{"id":23582,"date":"2014-04-03T09:51:48","date_gmt":"2014-04-03T07:51:48","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23582"},"modified":"2014-04-03T09:51:48","modified_gmt":"2014-04-03T07:51:48","slug":"swarte-martel-86-jarige-vrou-ure-lank","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23582","title":{"rendered":"Swarte martel 86-jarige vrou ure lank"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_23583\" aria-describedby=\"caption-attachment-23583\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/engela_nel_1week.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-23583\" alt=\"Engela Nel in haar studeerkamer 'n week n\u00e1 die voorval. Foto: Die Pos\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/engela_nel_1week-300x233.jpg\" width=\"300\" height=\"233\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/engela_nel_1week-300x233.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/engela_nel_1week.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-23583\" class=\"wp-caption-text\">Engela Nel in haar studeerkamer &#8216;n week n\u00e1 die voorval. Foto: Die Pos<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Pos op Nylstroom <a href=\"http:\/\/diepos.co.za\/details\/28-03-2014\/bejaarde_86_ure_lank_gemartel\/23972\" target=\"_blank\">berig<\/a> dat Engela Nel (86) van die Zebra Park-sekuriteitsoord op die dorp Woensdagnag, 19 Maart, ure lank gemartel is. Sy het vir haar lewe, asook vir haar tuinwerker se siel, gebid nadat hy haar glo oorval en ure lank in haar huis aangehou en emosioneel geteister en rondgeruk het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Thomas Madimetsha Kemp het glo ongeveer vyf jaar lank vir Nel in haar tuin gewerk en ook gehelp met ander take in en om die huis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het aan Die Pos vertel dat Kemp op di\u00e9 betrokke dag sy gewone vriendelike en gemoedelike self was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nadat hy om ongeveer 16:30 klaar gewerk het, het hy saam met Nel kombuis toe gestap, nes altyd, waar sy hom vir die dag se werk moes betaal. Hy het \u2019n register gehad waarin hy gewoonlik ontvangs geteken het vir sy geld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy s\u00ea dat hy op di\u00e9 dag kastig vir haar \u2019n lekkende kraan in die badkamer in haar slaapkamer wou wys, maar dat sy nie saam met hom soontoe gestap het om te gaan kyk nie. Sy het net vir hom ges\u00ea dat daar nie tyd was daarvoor nie. Sy was van plan om hom by die huis te gaan aflaai, aangesien dit gelyk het asof dit binnekort sou re\u00ebn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kemp het haar toe glo vir meer geld gevra, maar Nel het vir hom ges\u00ea dat sy nie soveel geld het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die volgende oomblik, vertel sy, het dit vir haar gevoel asof sy deel is van \u2019n nare droom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe sy omdraai om haar motorsleutel op die kombuistoonbank te vat, het hy haar glo van agter om die nek gegryp en begin wurg. Sy is hard op die kop geslaan en het vir \u2019n ruk haar bewussyn verloor.<\/p>\n<figure id=\"attachment_23584\" aria-describedby=\"caption-attachment-23584\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/thomas_madimetsha_kemp.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-23584 \" alt=\"Thomas Madimetsha Kemp, wat tans deur die polisie gesoek word\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/thomas_madimetsha_kemp-300x269.jpg\" width=\"300\" height=\"269\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/thomas_madimetsha_kemp-300x269.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/thomas_madimetsha_kemp.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-23584\" class=\"wp-caption-text\">Thomas Madimetsha Kemp, wat tans deur die polisie gesoek word<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe sy \u2019n bietjie later in haar slaapkamer op die mat bygekom het, was Kemp besig om haar hande en voete vas te bind en aan die bed se pote vas te maak. Hy het ook tou om haar nek en oor haar mond vasgebind. Nel s\u00ea dat die toue s\u00f3 styf vasgemaak was, dat die gevoel in haar hande en voete doodgegaan het. Daar was ook baie bloed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy s\u00ea dat sy vir hom gevra het hoekom hy dit doen. Hy het geantwoord dat hy R3 000 nodig het, blykbaar vir &#8216;n sangoma-kursus wat hy wou afl\u00ea of reeds afgel\u00ea het. Die hele tyd wat sy met hom probeer praat en by hom gepleit het om haar los te maak, het hy glo aangehou om te s\u00ea dat hy daardie bedrag geld nodig het. Sy het vir hom ges\u00ea dat sy nie soveel geld in die bank het nie, maar hy het blykbaar aangehou om vir haar te s\u00ea dat sy jok en dat hy haar nie vertrou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nel het later vir Kemp die kluis in haar studeerkamer oopgemaak, waarin daar ook niks van waarde was nie. Hy het haar toe in die studeerkamer toegesluit terwyl hy deur die huis gestap het en al die sleutels wat in die huis was, bymekaar gemaak het. Nel het die studeerkamer se duplikaatsleutel, wat toevallig ook in die kluis was, uitgehaal en die studeerkamer se deur versigtig oopgesluit. Omdat hy