{"id":23444,"date":"2014-03-27T09:18:46","date_gmt":"2014-03-27T07:18:46","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23444"},"modified":"2014-03-30T06:58:27","modified_gmt":"2014-03-30T04:58:27","slug":"bodem-boek-ii-15-die-knerspunt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23444","title":{"rendered":"Bodem boek II, 15: Die knerspunt"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 14: Die goddelose\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23374\">Bodem boek II, 14<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit staan bekend as direkte vuur. Dit is waarvoor vuurwapens ontwerp is: Om onder gewone omstandighede te skiet wat jy kan sien. As jy jou vyand nie kan sien nie, moet jy maneuvreer totdat jy kan. Die komplikasie is: As jy hom kan sien, kan hy jou sien. As jy hom kan skiet, k\u00e1n hy jou skiet. Dit was die eenvoudige beginsel waar rondom die bitter geveg by die hek van Citadel Secure Storage plaasgevind het, daardie Eerste Nag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Ford het die direkte invalsroete geneem \u2013 net soos Joachim voorspel het. En die plan om di\u00e9 bedreiging te stuit, het wonderlik gewerk met die toetrede van die Merk Vier tot die geveg. Met een verrassingslag het Joachim die Ford se slagtande gepluk. Daar was ses man agterop die voertuig toe dit in ons lokval ingery het en in hulle verwarring na die ongeluk het ek, Ninja en Lance hulle maklik genoeg uitgewis.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Binne die dubbele kajuit van die omgeslaande bakkie, is vyf manne vasgekeer en hulle enigste werkbare ontsnappingsroete is deur die windskerm, maar teen die tyd wat hulle hulleself na die ongeluk ontknoop en geori\u00ebnteer het, het die venynige klein Ninja reeds die stormgeweer opgepik en die man op die grond uitgesit. Van binne die Ford het \u0149 verwoede sarsie knalle losgebreek en die windskerm het uitmekaar gespat.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die medebestuurder het halflyf deur die glaslose gaping begin kruip, vir Ninja glad nie gesien nie en ook nooit geweet wat hom getref het toe die klein motorfietser hom op minder as vyf meter deur die agterkop geskiet het nie. Die blitsige koe\u00ebls het deur die agterkant van sy skedel gepons en groot ongelyke skerwe van die voorkant van sy skedel oopgebreek asof dit \u0149 eier van harde sjokolade was en die verpulpte harsings en die bloed teen die enjinkap geslinger waar dit in \u0149 Jackson Pollock-soort spat-en-blertsvlek afgeloop het. Die man se lyf het gesidder en toe slap geword soos \u0149 afgeblaasde ballon en teruggegly tot in die kajuit waar dit op die verbysterde bestuurder gaan l\u00ea het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die drie passasiers op die agterste sitplek is deur die ongeluk in \u0149 warboel van lywe en ledemate gelaat, deur swaartekrag saamgepers teen die deur aan die grondkant. Een van hulle kon homself lank genoeg stabiliseer om onbeheersd met sy pistool te vuur in die rigting van waar hy gereken het Ninja was. Die koe\u00ebls het ronde tuitmondjies deur die kajuitdakmetaal gestik. Teen di\u00e9 tyd het Ninja reeds beweeg tot skuins voor die omgeslaande Ford. Hy het die AR 15 teen die skouer gedruk en nie eers moeite gedoen om te mik nie, maar net die sneller getrek!-trek!-trek! en die knalle was kort, skerp en luid. \u00a0Van binne die kajuit het daar eers uitroepe van woede en toe smeekgeluide gekom, maar Ninja het aanhou skiet en skiet en skiet totdat die magasyn leeg is en net \u0149 snikkende gekerm gehoor kon word.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit was \u0149 slagting. Omdat ek nie vir Ninja voor die tyd geken het nie, kan ek nie met sekerheid s\u00ea hoe of tot in watter mate daardie kwartminuut hom verander het nie. Miskien nie so baie nie. Hy is, en was waarskynlik nog altyd, \u0149 hardgebakte klein bliksem. Ek, daarenteen, het in daardie paar sekondes geweet dat dit my sou verander; dat ek innerlik teen \u0149 helling afgegly het waarteen ek nie weer sou kon opklim nie, dat ek onskuld wat ek nie geweet het is deel van my nie, verloor het, so seker en so onherroeplik soos \u0149 meisie wat haar maagdelikheid afl\u00ea.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Van die vyf insittendes het Ninja drie doodgeskiet en een se kakebeen afgeskiet, sy handpalm vergruis en \u0149 hap uit sy heupbeen geblaas. Ek sal dit nooit teen hom hou nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nie dat daar tyd was om enige emosies te ontleed nie, want die geveg het nou tot \u0149 volgende fase gevorder.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die bussie het kort op die hakke van die Ford deur die hekke gevolg en botweg vasgesteek toe die Merk Vier die bakkie gegaffel en omgestoot het. Die bestuurder het net \u0149 oomblik gehuiwer: Die pantserkar was dwars, reg voor hom en, seker in \u0149 poging om sy makkers in die F250 te beskerm, het hy die Mercedes-Benz vorentoe laat spring, midskeeps in die pantserkar vas. Die Merk Vier is koplomp en die wielsporing nie baie wyd nie, maar dit weeg meer as ses ton en die staal is dik en sterk. Die bussie se aanloop was te kort en daarom was die trefslagspoed te min. Die pantserkar se regterwiele het \u0149 paar hande hoog van die grond af gekom, maar die slag was nie hewig genoeg vir dit om om te val nie. Vir \u0149 paar oomblikke het die bussie se agterwiele teen die teer gemaal en toe alle vastrap verloor.