{"id":23328,"date":"2014-03-24T09:17:57","date_gmt":"2014-03-24T07:17:57","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23328"},"modified":"2014-03-25T08:56:52","modified_gmt":"2014-03-25T06:56:52","slug":"bodem-boek-ii-13-die-boerpot","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23328","title":{"rendered":"Bodem boek II, 13: Die boerpot"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 12: Die lys\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23289\">Bodem boek II, 12<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die wagte, Reginald en Tabitha, en drie van die motorfietsers het binne minute teruggekeer, kwetterend soos vinke, grootoog en opgewonde, met \u0149 12,5-kilogramsak mieliemeel en \u0149 inkopiesak met ses blikkies boeliebief en ses blikkies tamatie-en-uiebredie. Ylbaard het beheer van die kokery geneem en \u0149 groot aluminiumpot water op \u0149 gasplaat op die ontvangstoonbank aan die gang gehad.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBroe\u2019!\u201d s\u00ea Lance, die lang motorfietser uitasem toe hulle met hulle skatte opdaag. \u201cVannag fees ons! Ons fees diep!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat het julle?\u201d vra Ylbaard.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBoeliebief, broer, en sj\u00eaba.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJulle die mieliemeel onthou?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBroe\u2019!\u201d s\u00ea Lance geskok. \u201cDis soos om te vra of ek die baaik onthou het op \u0149 brekfis run.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk vra net, want julle Kapenaars het mos iets teen goeie kos.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cPap? Broe\u2019 ek eet vannag die styfste stywepap, ek is so honger, dat die souse so teen my ken afloop, en dan eet ek die sak waarin dit gekom het en dan eet ek die kar waarin die sak gekom het.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy nie van die Kaap nie?\u201d vra ek vir Ylbaard.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVrystater, ek,\u201d s\u00ea hy en vat die sak by Lance en sny die hoek van die geweefde plastieksak weg. \u201cKroonstad.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMoenie dat hy jou spin nie, die outoppie,\u201d s\u00ea Lance. \u201cHy het tiet gedrink op Kroonstad, maar hy is al so lank hier, hy het gatsby\u2019s verkoop aan Van Riebeeck se matrose. Hy is langer as ek in die Kaap en ek is in Goodwood gebore!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het my diensplig gedoen in die lugmag,\u201d s\u00ea Ylbaard. \u201cYoungsfield. Ek was jonk en skraal. Sy was klein en fyn. My pelle het ges\u00ea sy gaan soos haar ma lyk.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat nie so fyn en klein was nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het net gelag. As jy jonk is, gaan jy mos vir altyd leef.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn sy nooit soos haar ma lyk nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMy pelle was reg. Maar toe is dit te laat.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy hou die meelsak onder sy linkerarm en laat \u0149 straal mieliemeel deur die stoomnewels in die pot val terwyl hy dit in die kolkende kookwater met die agterkant van \u0149 lang houtlepel inroer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKroonstad het baie om voor te antwoord,\u201d s\u00ea Micki. \u201cDit moet iets in die water wees, maar Kroonstad het vir ons Max du Preez, Antjie Krog, Andr\u00e9 Saayman en Abel Pienaar gegee.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk weet wie ou Max is,\u201d s\u00ea Ylbaard, \u201cen van \u00a0Antjie Krog het ek al gehoor. Die ander twee nie so baie nie. Maar as ek so na jou luister, dink ek jy is nie erg oor hulle nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLiberale gespuis!\u201d s\u00ea Micki driftig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Gespuis? Ek glimlag. Wat \u0149 keuse vir \u0149 uitdrukking.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk dog ou Max het sy ghoene agtermekaar?\u201d vra Ylbaard.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy sit die sak neer en begin om die pap woes te roer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMax du Preez!\u201d s\u00ea Micki. \u201cDan is daar darem twee wat so dink. Jy en Max. Jy sou van beter geweet het as jy net die moeite gedoen het om praag te lees.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMoenie te kras op Kroonstad wees nie, mooiste,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cDie dorp sal vergoed vir sy skande.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMet hom?\u201d Micki knik haar kop in Ylbaard se rigting.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHy weet darem hoe om pap te maak,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cDis \u0149 begin.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar Kroonstad het nie net ons vriend vir die beskawing gegee nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk ook kom van Kroonstad.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWerklik?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cO ja. Tot anderkant die landbouskool uit.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy is dan so&#8230; Kaaps?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim lag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk dink in jou o\u00eb het my ridderpantser so pas in blik verander en my wit perd in \u0149 donkie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat is dit met julle Kapenaars dat julle dink uitnemendheid is beperk tot suid van Worcester?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee, dis net&#8230; ek kan jou net nie in Kroonstad sien nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit klink soos \u0149 kompliment, of nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar wat van die toneel- en televisieding?