{"id":24127,"date":"2014-04-27T14:00:24","date_gmt":"2014-04-27T12:00:24","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24127"},"modified":"2014-04-27T14:00:24","modified_gmt":"2014-04-27T12:00:24","slug":"20-jaar-van-onvryheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24127","title":{"rendered":"20 jaar van onvryheid"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-23246\" alt=\"danr2\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\" width=\"292\" height=\"198\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg 292w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2-190x130.jpg 190w\" sizes=\"auto, (max-width: 292px) 100vw, 292px\" \/><\/a>deur Dan Roodt<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/danroodtpage\" target=\"_blank\">Hou van Dan Roodt se Facebookblad<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Vandag \u201cvier\u201d ons 20 jaar van Afrikaneroorgawe- en verraad. Gisteraand ry ek laataand deur die strate van Johannesburg en daar sien ek die mees groteske Beeld-plakkaat n\u00f3g: <em>Bylae oor 20 jaar van vryheid<\/em>.<\/p>\n<p>Vandaar dus my titel. Dit is selfs irriterend en onjuis om van \u201ctwintig jaar demokrasie in Suid-Afrika\u201d te praat, want stem mense van alle rasse, maar veral blankes, nie al jare lank in ons land nie? Sonder die demokratiese persvryheid en akademiese vryheid van die Afrikanerregering tussen 1948 en 1989, sou die totalit\u00eare kommuniste en liberale wat uiteindelik die land ingepalm het nooit in hul doel geslaag het nie. Hulle het juis die demokrasie en verdraagsaamheid van v\u00f3\u00f3r 1989 misbruik om hul huidige dwingelandy te vestig!<\/p>\n<p>En wat beteken die stem in elk geval vir die gemiddelde swarte in ons land? Soos een of ander Fransman ges\u00ea het: \u201cDie swartman vra brood en ons gee hom stemreg.\u201d My vriendin <a title=\"Ilana Mercer columns\" href=\"http:\/\/praag.org\/?cat=80\" target=\"_blank\">Ilana Mercer<\/a> in die verre Idaho, VSA, het al etlike kere opgemerk dat universele stemreg soos dit in Suid-Afrika toegepas word juis \u2018n anti-demokratiese, massa-oorheersing verseker. Op Engels word dit <em>mob rule<\/em> genoem. Ek herinner my in een of ander Hollywood-film &#8211; ek meen dit was <em>The gladiator<\/em> &#8211; word daar van imperiale Rome ges\u00ea: <em>Rome is ruled by the mob.<\/em><\/p>\n<p>Die massa, die terroris, die bende, die betoger wat brand en plunder, regeer in Suid-Afrika. Net mense wat van gesonde verstand ontdaan is, om van insig in die staatsleer en filosofie nie te praat nie, is so dom om dit \u201cdemokrasie\u201d te noem. Onder PW Botha was hierdie land veel nader aan \u2018n liberale demokrasie in die Westerse sin as tans.<\/p>\n<p>Om soos die Beeld-plakkaat egter na die afgelope 20 jaar van moord, roof en verkragting as \u201cvryheid\u201d te verwys, is m\u00e9\u00e9r as grotesk. Dit gaan die verstand te bowe. Dis eenvoudig kranksinnig: die ylende, sikofantiese geprewel van half-Engelse napraters van die Anglo-Amerikaanse ryk en hul plaaslike, korrupte oligargie.