{"id":2384,"date":"2008-07-31T04:16:51","date_gmt":"2008-07-31T04:16:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2384"},"modified":"2008-07-31T04:16:51","modified_gmt":"2008-07-31T04:16:51","slug":"kommentaar-op-die-bokoefengroep","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2384","title":{"rendered":"Kommentaar op die Bokoefengroep"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Kom ons analiseer die kandidate:<\/p>\n<p>  Loskop Stutte: Gurthro Steenkamp en Tendai Mtawarira. Pieter de Villiers het raakgevat hier. Daar is min stutte in w&ecirc;reldrugby met beter werkverrigting as die twee. Gunthro het in die wentoets teen Nieu-Seeland die tweede meeste duikslae (18) na Schalk Burger (20) uitgevoer.<\/p>\n<p>  Hakers: Adriaan Strauss en Bismarck du Plessis. Die Bokke het vir Bismarck erg gemis in die toets teen Australi&euml;. Hy is gewoonlik een van die eerste spelers by enige breekpunt en is beslis die beste skrummer van al die hakers in Suid-Afrika. Schalk Britz het hom in die toets teen Australi&euml; uit die Bokspan gespeel met swak skrumwerk en nog swakker ingooie by die lynstane. Adriaan Strauss sal geen span in die steek laat nie maar ek sou voelers uitgesteek het na &lsquo;n ervare speler soos Gary Botha.<\/p>\n<p>  Vaskopstutte: Brian Mujati en CJ van der Linde. Die Bokke het baie lanklaas &lsquo;n vaskopstut gehad wat domineer. Ongelukkig het die twee in die groep nog nooit gewys dat hulle &lsquo;n teenstander in die grond in kan skrum nie. Die Pumas kan dinge vir CJ en Brian warm maak daar voor en ongelukkig kan dit &lsquo;n kettingreaksie veroorsaak deur die res van die span. BJ Botha sou sekerlik &lsquo;n beter keuse gewees het.<\/p>\n<p>  Slotte: Andries Bekker, Bakkies Botha, Victor Matfield. Min mense sal stry dit die 3 by verre die drie beste slotte in Suid Afrika is. Bakkies en Matfield is &lsquo;n ongelooflike kombinasie en intimideer enige haker as dit lynstaantyd is.<\/p>\n<p>  Losvoorspelers: Joe van Niekerk, Juan Smith, Luke Watson, Pierre Spies, Ryan Kankowsk, Schalk Burger. Schalk Burger en Juan Smith is besliste keuses. Op agsteman en op die bank is waar die kopkrap werk gaan inkom. Met Schalk wat bietjie van &lsquo;n besering dra sou dit sin gemaak het om die klipharde Wickus van Heerden as sy adjudant te kies. Luke Watson was &lsquo;n goeie speler in 2006. Hy het nog niks gedoen wat sy plek in die span regverdig nie. Op agsteman is die vraag of mens met Spies gaan begin en later Kankovski gaan vrylaat of anders om. Spies was maar stillerig in sy toetse sover vanjaar, maar sy talent is bo verdenking. Wat baie duidelik is, is dat die wedstrydfiksheid skort. Teen Australi&euml; het hy &lsquo;n paar goeie lopies in die eerste helfte ingekry, die lyn goed gebreek en soos &lsquo;n Trojaan verdedig. In die tweede helfte het hy weggeraak. Spies het omtrent 10 wedstryde in die laaste 12 maande gespeel. Die keurders moes hom vrygestel het om Curriebeker rugby te speel om te skaaf aan die wedstrydfiksheid totdat die All Blacks kom op 16 Augustus.<\/p><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">Skrumskakels: Enrico Januarie en Fourie du Preez. Fourie maak &lsquo;n welkome terugkeer. Januarie was die held in die wentoets teen Nieu Zeeland maar het dit ongedaan gemaak &lsquo;n week later met &lsquo;n patetiese vertoning teen Australi&euml;. Butch James se gesukkel kan ook grootliks toegeskryf word aan die swak diens wat hy ontvang het van sy skakelmaat.