{"id":23913,"date":"2014-04-15T14:33:40","date_gmt":"2014-04-15T12:33:40","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23913"},"modified":"2014-04-15T14:35:25","modified_gmt":"2014-04-15T12:35:25","slug":"bevry-ons-van-rugby","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23913","title":{"rendered":"Bevry ons van rugby!"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/02\/skoppensboer.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-10057\" alt=\"skoppensboer\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/02\/skoppensboer-300x240.jpg\" width=\"300\" height=\"240\" \/><\/a><\/p>\n<p>deur Skoppensboer<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;skoppensbo3r&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p>Skoppensboer lees ook netnou op praag <a title=\"Mbalula hou aan om SARU af te dreig\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23881\">die artikel<\/a> oor die nuwe rassekwotas wat die geagte minister van sport, Fikile Mbalula wil afdwing. Daar moet nou 60% swart spelers wees. \u201cOnrealisties!\u201d roep die rugbyskrywers in die koerante uit.<\/p>\n<p>Nou wonder Skoppensboer by sigselwers: Rugby, vriend of vyand? Daai Amerikaanse joernaliste van die Financial Times, Patti Waldmeir, het mos in haar boek <em>Anatomy of a Miracle<\/em> oor die De Klerk-regering se netjiese kapitulasie aan die ANC geskryf: \u201cAfrikaners swopped apartheid for rugby and they thought they had made a good deal.\u201d<\/p>\n<p>Baie Afrikaners sal seker hul erfgrond, familieplase, voorstedelike huise, asook Versamelde Werk van Langenhoven wat heel bo buite bereik op die boekerak staan, vir rugby verruil. Sommer hul vrouens ook, as dit daarop aankom.<\/p>\n<p>Maar is rugby die prys werd? \u2018n Amerikaner het eenkeer vir Skoppensboer ges\u00ea om \u2018n seiljag te besit, is soos om met \u2018n re\u00ebnjas onder \u2018n stort te staan en honderddollarnote op te skeur. Dis \u2018n duur plesiertjie.<\/p>\n<p>Is daardie paar oomblikke van gewoonlik drankbenewelde ekstase as die Springbokspan \u2018n drie druk of met \u2018n skop deur die pale slaag die miljarde rande wat Afrikaners in hul gunstelingsport stort, werd? Want die rugbystadions wat oral in die land pryk en deesdae al hoe meer vir sokker gebruik word, is nie met staatsgeld gebou nie. Nee, dit was kaartjieverkope en skenkings en borgskappe wat d\u00edt alles tot stand gebring het.<\/p>\n<p>Geld uit die volk se sakke. Wat nou onder die heerskappy van Fikile Mbalula ressorteer. En al die brandewyn-en-coke-drinkende, hardebaardrugbybase spin deesdae soos klein katjies rondom Mbalula se voete, nie waar nie?<\/p>\n<p>Wat het rugby-administrateurs en Agri-SA in gemeen? Albei is amper m\u00e9\u00e9r ten gunste van rassetransformasie as die ANC self! Agri-SA w\u00edl die boere se grond deur \u201copkomende boere\u201d laat oorneem. Trouens, hulle bied selfs aan om daarmee te help. Net so bestee die rugbybase miljoene van hul Afrikanerondersteuners se geld om swart skool- en klubspanne op te lei, ten einde rugby binne die afsienbare toekoms te verswart.<\/p>\n<p>Elke rugbyspeler kry trane in sy o\u00eb as hy die onderbroekvlag sien wapper. Die draers van die Groen en Goud sing Oom Kosie Sukkel in Afrika met stemme wat van emosie bewe!<\/p>\n<p>Daarom dink Skoppensboer dat \u2018n swart Springbokspan met \u2018n halwe blanke speler wat die demografie van die land weerspie\u00ebl, onvermydelik is. Dis dan wat almal uit die diepte van hul harte begeer en al jare lank bepleit.<\/p>\n<p>Laat die Blou Bulle maar dan die Swart Bulle in pienk truie word. En laat die Stormers of die Cheetahs onderskeidelik Xhosa- en Sotho-sprekend raak. Ten minste sal dit \u2018n verandering wees n\u00e1 soveel Afrikanerspelers wat al hul Afrikaans voor die kameras vergeet.