{"id":238,"date":"2007-03-27T09:21:20","date_gmt":"2007-03-27T09:21:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=238"},"modified":"2014-10-09T19:25:46","modified_gmt":"2014-10-09T17:25:46","slug":"zuma-en-afrikaners-braai-vleis-in-houghton","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=238","title":{"rendered":"Zuma en Afrikaners braai vleis in Houghton"},"content":{"rendered":"<div>\n<figure style=\"width: 250px\" class=\"wp-caption alignright\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"Image\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/zumabsw.JPG\" alt=\"Zuma, Steve en Leon Schuster by die braaivleis\" width=\"250\" height=\"186\" border=\"0\" hspace=\"6\" \/><figcaption class=\"wp-caption-text\">Zuma, Steve en Leon Schuster by die braaivleis<\/figcaption><\/figure>\n<p>Wat is tradisionele drag vir &#8216;n Afrikaner? Is dit &#8216;n opslaanhoed soos uit die Anglo-Boereoorlog met &#8216;n Volkspele-onderbaadjie of is dit dalk &#8216;n aandpak? In Etienne le Roux se roman <em>Sewe dae by die Silbersteins<\/em> wonder Henry van Eeden wat hy vir die partytjie, die &#8220;Ballet van die Boere&#8221;, moet aantrek en kom in &#8216;n safaripak aan. Maar daar staan al die Boere in aandpakke. Want, verseker die verteller ons, &#8220;die Boere is die aristokrasie van die land&#8221;.<\/p>\n<p>Ek pypkan dus die kleredragdilemma deur \u2018n neutrale donker broek, pienk hemp en swart kleurbaadjie aan te trek. Tot my verligting het Jacob Zuma ook nie opgedaag in luiperdvel met \u2018n knopkierie en assegaai nie, eerder \u2018n pastelkleurpak waarvan mens in die skemer moeilik die spesifieke skakering kan onderskei.<\/p>\n<div>\n<p align=\"justify\">Mandela woon in Houghton en dis ook waar die braaivleis plaasvind, in die tuin van \u2018n mooi ou huis in di\u00e9 statige voorstad van Johannesburg. \u201cDe Kat se kantore is in die buurt,\u201d verduidelik Elzilda. Soos ek reeds laat blyk het, is dit geen bier-in-die-hand-braaivleis nie, eerder \u2018n soort tuinparty tussen bome wat met vrolike liggies gedrapeer is. Maar ons eet pap en wors en biefstuk en tjops en slaai.<\/p>\n<p align=\"justify\">Zuma se aankoms geskied met flitsende blou ligte in die parkeerruimte (darem geen sirenes nie) en sy twaalf lyfwagte vergesel hom. Elzilda verwelkom hom hartlik; Steve Hofmeyr groet hom soos \u2018n ou vriend en Leon Schuster is ook byderhand vir \u2018n grappie of twee. Ek en Zuma skud hand; dis ons tweede ontmoeting na die vorige keer aan sy huis in Forest Town, tussen Westcliff en Parktown.<\/p>\n<p align=\"justify\">Aanvanklik sit ek oorkant Zuma aan die lang tafel en raak oombliklik verstrengel in \u2018n hewige politieke argument met my buurman, ene Rudi wie se van ek nie onthou nie. Hy is pessimisties oor Suid-Afrika se toekoms en het sy seun aangeraai om die land te verlaat. \u201cHierdie is \u2018n geveg wat ons nie kan wen nie. Die getalle is teen ons,\u201d meen hy. Die vreemdste ding is dat Rudi al die media-clich\u00e9s oor apartheid en wit skuld gesluk het, maar hy voel magteloos weens geweldsmisdaad en regstellende aksie. Ek probeer hom oortuig dat die toekoms nie noodwendig soos die verlede lyk nie, dat die w\u00eareld snel verander en dat die Afrikaner reeds besig is om plek-plek in die land homself te laat geld.