{"id":24059,"date":"2014-04-23T20:15:54","date_gmt":"2014-04-23T18:15:54","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=24059"},"modified":"2014-06-22T09:52:37","modified_gmt":"2014-06-22T07:52:37","slug":"petrol-of-diesel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=24059","title":{"rendered":"Petrol of diesel?"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_24064\" aria-describedby=\"caption-attachment-24064\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/Audi-A3-sedan-en-Mercedes-Benz-CLA.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24064\" alt=\"Die Audi A3-sedan en Mercedes-Benz CLA\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/Audi-A3-sedan-en-Mercedes-Benz-CLA-300x199.jpg\" width=\"300\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/Audi-A3-sedan-en-Mercedes-Benz-CLA-300x199.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/Audi-A3-sedan-en-Mercedes-Benz-CLA.jpg 590w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24064\" class=\"wp-caption-text\">Die Audi A3-sedan en Mercedes-Benz CLA<\/figcaption><\/figure>\n<p>deur Andr\u00e9 Olivier<\/p>\n<p>Met die huidige stand van sake in Suid Afrika verhandel die rand teen rekordlaagtepunte teenoor die meeste buitelandse geldeenhede. Dit veroorsaak dan nie net buitensporige brandstofpryse nie, maar ook heeltemal buitensporige pryse wat ingevoerde artikels en goedere, soos motors, betref.<br \/>\nOns het dit goedgedink om \u2018n paar van die nuwegeslagmotors met beide diesel- en petrolaandrywing met mekaar te vergelyk. Albei tipes enjintegnologie het oor die afgelope drie jaar met rasse skrede verbeter. Die eerste paar motors wat ons vergelyk, is \u2018n nuwe segmentmotor in Suid-Afrika, die sub-kompakte luuksesedansegment. Hieronder tel motors soos die nuwe A3-sedan, die Mercedes CLA en Citro\u00ebn se DS-sedanreeks wat eersdaags sy opwagting in Europa gaan maak.<\/p>\n<h3>Audi A3 2.0 Tdi SE vs. Mercedes-Benz CLA200<\/h3>\n<p>Ons het dan die Audi A3 2.0 Tdi SE, wat diesel sal verteenwoordig en die Mercedes-Benz CLA200, in die petrolhoek, onder hande geneem.<\/p>\n<p>Die Audi A3-sedan en die Mercedes-Benz CLA het in wese dieselfde doel: om \u201cbekostigbare toegang\u201d te bied tot die Duitse luuksehandelsmerke. Tog is hul voorkoms, gevoel, en ry-persoonlikhede baie verskillend \u2013 byna teenoorgesteldes &#8211; wat beteken dat sommige kopers elke element van hierdie twee modelle tot in die fynste besonderhede sal vergelyk, terwyl ander kopers nie eens die ander model as &#8216;n alternatief sal sien vir sy voorkeur nie.<\/p>\n<p>Met die Audi A4 en Mercedes-Benz C-Klas, die onderskeie modelle wat &#8220;gebruik&#8221; is om kompakte sedans mee te vergelyk, het die punt nou verskuif na half-groottesedans, net onder hierdie twee modelle. Beide die A3 en die CLA is gebou op die voor-wiel-aangedrewe argitektuur, en om en by dieselfde grootte; maar jy hoef net te kyk na hul verskillende profiele om die kontrasterende persoonlikhede van hierdie twee modelle te verstaan. Terwyl die A3 in wese dieselfde silhoe\u00ebt as die groter A4 vertoon, hoewel met &#8216;n verkorte stertkant en beter gestileerde sykante, het die Mercedes-Benz CLA meer aspirasies. Van die kant kan jy die lae, vloeiende daklyn van die CLS sien, terwyl dit in die kajuitagtige binneruim weer baie na die SLK neig.<\/p>\n<figure id=\"attachment_24067\" aria-describedby=\"caption-attachment-24067\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/CLA-stertkant.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24067\" alt=\"Die CLA se stertkant\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/CLA-stertkant-300x234.jpg\" width=\"300\" height=\"234\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/CLA-stertkant-300x234.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/CLA-stertkant.jpg 613w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24067\" class=\"wp-caption-text\">Die CLA se stertkant<\/figcaption><\/figure>\n<figure id=\"attachment_24063\" aria-describedby=\"caption-attachment-24063\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/A3-stertkant.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24063\" alt=\"Stertkant van die A3\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/A3-stertkant-300x198.jpg\" width=\"300\" height=\"198\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/A3-stertkant-300x198.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/A3-stertkant.