{"id":23489,"date":"2014-03-30T07:02:45","date_gmt":"2014-03-30T05:02:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23489"},"modified":"2014-03-31T10:04:52","modified_gmt":"2014-03-31T08:04:52","slug":"bodem-boek-ii-16-die-vrees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23489","title":{"rendered":"Bodem boek II, 16: Die vrees"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 15: Die knerspunt\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23444\">Bodem boek II, 15<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dink mooi voor jy vir \u0149 stukkie grond baklei. Bepaal die waarde daarvan; die werklike en emosionele en toekomstige waarde. Probeer meet wat jy bereid is om te bel\u00ea om dit te bekom \u00f3f om dit te behou. En wanneer jy daarvoor veg, hoe die doelwit in gedagte. Hou \u0149 wins- en verliesstaat voor jou o\u00eb. Want die rede vir die geveg ontaard so maklik om die stryd self te wen, en nie d\u00edt wat jy daaruit wou kry of hou nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Generaals en selfs staatshoofde werp hulleself in di\u00e9 fuik. Hitler kon sy 6de Le\u00ebr \u00f3m Stalingrad gestuur het, maar om die stad met sy vyand se naam te verower, het sy obsessie geword en hy het sy laaste kans om die Russiese veldtog te wen, d\u00e1\u00e1r opgeoffer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In dieselfde oorlog het selfs die doelgerigte Patton sy ware doelwit uit die oog verloor. Nadat hy die Duitsers op hol gehad het, kon hy sy geliefde 3de Le\u00ebr met minimum lewensverlies \u00f3m die Duitse vesting by Metz gelei het, maar hy was Patton, en as Patton \u0149 plek wil oorneem, wie durf hom weerstaan? Toe stuur hy sy \u201cseuns\u201d in om die stad in te neem<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die gevolg was \u0149 skokkende aanklag teen die menslike aard. Die Duitsers was in \u0149 uitgebreide bunker- en loopgraafkompleks en die Amerikaners het eenvoudig daarin gedons. Na die eerste paar minute was aanvaller en verdediger se wapens leeg en vir herlaai was daar nie tyd nie, so hulle het afgewentel na \u0149 baie meer primitiewe tyd en mekaar probeer verbrysel met wapens wat as knuppels gebruik is, en toe met vuis, met elmboog en knieg en voet, selfs tande. Daar onder, in die tonnels, in die klam donker, het mense diere geword. Daar was nie regtig oorlewendes nie, want selfs di\u00e9 wat nie dood is nie, het daarna nie regtig geleef nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is redes hoekom mense tot die dood toe sal stry vir \u0149 lappie grond en die kragtigste hiervan is die mees basiese menslike instink om te oorleef. D\u00edt is hoekom Joachim en ek en Lance en Ninja en Ylbaard en die res ten bloede toe geveg het vir behoud van die \u00a0perseel. Vir ons was die keuse eenvoudig: Hou hulle buite die hek en leef. Laat hulle deurbreek en dan is hulle agter ons met vuurwapens en ons sterf.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar wat is dit wat hulle gedryf het? Hulle moes baie gou besef het dat ons bereid en gereed is om dood te slaan om te oorleef. Binne die eerste halfminuut van hulle aanslag het hulle \u0149 derde van hulle mag verloor. En tog het hulle aanhou kom, vasberade om deur te breek. Hoekom? Vir h\u00falle was die oorlewingsinstink \u0149 minderwaardige instink. Hulle kon enige tyd omgedraai en op vlug geslaan het. Hoekom het hulle nie? Wraak vir die dood van hulle vriende? Natuurlike aggressie? Woede omdat hulle weerstaan is? Gierigheid om ta vat wat ons nie aan hulle wou afstaan nie? Vrees vir die geweld wat ons toegepas het met die redenasie dat net groter geweld dit sou snuit? Ja, dit moet wees, d\u00edt alles, al daardie emosie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons was die aambeeld, en hulle was bereid om hulleself daarteen te hamer om dit te vernietig. En hulle het onstellend naby daaraan gekom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hulle, die bloeddorstige rowers, en ons was hoofsaaklik geskei deur die Ford wat op sy sy net binne die hek gel\u00ea het. Die instinktiewe strategie om agterom die bussie te storm, het nie vir hulle uitgewerk nie, want Lance en sy nuutgevonde rewolwer het op hulle gewag. Dit is hoekom hulle aan die voorpunt van die Ford versamel het en hulle sou met gemak deur- en ombeweeg het as dit nie vir twee elemente was nie: Joachim en sy Lupara, en Ninja wat sy le\u00eb AR15 vir \u0149 ander opgetelde roer verruil het. Dit was \u0149 kort geweer, \u0149 karabyn om presies te wees, met \u0149 buismagasyn onder en ewewydig met die loop. Toe ek dit later die eerste keer in die lig sien, het ek dit dadelik as \u0149 Winchester ge\u00ebien, die wesenlike \u201ccowboy\u201d-geweer, die rekwisiet van dosyne John Wayne-flieks, maar dit was toe \u0149 .357 Magnum Rossi Puma-karabyn, \u0149 moderne namaaksel van die klassieke 1894-Winchester.