{"id":23338,"date":"2014-03-26T07:50:07","date_gmt":"2014-03-26T05:50:07","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23338"},"modified":"2014-06-22T09:53:12","modified_gmt":"2014-06-22T07:53:12","slug":"hyundai-se-beste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23338","title":{"rendered":"Hyundai se beste!"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_23393\" aria-describedby=\"caption-attachment-23393\" style=\"width: 540px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Santa-fe.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-23393\" alt=\"Die Hyundai Santa Fe\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Santa-fe.jpg\" width=\"540\" height=\"316\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Santa-fe.jpg 540w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Santa-fe-300x175.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Santa-fe-70x40.jpg 70w\" sizes=\"auto, (max-width: 540px) 100vw, 540px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-23393\" class=\"wp-caption-text\">Die Hyundai Santa Fe<\/figcaption><\/figure>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">deur Andr\u00e9 Olivier<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hyundai is &#8216;n Suid-Koreaanse vervaardiger van motors sedert die 1960s. Tans is dit deel van die Hyundai Kia Automotive Group; die maatskappy het oor die afgelope paar dekades bestendige groei getoon, met groot sukses in die Europese en Amerikaanse markte. Die verskillende modelle wat deur die maatskappy \u00a0in sy fabriek in Ulsan in die VSA gebou word, lewer 1,6 miljoen eenhede per jaar.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Gestig deur\u00a0Tsjoeng Joe Joeng, wat in &#8216;n arm boeregesin gebore is, was die Hyundai Motor Company die eerste Koreaanse motorprodusent. Joeng het na die Koreaanse oorlog die leemte vir motors in die mark blitsvinnig gevul, Hy het in 1947 \u2018n baie winsgewende konstruksiebesigheid begin en &#8216;n jaar later is die Hyundai Motor Company gestig. Joeng het \u2018n aandele-ooreenkoms met Ford in 1968 gesluit. Kort na Hyundai se toegang tot Ford se hulpbronne, is die eerste Hyundai-motor ontwikkel: die Cortina. Hierdie model is vinnig gevolg deur die vrystelling van die Pony, Hyundai se eerste geheel Koreaanse ontwerp en geboude model. \u00a0Sy bloudruk was egter nie geheel en al Koreaans nie; die maatskappy het gebruik gemaak van Japannese tegnologie van Mitsubishi om die motor te ontwikkel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Pony-model was die eerste Hyundai wat in 1975 oorsee verskeep is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In 1986, met die vrystelling van die Excel, \u2018n klein bekostigbare motortjie, was dit &#8216;n onmiddellike treffer. Die Excel was so gewild dat dit meer as 10 000 eenhede in die eerste sewe maande verkoop het. Dit was die laaste motor wat Hyundai geproduseer het voor die opstel van hul eie tegnologie in 1988. Die Sonata was hul eerste in-huismotor en die begin van &#8216;n nuwe tydvak. Ten spyte van groot stappe wat die maatskappy deur die jare geneem het om die beeld van Hyundai op te bou, het swak bougehalte en betroubaarheidsklagtes die Hyundai se reputasie baie skade aangedoen.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hyundai het in die jare 90 so in die VSA gesukkel om motors te verkoop dat almal in die bedryf gedink het dit was hul laaste asem. In plaas daarvan om die aftog te blaas, het die maatskappy &#8216; n massiewe belegging in &#8216;n nuwe ontwerp- en tegnologiesentrum gemaak. Teen die tyd dat die nuwe millennium aangebreek het, het die maatskappy reeds weer na vore getree as \u2018n gehaltemotorvaardiger. Verkope het weer begin vermeerder, aangesien die nuutgevonde kopersvertroue moontlik gemaak is deur die uitskakeling van alle bekommernisse oor die voertuig se betroubaarheid, en dit is bereik deur die bekendstelling van &#8216;n 10-jaarwaarborg. Vandag is Hyundai een van die w\u00eareld se top-10-motorvervaardigers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hyundai doen tans in 193 lande sake en verkoop voertuie deur ongeveer 5 000 vertoonlokale en handelaars. Verkope het ook