{"id":23531,"date":"2014-04-01T09:12:19","date_gmt":"2014-04-01T07:12:19","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23531"},"modified":"2014-04-01T09:12:19","modified_gmt":"2014-04-01T07:12:19","slug":"anc-en-da-is-kop-in-een-mus-met-rasstellende-aksie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23531","title":{"rendered":"ANC en DA is kop in een mus met rasstellende aksie"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_23536\" aria-describedby=\"caption-attachment-23536\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/da_rasstelling.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-23536\" alt=\"Die DA, 'n party wat ook interne rassttellende aksie toepas\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/da_rasstelling-300x168.jpg\" width=\"300\" height=\"168\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/da_rasstelling-300x168.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/da_rasstelling-70x40.jpg 70w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/da_rasstelling.jpg 676w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-23536\" class=\"wp-caption-text\">Die DA, &#8216;n party wat ook interne rassttellende aksie toepas<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Me. Helen Zille se\u00a0<a title=\"Verwoerd dans in sy graf\" href=\"http:\/\/www.beeld.com\/opinie\/2014-03-24-kommentaar-verwoerd-dans-in-sy-graf\" target=\"_blank\">artikel in Beeld<\/a>\u00a0oor \u201crasstellende aksie\u201d, soos dit deesdae in die volksmond bekendstaan, toon aan hoe die DA se m\u00f4re- en aandpraatjies nie ooreenkom nie. Is die DA nie die party wat vir sogenaamde \u201cbreedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging\u201d in die parlement gestem het nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regulasies van minister Mildred Oliphant verteenwoordig bloot die logiese uitvloeisel van die anti-wit arbeidsbeleid wat die DA ondersteun.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille se koloniale onderrok hang ook ver uit as sy onsmaaklike vergelykings tussen ANC-beleid en di\u00e9 van dr. Verwoerd tref. Waar op aarde het Verwoerd ooit aan maatskappye voorgeskryf wie hulle in diens mag neem en wie nie? Werkreservering in die ou Suid-Afrika is terug te voer na die 1922-staking toe dit deur die veel geprese Suid-Afrikaanse Kommunisteparty met sy destydse slagspreuk van \u201cWerkers verenig vir \u2018n wit Suid-Afrika\u201d ge\u00ebis is. Dit was egter bloot van toepassing op 7% van beroepskategorie\u00eb, hoofsaaklik op die myne, en kan nie met die huidige, totalit\u00eare sosiogeni\u00ebring van die twee radikaal linkse partye, die ANC en DA, vergelyk word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Voormalige DA-LP, die omroeper Niekie van den Berg, het onlangs op KykNET ges\u00ea: \u201cDie DA is nou die party van benadeling.\u201d Volgens hom is dit internet DA-beleid om \u201cvan ons middeljarige blanke mense ontslae te raak\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien die DA van blankes en veral blanke mans in sy eie geledere ontslae wil raak, is dit mos net logies dat hy dieselfde beleid in die SA ekonomie sal ondersteun, nie waar nie? D\u00edt het hy inderdaad met sy stem vir breedgebaseerde SEB bewys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl me. Zille met haar snedige verwysings na Verwoerd haar ongeneeslike Boerehaat demonstreer, hou sy aan om die historiese ANC as \u2018n \u201ceens eerbare organisasie\u201d te bestempel. Wanneer was die ANC ooit eerbaar? Toe dit met die Sowjetunie en Oos-Duitsland saamgespan het om onskuldige burgerlikes in ons land te vermoor? Dink maar aan die Kerkstraat- en Amanzimtoti-bomme. Of toe die ANC- en SAKP-leiers n\u00e1 hul besoek aan Vi\u00ebtnam in 1978 op die swart-op-swart terreurveldtog bekend as \u201cpeople\u2019s war\u201d besluit het? Lees gerus dr. Anthea Jeffery se lywige boek hieroor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA en die ANC is kop in een mus as dit by die etniese reiniging van minderheidsgroepe uit die arbeidsmark kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Nuwe visie is nodig om \u2018n einde aan geweld en rassekwotas te maak. Slegs Front Nasionaal se beleid van kulturele outonomie en selfbeskikking kan Suid-Afrika van gewisse ondergang red.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Dan Roodt<br \/>\nOnderleier,\u00a0<a title=\"Suid-Afrikaanse politieke party\" href=\"http:\/\/frontnasionaal.com\/\" target=\"_blank\">Front Nasionaal<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Me. Helen Zille se\u00a0artikel in Beeld\u00a0oor \u201crasstellende aksie\u201d, soos dit deesdae in die volksmond bekendstaan, toon aan hoe die DA se m\u00f4re- en aandpraatjies nie ooreenkom nie. Is die DA nie die party wat vir sogenaamde \u201cbreedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging\u201d in die parlement gestem het nie? Die regulasies van minister Mildred Oliphant verteenwoordig bloot die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=23531\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC en DA is kop in een mus met rasstellende aksie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":23536,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[227,7599,6688,4772,15930,222,2242],"class_list":["post-23531","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-anc","tag-da","tag-helen-zille","tag-ras","tag-rasstellende-aksie","tag-regstellende-aksie","tag-suid-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23531","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23531"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23531\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/23536"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23531"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23531"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23531"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}