<\/p>\n<div class=\"mosimage\" style=\"float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\">\n<figure style=\"width: 267px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"Image\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danenzumasw.JPG\" alt=\"Roodt en Zuma by kerslig\" width=\"267\" height=\"200\" border=\"0\" hspace=\"6\" \/><figcaption class=\"wp-caption-text\">Roodt en Zuma by kerslig<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n<p>Gelukkig tree Liesl G\u00f6ttert tussenbeide en dis my beurt om oorkant die tafel langs mnr. Z, soos Liesl in haar sms\u2019e na hom verwys, te gaan sit. Die rooiwyn vloei saam met die braaivleis en nou kry die gesprek \u2018n veel meer politieke kleur. Regstellende aksie en naamsveranderings word geopper. Kallie Kriel van Solidariteit sit ook oorkant die tafel en kla oor Pallo Jordan se arrogansie sover dit Pretoria se naamsverandering betref. Zuma bly diplomaties en verduidelik dat sekere individue besig is om die harmonie in Suid-Afrika te versteur.<\/p>\n<p align=\"justify\">Vroe\u00ebr is daar ook na Marthinus van Schalkwyk se aanstelling in die kabinet verwys, wat niks gedoen het om Afrikanerontevredenheid te verlig nie. Trouens, die meeste van die partytjiegangers beaam dit dat Marthinus as \u2018n verraaier beskou word.<\/p>\n<p align=\"justify\">\u201cAs ek u reg verstaan, mnr. Zuma, sal Pallo Jordan en Marthinus van Schalkwyk dus nie in u kabinet dien as u president sou word nie,\u201d haak Kallie Kriel af. Zuma grinnik maar net en gee \u2018n diplomatiese laggie.<\/p>\n<p align=\"justify\">Nietemin bied Zuma \u2018n lang regverdiging vir regstellende aksie deur na werkresevering in die vorige bedeling te verwys. Ek gooi \u2018n klip in die bos deur voor te stel dat ons \u2018n prys moet stel op \u201cbenadeling in die verlede\u201d en blankes \u2018n eenmalige bedrag belasting daarvoor moet betaal. Dit kan \u2018n interessante oefening wees om die bedrae belasting wat in die verlede op swart onderwys en gesondheidsdienste bestee is in berekening te bring as die skade van apartheid beraam word.<\/p>\n<p align=\"justify\">\u201cNee,\u201d meen Zuma langs my. \u201cEk sal daarteen gekant wees.\u201d Swartes moet in bestuursposisies aangestel word sodat daar groter balans in die land kan kom.<\/p>\n<p align=\"justify\">\u201cMaar mnr. Zuma,\u201d vra ek nou \u2018n teenvraag, \u201cdie minister van arbeid, Mdlalana, het onlangs ges\u00ea daar sal altyd regstellende aksie wees. Stem u saam met hom of behoort daar \u2018n afsnydatum te wees?\u201d<\/p>\n<p align=\"justify\">\u201cNee, daar behoort \u2018n afsnydatum te wees,\u201d antwoord hy. \u201cDie probleem met regstellende aksie is dat dit in Amerika ontwerp is vir \u2018n minderheid. Hier in Suid-Afrika word dit toegepas op \u2018n meerderheid m\u00e9t politieke mag. Daarom kan ek verstaan as die Afrikaners en ander minderheidsgroepe ongelukkig daaroor voel.\u201d<\/p>\n<p align=\"justify\">Dis sulke antwoorde wat verklaar waarom \u2018n groepie Afrikaanse aktiviste en kunstenaars met Zuma braai en nie, soos prof. Willie Esterhuyse se Afrikanersake-elite, met Mbeki tee drink nie. Mbeki is ver heen sover dit Afrosentrisme en die hele ideologie van ingevoerde Amerikaanse rassenasionalisme betref. Hierteenoor is Zuma meer Zoeloe-nasionalis as Afrosentris, meer gemoedelike populis as Machiavelliaanse politieke skaakspeler soos Mbeki.<\/p>\n<p align=\"justify\">Nog iets: Zuma drink rooibos. Vandat ek nie meer koffie drink nie, is ek ook \u2018n rooibosman. Trouens, ek het al begin eksperimenteer om espresso-rooibos tuis te maak. Dus het Zuma al di\u00e9 Boeredrankie ook oorgeneem.<\/p>\n<p align=\"justify\">Leon Schuster het eers \u2018n soort partytjiegrappie vir Zuma: hy maak asof hy \u2018n vol teekoppie oor hom gaan uitstort, maar die koppie is leeg en hy het \u2018n teelepel deur die koppie se oor gehaak om te sorg dat dit nie op die grond beland nie al val dit o\u00ebnskynlik van die piering af. \u201cNog een van jou truuks!\u201d lag Zuma.