gehelp beeld bou en vandag tel Hyundai onder die 100 mees waardevolle handelsmerke ter w\u00eareld. Die onlangse geskiedenis is sterk gekoppel aan beleggings in tegnologie en genoeg advertensieveldtogte. Inderdaad, \u00a0kommunikasie is een van Hyundai se inherente elemente. Vir die afgelope vyf jaar hoor en lees mens oral in die media dat die opmars van die Koreaanse motorvervaardigers baie groot en vinnig gebeur. Vervaardigers soos Kia en Hyundai verkeer op die voorpunt van die opmars om nie net die Japannese vervaardigers nie, maar ook die Europese vervaardigers aan te vat. Motors soos die Hyundai Elantra het reeds in 2012 die gesogte titel van Motor van die Jaar in Suid Afrika verower. Die Elantra, en in \u2018n mindere mate die kleiner Accent en groter Sonata, gee die pas aan by die verkope van Hyundai&#8217;s, wat passasiersmotors betref. Die ander segment waar Hyundai baie goed vaar, is in die segment vir klein sportnutsvoertuie, met die iX35 wat hier die septer swaai. Maar daar is \u2018n ander Hyundai-motor wat eintlik die hele Hyundai-familie saamsnoer en dit is \u2018n voertuig wat van die beginjare van Hyundai in Suid-Afrika met ons is. Die Santa Fe, groter as die iX35, is dan ook die vlagskip van die Hyundai-reeks in Suid-Afrika. Mens kan s\u00ea die motor is die sportnuts-Sonata van die reeks.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons het die geleentheid gekry om die vlagskip in die Santa Fe-reeks, die 2.2 CRDi 4WD Elite, \u00a0vir \u2018n paar dae onder hande te neem. Daar is drie modelle in die Santa Fe-reeks, nl. die 2.2 CRDi Premium wat voorwielaangedrewe is, \u00a0die 2.2 CRDi Executive 4WD en dan ons toetsmotor, die Elite met 4WD.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Voorkoms<\/h3>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sou jy terugdink aan die eerste Santa Fe, was die motor tipiese Oosters, met baie lelike rondings en snaakse wielbo\u00eb. Die tweede generasie was heelwat meer aanvaarbaar, maar tog nog steeds baie Oosters en het sommer in \u2018n parkeerruimte weggeraak. Die huidige Santa Fe is egter baie Westers en is in 2013 aangewys as Auto Express se beste groot sportnutsvoertuig. Hulle het ges\u00ea: &#8220;&#8216;n Meer familievriendelike sportnutsvoertuig sal jy nie kry nie, of meer stylvol nie.&#8221; <em>Storm Edge<\/em> is die naam wat \u00a0aan die ontwerp van die nuwe-generasie-Hyundai Santa Fe gegee is. Sagte vorms met dramatiese kante oorheers, en so is &#8216;n dinamiese en indrukwekkende styl geskep. Opvallende LED-dagryligte en &#8216;n vet seskantige sierrooster voltooi die Santa Fe se indrukwekkende teenwoordigheid op die pad. Die Santa Fe het werklik van die lelike eendjie in die indrukwekkende swaan verander, na my mening een van die heel mooiste sportnutsvoertuie in Suid-Afrika.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die motor lyk van alle kante af indrukwekkend en elke paneel vertoon sag, stylvol maar tog doelgerig en manlik. Hierdie is een van die motors op die pad vandag wat regtig manne en meisies sal laat tuisvoel. Motors het mos \u2018n tipe persoonlikheid wat hulle uitstraal en die Santa Fe is wat hy is, maar pas tog aan by elkeen wat agter die stuur inskuif, dus sou jy \u2018n tuisblyma wees, sal die Santa Fe nie te manlik lyk nie. Aan die anderkant, sou jy \u2018n jong professionele persoon wees wat elke Saterdag fietsry of bergklim, onderstreep die Santa Fe jou status sonder om jou soos \u2018n bleeksiel te laat lyk. En nog meer, die Santa Fe sal glad nie afsteek langs enige X5 of selfs jou sekretaresse se Evogue nie.<\/p>\n<h3 dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Binneruim<\/h3>\n<figure id=\"attachment_23396\" aria-describedby=\"caption-attachment-23396\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/SantaFe-paneel.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-23396\" alt=\"Die binneruim van die Hyundai Santa Fe\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/SantaFe-paneel-300x199.jpg\" width=\"300\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/SantaFe-paneel-300x199.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/SantaFe-paneel.