{"id":23833,"date":"2014-04-13T08:59:00","date_gmt":"2014-04-13T06:59:00","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23833"},"modified":"2014-04-14T07:07:58","modified_gmt":"2014-04-14T05:07:58","slug":"goldstone-kommissie-gaan-dood-van-dag-hammarskjold-na-50-jaar-oopkrap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23833","title":{"rendered":"Goldstone-kommissie gaan dood van Dag Hammarskj\u00f6ld na 50 jaar oopkrap"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_23834\" aria-describedby=\"caption-attachment-23834\" style=\"width: 170px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/tshombe.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-23834\" alt=\"Tshombe\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/tshombe.jpg\" width=\"170\" height=\"208\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-23834\" class=\"wp-caption-text\">Tshombe<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Sweedse diplomaat en die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Dag Hammarskj\u00f6ld, is na die ontploffing van sy vliegtuig op 18 September 1961 in die destydse Noord-Rhodesi\u00eb (tans Zambi\u00eb) dood.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Internasionale kommissie wat bestaan \u200b\u200buit die voormalige regters Sir Richard Goldstone en\u00a0Sir Stephen Sedley, is onlangs &#8211; in Februarie 2014 &#8211; deur die Verenigde Nasies saamgestel. Di\u00e9 kommissie het die Verenigde State van Amerika intussen versoek om verskeie geheime dokumente rakende die kwessie vry te stel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hammarskj\u00f6ld was op pad om Mo\u00efse Tshombe, wat die rebelle in koper-ryk Katangaprovinsie gelei het, te ontmoet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Katanga wou destyds van die sentrale regering van die Kongo onder Patrice Lumumba afstig.\u00a0Hy het vroe\u00ebr die Kongo se onafhanklikheid van Belgi\u00eb verseker.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tshombe, wat in &#8216;n tronk in Algiers in 1969 gesterf het, is deur Belgiese sakebelange ondersteun en hy het &#8216;n huursoldaatweermag op die been gebring wat die Verenigde Nasies se pogings om die Kantangaprovinsie &#8211; ook bekend as Shaba &#8211; as deel van die sentrale regering van die Kongo te behou, uitgedaag het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een dokument wat reeds vrygestel is, is &#8216;n kabel van die Amerikaanse ambassadeur in die Kongo, Ed Gullion. Die diplomaat identifiseer daarin die huursoldaat wat in alle waarskynlikheid die vliegtuig van die sekretaris-generaal van die VN afgeskiet het as\u00a0Jan van Risseghem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika is ook destyds van betrokkenheid by die ramp beskuldig, omdat &#8216;n &#8220;wit suprematistiese netwerk&#8221; glo die sluipmoord beplan het. Hammarskj\u00f6ld het egter baie vyande gemaak, veral die Europese koloniale moondhede, asook Rusland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika het Katanga se onafhanklikheid destyds gesteun.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Britse Ho\u00eb Kommissaris Cuthbert Alport het die vlug op die lughawe ingewag toe die vliegtuig elders naby Ndola in vlamme neergestort het. Omdat Altport by die lughawebestuur daarop aangedring het dat Hammarskj\u00f6ld elders heen gevlieg het, is die soektog ure lank vertraag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wrak van die vliegtuig is eers na langer as vyftien ure opgespoor, maar ooggetuies by die ramp s\u00ea daar was binne enkele ure reeds mense wat die toneel gefynkam het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Angel-Saksiese diplomate was glo bekommerd oor die verlies aan mag van die groot moondhede in Afrika nadat Hammarskj\u00f6ld &#8216;n milit\u00eare operasie in die Kongo teen die advies van Washington en Londen gemagtig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika is die SAIMN-dokumente met betrekking tot die dood van Dag Hammarskj\u00f6ld op &#8216;n uiters vreemde manier gehanteer. Aartsbiskop Tutu het afskrifte van die dokumente in die openbare domein in 1998 vrygestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het in &#8216;n persverklaring ges\u00ea dat die oorspronklike aan die destydse minister van Justisie, Dullah Omar oorhandig is. Maar hierdie oorspronklike dokumente het intussen verdwyn, sodat dit nou onmoontlik is om vas te stel of, soos daar beweer word, dit vervalsings is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twee van Hammarskj\u00f6ld se topvolgelinge, Conor Cruise O&#8217;Brien en George Ivan Smith, is albei oortuig dat die sekretaris-generaal se vliegtuig afgeskiet is deur huursoldate wat vir Europese nyweraars in Katanga gewerk het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle glo dat die Britte gehelp het om Operasie Morthor onder leiding van Hammarskj\u00f6ld te kelder. In 1992 het die twee &#8216;n brief aan die Guardian gestuur waarin hulle beweer dat die vliegtuig &#8220;per ongeluk&#8221; afgeskiet is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Sweedse diplomaat en die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Dag Hammarskj\u00f6ld, is na die ontploffing van sy vliegtuig op 18 September 1961 in die destydse Noord-Rhodesi\u00eb (tans Zambi\u00eb) dood. &#8216;n Internasionale kommissie wat bestaan \u200b\u200buit die voormalige regters Sir Richard Goldstone en\u00a0Sir Stephen Sedley, is onlangs &#8211; in Februarie 2014 &#8211; deur die Verenigde &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=23833\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Goldstone-kommissie gaan dood van Dag Hammarskj\u00f6ld na 50 jaar oopkrap&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":23834,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[8866,16465,7928,16467,16466,16468,13491,16464],"class_list":["post-23833","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-belgie","tag-dag-hammarskjold","tag-drk","tag-katanga","tag-moise-tshombe","tag-patrice-lumumba","tag-richard-goldstone","tag-sekretaris-generaal-van-die-verenigde-nasies"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23833","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23833"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23833\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/23834"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23833"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23833"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23833"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}