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ninja het aan ons kant van die Ford gestaan en om die enjinkap geloer net toe die aanvallers met \u0149 verbete stormloop begin het in \u0149 stroom om die Merk Vier en vorentoe teen die bakkie verby. Hy stoot die karabyn om die F250 en trek die sneller. Die geweer was reeds oorgehaal en die koe\u00ebl bars deur die donker lug by die voorste aanvallers verby. Hy trek weer die sneller en niks gebeur nie, so hy ruk verskrik aan die staallushefboom onder die geweer, dit swaai onder toe, die meganisme stoot die le\u00eb doppie uit en \u0149 staaf druk die haan terug. Toe hy die hefboom weer boontoe teen die handgreep druk, is die geweer met \u0149 nuwe rondte gelaai. Hy vuur weer, maar die aanvallers het reeds teruggedeins en hy tref die betonmuur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die aanvallers pers hulleself nou teen die Ford vas en di\u00e9 aan die voorkant hou hulle gewere ver voor hulle, dwarsgedraai en klits die lug waar Ninja was om.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim het intussen herlaai en hy wip weer op in die Merk Vier se toring en sonder skiet oombliklik albei lope leeg waar die aanvallers met sy vorige aanslag was, en tuimel terug in die kar. Hy laai sy laaste twee rondtes terwyl sy asem jaag en Dennis kermend neul. \u0149 \u00a0Oomblik later wip hy weer op en hou die kort haelgeweer in die rigting waar die aanvallers langs die Merk Vier saamdrom. Di\u00e9 keer is hulle egter reg vir hom en die oomblik wat hy verskyn is twee, drie van hulle reg om terug te skiet. Hulle is skaars drie meter van hom af en \u0149 aardskuddende gevuur breek in sy rigting los sodat hy dadelik weer in die toring moet inval. Koe\u00ebls pletter nou in \u0149 loodstorm teen die voertuig vas en dan voel hy hoe die voertuig wieg en besef iemand is besig om teen die agterkant op te klim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Persoon wat bo-op die enjinkap agter op die voertuig staan en in die pantserkar inskiet, sal vir Joachim en Dennis met een sarsie uitwis en Joachim, op sy sitplek en sonder om op te staan, hou die geweer onderstebo bo sy kop, lope na agter en trek die een sneller. Op minder as \u0149 meter skeur die lading bokhael reg in die borskas van die rower vas. Die slag stamp hom weg, sy hakke haak vas en sy bolyf tuimel ondertoe sodat sy liggaam \u0149 koddige agteroorsalto maak en gesig eerste op die teer agter die Merk Vier land. Daardie man was dapper om homself so bloot te stel in die middel van \u0149 vuurgeveg, maar dapperheid impliseer risiko en sy laaste daad op aarde het nie vir hom uitgewerk nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Steeds hamer die koe\u00ebls teen die romp van die Merk Vier vas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cRy!\u201d gil Joachim vir Dennis.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die voet op die versnellerpedaal gaan ondertoe en die voet op die koppelaarpedaal kom boontoe&#8230; en die enjin sny uit, want Dennis het dit nie in trurat gehad nie. Die snoet van die Merk Vier stoot teen die Ford vas. Die gerammel van die V8-enjin verstil.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAgtertoe! Agtertoe!\u201d skree Joachim en Dennis gryp en ruk en draai aan die aansitter en skielik hakkel die enjin en begin weer brom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Na \u0149 sekonde se geworstel met die rathefboom spring die pantserkar agtertoe en seil weg.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDraai links! Draai links!