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-23396\" class=\"wp-caption-text\">Die binneruim van die Hyundai Santa Fe<\/figcaption><\/figure>\n<figure id=\"attachment_23394\" aria-describedby=\"caption-attachment-23394\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/santa-fe-binne.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-23394\" alt=\"Beenruimte agter is vir volwassenes gemaklik\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/santa-fe-binne-300x225.jpg\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/santa-fe-binne-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/santa-fe-binne-1024x768.jpg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-23394\" class=\"wp-caption-text\">Beenruimte agter is vir volwassenes gemaklik<\/figcaption><\/figure>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit is hier waar Hyundai nog altyd baie sterk vertoon het. Die nuwe ontwerperstaal is hier ook te bespeur met moderne hoekige lyne en sagte raakstowwe vir die deurinsetsels en sitplekke. My enigste kritiek hier is dat ek dink die stuurwiel kon so \u0144 aks dikker gewees het. Die motor voel groot en ruim en sterk en dan voel die stuurwiel so dun in jou hande. Miskien is dit \u2018n dom opmerking, maar dit is vir my baie opvallend hoe dun die stuurwiel voel. Daar is swart leer regdeur die binneruim en plek vir sewe insittendes. Die derde ry sitplekke vou netjies en vinnig sonder veel moeite plat in die vloer in om \u2018n werklike ruim bagasieruim te skep. Daar is individuele luginlate en kontrole vir die derde ry sitplekke, asook lugsakke en veiligheidsgordels. Die derde ry is effens knap vir volwassenes, maar enige kind onder 10 jaar sal baie gemaklik hier kan inskuif. Die tweede ry sitplekke is heeltemal \u2018n ander storie; dit is ruim en gemaklik en jy kan jouself maklik verbeel jy is agter in \u2018n Sonata. Die hele binneruim straal gehalte uit. Die groot dubbele glasdak skep ook die mooi oop gevoel met al die lig wat dit inlaat. Al die skakelaars lyk luuks en voel sommer net reg. Die Santa Fe is weelderig met standaardkenmerke soos Hyundai se \u201cBlue Link\u201d- telematiese stelsel, &#8216;n sesluidsprekerklankstelsel en USB-verbinding. Spoedbeheer, telefoon en radiokontroles is alles op die stuurwiel gemonteer. Daar is voorste sitplekverwarming, dubbele klimaatbeheer voor en parkeersensors. In die middelste truspie\u00ebltjie is die skermpie vir die trukamera wanneer daar agteruit gestoot word. Die skakelaar vir die afdraandbeheer, agterste ewenaarslot en binnebeligting is alles maklik en bereikbaar langs die stuurwiel op die paneel langs die deur gemonteer. Die binneruim is een van die bestes in di\u00e9 mark segment.<\/p>\n<figure id=\"attachment_23395\" aria-describedby=\"caption-attachment-23395\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Santa_Fe_-glasdak.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-23395 \" alt=\"Santa_Fe_ glasdak\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Santa_Fe_-glasdak-300x169.jpg\" width=\"300\" height=\"169\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Santa_Fe_-glasdak-300x170.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Santa_Fe_-glasdak-70x40.jpg 70w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Santa_Fe_-glasdak.jpg 660w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-23395\" class=\"wp-caption-text\">Die groot dubbele glasdak laat heelwat lig en skep &#8216;n gevoel van ruimte<\/figcaption><\/figure>\n<h3 dir=\"ltr\">Enjin<\/h3>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Alle Santa Fe-modelle word deur \u2018n 2.2 CRDi-viersilinderdieselenjin aangedryf. Die eenheid lewer 145 Kw en 436Nm se wringkrag. Die enjin is gekoppel aan \u2018n sesspoed- outomatiese ratkas wat al vier wiele aandryf. Daar is hope krag en rybaarheid is besonders gemaklik. Die ratkas is seepglad en ons kon regtig nie een keer voel die motor soek na \u2018n rat of sukkel om die regte rat te hou nie. Die dieselenjin loop ook seepglad en van binne is dit moeilik om te glo di\u00e9 is nie \u2018n petrolaangedrewe voertuig nie. Hyundai kan gerus die enjin in die Sonata inbou. Brandstofverbruik en CO2-uitlaatgasse is ook, veral deesdae met die brandstofprys, hoog op die prioriteitslys en die Santa Fe het hier be\u00efndruk. Die 8,4 l\/100km wat ons kon bereik, is heel aanvaarbaar vir so \u2018n groot voertuig. Uitlaatgasse se CO2-syfer word aangegee as 194 g\/km. Dit is nog aanvaarbaar, maar verdere enjintegnologie gekoppel aan beter gehalte diesel sal die syfer beslis nader aan die 160g\/km laat sak wat ons by die Duitse en Sweedse mededingers sien.