{"id":23505,"date":"2014-03-31T10:50:19","date_gmt":"2014-03-31T08:50:19","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23505"},"modified":"2014-06-24T10:47:13","modified_gmt":"2014-06-24T08:47:13","slug":"bodem-ii-17-die-speelgrond","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23505","title":{"rendered":"Bodem II, 17: Die speelgrond"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 16: Die vrees\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23489\">Bodem boek II, 16<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Alle normale seuns hou van oorlogspeletjies. Ek het moderne vrouens geken wat verseg het om vir hulle kleuterseuntjies speelgoedgewere te koop en hulle selfs verbied het om met hulle maatjies s\u0149 te speel, net om handpalms teen hulle voorkoppe te slaan as Seuna \u0149 krom stok optel, daarmee mik en \u201cBAM! BAM!\u201d-geluide daarmee maak. \u00a0Moet net nie dink dat as volwasse mans in \u0149 desperate en dieragtige oorlewingstryd met mekaar betrokke is, hulle handelinge nie soos die lawwe speletjies van kinders lyk nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>Vir \u0149 wyle is dit \u0149 soort wegkruipertjie-raakjou!-speletjie rondom die omgeslaande Ford en die uitgeskakelde bussie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom!\u201d sis ek vir Ninja.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek is redelik seker wat anderkant die Ford buite ons gesigsveld gebeur met \u0149 deel van die aanvalsmag wat afgeskil het om ons blertsroerelement teen die oorkantste muur uit te skakel en ek besef dat as hulle ombeweeg, sal hulle vir my en Ninja onder skoot kan kry. My gedagte was om om te beweeg, by die hek uit en om te probeer om die oorblywende aanvallers onverhoeds in die agterhoede te betrap. Daar is \u0149 geur van desperaatheid aan die plan, maar ek is doodverskrik om staties te wag dat die geveg verder ontwikkel. My teengifmiddel om vrees te behandel is optrede. Solank ek iets doen, beleef ek darem \u0149 skyn van beheer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die brein het sy eie rituele tydens vrees en een daarvan is die sogenaamde \u201ckameraflitsoomblikke\u201d waartydens jou verstand as\u2019t ware foto\u2019s van verskillende voorwerpe en wesens neem om later te kan ontleed.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Riffelstroke in die Ford se bak: Kliek!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sleephaak opgekrul met \u0149 gegote knop; laat my aan \u0149 donkietril dink: Kliek!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Onafgewerkte blerts beton teen die betonmuurpilaar: Kliek!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lance wat net buite die perseel in die wegspringposisie hurk: Kliek!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Veelkleurige plakker wat \u201cWindkiss Tours\u201d teen die agterruit van die Mercedes-Benz adverteer: Kliek!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lance sluit by my en Ninja aan en ons sluip met vinnige tre\u00eb om die hoek van die bussie om en teen die lengte daarvan af, maar die oorblywende kwartet gewaar ons, swaai om en begin op ons vuur. Die drie van ons verander holderstebolder koers en werp onsself agter die betonmuur in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Op hierdie presiese oomblik was die boelies baas van die speelgrond. Die drie van ons is uit die spel uit, vasgekeer buite die perseel. Die Merk Vier het teruggeval en vier aanvallers sou binne sekondes die blertsroerspan oorval.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar ons was nog nie gedaan nie. Joachim het een element in reserwe gehad en hierdie was die laaste moontlike oomblik vir die toetrede tot die stryd daarvan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Volkswagen was buite sig van die hek af langs die kantoor geparkeer en nou kastanjet die enjin aan die gang. Die hoofligte streep oor die grond en die kolligte hoog teen die rolstaaf is smeltwitwarm. Die aanvallers is vol in die verblindende lig en dit is onmoontlik vir hulle om te weet wat uit die donker in hulle rigting kom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die kewer se groot, dik agterwiele loei oor die teerblad en die voertuig kom soos \u0149 kanonskoot uit die blokke. Dit het skaars dertig meter om te gaan, maar die versnelling van die koddige voertuig is verbysterend. My twee slagoffers beman die Volkswagen; Gebreekte Ribbes Kip is agter die stuur en Gat In Sy Been Solly is op die passasiersitplek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die vier plunderaars spat weg van mekaar, twee in die rigting van die Ford en twee in Ylbaard-hulle se rigting. Kip se oogmerk is om die blertsskuts te beskerm en hy ruk die voertuig na regs en skop die rem. Die Volkswagen sleep met ontsaglike momentum oor die laaste paar meter, \u0149 staalrenoster van \u0149 voertuig, \u0149 anderhalfton meganiese woede, onstuitbaar en verbryselend.