<\/p>\n<p>In vandag se <em>Rapport<\/em> word daar in \u2018n <a title=\"Hiervoor moet ons nou veg\" href=\"http:\/\/www.rapport.co.za\/Nuus\/Nuus\/Rapport-se-Hiervoor-moet-ons-nou-veg-20140426\" target=\"_blank\">hoofartikel<\/a> insgelyks gepraat van \u201cons morsige\u2026 demokrasie\u201d. Nee, die demokrasie is nie morsig nie; hy bestaan eenvoudig nie. Verder verklaar die Sondag-dooieboomorgaan so ewe:<\/p>\n<blockquote><p>Rapport huldig alle Suid-Afrikaners, ryk en arm, wit en swart, \u201clinks\u201d en \u201cregs\u201d, wat in die naam van grondwetlike demokrasie veg vir hul regte om\u2009skoon\u2009water te drink, hul eie taal te praat en te weet waarheen staatsgeld gaan.<\/p><\/blockquote>\n<p>Is dit nie pragtig nie? Met ander woorde, solank daar skoon water sou wees en ons nog iewers maar Afrikaans mog praat \u2013 net nie op skool, universiteit of in die openbaar nie \u2013 en weet ons staatsgeld gaan na Nkandla of allerlei tenderpreneurs met staatskontrakte, is als reg! Welkom in Suid-Afrika: die diktatuur met skoon kraanwater en die AWS (Afrikaanse woordelys en spelre\u00ebls)! Maar selfs d\u00edt is ons nie beskore nie. Die water is vol riool en die spelling is vrot.<\/p>\n<p>As die Afrikaner nie binne die volgende jaar of twee homself regruk en opstaan nie, gaan toekomstige geslagte na 27 April 1994 as \u2018n rampspoedige datum verwys. Iets soos die plundering van Rome deur die Wesgote op 24 Augustus 410, die Arabiese verowering van Spanje in die agtste eeu of die val van Konstantinopel op 29 Mei 1453.<\/p>\n<p>Praatjies dat die alternatief in 1994 \u201cburgeroorlog\u201d was, is loutere twak. In die 1980s het die ANC-SAKP \u2013 met die steun destyds van Swede, Oos-Duitsland, Kuba en die Sowjetunie \u2013 herhaaldelik gepoog om \u2018n burgeroorlog en gewelddadige revolusie in Suid-Afrika te ontketen, sonder sukses. Sonder hul Sowjet-grootbroer sou hulle geen hond haaraf teen die destydse republiek met sy weermag, polisie en kommando\u2019s kon maak nie. Die Rooivalkhelikopter, wat tans deur Jacob Zuma gebruik word om die magsbalans in die hele Afrika in sy guns te laat swaai, het op 15 Januarie 1990 sy eerste vlug onderneem en daarmee was die doppie van Suid-Afrika se vyande geklink. Enige verdere pantseraanvalle vanuit Angola sou met gemak gestuit kon word. Ons was besig om die mees gedugte mobiele verdedigingsmag in Afrika te raak wat selfs nie eens die VSA sonder kernwapens sou kon aandurf nie. Die gemak waarmee Poetin onlangs Amerikaanse dreigemente oor die Krim getroef het, toon dat Amerika ook nie destyds maklik die land sou aanval nie. Dink aan die politieke onrus wat dit destyds in die VSA sou veroorsaak het indien Amerika \u2018n bondgenoot in die Koue Oorlog milit\u00ear sou aanval om \u2018n kommunistiese regering in daardie land aan te stel, met lede soos Tokyo Sexwale en baie ander wat steeds op die VSA se amptelike terreurlys verskyn het!<\/p>\n<p>Benewens die luidrugtige Britse linkervleuele en die destydse Oosbloklande, word die SAKP-ANC se destydse internasionale steun gruwelik oorskat.<\/p>\n<p>Milt\u00ear was die ANC-SAKP nog nooit vir ons \u2018n bedreiging nie en lede van die SAKP het selfs ruiterlik erken dat die hele sogenaamde \u201cstruggle\u201d of milit\u00eare stryd teen die Afrikaner \u2018n klugspel was. Die aanval vanuit Lusaka op Voortrekkerhoogte sou nooit kom nie. N\u00e1 die verbrokkeling van die Sowjetunie en met Rusland onder Boris Jeltsin was die kanse vir so iets nog minder as nul. Al wat die ANC-SAKP kon pleeg, was lukrake terreur, net soos die huidige kriminele \u201cvryheidsvegters\u201d wat oumense, vroue en kinders aanval, steeds met so \u2018n \u201cstrategie\u201d besig is.