<\/p>\n<h3 dir=\"ltr\">Prys<\/h3>\n<p dir=\"ltr\">Wat die prys van Hyundai&#8217;s aanbetref, was dit nog altyd een van hulle troefkaarte. Met die nuwe generasie Hyundai&#8217;s het daardie denkwyse nou by die venster uit verdwyn. Die motor voel prima en ding dan ook mee met ander primamotors. Die Kia Sorento wat eintlik maar dieselfde motor is, troef die Santa Fe met sy prys, dog voel en lyk ook nie so prima soos die groot Hyundai nie. Ander vervaardigers soos Audi met hulle Q5 2.0 TDI S Quattro (R534\u00a0000), BMW X3 xDrive 2.0d Exclusive (R569\u00a0000) en \u00a0die Volvo XC60 D5 Elite (R566\u00a0000) lyk en voel in dieselfde klas as die Santa Fe en met \u2018n pryskaartjie van R560\u00a0000 is die Hyundai beslis in die topprysklas. Vir daardie prys kry jy nie net een van die bestes in die parkeerruimte nie, maar ook \u2018n 5-jaar- 150\u00a0000km-fabriekswaarborg met \u2018n 5-jaar- 90\u00a0000km-diensplan.<\/p>\n<h3 dir=\"ltr\">Telkaart<\/h3>\n<h4 dir=\"ltr\">Hyundai Santa Fe 2.2 CRDi Elite 4WD<\/h4>\n<div dir=\"ltr\">\n<table>\n<colgroup>\n<col width=\"255\" \/>\n<col width=\"85\" \/><\/colgroup>\n<tbody>\n<tr>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">Prys<\/p>\n<\/td>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">3 \u00a0\u00a0uit \u00a05<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">Voorkoms Buite<\/p>\n<\/td>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">5 \u00a0\u00a0uit \u00a05<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">Binneruim Kwaliteit en Afwerking<\/p>\n<\/td>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">5 \u00a0\u00a0uit \u00a05<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">Spasie en Praktiese toepassing<\/p>\n<\/td>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">4 \u00a0\u00a0uit \u00a05<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">Agter die stuur<\/p>\n<\/td>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">5 \u00a0\u00a0uit \u00a05<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">Enjin en Ratkas<\/p>\n<\/td>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">4 \u00a0\u00a0uit \u00a05<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">Op die pad<\/p>\n<\/td>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">5 \u00a0\u00a0uit \u00a05<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">Veiligheid<\/p>\n<\/td>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">5 \u00a0\u00a0uit \u00a05<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">Totaal<\/p>\n<\/td>\n<td>\n<p dir=\"ltr\">36 uit 40<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Andr\u00e9 Olivier Hyundai is &#8216;n Suid-Koreaanse vervaardiger van motors sedert die 1960s. Tans is dit deel van die Hyundai Kia Automotive Group; die maatskappy het oor die afgelope paar dekades bestendige groei getoon, met groot sukses in die Europese en Amerikaanse markte. Die verskillende modelle wat deur die maatskappy \u00a0in sy fabriek in Ulsan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,103],"tags":[13647,14048,16269,16272,7172,16267,16266,16270,16268,16271],"class_list":["post-23338","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-s28-motors","category-c94-padtoetse","tag-binneruim","tag-enjin","tag-excel","tag-glasdak","tag-hyundai","tag-hyundai-kia-automotive-group","tag-hyundai-santa-fe","tag-sonata","tag-tsjoeng-joe-joeng","tag-voorkoms"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23338","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23338"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23338\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23338"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23338"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23338"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}