<\/p>\n<p align=\"justify\">Waarom stel Zuma in die Afrikaners se klagtes belang? Volgens hom is elke etniese groep in Suid-Afrika waarskynlik in mindere of meerdere mate ontevrede. Die Zoeloes kla byvoorbeeld by hom dat hulle deur die Xhosas oorheers word. \u201cMaar as die Afrikaners ontevrede is, is dit \u2018n ander saak as wat die Swazi\u2019s of die Vendas ongelukkig is, sonder om nou enige van daardie groepe in die gesig te vat.\u201d<\/p>\n<p align=\"justify\">Aan die einde van die aand sou Bok van Blerk se \u201cDe la Rey\u201d gespeel word. Die huiseienaar is effens lugtig dat sy Joodse bure hier in Houghton aanstoot neem, maar watwou, dit word gespeel. Sean Else, die skrywer van die liedjie, is self teenwoordig en lewer allerlei insette as \u2018n soort selfaangestelde verteenwoordiger van jong Afrikaners. Volgens hom wil jongmense hulself nie as slagoffers van regstellende aksie en ander onaangename aspekte\u00a0 van die nuwe bestel sien nie en eerder \u2018n dinamiese bydrae tot die land en veral die Afrikaanse kultuur maak.<\/p>\n<p align=\"justify\">Driekwart deur die gesprek, vra ek \u2018n ernstiger politieke vraag. \u201cSuid-Afrika, of altans so verseker die politieke wetenskaplikes ons, is eintlik \u2018n land van minderhede. Selfs die Zoeloes, wat die grootste groep is met hul tien miljoen mense, verteenwoordig \u2018n minderheid teenoor die totale bevolking. Soos ons Afrikaners dit sien, het \u2018n klomp van die ander groepe in die land as\u2019t ware teen ons saamgespan in \u2018n politieke alliansie om ons tans te oorheers. Dink u daar sal \u2018n tyd kom wanneer Afrikaners ook deel sal kan wees van \u2018n politieke alliansie, nie soseer om ander te oorheers nie, maar om \u2018n bydrae tot die land te lewer met behulp van hul kundigheid, hul patriotisme en ervaring van regering?\u201d<\/p>\n<p align=\"justify\">Op \u2018n manier is dit \u2018n strikvraag en ek kan sien Zuma skuif ongemaklik rond. Hy is immers nog besig om binne die ANC homself te posisioneer as die volgende leier van die Xhosa-alliansie. Maar hy gee egter toe dat so \u2018n alliansie dalk in die toekoms moontlik is.<\/p>\n<p align=\"justify\">N\u00e1 Zuma se vertrek praat ek, Steve Hofmeyr, Kallie Kriel, Sean Else en \u2018n Engelssprekende vriend van Elzilda en haar man nog tot na middernag politiek.<\/p>\n<p align=\"justify\">Dat hier egter \u2018n interessante gesprek tussen Zuma en die Afrikaners aan die gang is, is gewis.<\/p>\n<\/div>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">no deposit casino bonus codes instant play<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mykharkov.info\/news-companies\/furshety-s-klassom-udobno-raznoobrazno-i-dostupno-78181.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0436\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek was toe gisteraand by die Zuma-Afrikaner-braaivleis, maar het niks gebraai nie. Ons gasvrou, Elzilda Becker van De Kat, het vooraf aangedui dat die drag &ldquo;tradisioneel&rdquo; sou wees. Dit stel mens altyd voor &lsquo;n dilemma.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[175,21089,379],"class_list":["post-238","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","tag-afrikaanse-nuus","tag-nuus","tag-zuma-en-afrikaners-braai-vleis-in-houghton"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/238","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=238"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/238\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=238"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=238"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=238"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}