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim was in die pantserkartoring en hy het dit na die slag na regs geroteer. Die kanon en die masjiengeweer was trompop voor die bussie se windskerm. Joachim het die kanon se fopknal getrek en die vlam het gegryp na die insittendes. Dit was \u0149 skadelose knal, maar dit moes vreesaanjaend gewees het op so \u0149 \u00a0kort afstand, en die bestuurder, heel begrypbaar, het die voertuig laat vorentoe hink en vrek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar was weer \u0149 knal en toe nog een, maar di\u00e9 keer was daar niks speels daaraan nie. Joachim het die Lupara teen sy gesonde skouer gebring, die hane teruggetrek en albei lope op minder as twee meter op die windskerm afgevuur. Twee vlammende slae in die nag, die verskrikking van werktuiglike dood in die nag; daardie twee kort plukbewegings op die sneller en daar is ewige, verskriklike gevolge wat nooit herroep kan word nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die uitwerking was brutaal. Die eerste lading loodhael het die windskerm voor die bestuurder verkrummel en hom vol in die gesig getref en daarvan \u0149 trapsel van been, vel en vleis gemaak. Die tweede skoot het bo-oor die middelste voorsitplekpassasier gegaan, want hy het die gesonde verstand gehad om skuins te val na die kanonskoot. Die tweede skoot se lading is deur twee insittendes op die eerste agtersitplek gedeel, die eerste een noodlottig in die borskas en die tweede een in die boarm en pektorale spier.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Tot hier het ons omtrent alles reg gedoen en die inisiatief het aan ons behoort. Die swakste faset van Joachim se plan \u2013 en selfs nou weet ek nie wat ons anders kon gedoen het nie \u2013 was om die bedreiging in die bussie te neutraliseer. Ons wapens, selfs die Lupara en die blertsbalroere, was uitsluitlik bruikbaar oor \u0149 relatiewe kort afstand, en selfs op optimumafstand was hulle nie opgewasse teen pistole en gewere nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim het die drie kleurlingwagte \u2013 Dermot, Reginald, Tabitha \u2013 en Ylbaard aan die oorkant langs die muur opgestel sodat hulle teenaan die bussie sou wees wanneer di\u00e9 ingejaag kom. Die plan was om die vensters aan die regterkant van die bussie met soliede glasveselballetjies stukkend te skiet en om die bussie dan met rissieballe te bestook. Di\u00e9 ammunisie is gevul met \u0149 rissiepoeiersamestelling wat in \u0149 wolk op kontak oopbars. Enige persoon in die onmiddellike omtrek word oorval met \u0149 pynigende brandgevoel. Die stof reageer met enige vog en dit laat \u0149 mens voel of jou oogballe borrel en enige sweetkolle skroei.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die blertsbalelement het nog voor die krisismoment \u0149 kwart van hulle vermo\u00eb verloor. Dermot, die wag, het met sy rug teen die muur geleun, sy o\u00eb toegepers, sy lippe bewend en sy kop agteroor. Toe die F250 sy aanloop begin het, het hy gekreun, gevloek, sy blertsbalroer neergegooi, om die muur gespring en in die nag weggevlug, aan die nael, sy arms hoogwapperend in verskoning en verweer. \u0149 Flitsligstraal uit die bussie het op hom geval en \u0149 sekonde later het \u0149 skoot hom in die rug getref. Hy het skerp vooroor geval, asof hy oor \u0149 pootjiedraad gestruikel het, plat op sy maag en borskas. Gedryf deur \u0149 allesverterende vrees, pleitgillend, het hy homself vorentoe getrek met sy arms want sy ruggraat was gebreek. Nog \u0149 skoot het sy regterskouerblad gebreek, en toe was die bussie agter die Ford aan halflyf deur die hek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Ons het hom later op die sypaadjie gevind. Hy het nog gelewe en ons het hom so gemaklik as moontlik probeer maak, maar hy is skaars \u0149 halfuur later dood.)<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit was nie nodig om die vensters aan die regterkant met die blertsbalroere te probeer stukkend skiet nie. Die een in die oopglydeur was oop en Reginald het nadergestaan en daarin begin skiet. \u0149 Sekonde later was Tabitha skuins agter hom, verskrik maar verbete en hulle het soveel en so vinnig geskiet as wat hulle vingers die snellers op hulle saamgeperstewindwapens kon trek. Ylbaard het genoeg denkvermo\u00eb oorgehad om Dermot se wapen op te raap en saam te skiet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die balletjies het in \u0149 swerm deur die oop venster getrek. Die eerste vyf koe\u00ebls in elke blertsroer was glasvesel. Hierdie balletjies kan die pleister van \u0149 buitemuur af slaan op kort afstand en dit rig aansienlike trauma aan vleis en been aan. Daarna bars die rissieballe in digte wolkies binne die bussie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Twee mans en \u0149 vrou staan op kortafstand, wydsbeen en vooroorleunend, en skiet na \u0149 gebotsde bussie vol kwaadwillige mans. Hulle skree en die blertsroere stamp die ronde ammunisie met venynige spoeggeluide uit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Binne die wa vloek mans, hulle skel en dreig en dan begin een terugskiet met \u0149 pistool; enorme knalle en draakvlamlemme wat deur die donker steek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAg nee!