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die pypbakraam tref die agterste aanvaller kniehoogte van die kant af en moker hom teen die muur vas. Dit vergruis albei bene van middekuit tot die onderste deel van die bobene. Sy gil is \u0149 verontwaardigde sirene en eindig kortaf in \u0149 pynkreet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nou gebeur dinge in \u0149 warrel. Kip steek die Volkswagen in trurat en laat die koppelaar uitspring. Die Kewer brul agteruit. Die verminkte plunderaar sak teen die muur af en los bre\u00eb bloedstrepe vol beensplinters teen die grysnatbeton. Die twee aanvallers links van die Volkswagen het genoeg tot verhaal gekom om op die snelontrekkende voertuig te skiet, die een met \u0149 pompaksiehaelgeweer, die ander met \u0149 pistool, in \u0149 ritmiese harmonie, die haelgeweer wat \u0149 ronde blafgeluid maak en die pistoolknalle wat knak: BLA-HUM! Knuk!nuk!nuk! BLA-HUM! Knuk!nuk!nuk! BLA-HUM! Knuk!nuk!nuk!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Kip, en ek weet hy was grootoog en koudgespoel met adrenalien, het vir \u0149 oomblik gedink dat hy en Solly weggekom het, toe trek sy makker styf langs hom en wip op soos iemand wat op warm yster gesit het. Daarna hang sy bolyf slap oor na links en sy liggaam seil uit die Kewer uit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSolly! Solly! Sollyhhhhh!\u201d skree Kip en skop die rem in vir nog \u0149 stormloop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Voor hy egter eerste rat geskakel kan kry, rammel die Merk Vier terug in die stryd in, di\u00e9 keer met Joachim agter die stuur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die plunderaars het genoeg gehad van voertuie wat na hulle geslinger word. Die twee naaste aan die Ford spring om en nael na hulle kamerade, maar nou swenk die Merk Vier en kom agterna, groot, regop met metaaldele wat ratel en klingel soos \u0149 laerskoolslagorkes en \u0149 brommende V8-enjin.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die twee vlugtendes nael vervaard tussen hulle wagtende makkers in, vinnig en wild genoeg om botsings en verwarring te veroorsaak, en \u0149 vingerklap later tref die Merk Vier die bondel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Agter die muur kon ons die enjins hoor raas, die skote hoor klap, en die vloeke en bevele en verskeurende gille van pyn. Die volgende oomblik kom \u0149 struikelende man, en toe nog twee, drie van hulle by ons posisie verby onderweg na die pad en die Merk Vier duiwel tussen hulle in van agter af. Een van die vlugtendes slaan volle lengte voor my o\u00eb neer, skaars \u0149 meter van my af en dan rol die groot voorwiel van die pantserkar onge\u00ebrg oor hom, knarsend, tussen sy wydsbene deur, oor sy boud, oor sy rug, sy ribbes, sy skouer en die kant van sy kop, en dan volg die agterwiel in die spoor. Ek kan duidelik hoor hoe die bene klapkraakknars en hoe die wind uit die man se longe bars.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die pantserkar tref nog drie manne. Die een word platgestamp en, in \u0149 persoonlike wonderwerk vir hom, beweeg die wiele weerskante en die pens los bo-oor hom. Nommer twee word vol in die rug getref deur die modderskerm en hy maak \u0149 bollemakiesie ver vorentoe en het net op sy rug gedraai toe die Merk Vier swenk en met die buitenste voorwiel oor sy borskas ry. Nommer drie is een kant toe geslinger en verloor sy geweer in sy vlug deur die lug. Hy land handeviervoet en hou net aan vorentoe skarrel, kom orent en versnel, weg, in die donkerte in, met die teerpad af.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy is die enigste een van die plunderaars wat die speelgrond van die perseel verlaat en ontsnap.