\u201d bulder Joachim op Dennis wat nie kan uitsien nie omdat sy loergleufplaat op is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy trek die groot stuurwiel ondertoe en die pantserkar storm diagonaal oor die parkeerterrein by die hoek van die kantoor verby en teen die betonmuur vas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ninja reken dit is die regte oomblik om weer om die Ford se voorkant te leun, en hy is reg, want die aanvallers se aandag is op die onttrekkende Merk Vier en een van hulle beweeg in sy skootsvak in. Sy haastige skoot tref die man skuins van agter deur sy grootboudspier en Ninja se beloning is \u0149 verskrikte gil. Nou moet die kort motorfietser egter weer agter die Ford inspring want \u0149 loodswerm kom na sy rigting.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die oomblik wat die Merk Vier agteruit teen die betonmuur bots, begin Joachim skree: \u201cVorentoe! Vorentoe! Trap hulle.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dennis het genoeg geesteenwoordigheid gehad om die koppelaar in te trap, maar daar neem sy vrees uiteindelik sy verstandsfunksies oor en verbied enige verdere deelname van sy liggaam aan die stryd en hy sit, vasgeslaan soos \u0149 ou geroeste enjin. Sou Dennis in daardie paar kritieke oomblikke die innerkrag gehad het om op Joachim se bevel te reageer, sou die Merk Vier se hertoetrede tot die geveg deurslaggewend gewees het. Die aanvallers het saamgepers teen die Ford se onderkant aangeleun en die pantserkar het een magtige wapen oorgehad: Die gewig daarvan. Die kar kon binne sekondes teen die aanvallers vasgejaag het en \u0149 beslissende slag gelewer het. Die feit is, Dennis k\u00f3n nie beweeg nie (en as jy nooit onder hewige vuur was nie, moet hom nie te fel veroordeel nie, en as jy w\u00e1s, sal jy verstaan.) Teen die tyd wat Joachim vir Dennis uit die bestuurdersitplek verwilder het en self oorgeneem het, was die oomblik verlore.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vir \u0149 tydjie het die bloedige geveg wendingloos vasgeval. Ek, Lance en Ninja was vasgekeer aan die een kant van die Ford en die bussie en die aanvallers aan die anderkant. Met Lance se rewolwer leeggeskiet, is Ninja se karabyn ons enigste vuurgeskut en ons het geen idee om te weet hoeveel ammunisie nog in die buismagasyn is nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lance het teen die Ford se lengte afbeweeg in die rigting van die hek en toe met die bussie langs tot hy by die hek is. Hy kon in alle redelikheid net aanhou gaan het, weg van die perseel en uit die geveg uit, maar, stoere man!, hy\u2019t verkies om net buite die hek en sig langs die muur te hurk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek en Ninja is \u00a0langs die Ford met die enjin tussen ons en die aanvallers, en met goeie rede, want ons teenstanders staan enkele meters weg van die bakkie en in \u0149 helse, vlammende, donderende skietaanval vuur hulle teen die bakkie vas. Die laaibak bied geen beskerming nie, want selfs pistoolkoe\u00ebls steek deur die dun plaatmetaal met die gemak van \u0149 passer deur karton. Die metaalpunte ruk vore in die grond. Dieselfde koe\u00ebls kan egter nie deur die groot dieselenjin skiet nie en daardie paar kubieke meter is my en Ninja se enigste skild teen die orkaan van geweld wat losbreek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Drie, vier keer is \u0149 aanvaller van mening dat hulle ons genoeg verwilder het en \u00a0probeer om die voorkant van die bakkie kom en elke keer druk Ninja die geweer om die voorkant en skiet trompop na die vyand en dit dwing hulle om terug te skarrel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Om raakgeskiet te word, is \u0149 verskrikking, di\u00e9 weet ek na alles wat ek gesien het, maar as die koe\u00ebl van ver af kom, is dit nie naastenby so vreesaanjaend as die intimiteit van \u0149 bloeddorstige vyand so na aan jou nie. Tussen die sarsies deur kan ek hulle hoor uitroep, vloek, aanmoedig, beveel. Ek hoor tussendeur die geklik van magasyne wat omgeruil word en die blikagtige klapklanke van sluitstukke wat vorentoe spring as gewere gespan word.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek weet nou hoe ware vrees voel, hoe dit verlam, hoe verleidelik dit aan jou binnekant pleit dat jy sal weghardloop, sal gaan l\u00ea, jou knyperspiere sal laat ontspan, sal smeek vir jou lewe. Ek weet nou hoe vrees veral \u0149 begeerte is, so intens dat dit eintlik \u0149 gebed vir die onbereikbare is, om iewers anders te wees.