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24063\" class=\"wp-caption-text\">Stertkant van die A3<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die A3 is 7,5cm korter as wat die Audi A4 was toe dit in 1996 bekendgestel is. Die CLA is sowat 17,5cm langer as die A3 en die Mercedes is nou wat grootte betref, meer vergelykbaar met die hoofstroom- kompakte motors soos die Honda Civic, Chevrolet Cruze en Ford Focus. Die as-afstand ( ie afstand tussen die voorste en agterste wiele) is slegs 5cm langer as di\u00e9 van die hoofstroom- kompaktesedans.<\/p>\n<p>Ondanks die feit dat die lae daklyn mooi lyk, laat dit die Mercedes se binneruim baie beknop voel. Selfs al is daar baie meer ruimte voor in die Benz as in die A3! In die CLA voel dit werklik of prioriteitruimte voorlangs ten koste van diegene, wat dit durf waag om agter in te skuif , toegeken is. Dit is beslis meer koepee-agtig as die A3, wat &#8216;n meer bruikbare agterste sitplek het. Maar selfs in die A3 sal daar erg onderhandel moet word met diegene voor, om agter in te skuif. Materiale binne beide motors is van uitstaande gehalte en tipies van die Duitsers; kwaliteit en diensbaar. Sagte leer regdeur al twee binneruime verseker \u2018n gevoel van luuksheid en ons het nie vir een oomblik gevoel dat ons in \u2018n minderwaardige Audi of Mercedes sit nie. Iets om aan gewoond te raak is die CLA se ratstokkie wat soos \u2018n flikkerligstokkie aan die kant van die stuurwiel gemonteer is. Dit het een of twee keer gebeur dat ek die rat stokkie misgis het vir die rigtingaanwyserstokkie en dan die motor per ongeluk in neutraal druk. Ek wens regtig Mercedes wil \u2018n ander plan met die ratte maak.<\/p>\n<figure id=\"attachment_24066\" aria-describedby=\"caption-attachment-24066\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/CLA-paneelbord-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24066\" alt=\"Die CLA se paneelbord\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/CLA-paneelbord-2-300x168.jpg\" width=\"300\" height=\"168\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24066\" class=\"wp-caption-text\">Die CLA se paneelbord<\/figcaption><\/figure>\n<figure id=\"attachment_24062\" aria-describedby=\"caption-attachment-24062\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/A3-paneelbord.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24062\" alt=\"Paneelbord van die A3\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/A3-paneelbord-300x198.jpg\" width=\"300\" height=\"198\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24062\" class=\"wp-caption-text\">Paneelbord van die A3<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die CLA 200 het \u2019n sewe-spoed dubbelekoppelaar- outomatiese ratkas, terwyl die A3 oor &#8216;n sespoedhandratkas beskik. Werkverrigting tussen hierdie twee motors is vergelykbaar met die A3 2.0Tdi wat &#8216;n paar tiendes van &#8216;n sekonde stadiger teen 8,6 sekondes tot 100 km\/u versnel as die CLA 200 petrol se 8,5 sekondes. Die CLA ry beslis beter , en daar is minder padgeraas in die kajuit , maar dit is nie heeltemal die skerp hanteerder wat die A3 is nie. Ons wil egter ook die A3 se stuurgevoel en remme as &#8216;n stap bo die CLA s\u2019n plaas. Die ander ding wat die twee modelle in gemeen het, is hul inligtingsvermaakstelsel. Aan die bokant en middel van die paneelbord van beide hierdie modelle is ernstig gevorderde vermaakstelsels wat goed lyk en die uiterste funksionaliteit bied. Ons wil die Audi se MMI-stelsel voor die nuutste stelsel in die CLA plaas: nie net is die Audi-stelsel soomloos in die paneelbord versteek wanneer die voertuig geparkeer is nie, maar MMI sluit Google Earth en Street View-kaarte, gevoed deur &#8216;n ho\u00eb-spoed 4G LTE ingeboude datakoppeling in (wat jy ook met jou passasiers en hul toestelle kan deel).<\/p>\n<figure id=\"attachment_24065\" aria-describedby=\"caption-attachment-24065\" style=\"width: 240px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/CLA-beenspasie.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-24065 \" alt=\"Beenruimte in die CLA\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/CLA-beenspasie-240x300.jpg\" width=\"240\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/CLA-beenspasie-240x300.jpg 240w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/CLA-beenspasie.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 240px) 100vw, 240px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-24065\" class=\"wp-caption-text\">Beenruimte in die CLA<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die Mercedes CLA sluit meer standaardveiligheidskenmerke in soos radargebaseerde botsingvermydingstelsels, asook die aandaghulpstelsel wat deur middel van klingels en liggies verhoed dat lomerigheid intree wanneer jy bestuur. Aktiewe veiligheidsopsies in die Audi sluit blindekolmonitors en aanpasbare spoedbeheer in.Wat die enjins aanbetref, word die A3 deur Audi se 2.0 liter 4 silinder-dieselenjin met turbo-aanjaer aangedryf. Die enjin ontwikkel 110 KW en 320 NM se wringkrag. Die CLA word deur \u2018n 1,6 liter turbo- viersilinderenjin aangedryf wat 115 KW en 250 NM se wringkrag lewer. Brandstofverbruik word aangegee as 4,1l\/100km vir die A3 en 5,5l\/100km vir die CLA. Uitlaatgassyfers is ook indrukwekkend teen 107g\/km vir die diesel-A3 en 130g\/km vir die petrol-CLA.