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nog twee van die bende het die Merk Vier se aanslag onaangeraak oorleef. Hulle vlieg weg, maar in plaas van om hulle maat die pad af te volg, swenk hulle links en hardloop aan die anderkant van ons by die stilstaande voertuie verby, beweeg regs en in die groot werf met die stooreenhede in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die aanvaller wat ongeskonde gelaat is deur die pantserkar wat oor hom beweeg het, doen \u0149 opstoot om regop te kom, \u0149 meter van my af. Ek tree nader. Daar is nie baie tyd nie, maar dit is genoeg. Dis asof ek \u0149 knoppie in myself druk en \u0149 masjien waaroor ek geen verdere beheer het nie, word; asof ek myself kan sien, die meganiese voorbereiding en werking.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die masjien se bene gaan na die man op die grond met sy nek na bo.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die masjien se voete word wyd van mekaar geplant.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die masjien se bolyf rys.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die masjien se arms lig die kort steel van die kapper met die lang lem daaraan vasgesweis.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die masjien arms halt hoog bo die masjien se kop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Mikroskakelaars klik en meganiese kragtoepassers word geaktiveer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die masjien se arms swiep ondertoe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is \u0149 skerp lispelgeluid en \u0149 dowwe klop en dan \u0149 getjirp van staal teen teer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die man se arms verslap.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy kop spring \u0149 sentimeter weg van die nek en land netjies op die gesig, maar die meetkunde van die neus maak dit ongebalanseer en die hoof kantel saggies tot op die linkerwang.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die masjien se beheerstelsel skakel af en ek word weer ek, \u0149 man in \u0149 natgere\u00ebnde withemp, met \u0149 swart aandpakbroek en ho\u00ebglansleerskoene aan, snakkend na asem met \u0149 kru kapwapen diagonaal voor sy bors in albei hande gehou. En ek is briesend, verontwaardig, deurtrek met \u0149 gevoel van verontregting teenoor die mense wat my w\u00eareld so verander het dat ek \u0149 man se nek moet afkap in \u0149 nag wat ontwerp was vir goeie kos en musiek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ninja gryp my aan die bo-arm.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom!\u201d s\u00ea hy. \u201cKom! Kom ons gaan kry hulle.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim, in die Merk Vier, maak \u0149 U-draai en kom terug na die perseel se ingang. Die ligte val op die liggame voor ons. Ninja buk en tel \u0149 pompaksiehaelgeweer met \u0149 kunsveselkolf en \u2013 pistoolgreep op. Ek kyk nie eers vir \u0149 vuurwapen nie. Ek het die menskapper by my en die donker woede is op my.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Drie aanvallers het nou in die diepte van die perseel ingevlug: Die twee wat om die bussie teruggenael het en die een wat teen die muur naby die blertsballers bly staan het. Hy het gou besef dat hulle aanval op Ylbaard, Reginald en die gewonde Tabitha nie net op vuurwapens nie, maar getalle berus het. Hy het, om presies te wees, uitgevind wat dure ervaring vir generaals en sersante deur die eeue geleer het: Om \u0149 ingegraafde of verskuilde vyand te oorrompel, is vrekkens moeilik.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ylbaard en Reginald het, nadat hulle die gevolge van die Volkswagen se stormloop gesien het, moed geskep, laag agter die betonskans gebly en doelgerigte vuur met hulle blertsroere begin lewer. Die eerste sarsie rondtes was rissieballe wat in los wolkies teen die plunderaar ontplof het en die branddeeltjies het hom laat proes, nies en sy o\u00eb vryf. Hy het vorentoe gestrompel, vir eers net daarop bedag om van die foltering van die traangas weg te kom. Dit is toe dat die rissieballetjies in die blertsroermagasyne plek gemaak het vir soliede glasveselkoe\u00ebls. Die harde balletjies het oor vyftien meter getrek en hom gestriem, elkeen van hulle soos \u0149 knuppelhou wat kneus en bloed uit sagte vel trek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy het binne sekondes genoeg gehad en om te vlug was nou sy grootste en enigste begeerte. Daardie magtige oorlewingsdrang het elke ander gedagte verdring en soos \u0149 roofdier voor die heuningbyswerm se gifsteke het hy \u00a0begin om vir sy lewe te nael. Daar is geen manier dat hy sou omspring en vir die hek mik nie, want daar is net geweld en uitwissing sy voorland.