{"id":240,"date":"2007-03-28T10:03:50","date_gmt":"2007-03-28T10:03:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=240"},"modified":"2007-03-28T10:03:50","modified_gmt":"2007-03-28T10:03:50","slug":"hoe-links-is-lady-helen-en-sal-afrikaners-vir-haar-stem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=240","title":{"rendered":"Hoe links is Lady Helen en sal Afrikaners vir haar stem?"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In &rsquo;n onderhoud wat in die mees onlangse <em>De Kat<\/em> verskyn het, lig Helen Zille die sluier oor haar planne. N&ecirc;rens in die onderhoud maak sy hoegenaamd melding van die Afrikanersteun wat die DA geniet nie, maar spekuleer wel oor die grootskaalse migrasie van Xhosas na die Weskaap wat die party se huidige beheer oor Kaapse munisipaliteite (waaronder Kaapstad self) in die gedrang gaan bring.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Zille is egter self &rsquo;n Xhosafiel wat die taal aangeleer het en dit soveel moontlik praat. Volgens haar is Xhosa &ldquo;&rsquo;n geweldige moeilike taal grammaties en idiomaties, maar dis ook buitengewoon mooi en logies. Daarom sal ek aanhou daarmee.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Haar voorliefde vir die Xhosakultuur veroorsaak dat sy nie uitermate bekommerd is oor die toestroming van ANC-gesinde Xhosas na die Weskaap wat dalk die DA se steunbasis onder blanke en bruin kiesers mag oorweldig nie. Die ANC kort net 190 000 stemme om &rsquo;n volstrekte meerderheid in die Kaapstadse metroraad te behaal en volgens die stadsraad se eie syfers migreer 80 000 Xhosas per jaar vanuit die Ooskaap na die Skiereiland se blink liggies toe.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens Zille is die aanname dat Xhosa-migrasie uiteindelik die DA se enigste provinsiale en stedelike magsbasis mag uitskakel, ongegrond. Sy s&ecirc;: &ldquo;Dit is baie meer waarskynlik dat die ANC voor die tyd sal skeur. Kyk&nbsp; maar net na die geweldige interne spanning en die groot kwessies wat die ANC in die gesig staar. Hierdie aanname berus ook op die veronderstelling dat die ANC die alleenreg op swart steun het. Maar die ANC besit nie swartmense nie.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Duidelik is Zille veel meer polities korrek as Tony Leon. Laasgenoemde het sy bes gedoen om Afrikaans te praat. Hoewel Zille Afrikaans magtig is,&nbsp; maak sy geen punt daarvan om die taal te praat nie en wil eerder aansluiting by die Xhosas as by Afrikaners of Afrikaanse bruinmense vind. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Haar soeke na swart steun m&oacute;&eacute;t uiteindelik op &rsquo;n konflik van belange binne die party uitloop as die een miljoen Afrikanerkiesers wat tans die party steun, uitvind dat die toekomstige leier se simpatie elders is. Daar is reeds groot spanninge binne die DA met die groot aantal oud-NP-politici, veral in die Weskaap, wat kla dat die party deur Engelssprekendes uit die ou Progressiewe Party oorheers word. Die sogenaamde &ldquo;Progs&rdquo; word glo insgelyks voorgetrek as dit by die samestelling van kandidaatlyste kom sodat hulle in die topstruktuur van die party oorverteenwoordig word.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dis nogal insiggewend dat geen van die drie kandidate in die huidige leierskapstryd (Zille, Seremane en Trollip) &rsquo;n Afrikaner is nie; d&iacute;t in weerwil van die meerderheid steun wat die party van Afrikaners ontvang.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Elders in die <em>De Kat<\/em>-onderhoud spreek Zille haar bewondering vir Helen Suzman uit, maar veral ook vir die meer linkse Alistair Sparks wat boonop &rsquo;n aarts-Afrikanerhater is. In Chris Louw se boek <em>Boetman en die swanesang van die verligtes<\/em> vertel die skrywer watter minagting Sparks vir Afrikaners koester, hoe hy hulle as dom beskou en hoe Afrikaner-intellektuele, -skrywers en -joernaliste intellektueel &ldquo;venietig<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rdquo;<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> is tydens &rsquo;n ontmoeting met die meer briljante ANC-leierskap in Frankryk tydens die laat tagtigerjare.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens sommige DA-raadslede in die Weskaap, voer Zille steeds &rsquo;n stryd teen Afrikaners in haar eie party. Sy is wel getroud met &rsquo;n verengelsde Afrikaner, Johann Maree, maar hy is &rsquo;n Marxistiese akademikus aan die Universiteit van Kaapstad. Maree erken rondborstig dat sy eie politiek links van sy vrou s&rsquo;n is en mens kan wel spekuleer of hy haar nie be&iuml;nvloed om nog verder links in die rigting van sosialisme, Afrosentrisme en radikale grondhervorming te beweeg nie.