994. Uiteindelik het die Nasionale Party-bewind eerloos voor die Noord-Vi\u00ebtnamese strategie wat deur Slovo en Kasrils in Suid-Afrika ontplooi is, geswig. Terreur en onstabiliteit is as dwangmaatre\u00ebls gebruik om die Nasionale Party op sy knie\u00eb te dwing.<\/p>\n<p>Maar, soos die skrywers van bogaande artikel oor sielkundige operasies en \u201cburgerlik-milit\u00eare samewerkingsaksies\u201d aantoon, volg daar n\u00e1 die oorgawe van die vyand \u2018n belangrike fase van \u201cstabilisering\u201d deur sulke aksies.<\/p>\n<p>In konvensionele of selfs guerilla-oorlogvoering verteenwoordig lede van die veiligheidsmagte of burgerlikes teikens wat na willekeur aangeval kan word. Die sielkundige sy van die oorlog behels egter dat elke lid van die vyandelike bevolking (in di\u00e9 geval Afrikaners) \u201cinligtingsteikens\u201d (info-targets) word:<\/p>\n<blockquote><p>Psychological actions aim at elaborating and spreading out a message that must be read, listened to and understood by the info-targets in order to get the desired\u00a0effect, that is, influencing the info-targets to get from them the desired behavior by the modification of their attitudes, by acting on their perceptions. (Faucher en ander.)<\/p><\/blockquote>\n<p>Boodskappe en propaganda kan \u00f3f direk deur radio, TV, koerante en ander media aan die inligtingsteikens oorgedra word, \u00f3f indirek deur die gebruik van sosiale netwerke. Colette Faucher en haar medenavorsers oor sielkundige oorlogvoering stel dit baie duidelik dat boodskappe soveel te meer doeltreffend is as dit deur lede van dieselfde taal- of etniese groep oorgedra kan word. V\u00f3\u00f3r en n\u00e1 1994 is dit opvallend hoe Afrikaans, tesame met \u2018n handjie vol linkse of liberale Afrikaners in die media en aan die universiteite gebruik is om die aanslag op ons, die inligtingsteikens, deur te voer. Figure soos Max du Preez en Koos Bekker, die hoof van die magtige Naspersmediamonopolie, sou \u2018n sleutelrol hierin speel. Tot vandag toe word die boodskap oor en oor herhaal dat die Afrikanervolk oor geen bestaansreg beskik nie, maar noodgedwonge sy identiteit en selfs Standaardafrikaans moet prysgee ten einde vir die ANC, maar veral die nuwe w\u00eareldorde, \u201caanvaarbaar\u201d te raak.<\/p>\n<p>Leon Lemmer verwys gister na nog \u2018n NP-oorloper na die ANC, <a title=\"Albert Nothnagel oor Afrikaners\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=24186\">Albert Nothnagel<\/a>, wat die begrip \u201cAfrikaner\u201d op sigself as \u201crassisties\u201d en daarom ongewens, beskou. Nothnagel het vandeesweek in die Nasperskoerant, <em>Die Burger<\/em>, geskryf:<\/p>\n<blockquote><p>Op sy beste is wit Afrikaners wat hulself vandag nog eksklusief Afrikaners noem, outyds en op sy akkuraatste rassisties.<\/p><\/blockquote>\n<figure id=\"attachment_24200\" aria-describedby=\"caption-attachment-24200\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/maslow-hierargie.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24200\" alt=\"Maslow se behoeftehi\u00ebrargie\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/maslow-hierargie-300x185.jpg\" width=\"300\" height=\"185\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/maslow-hierargie-300x185.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/maslow-hierargie.jpg 905w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24200\" class=\"wp-caption-text\">Maslow se behoeftehi\u00ebrargie<\/figcaption><\/figure>\n<h3>Maslow se piramide en sielkundige oorlogvoering<\/h3>\n<p>Hoe \u201cwerk\u201d sielkundige oorlogvoering? Waarom sou mense wat tot onlangs toe nog \u2018n verbete stryd teen hul vyand gevoer het, skielik aanvaar om ondergeskik aan diesefde vyand te wees? In Suid-Afrika word daar nie net van Afrikaners verwag om die terreur en verguising wat hulle tydens die \u201cvolksoorlog\u201d van 1978 tot 1994 ervaar het (om nie van die Angolese oorlog te vergeet nie), opsy te skuif nie, maar ook om \u201cboete te doen\u201d en hul \u201cskuld te vereffen\u201d omdat hulle dit in die eerste plek durf waag het om teen die SAKP en sy kommunistiese bondgenote vanuit die buiteland weerstand te bied!<\/p>\n<p>Volgens Colette Faucher en ander, word die inligtingsteiken benader met die Amerikaanse sielkundige Abraham Maslow se piramide of \u201cbehoeftehi\u00ebrgie\u201d in gedagte. Daar is vyf vlakke van menslike behoeftes:<\/p>\n<ol>\n<li>Fisiologiese behoeftes soos voedsel, water, skuiling, ens.<\/li>\n<li>Veiligheid, waaronder ook finansi\u00eble veiligheid<\/li>\n<li>Liefde en geborgenheid<\/li>\n<li>Agting<\/li>\n<li>Selfverwesenliking<\/li>\n<\/ol>\n<p>Waarskynlik was Mandela wat die Springbokrugbytrui aantrek die simboliese hoogtepunt van die sielkundige oorlog wat daar reeds dekades lank teen Afrikaners gevoer word. Rugbyspelers, hoewel hulle \u2018n fisieke oorlog teen mekaar op die veld voer, het behoefte aan veral Maslow se vlakke 4 (agting) en 5 (selfverwesenliking). Vandaar die feit dat sportlui feitlik die eerste was om klakkeloos hul ondergeskiktheid aan die nuwe, kommunisties oorheerste, orde te aanvaar, want hulle sien dit as \u2018n middel tot hul eie selfverwesenliking op sportgebied.