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die man slaan oor na \u0149 skuifeldraffie na die sy van die kantoor toe, en wanneer hy eers beweeg, begin sy bene met groter dringendheid op- en afpomp totdat hy in \u0149 histerie by Kip wat op die grond langs Solly se liggaam sit, verbyhardloop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek en Ninja begin om agter hom aan te draf toe die Merk Vier langs ons inskuif. Ons gaan staan en die linkerkantse vensterklap vou plat.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim leun oor en met sy mond by die opening skreepraat hy: \u201cJood! Hoeveel is nog hier?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het drie getel!\u201d skree ek terug.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKlim agterop!\u201d beveel hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek skud my kop: \u201cNee! Vat vir Ninja. Gaan julle regs om. Ry en op en af met die rye en dryf hulle uit. Ek wag vir hulle.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cIs jy gewapen?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTot die tande.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy het natuurlik \u0149 vuurwapen in gedagte gehad, maar die woede is nou so groot en dig in my dat dit my nie toelaat om eers te oorweeg om die aanvallers te skiet nie. Nee, net om na aan hulle te kom, om hulle neer te gooi, om hulle met die kapper se growwe lem te slaan, om hulle te kap en te kap en te kap, net d\u00edt sal genoeg vir my wees.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSpring!\u201d s\u00ea ek vir Ninja.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBroe\u2019!\u201d s\u00ea die klein mannetjie. \u201cBroe\u2019! Vat!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy hou sy groot prys, die haelgeweer, na my toe uit. Ek en hy, beter as enige iemand anders, het die verskriklike nadeel van vuurwapenloosheid in \u0149 vuurgeveg beleef. Vir hom om nou die doelgerigte gewig van \u0149 wapen in sy hande te hou, is \u0149 massiewe verligting, en tog is hy dadelik bereid om dit op te offer. Kameraadskap kan oor jare geweef of in oomblikke gesmee word. Wat die toekoms ook al bring, ek en Ninja sal altyd baie ferm en diepgaande verbind wees deur daardie vreeslike oomblikke agter die Ford terwyl ons vyande hulle volle geweld op ons gerig het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHou dit,\u201d s\u00ea ek vir hom en stoot die haelgeweer in sy hande tot teen sy bors. \u201cSkiet die moere! Skiet hulle!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk beloof!\u201d s\u00ea hy, sit om en wip agter op die Merk Vier.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek kners op my tande, kry die kapper voor my en begin agter my vyand aandraf.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens\u00a0<a title=\"Bodem II, 18: Die slaappille\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=25331\"><em>Bodem, boek II, 18<\/em><\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers\u00a0Bodem boek II, 16. Alle normale seuns hou van oorlogspeletjies. Ek het moderne vrouens geken wat verseg het om vir hulle kleuterseuntjies speelgoedgewere te koop en hulle selfs verbied het om met hulle maatjies s\u0149 te speel, net om handpalms teen hulle voorkoppe te &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=23505\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem II, 17: Die speelgrond&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-23505","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23505","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23505"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23505\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23505"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23505"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23505"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}