<\/p>\n<p>Chris Louw skryf in een een van sy boeke dat FW de Klerk n\u00e1 die aanvaarding van dier sogenaamde &#8220;Rekord van verstandhouding&#8221; teenoor Roelf Meyer uitgeroep het: \u201cMaar my God, Roelf, jy het ons mos nou uitverkoop!\u201d<\/p>\n<p>Die mengsel van verraad en onnoselheid waarmee De Klerk, Meyer en die hele Afrikaner-elite destyds gehandel het, verteenwoordig \u2018n frats van die geskiedenis. Daar was niks onvermydeliks aan die ANC-SAKP se oorname van Suid-Afrika nie. Rooi Joe Slovo en Rooi Ronnie Kasrils kon nie hul geluk glo toe die eens trotse, geharde Afrikaners soos lafaards kapituleer nie!<\/p>\n<p>Op daardie oomblik toe FW, die vrome <a title=\"Van doppertunisme tot kommunisme en afrikanisering\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23822\">Doppertunis<\/a> (sien Leon Lemmer se <a title=\"Van doppertunisme tot kommunisme en afrikanisering\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23822\">rubriek<\/a> oor di\u00e9 term), die Here se naam ydellik teenoor Roelf Meyer gebruik het om sy geknoei by Kodesa beskryf, het \u2018n lot ons getref wat veel erger as die Vrede van Vereeniging was toe Chris de Wet en ander huilend hul Mausers moes stukkend slaan en trou teenoor die Koningin van Engeland moes sweer.<\/p>\n<p>Ten minste is daar by Vereeniging ooreengekom dat ons weer op \u2018n stadium selfbeskikking oftewel \u201cselfregering\u201d sou ontvang. In 1994 is die Suid-Afrikaanse nagmerrie van heel die twintigste eeu en waarteen PW Botha hom ook telkens verset het, bewaarheid: die diktatuur van getalle. Massa-oorheersing. Die \u201cmassamens\u201d waarvan die Spaanse filosoof Ortega y Gasset gepraat het, het oorgeneem, aangevuur en gerig deur \u2018n klein, geslepe (en merendeels blanke) kommunistiese minderheid. In die agtste hoofstuk van sy boek oor <em>Massas en mag<\/em>, getitel \u201cWaarom die massa by alles inmeng en waarom hulle altyd gewelddadig inmeng\u201d, skryf Ortega:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cEens en vir altyd, aanvaar [die massamens] die arsenaal van gemeenplase, vooroordele, halfbegrepe idees of gewoon holle woorde wat lukraak in sy verstand opgestapel het, en met \u2018n stelligheid wat slegs deur sy geslepenheid verklaar kan word, is hy bereid om hulle oral af te dwing. Dis wat ek in my eerste hoofstuk as die kenmerk van ons tyd neergel\u00ea het; nie die vulg\u00eare wat glo dat hy supervoortreflik en nie vulg\u00ear is nie, maar dat die vulg\u00eare die reg op vulgariteit verklaar en afdwing, of vulgariteit as \u2018n reg.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Vulgariteit as \u2018n reg. Dis \u2018n moontlike definisie vir die Suid-Afrikaanse pseudo-demokrasie. Om deur histeriese propaganda (veral rondom die gewaande begrip \u201capartheid\u201d) en rassekwotas oral jou wil af te dwing: die reg om alles tot die laagste gemene deler te laat daal. Soos <a title=\"Oor krieket en kwotas\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=24121\">Leon Lemmer<\/a> ook erg apropos verduidelik, gaan dit selfs by sport nie meer daaroor om te wen nie:<\/p>\n<blockquote><p>In sport word die term \u201contwikkeling\u201d met swartes geassosieer. D\u00edt word \u2018n prioriteit gemaak pleks van om te wen. Mahatlane se aandag is op swart spelers toegespits. Wit spelers word glad nie genoem nie.