haar debietkaart gevat het, het sy gedink dat hy dalk gery het om te gaan kyk hoeveel geld hy uit haar rekening kon trek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe sy by die studeerkamer uitstap, het hy haar egter weer van agter gegryp en gevra of sy probeer wegkom. Die toue, wat die dun vel oor haar arms en gewrigte teen di\u00e9 tyd deurgeskaaf het, is n\u00f3g stywer getrek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen ongeveer middernag is Kemp glo met Nel se bankkaart, selfoon, TV en motorsleutels weg. Die landlyn is blykbaar al vroe\u00ebr ontkoppel en uit die studeerkamer geneem. Nel het haar handvuurwapen, wat in die studeerkamer versteek was, met haar geswelde en bebloede hande probeer laai en dit n\u00e1 \u2019n gesukkel reggekry om twee skote af te vuur om die bure se aandag te trek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het ook een van die venstertjies in die studeerkamer se glasdeur met \u2019n ornament gebreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het besluit as hy weer terugkom, skiet ek hom dood voordat hy m\u00fd doodmaak,\u201d het Nel ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die studeerkamer het sy ook ou Telkom-telefone onder in \u2019n boekrak gekry en gelukkig het een van hulle gewerk.<br \/>\nSy het van die bure gebel en laat weet wat gebeur het. Terwyl sy besig was om oor die telefoon te praat, het sy haar aanvaller skielik w\u00e9\u00e9r deur die glasvensters van die studeerkamer by die agterdeur sien inkom. Sy het hard vir haar buurman oor die foon ges\u00ea: \u201cBel die polisie, ek is deur Thomas (almal daar ken hom) aangeval.\u201d Kemp het volgens haar net daar in sy spore omgedraai en verdwyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van haar bure, Theuns Minnaar, het \u2019n spaarsleutel vir Nel se voordeur gehad en kon die huis oopsluit. Die polisie, wat glo baie flink gereageer het op die oproep, moes egter die studeerkamer se deur oopskop om Nel te bevry, aangesien Kemp di\u00e9, sowel as alle ander sleutels in die huis met hom saamgeneem het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nel is eers na dr. Mich Veldman geneem om haar wonde te verbind, voordat ds. Fanie Hoffman (voorheen van die Hervormde Kerk op Modimolle) haar teen ongeveer 01:30 die oggend na die Orania-versorgingseenheid in die Noord-Kaap geneem het, waar sy tot Sondag, 23 Maart, behandel is. Haar dogter, Estelle Pretorius, het vir \u2019n paar dae kom kuier sodat sy \u2019n ogie oor haar ma kan hou. Sy s\u00ea dat dit die vreeslikste gevoel is om in die middel van die nag wakker gebel te word en te hoor dat jou ma aangeval is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nel is die tweede bejaarde inwoner in \u2019n kort tydperk wat op Nylstroom aangeval is. Piet Venter is verlede jaar ook pimpel en pers geslaan nadat hy in sy huis by die Amarula-kompleks deur \u2019n mede-inwoner se seun oorrompel en aangerand is vir geld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk kan nou nog nie glo dat Thomas tot so iets in staat was nie. Ek het op \u2019n stadium, terwyl hy my aangehou het, vir hom ges\u00ea om my hand te vat sodat ek vir hom ook kan bid omdat hy met \u2019n verkeerde ding besig was,\u201d vertel sy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Haar advies aan die gemeenskap: \u201cMoet ni\u00e9mand vertrou nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ao. James Findlay, woordvoerder vir die polisie op Modimolle, het aan Die Pos ges\u00ea dat Nel se motor en selfoon later die nag in Kroepstraat, naby die polisiestasie, gevind is. Kemp is nog nie opgespoor nie, maar \u2019n saak van huisroof en diefstal van \u2019n voertuig is geopen. Dit word deur ao. Koos van der Berg en sy span ondersoek. \u2019n Beloning word aangebied vir positiewe inligting wat mag help met die ondersoek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van den Berg kan gebel word by tel. 072 534 5334.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Pos op Nylstroom berig dat Engela Nel (86) van die Zebra Park-sekuriteitsoord op die dorp Woensdagnag, 19 Maart, ure lank gemartel is. Sy het vir haar lewe, asook vir haar tuinwerker se siel, gebid nadat hy haar glo oorval en ure lank in haar huis aangehou en emosioneel geteister en rondgeruk het. Thomas Madimetsha &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=23582\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Swarte martel 86-jarige vrou ure lank&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":23583,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[11744,16353,15985,16151,16355,16354],"class_list":["post-23582","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-aanval","tag-engela-nel","tag-martel","tag-nylstroom","tag-thomas-madimetsha-kemp","tag-tuinjong"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23582","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23582"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23582\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/23583"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23582"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23582"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23582"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}