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar met my rug teen die Ford se enjin kap, terwyl koe\u00ebls gons en beitel, leer ek ook hoe kragtig woede kan wees. In my styg \u0149 donker begeerte, soos rook uit \u0149 vullishoop, \u0149 wens om my hande op my vyand te l\u00ea, om vermorsel, te vernietig, om dood, dood, DOOD! te maak. O, as ek net my vyand voor my op die grond kan werp sodat ek my linkerhand se vingers in sy regtermondhoek kan haak en my regtervingers in sy linkermondhoek en ek sal trek en beur en sy gesig van sy skedel af skeur dat dit die twee bloedpante soos slaghuisvadoeke uit my vuiste hang.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">As jy so ver in jouself intuimel, is daar nie werklik \u0149 pad terug na algehele geesteswelstand nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Aan die einde van een salvo werp ek myself op die grond tussen die liggame en die vrag wat van die bakkie af geslinger is. Ek kry wel \u0149 wapen, nie \u0149 skietding nie, maar \u0149 kru tuisgemaakte kap- en steekwapen; \u0149 meterlengte van 50-millimeterpyp met \u0149 plat lem van omtrent \u0149 halwe meter vooraan dit vasgesweis en \u0149 spiespunt aan die bokant.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Met my terugskarreling struikel ek oor iets hard en swaar op die grond en toe ek daaraan voel, besef ek dit is \u0149 motorbattery. Ek steek die kapper onder my arm, kry die battery in \u0149 babadragreep voor teen my borskas en waggel terug tot langs Ninja by die enjinkap net toe die volgende sarsie weer losbreek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek laat val die kapper en draai my rug na die Ford, buig my knie\u00eb, hou die battery voor my en stoot hard op met my bene terwyl ek die battery agteruit oor my kop oor die bakkie slinger. Die intensiteit van die geskietery neem onmiddellik af en iemand skree van skielike pyn.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die aanvallers se volgende skuif was hulle beste een en het ons amper ongedaan gemaak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vier van hulle breek weg van die res en nael langs die muur af in die rigting waar Ylbaard, Reginald en die swaargewonde Tabitha in hulle stelling skuil. Ylbaard en Reginald sien hulle kom en vind die tandeknersmoed om met hulle blertsroere op die vier gedaantes te skiet. Miskien het hulle \u0149 paar keer getref, maar die blertsroere is nou met rissieballetjies gelaai en die nagwindjie verdryf die gaswolke en trek die gif daaruit. Hulle steek vas en \u00a0begin terugskiet en Ylbaard en Reginald het geen ander keuse as om agter die betonblaaie af te sak nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hulle het sekondes oor om te leef en dan kan die aanvallers ombeweeg tot hulle ons onder skoot het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek en Ninja is agter die Ford vasgepen. Ons weet nie van hierdie ontwikkeling nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">En as ons geweet het, sou daar niks gewees het wat ons kon doen nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens\u00a0<a title=\"Bodem II, 17: Die speelgrond\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23505\"><em>Bodem, boek II, 17<\/em><\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers\u00a0Bodem boek II, 15. Dink mooi voor jy vir \u0149 stukkie grond baklei. Bepaal die waarde daarvan; die werklike en emosionele en toekomstige waarde. Probeer meet wat jy bereid is om te bel\u00ea om dit te bekom \u00f3f om dit te behou. En wanneer &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=23489\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem boek II, 16: Die vrees&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-23489","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23489","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23489"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23489\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23489"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23489"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23489"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}