<\/p><\/blockquote>\n<p>Solank daar nog iewers iets \u201contwikkel\u201d, selfs al is dit van die wal af in die sloot, op pad na groter vulgariteit, is dit binne die massadenke van die kommunis en Afrofascis, voortreflik.<\/p>\n<p>Vir die voorstander van massa-oorheersing wat tans binne die globale Anglo-Amerikaanse imperialisme moet geskied, is die verlies aan orde, waardes, standaarde, skoonheid en voortreflikheid \u2013 die \u201cmorsigheid\u201d waarvan Rapport vandag praat \u2013 niks. \u2018n Einde aan die klugspel van die ANC-SAKP se \u201cburgeroorlog\u201d en milit\u00eare o\u00ebverblindery of die blote verskuiwing daarvan na \u2018n ander retoriese verhoog, is al wat saak maak.<\/p>\n<p>Orde, waardes, standaarde, skoonheid en voortreflikheid is nie kwantifiseerbaar nie. Selfs Rapport se \u201cskoon water\u201d is \u2018n relatiewe begrip. Maar die ekonomiese bates wat Roelf Meyer iewers in 1992, soos met die \u201cRekord van verstandhouding\u201d (<em>Record of understanding<\/em>) op 26 September, met \u2018n pennehaal weggeteken het, is wel kwantifiseerbaar en kan in syfers omgeskakel word. Vele van die Afrikaner se kulturele bates wat oor die afgelope twintig jaar verlore gegaan het, kan insgelyks na waarde geskat word. Indien enigiemand nog nie begryp watter ontsaglike ramp die \u201cNasionale Demokratiese Revolusie\u201d verteenwoordig nie, soos die ANC-SAKP heel korrek daarna verwys, sal die onderstaande lys dalk help om helderheid te bring.<\/p>\n<h3>1. Die verlies van soewereiniteit<\/h3>\n<p>De Klerk het iewers in 1998 in Londen ges\u00ea dat die aflegging van die Afrikaner se soewereiniteit en selfregering wat hy tesame met Engelssprekendes sedert 1910 geniet het, \u201cgeen maklike besluit was nie\u201d. Hiervoor het 30 000 vroue en kinders in die konsentrassiekampe gesterf. As ons in ag neem dat vele ander volkere bereid was om hul lande deur oorlo\u00eb te laat verwoes, hele ekonomie\u00eb prys te gee in die stryd om hul soewereiniteit te behou, dan wonder mens watter monet\u00eare waarde om daaraan toe te ken? Die nasionale begroting is tans een triljoen rand. Wat sou Afrikanersoewereiniteit werd wees? Vyf triljoen rand? Tien? \u2018n Triljoen dollar? Soos Cyril Ramaphosa en ander by Kodesa laggend ges\u00ea het: \u201cDie Boere het die plaas weggegee!\u201d<br \/>\nMy konserwatiewe beraming: R5 000 000 000 000<\/p>\n<h3>2. Verlies van die Reserwebank, geldeenheid en ons goud- en ander reserwes<\/h3>\n<figure id=\"attachment_20448\" aria-describedby=\"caption-attachment-20448\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/gill_marcusR2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-20448 \" alt=\"Gill Marcus glimlag breed, asof sy wou s\u00ea: R2 vir julle en R5 miljoen vir my! Foto: GCIS\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/gill_marcusR2-300x178.jpg\" width=\"300\" height=\"178\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/gill_marcusR2-300x178.