<br \/> &nbsp;<br \/> Losskakels: Butch James, Peter Grant en Ruan Pienaar. Butch is die man in die saal maar het nog glad nie oortuig onder die nuwe re&euml;ls nie. Miskien is sy in-jou-gesig benadering nie so effektief met die nuwe re&euml;ls waar hy nou vyf meter agter die skrum moet staan nie. Sy swak spel kan ook voor die deur van Januarie gel&ecirc; word wat hom glad nie die diens gegee het wat van &lsquo;n internasionale skrumskakel verwag word nie. Ruaan Pienaar het al die talent in die w&ecirc;reld om &lsquo;n legende te word op losskakel, maar het baie meer tyd in die posisie nodig om selfvertoue te kry. Peter Grant se keuse in die groep verbaas my. In die Kaap word groot ophef gemaak van hom, maar &lsquo;n internasionale losskakel wat nie &lsquo;n bal verder kan skop as wat hy hom kan gooi nie, hoort nie in internasionale rugby nie.<\/p>\n<p> Senters: Adrian Jacobs, Jaque Fourie, Jean de Villiers en Francois Steyn. Jean de Villiers en &lsquo;n beseringvrye Jacque Fourie behoort die nr 12 en 13 truie hulle eie te maak. Adrian Jacobs het my verbaas in die wedstryde wat hy gespeel het, maar gelukkig vir hom is hy nie op die verdediging getoets nie. Ek sidder om te dink wat Stirling Mortlock se ho&euml; knie-aksie aan arme Adrian gaan doen. Frans Steyn moet leer dat rugby &lsquo;n spansport is en dat hy nie alles alleen hoef te doen nie.<\/p>\n<p> Vleuels: Bryan Habana, Jongi Nokwe, JP Pietersen en Odwa Ndungane. Habana en Pietersen het dit al gedoen en behoort dit weer te doen. Hoe Nokwe in die groep is sal net Pieter de Villiers weet. Twee drie&euml; vir Vrystaat teen die Valke maak nie van jou &lsquo;n goeie vleuel nie<\/p>\n<p> Heelagters: Conrad Jantjes en Percy Montgomery. Hopelik het Pieter de Villiers nou geleer dat mens nie Percy se ervaring net so kan weggooi nie. <br \/> &nbsp;<br \/> Dit sal interesant wees om te sien hoe de Villiers se 22-tal uit die groep saamgestel gaan word en watter uitwerking politieke druk op die groep gaan h&ecirc;.<br \/> &nbsp;<br \/> Sonder politieke druk behoort die span so te lyk: Steenkamp, Du Plessis, van der Linde, Botha, Matfield, Burger, Smith, Kankovski, Du Preez, James, Habana, De Villiers, Fourie, Pietersen, Montgomery. Reserwes: Strauss, Mtawarira of Mujati, Bekker, Spies, Januarie, Steyn, Pienaar. <\/p>\n<p> Die probleem met die span is dat daar net 3 spelers van kleur in die beginvyftiental is, iets wat heel moontlik nie aanvaarbaar gaan wees vir die ANC nie. Hoe de Villiers sy span gaan skommel om ten minste vyf gekleurdes in die beginspan te h&ecirc;, en wie die slagoffers gaan wees bly &lsquo;n ope vraag. Moontlik sal Montgomery moet plek maak vir Janjes en Fourie vir Jacobs. Tyd sal leer.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/16-arkhitekturnoe-osveshchenie\">\u043f\u0440\u043e\u0435\u043a\u0442 \u0430\u0440\u0445\u0438\u0442\u0435\u043a\u0442\u0443\u0440\u043d\u043e\u0433\u043e \u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti\/12.02.2017\/v_harkovskoy_oblasti_naznachen_rukovoditel_mestnoy_prokuratury\/\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pieter de Villiers het sy nuwe oefengroep aangekondig en daar was net hier en daar &lsquo;n verassing.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[21114,21101],"class_list":["post-2384","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby","tag-c78-rugby","tag-s25-sport"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2384","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2384"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2384\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2384"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2384"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2384"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}