<\/p>\n<p>Maar ook die toeskouers en die bre\u00eb massa Afrikaners daarbuite, smag na die o\u00ebnskynlike \u201cvrede en veiligheid\u201d wat die nuwe orde bied, tesame met die \u201caanvaarding\u201d deur hul tradisionele vyande soos die SAKP, die Britse Arbeidersparty, Amerikaanse linkses, Swede, Noorwe\u00eb en selfs die Verenigde Nasies. Die boodskappe van minagting wat op soveel gebiede jeens Afrikaners en Afrikaans v\u00f3\u00f3r en n\u00e1 1994 uitgesaai is, het die funeste uitwerking dat dit die behoefte aan agting en geborgenheid onder Afrikaners verhoog. Dit sou verklaar waarom hulle toenemend bereid was om van hul kulturele en opvoedkundige bates afstand te doen en maar in te val by wat die nuwe bewind ook al voorgestel het.<\/p>\n<p>Dit sou interessant wees om na te vors watter persoonlikheidstipes in Suid-Afrika meer vatbaar vir propaganda en sielkundige manipulasie as ander is. Ek sou raai dat diegene wat meer op die laer behoeftes op die Maslow-skaal ingestel is (fisiologiese behoeftes, veiligheid, geborgenheid) makliker oorreed kan word om alles maar net te aanvaar en geen verdere weerstand te bied nie. Dit spreek ook boekdele oor die vorige leierskapskorps onder Afrikaners (FW de Klerk, Roelf Meyer, Nothnagel, Pik Botha en ander) dat hulle insgelyks die bevrediging van hul basiese behoeftes &#8211; waaronder die finansi\u00eble! &#8211; bo die ho\u00ebr behoeftes van agting, trots en selfverwesenliking gestel het.<\/p>\n<p>Om jou teen oorheersing te verset, vereis veral die inspirasie deur die ho\u00ebr behoeftes: agting en selfverwesenliking. Ek wil dit nie te veel vereenvoudig nie, maar: Die laer mens streef na aanvaarding deur die omringende massa, die hoofstroommedia, die maghebber, terwyl die ho\u00ebr mens meer waarde aan selfstandige morele en politieke handeling heg. In di\u00e9 verband is dit waarskynlik allermins toevallig dat die meeste Afrikaners wat vandag aktief die huidige stelsel kritiseer en beveg, \u00f3\u00f3k teen die vorige bestel gekant was, hetsy van links, hetsy van regs. Dis amper asof daar \u2018n draad deur die Afrikanergeskiedenis loop, di\u00e9 tussen \u201crebelle\u201d en \u201ckruipers\u201d, tussen \u201cbittereinders\u201d en \u201cjoiners\u201d, tussen \u201cskeppende geeste\u201d en \u201csaaie konformiste\u201d.<\/p>\n<p>As \u2018n mens vandag Afrikanerverraaiers wil uitwys of uitsnuffel, sou \u2018n mens maklik diegene kon eien wat altyd \u201cveilig speel\u201d en hul eie finansi\u00eble sekuriteit of gemak bo ander norme en waardes stel.<\/p>\n<p>Een van die probleme van die revolusie is egter dat hy ewe verwoestend met die verraaiers en konformiste omgaan as met diegene wat hul denkend en krities t\u00e9\u00e9n die huidige bestel verset. Dit verklaar waarskynlik waarom selfs die Naspersgroep vandag krities teenoor die ANC en SAKP staan, dog terwyl die hele ANC-waardestelsel indirek deur hul fanatiese steun vir die DA, die \u201cANC Lite\u201d, beaam word.<\/p>\n<p>Indien die ANC-SAKP &#8211; maar ook die Swede, Britte en Amerikaners &#8211; slimmer was, sou hulle FW de Klerk, Roelf Meyer, Max du Preez en ander meelopers wat \u201cveilig en geborge\u201d in die skaduwee van mag voel, beter as Trojaanse perde aangewend het om enige herlewing van \u2018n Afrikanerbewussyn in die kiem te smoor. Die boodskap van aanvaarding en berusting in ons lot as verowerdes sou in daardie geval soveel doeltreffender in Afrikaanse maatskaplike netwerke versprei kon word.<\/p>\n<p>Gelukkig vir ons gaan konformisme en domheid gewoonlik ook gepaard, en is die sielkundige oorlog wat so lank en so doeltreffend teen ons gevoer is, vinnig besig om uit te rafel.<\/p>\n<h4><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=19181\">Veg terug! Sluit aan by praag.<\/a><\/h4>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dan Roodt [followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Verlede week het ek probeer uitspel watter enorme verliese &#8211; ekonomies, kultureel en andersins &#8211; Afrikaners oor die afgelope 20 jaar gely het. Dit het ons so byna-byna as volk vernietig, want as dit nie vir die koms van die internet &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=24199\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;n Sielkundige oorlog teen die Afrikaner&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":24200,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[16626,16631,16629,5631,16630,7716,16628,8058,16627],"class_list":["post-24199","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-albert-nothnagel","tag-behoeftehierargie","tag-cimic","tag-fw-de-klerk","tag-maslow","tag-pik-botha","tag-psyops","tag-roelf-meyer","tag-sielkundige-oorlog"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24199","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24199"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24199\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/24200"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24199"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24199"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24199"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}