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/gill_marcusR2-1024x610.jpg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-20448\" class=\"wp-caption-text\">Gill Marcus glimlag breed, asof sy wou s\u00ea: R2 vir julle en R5 miljoen vir my! Foto: GCIS<\/figcaption><\/figure>\n<p>Tans is die revolusion\u00eare \u201ctransformasie\u201d van ons voormalige Reserwebank onder me. Gill Marcus \u2013 iemand wat blykbaar nou bande met die SA Kommunistiese Party hadhaaf \u2013 in volle swang. Presies wat van ons goudreserwes geword het, weet niemand nie. Die totale waarde van die land se buitelandse reserwes staan tans op ongeveer $50 miljard oftewel R550 miljard.<br \/>\nMy beraming: R500 000 000 000<\/p>\n<h3>3. Verlies van die vyf Afrikaanse en een tweetalige universiteit<\/h3>\n<p>Sedert 1994 woed \u2018n konstante polemiek rondom Afrikaans as universiteitstaal en die toegang van Afrikaners tot die universiteite wat hul voorouers opgebou het. Danksy die aanhoudende verraad van sowel konserwatiewe as linkse akademici, is di\u00e9 stryd grotendeels verlore en het Afrikaners heeltemal beheer oor die US, die VS, die PUK, die voormalige RAU, die UP en UPE verloor.<\/p>\n<p>Volgens internetbronne kos dit ongeveer $35 miljard om \u2018n groterige universiteit te bou. Dus ongeveer R400 miljard per Afrikaanse universiteit, wat die grond, geboue en toerusting sou insluit.<br \/>\nVervangingswaarde van ons universiteite: R2 400 000 000 000<\/p>\n<h3>4. Verlies van staatsmaatskappye<\/h3>\n<p>Tydens die twintigste eeu het die Engelse in ons land beheer oor die Brits-koloniale mynmaatskappye behou, wat in privaat- en dikwels ook buitelandse besit was. Hierteenoor het die Afrikaner staatskapitaal aangewend om nywerhede en openbare maatskappye soos Eskom, Telkom, Transnet, PetroSA (die ou Mossgas en Soekor), Yskor, Sasol en baie ander te vestig, waarvan enkeles intussen ook geprivatiseer is. Die NOK en die Openbare beleggingskommissaris het \u2018n sleutelrol by die aandeelhouding in sommige van di\u00e9 maatskappye gespeel en daarom het die ANC-SAKP in hul triomfantelike plundertog deur Suid-Afrika besondere aandag aan di\u00e9 instellings bestee.<\/p>\n<p>Afrikaners, wat in groot getalle in di\u00e9 openbare maatskappye as werknemers saamgetrek was, moes die spit afbyt en is binne enkele jare etnies uit di\u00e9 maatskappye gereinig.<\/p>\n<p>Weereens is dit \u2018n konserwatiewe beraming, maar die vervangingswaarde van di\u00e9 maatskappye wat nou geheel en al onder die revolusion\u00eare beheer van die SAKP-ANC verkeer, is die volgende:<\/p>\n<p>Eskom: R1 000 000 000 000<br \/>\nTelkom: R20 000 000 000<br \/>\nTransnet: R500 000 000 000<br \/>\nYskor: R100 000 000 000 (Yskor is gratis aan Lakshmi Mittal, \u2018n vriende van Tony Blair, weggegee)<br \/>\nPetroSA: R18 000 000 000 000 (volgens 2012-jaarverslag)<br \/>\nSasol: R381 000 000 000<br \/>\nOpenbare beleggingskommissaris: R1000 000 000 000<br \/>\nNOK: R96 000 000 000 (volgens 2013-jaarverslag)<br \/>\nDenel\/Krygkor: R1000 000 000<\/p>\n<p>TOTAAL: R3 116 000 000 000 (R3,116 triljoen)<\/p>\n<h3>5. Verlies van Afrikaanse skole<\/h3>\n<p>Daar was \u2018n verlies van meer as 1000 Afrikaanse skole. Teen vandag se pryse kos dit ongeveer R50 miljoen om \u2018n skool te bou, dus:<br \/>\nR50 000 000 000<\/p>\n<h3>6. Verlies van Afrikaans as kultuurtaal<\/h3>\n<p>Sedert 14 Augustus 1875, is daar miljoene der miljoene man-ure in die Afrikaanse taal deur Afrikaners gestort. 