<\/p>\n<p>Maar dink net aan die bedekte voordeel vir Afrikaners. Die miljarde rande wat ons stadions en seisoenkaartjies en bier en vervoer en parkeerplek en petrol en wat nog bestee het om Rugby te aanbid, sal skielik \u2018n ander heenkome vind. Dalk kan ons daarmee Afrikanerbesighede begin om vir ons mense werk en welvaart te skep. As ons net vyf persent van die fondse wat rugby opslurp aan die Afrikaanse kultuur bestee, sal ons weer operasterre, vol teaters, asook weekliks nuwe Afrikaanse films of boeke h\u00ea! Nuwe Afrikaanse media op die internet. Beurse vir studente.<\/p>\n<p>Pleks van die Engelse sport rugby, kan ons gerus weer atletiek begin doen waar mense teen tyd of afstand of hoogte meeding en dit moeiliker is om kwotas in te voer. Of ons kan die skermkuns of skaak of yshokkie begin beoefen. Gholf. Niemand het nog ooit vir Ernie Els of Retief Goosen aanges\u00ea om swart te word nie. Sporte waarin die ANC-kaders ewe min as in Afrikaanse kultuur belangstel, want daar is nie groot somme geld wat vloei en in die vorm van salarisse of fooie afgeskep kan word nie. Daar is wel groot geld vir beroepsgholfspelers, maar di\u00e9 word gewoonlik buite die land verdien.<\/p>\n<p>En wat van \u2018n eie Afrikaner- Olimpiese Komitee wat by die IOK aansoek om lidmaatskap kan doen? Dan is ons mos vir goed van Fikile Mbalula en sy politieke inmenging in sport ontslae.<\/p>\n<p>Ook op skool is die rugbykultuur ongesond. Vele middelmatige onnies wat hul onderrig afskeep, het al as amateurrugby-afrigters jare by skole geslyt. En die hoofseun is mos gewoonlik die kaptein van die rugbyspan. Net soos die eerste span een en almal prefekte word en daardie skrander, skraal outjies wat dalk eendag \u2018n Microsoft kon begin of die atoombom weer kon uitvind, afgeskeep en ontmoedig word.<\/p>\n<p>En dan: vanaf ouderdom 13 is al die skoolseuns al op stereo\u00efdes, drink prote\u00efenaanvullings, bou spiere en doen kragoefeninge, alles in die hoop om die eerste span te haal.<\/p>\n<p>Jare later gaan hulle vroeg dood, as hulle nie met krukke moet loop van al die knie-operasies wat hulle moes ondergaan nie. En die stampe en skoppe teen die kop wat hulle opdoen, lei in vele gevalle tot harsingskudding, breinskade en wat nog.<\/p>\n<p>Moontlik het breinskade jou in in die verlede vir \u2018n politieke loopbaan in die Nasionale Party gekwalifiseer. Was FW de Klerk ooit \u2018n rugbyspeler? Of Pik Botha?<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;skoppensbo3r&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Skoppensboer [followbutton username=&#8217;skoppensbo3r&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Skoppensboer lees ook netnou op praag die artikel oor die nuwe rassekwotas wat die geagte minister van sport, Fikile Mbalula wil afdwing. Daar moet nou 60% swart spelers wees. \u201cOnrealisties!\u201d roep die rugbyskrywers in die koerante uit. Nou wonder Skoppensboer by sigselwers: Rugby, vriend of vyand? Daai Amerikaanse [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10057,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,144],"tags":[9791,13190,21114,21101,4835],"class_list":["post-23913","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-c154-skoppensboer","tag-fikile-mbalula","tag-kwotas","tag-c78-rugby","tag-s25-sport","tag-transformasie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23913","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23913"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23913\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10057"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23913"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23913"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23913"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}