<\/p>\n<p>Watter een van die twee sal ek met my eie geld koop? Wel die Audi A3-sedan is oor die algemeen \u2018n mooier motor maar die CLA is uniek. Die CLA trek meer aandag terwyl die A3 meer prakties is. Brandstofverbruik en verrigting is so vergelykbaar dat dit in die regte lewe geen verskil gaan maak nie. Ek het agtergekom dat ek die CLA harder ry omdat hy meer sportief voel en dit sal natuurlik \u2018n uitwerking op die brandstofverbruik h\u00ea. Teen R370\u00a0000 vir die A3 en R390\u00a0000 vir die CLA gaan dit &#8216;n moelike besluit wees.<\/p>\n<p><!--?xml version=\"1.0\" encoding=\"UTF-8\" ?--><\/p>\n<div>\n<h3>Telkaart<\/h3>\n<h4>Audi A3 Sedan 2.0 TDi SE<\/h4>\n<table border=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Prys<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">2 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Voorkoms Buite<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">4 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Binneruim Kwaliteit en Afwerking<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">5 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Spasie en Praktiese toepassing<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">3 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Agter die stuur<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">4 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Enjin en Ratkas<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">5 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Op die pad<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">5 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Veiligheid<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">5 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Totaal<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">33 uit 40<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Mercedes-Benz CLA 200 outo<\/h3>\n<table border=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Prys<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">2 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Voorkoms Buite<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">4 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Binneruim Kwaliteit en Afwerking<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">5 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Spasie en Praktiese toepassing<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">2 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Agter die stuur<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">3 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Enjin en Ratkas<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">5 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Op die pad<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">4 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Veiligheid<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">5 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">Totaal<\/td>\n<td rowspan=\"\" colspan=\"\">30 uit 40<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Andr\u00e9 Olivier Met die huidige stand van sake in Suid Afrika verhandel die rand teen rekordlaagtepunte teenoor die meeste buitelandse geldeenhede. Dit veroorsaak dan nie net buitensporige brandstofpryse nie, maar ook heeltemal buitensporige pryse wat ingevoerde artikels en goedere, soos motors, betref. Ons het dit goedgedink om \u2018n paar van die nuwegeslagmotors met beide [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,103],"tags":[15854,16561],"class_list":["post-24059","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-s28-motors","category-c94-padtoetse","tag-audi-a3","tag-mercedes-benz-cla"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24059","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=24059"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/24059\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=24059"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=24059"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=24059"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}