300 woordeboeke is opgestel en tienduisende boeke in Afrikaans geskryf. D\u00edt alles verkeer tans in die weegskaal. Hoeveel is Afrikaans as taal werd, \u2018n bate wat ons geheel en al sal moet afskryf indien die verengelsingsproses wat met die Nasionale Demokratiese Revolusie saamgaan, voortduur?<br \/>\nMy konserwatiewe beraming: R1000 000 000 000<\/p>\n<h3>7. Verlies aan grond en grondgebied<\/h3>\n<p>Nie net het Afrikaners alle staatsgrond verbeur wat deur vorige geslagte met belastinggeld in die algemene belang verkry is nie, maar is ook deur grondrestitusie, grondhervorming, grondeise, ens., benadeel, \u2018n proses wat tans radikaliseer.<\/p>\n<p>Indien Afrikaners \u2018n nuwe land iewers sou moes koop, wat sou dit kos? Al argumenteer dat slegs die helfte van Suid-Afrika ons toekom, dus 600 000 vierkante kilometer, sou so \u2018n koopsom teen slegs R5000 per hektaar gemiddeld = 600 000 x 100 x R5000.<br \/>\nGrondwaarde: R300 000 000 000<\/p>\n<h3>8. Verlies van munisipaliteite en infrastruktuur<\/h3>\n<p>Munisipale korrupsie en wanbestuur is een van die hooftemas van die sogenaamde \u201cNuwe Suid-Afrika\u201d. Onder andere skuld die munisipaliteite byna R100 miljard aan Eskom. Paaie en infrastruktuur wat voorheen ten duurste gebou en onderhou is, is toegelaat om te verval en verkeer onder die revolusion\u00eare beheer van die SAKP-ANC wat na willekeur munisipale grense trek, sy kaders na munisipale besture ontplooi, ens.<br \/>\nGeraamde waarde: R500 000 000 000<\/p>\n<h3>9. Verlies van buitelandse ambassades<\/h3>\n<p>Die republiek van v\u00f3\u00f3r 1994 het van die beste ambassades in al die groot Westerse hoofstede beskik, wat op sigself aansienlike waarde het. Maar die simboliese waarde van daardie ambassades op skouspelagtige plekke wat die soewereiniteit van die land en sy rang tussen ander lande vergestalt, sal nie maklik weer verkry kan word nie. Slegs Suid-Afrika en Kanada beskik oor ambassades op Trafalgarplein in Londen, byvoorbeeld.<br \/>\nGeraamde waarde: R2 000 000 000<\/p>\n<h3>10. Verlies van die staatsadministrasie, weermag en polisie<\/h3>\n<p>Afrikaners word tans deur geweldsmisdaad, plaasmoorde, verkragtings, huisaanvalle en bedrog geteister. Hul enigste antwoord op di\u00e9 toestand is die organisasie van buurt- en plaaswagte, asook privaatveiligheidsmaatskappye met personeel wat dikwels swak opgelei is en self aan korrupsie skuldig is. Voeg hierby organisasies soos die WNNR, Landbounavorsingsraad, Raad op Geowetenskappe, SABS, en ons kan sien dat die oorhandiging van die staat tydens die Nasionale Demokratiese Revolusie \u2018n geweldige slag vir ons was. Voeg hierby ook die staatsgeboue waarvan sommige historiese geboue in die hart van die ou Boerepublieke en Kaapstad is, en ons kan sien watter geweldige kulturele en materi\u00eble verlies dit vir ons verteenwoordig.<\/p>\n<p>Geraamde waarde van die staatstruktuur: R1000 000 000 000<\/p>\n<p>Dus, die Afrikaner se totale verlies weens die 1994-revolusie, in triljoene (miljoen miljoene) rand uitgedruk:<\/p>\n<p>Soewereiniteit R5,0<br \/>\nReserwebank R0,5<br \/>\nUniversiteite R2,4<br \/>\nStaatsmaatskappye R3,116<br \/>\nSkole R0,05<br \/>\nKultuurtaal R1,0<br \/>\nGrond R0,3<br \/>\nMunisipaliteite R0,5<br \/>\nBuitelandse ambassades R0,002<br \/>\nVerlies van staatsadministrasie R1,0<\/p>\n<p>Totale verlies: R13,868 triljoen oftewel R13 868 000 000 000.