{"id":24157,"date":"2014-04-30T10:33:47","date_gmt":"2014-04-30T08:33:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24157"},"modified":"2014-04-30T10:33:47","modified_gmt":"2014-04-30T08:33:47","slug":"front-nasionaal-verwerp-da-se-pseudo-taalpatriotisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24157","title":{"rendered":"Front Nasionaal verwerp DA se pseudo-taalpatriotisme"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_24158\" aria-describedby=\"caption-attachment-24158\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/radiopretoria_20140430.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24158\" alt=\"Vanoggend se debat op Radio Pretoria: v.l.n.r. Francois Cloete (Front Nasionaal), Anchen Dreyer (DA) en Pieter Mulder (VF Plus)\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/radiopretoria_20140430-300x144.jpg\" width=\"300\" height=\"144\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/radiopretoria_20140430-300x144.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/radiopretoria_20140430-630x300.jpg 630w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/radiopretoria_20140430.jpg 960w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24158\" class=\"wp-caption-text\">Vanoggend se debat op Radio Pretoria: v.l.n.r. Francois Cloete (Front Nasionaal), Anchen Dreyer (DA) en Pieter Mulder (VF Plus)<\/figcaption><\/figure>\n<p>&#8220;Afrikaners in die DA verteenwoordig gedekultureerde jingo&#8217;s wat deelneem aan die etniese reiniging van Afrikaanse straat- en plekname, veral in die Wes-Kaap. Die party is volledig tot anglosentriese idees verbind en kyk na ons land se geskiedenis deur die o\u00eb van Britse neomarxiste.&#8221; S\u00f3 s\u00ea dr. Dan Roodt, onderleier van die Front Nasionaal, in reaksie op &#8216;n debat wat vanoggend op Radio Pretoria gevoer is en waarin me. Anchen Dreyer van die DA haar party se verbintenis tot &#8220;veeltaligheid&#8221; probeer verdedig het.<\/p>\n<p>Volgens Roodt &#8220;verstaan die DA onder &#8216;veeltaligheid&#8217; eintlik Engelseentaligheid en die voorsetting van die Brits-koloniale hegemonie in Suid-Afrika. Die party gebruik slegs Engels as voertaal. In Kaapstad het die DA Afrikaanse name voor die voet na ANC-name verander, onder meer di\u00e9 van mnr. Coen Steytler, wat ontdaan was van politieke konnotasies en bloot &#8216;n bydrae tot die infrastruktuur van Kaapstad gemaak het.&#8221; Ander naamsveranderings wat deur die DA voorgestel is, is: Andries Pretoriusstraat na Orangestraat, Coen Steytlerlaan na Walter Sisululaan, De Waal-rylaan na Phillip Kgosana-rylaan, D.F. Malanstraat na David Poole-straat, Frans Conradie-rylaan na Acrestraat, Hans Strijdomlaan na Albert Luthuli-laan, Hendrik Verwoerd-rylaan na Beyers Naud\u00e9-rylaan, Hertzog Boulevard na Nelson Mandela Boulevard, Jan Smutsstraat in Athlone na Dullah Omar-rylaan en Jan Smutsrylaan in Simonstad na Fred Carneson-rylaan, Oswald Pirowstraat na Christiaan Barnard-rylaan en Nico Malanstraat na David Rabkinstraat.<\/p>\n<p>Front Nasionaal het gister aangekondig dat hy teen Vrydag &#8216;n eerste gebied in Pretoria gaan bekendmaak wat as &#8216;n Afrikaanse taaleiland afgebaken sal word. Soortgelyk aan Qu\u00e9bec en Vlaandere, sal die taaleiland bedeel word met spesiale regte om Afrikaans van ondergang te red. Die party sal hom op beide die SA grondwet en die internasionale reg beroep om di\u00e9 eerste stap na kulturele selfbeskikking te neem.<\/p>\n<p>&#8220;Afrikaans verkeer in &#8216;n krisis,&#8221; s\u00ea Roodt. &#8220;Sowel die DA as die ANC werk daaraan mee om ons taal uit te wis en van Engels die enigste openbare, tegniese, handels- en kultuurtaal te maak. Reeds tydens die sogenaamde Kodesa-onderhandelinge het die DP, die DA se voorganger, Engels as enigste amptelike taal voorgestaan en sedertdien was daar kwalik verandering in die party se vyandigheid jeens Afrikaans en die Afrikaanse kultuur.&#8221;<\/p>\n<p>Tydens &#8216;n vorige radiodebat op RSG het dr. Roodt die DA, ANC en EFF as &#8220;Boerehaatpartye&#8221; bestempel. Volgens hom &#8220;verteenwoordig Boerehaat die enigste konsekwente ideologiese standpunt van die DA. Die party val rond tussen neomarxisme, Slovo\u00efsme (na Joe Slovo, die SA kommunisteise leier), sosialisme, grondgryp en &#8216;n soort lippediens aan &#8216;liberalisme&#8217; waaronder die DA eintlik neomarxisme, nasionalisering en meedo\u00ebnlose rasstellende aksie verstaan.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Afrikaners in die DA verteenwoordig gedekultureerde jingo&#8217;s wat deelneem aan die etniese reiniging van Afrikaanse straat- en plekname, veral in die Wes-Kaap. Die party is volledig tot anglosentriese idees verbind en kyk na ons land se geskiedenis deur die o\u00eb van Britse neomarxiste.&#8221; S\u00f3 s\u00ea dr. Dan Roodt, onderleier van die Front Nasionaal, in reaksie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=24157\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Front Nasionaal verwerp DA se pseudo-taalpatriotisme&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":24158,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[167,16610,10699,4636],"class_list":["post-24157","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-afrikaans","tag-anchen-dreyer","tag-francois-cloete","tag-pieter-mulder"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24157","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24157"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24157\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/24158"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24157"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24157"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24157"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}