\u201d s\u00ea Tabitha hard, moedeloos, draai om en strompel \u0149 paar tre\u00eb en gaan kniel stadig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die gety het op daardie oomblik gedraai.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit was nooit die plan dat die blertsroerseksie langs die bussie in die hek sou staan en vuisslaan met gevuurwapende rampokkers nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cReggie!\u201d skree Ylbaard, kom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die wag, o\u00eb groot, hou aan skiet tot die groot motorfietser hom aan die skouer gryp en wegruk. Die twee storm langs die muur af en op pad kry elkeen van hulle die knielende Tabitha aan die arms beet en sleep haar vyftien meter weg, haar voete slepend oor die teer, tot agter hulle stelling, \u0149 lae muurtjie wat hulle met lessenaars uit die kantoor en los betonmuurpanele binne minute voor die geveg aanmekaargeflans het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar het Tabitha op haar sy gaan l\u00ea, haar buik vasgehou en gekerm. Reginald en Ylbaard sak langs haar neer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cO hel!\u201d roep Reginald. \u201cIs jy geskiet? Is jy geskiet?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Tabitha kreun en wriemel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ylbaard loer oor die lae skans.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe gaan ons hulle nou stop?\u201d vra hy sonder om \u0149 antwoord te verwag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die glasvesel- en rissiebalaanslag op die bussie was tot in \u0149 mate suksesvol. \u0149 Klompie insittendes het straf van die harde balletjies verduur en die Mercedes-Benz is gevul met wolkies rissiepartikels wat in \u0149 bank traangas saamdryf. Daar was egter ook \u0149 ontsnaproete dadelik tot hulle beskikking: Die twee regop stertdeure. Dis binne sekondes oopgegooi en hulle stroom hygend, proesend, niesend en briesend uit die voertuig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die drie voertuie is soos \u0149 Sjinese bloklegraaisel teen mekaar met die Merk Vier loodreg teen die omgeslaande Ford en die bussie met sy snoet teen die midderif van die pantserkar. Daar is \u0149 nou gaping aan die regterkant van die bussie deur die hek en \u0149 veel wyer een aan die linkerkant. Tien man het uit die bussie gekom; vier het na links verdeel en ses na die ander kant. Nie almal van hulle het vuurwapens nie, en di\u00e9 wat daarsonder is, is met die gewone versameling slaan-, steek- en kapwapens toegerus.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Met Ninja voor die Ford vir sy slagtingwerk, is net ek en Lance in posisie om die regtertak van die stormloop te stuit en hierdie keer was hy \u0149 tree voor my. Hy het iewers op die grond \u0149 kortlooprewolwer in die hande gekry en het by die hoek gaan staan en die vier skote daarin leeg geskiet op die aanstormende viertal en \u0149 groot totaal van een getref, reg in die voorkop. Die man se bene en lyf het onder hom ingevou toe hy val.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die ander drie het instinktief omgesit en terug om die bussie beweeg, instinktief daarop bedag om die voertuie tussen hulle en Lance se koe\u00ebls te hou.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die knerspunt van die aanval is nou aan die linkerkant van die bussie. Ons situasie is desperaat. As genoeg van hulle die weerstandpunt kan oorsteek, kan hulle agter ons uitsprei en genoeg afstand tussen hulle en elkeen van ons bewerkstellig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">En, vuurwapens in die hand, is die regte afstand al wat hulle nodig het om elkeen van ons uit te wis; dan is daar niks wat ons daaraan kan doen nie behalwe om te kies of ons vloekend, skellend, woedend of gelate sal sterf.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die geveg was in die weegskaal en dit wou lyk asof die swaar hand van die Noodlot op ons teenstanders se balkie gerus het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die volgende paar sekondes sou bepaal of daar ooit \u0149 Maarskalk sou wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 16: Die vrees\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23489\"><em>Bodem boek II, 16<\/em><\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers\u00a0Bodem boek II, 14. Dit staan bekend as direkte vuur. Dit is waarvoor vuurwapens ontwerp is: Om onder gewone omstandighede te skiet wat jy kan sien. As jy jou vyand nie kan sien nie, moet jy maneuvreer totdat jy kan. Die komplikasie is: As &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=23444\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem boek II, 15: Die knerspunt&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-23444","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23444","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23444"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23444\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23444"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23444"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23444"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}