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die behuisingsbeleid van die Kaapse metroraad is reeds sterk sosialisties geori&euml;nteer en intrekkende Xhosas vanuit die Ooskaap kan daarop reken dat hulle gesubsidieerde behuising van die stadsraad sal ontvang. Uiteindelik moet &rsquo;n mens vra watter werklike verskil daar tussen Helen Zille se politieke ideologie en di&eacute; van die ANC is.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tot dusver geniet Zille ook oorweldigende steun in Naspers se Afrikaanse koerante en veral van <em>Beeld <\/em>se politieke korrespondent, Jan-Jan Joubert, wat self &rsquo;n groot ANC-ondersteuner is. Iemand binne die DA praat selfs van Joubert se &ldquo;obsessie&rdquo; met Zille wat in haar &rsquo;n vroulike alternatief vir Mbeki sien en wat min of meer dieselfde beleidsrigtings van transformasie, ontmagtiging van die Afrikaner, grondhervorming en die kolonisering van die Weskaap deur die Xhosas sou voorstaan.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Onder Zille se burgemeesterskap gaan die Kaapse metroraad in elk geval &rsquo;n groot aantal naamsveranderings deurvoer met veral Afrikaanse name in die visier. Die stadsraad het ook onlangs &rsquo;n monument ter ere van PAC-stryders wat sogenaamd in die stryd teen apartheid gesneuwel het, opgerig en onthul.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In &rsquo;n ander onderhoud twee weke gelede in die <em>Sunday Independent<\/em> voorsien Zille selfs dat sy in die toekoms graag met die &ldquo;meer gematigde vleuel&rdquo; van die ANC sou wou saamwerk. Met &ldquo;gematigd&rdquo; bedoel Zille waarskynlik die Mbeki-faksie, teenoor die meer populistiese Zuma-faksie. Indien die ANC dus sou skeur soos Zille self voorspel, sal sy haar gewig by die huidige Xhosa Nostra wat die party beheer, wou ingooi.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Gegewe die groot hoeveelheid Afrikaners wat tans DA stem, behoort Zille gevra te word wat haar standpunt oor die marginalisering van Afrikaans, misdaad, onwettige immigrasie, regstellende aksie, naamsveranderings en dergelike kwessies wat Afrikaners na aan die hart l&ecirc;, sou wees. Haar antwoorde mag interessant wees.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><strong>Het u &rsquo;n mening oor Helen Zille en die DA-leierskapstryd? Stuur dit vir ons aan briewe@praag.org.<\/strong><\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/mal-chiki\/golovnye-ubory\/galstuki-pojasa\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0440\u0435\u043c\u0435\u043d\u044c \u0434\u043b\u044f \u043c\u0430\u043b\u044c\u0447\u0438\u043a\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/aeextr.com.ua\/object\/biografiya-rukovoditelya-prokuraturi-xarkova-aleksandra-vasilevicha-filchakova\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"left\">\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Dit lyk na &rsquo;n uitgemaakte dat Helen Zille die nuwe leier van die DA (Demokratiese Alliansie) gaan word. Hiermee gaan die party beduidend na links verskuif en sy Afrikanersteunbasis versaak ten gunste van die veel groter swart stem.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tony Leon het in &rsquo;n onderhoud op <em>Kyknet <\/em>erken dat die meerderheid DA-kiesers Afrikaners is. In die Weskaap ondersteun &rsquo;n groot aantal bruin kiesers wat saam met die ou Nasionale Party gekom het, insgelyks die party. Tans geniet die DA bloedweinig steun onder swart kiesers, maar sowel Zille as die partystrateeg, Ryan Coetzee (&rsquo;n Engelse Coetzee), is vasbeslote om die party te herposisioneer as &rsquo;n &ldquo;party vir al die mense&rdquo;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><strong>Het u &rsquo;n mening oor Helen Zille en die DA-leierskapstryd? Stuur dit vir ons aan briewe@praag.org.<\/strong><\/span>  <\/p>\n<\/p><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-240","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/240","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=240"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/240\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=240"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=240"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=240"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}