<\/p>\n<p>Indien ons veronderstel dat daar steeds 3 miljoen Afrikaners bestaan wat n\u00e1 die revolusie oor die aardbol versprei is, verteenwoordig dit \u2018n verlies van:<\/p>\n<p>R4,6 miljoen per Afrikaner!<\/p>\n<p>As elke Afrikaner vandag begin spaar om die bedrag terug te kry wat Roelf Meyer en FW de Klerk in 1994 aan die SAKP-ANC oorhandig het, sal dit ons die volgende aantal jaar neem om dit weer op te maak:<\/p>\n<p>Indien ons elkeen R1000 per maand spaar: 383 jaar.<br \/>\nIndien ons elkeen R2000 per maand spaar: 191 jaar.<br \/>\nIndien ons elkeen R5000 per maand spaar: 77 jaar.<\/p>\n<p>In hul huidige verarmde, werklose toestand, sou Afrikaners waarskynlik gemiddeld nie meer as R2000 kon spaar vir \u2018n nuwe staat, universiteite, infrakstruktuur, ens. nie. Die SAKP-ANC gaan ons ook nie van belasting vir hul revolusion\u00eare staat kwytskeld om so \u2018n spaarpoging aan te wend nie. Inteendeel, die huidige maghebber sal aanhou om ons uit te buit, ook met tolgeld op ons eie paaie. Daarom kan ons realisties aanneem dat dit ons byna 200 jaar gaan neem om van die terugslag van 1994 te herstel, indien ooit.<\/p>\n<p>As \u2018n mens in ag neem dat dit die twee verloorders tydens die tweede w\u00eareldoorlog, Duitsland en Japan, ongeveer tien jaar geneem het om die finansi\u00eble en ekonomiese verliese van daardie verwoestende oorlog te bowe te kom, dan is die \u201cvrede en versoening van 1994\u201d erger as 20 w\u00eareldoorlo\u00eb n\u00e1 mekaar!<\/p>\n<h4><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=19181\">Veg terug! Sluit aan by praag.<\/a><\/h4>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dan Roodt [followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Vandag \u201cvier\u201d ons 20 jaar van Afrikaneroorgawe- en verraad. Gisteraand ry ek laataand deur die strate van Johannesburg en daar sien ek die mees groteske Beeld-plakkaat n\u00f3g: Bylae oor 20 jaar van vryheid. Vandaar dus my titel. Dit is selfs irriterend [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":23246,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[7580,768,227,3377,7342,16598,7670,5031,5631,9003,14866,16597,10574,16596,8616,16595,4114,8981,8058,5420,8009,9941,2242],"class_list":["post-24127","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-7580","tag-afrikaner","tag-anc","tag-beeld","tag-berlynse-muur","tag-boris-jeltsin","tag-burgeroorlog","tag-demokrasie","tag-fw-de-klerk","tag-gill-marcus","tag-ilana-mercer","tag-imperialisme","tag-leon-lemmer","tag-massamens","tag-oorgawe","tag-ortega-y-gasset","tag-rapport","tag-reserwebank","tag-roelf-meyer","tag-rome","tag-sakp","tag-sowjetunie","tag-suid-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24127","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24127"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24127\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/23246"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24127"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24127"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24127"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}