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het \u0149 triomf in matriek met die skoolkonsert gehad. Hamlet in Afrikaans. \u2018Omelet, omelet, ek\u2019s jou pa se spook!\u2019<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c Een ding het na \u0149 ander gelei, en teen die tyd wat ek begin besin het oor my plek in die w\u00eareld, was ek besig om drama te swot.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar jy h\u00e9t in die Kaap ge\u00ebindig!\u201d dring Micki aan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSoos ons in ons vriend se geval was daar \u0149 vrou betrokke, maar anders as in sy geval het ek haar Kaap toe gevolg.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSolank sy ook so dik is soos&#8230; Ylbaard se skoonma.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cO, soos \u0149 betonmenger!\u201d s\u00ea Joachim, en dit is \u0149 infame leuen. Ek het die betrokke voormalige mevrou Bekker ontmoet en in haar vroe\u00eb vyftigs sal sy nog steeds mans helfte van haar ouderdom laat mompel wanneer hulle aan haar voorgestel word.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ylbaard se pap is skaflike krummelpap met klein, stywe klontjies. Nadat dit genoeg gestoom het, gooi hy die boeliebief en bredie in \u0149 groot pan en verdun dit met water. Minute later is elkeen van ons oor borde pap en boeliebiefbredie gebuig. Luigi se basiliekruidpesto is net \u0149 aangename herinnering en die eenvoudige kos is soos \u0149 warm liefkosing in my binnekant, meer as net \u0149 heilsame maaltyd, maar \u0149 tikkie kosbare normaliteit in \u0149 nag van grusame abnormaliteit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons het woordeloos en met groot genoe\u00eb ge\u00ebet daaraan toe die wag, Dermot, die deur wyd oopslaan en inbars. Hy kyk rond totdat hy vir Joachim in die dowwe lanternlig sien.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy moet kom!\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie rede?\u201d vra Joachim bedaard.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDaar&#8230; gebeur iets!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood?\u201d s\u00ea Joachim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek sit my bord sonder \u0149 oomblik se huiwering neer, kom op my voete en volg vir Dermot na buite.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit is verbasend windstil, asof die nag asem ophou, maar daar is nuwe naggeluide: Die gedreun van voertuigenjins, krete en dan die tromslae van skote nie ver van ons af nie. Ek en Dermot draf oor die lang staalhek op die grond na die wye gaping in die voorgegotebetonmuur waar dit was. Ons loer om die muur en sien \u0149 groot bakkie, waarskynlik \u0149 dubbelkajuit-Ford F250, en \u0149 20-sitplek-Mercedes Benz-bussie op die punt van die blok. Die Ford is agterop vol driftige figure en manne hang by die bussie se vensters uit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die voertuie draai dwars en hulle hoofligte val op die hek van \u0149 perseel aan die oorkant van die pad. Die kantore is oopgebreek en stukkende meubels en rommel l\u00ea in die parkeerterrein. Na \u0149 minuut stoot die voertuie terug en kom in die pad af in ons rigting en swenk dan skerp na \u0149 besigheid twee persele van ons af. \u0149 Stem vanuit die perseel daag hulle en dan, tot my yskoue skok, is daar \u0149 vlammeflits bo die kajuit van die groot bakkie en \u0149 sarsie skote knal. \u0149 Gil word kortgeknip en die Ford spring vorentoe en daar is \u0149 metaalgeknars wanneer dit deur die hek bars. Die bussie volg kort op die bakkie se hakke.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat is daar?\u201d fluister ek vir Dermot.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBodyworld Panel Beaters.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn langs ons?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDairylife.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Wat \u0149 groot suiwelverspreider dwarsoor die Kaap is (was!)<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons draf terug na die kantoor.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Terwyl die res op tande kners en frons, duidelik senuweeagtig, selfs vreesbevange. Joachim aan die ander kant, \u00a0kom voor asof hy aangeskakel is. Hy sit vooroor op die lessenaar en sy ooglede is ver teruggetrek sodat sy o\u00eb skerp en wakker voorkom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSo, hier is die situasie,\u201d s\u00ea hy. \u201cHelp my reg as ek iets verkeerd verstaan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het \u0149 bende met ten minste een, waarskynlik meer, vuurwapens. Hulle is op \u0149 plundertog en hulle modus operandi is eenvoudig: By \u0149 plek wat belowend lyk, jaag hulle eenvoudig in, skiet voor die voet, breek in, vat alles wat na waarde lyk, en ry dan weer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOp die oomblik is hulle by \u0149 paneelklopper. Tussen hulle en ons is \u0149 melkverspreider. By die paneelklopper is daar heelwat om te stroop. Dit behoort hulle tussen vyftien minute en \u0149 halfuur besig te hou. By die melkery, glo ek, is daar min van waarde oor. Dan is hulle by ons. Skathuis! Hierdie is die boerpot. Hulle gaan nie hier verbyry nie en ons moet aanvaar hulle gaan alles en almal voor die voet skiet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het drie keuses, soos ek dit sien. Ons sit alles af, kruip weg en hoop hulle gaan verbyhou. Dit lyk vir my na \u0149 swak plan. Bo die ingang is Citadel se naam in sesvoetho\u00eb letters geskryf.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKeuse twee: Ons kan vlug. Maar waarheen? En is ons bereid om alles wat ons hier het op te offer? Ek sou s\u00ea, nee.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit bring ons by die enigste werklike keuse.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns hou hulle hier uit?\u201d vra ek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis reg.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het \u0149 paar uitdagings. Ons het net een vuurwapen en \u0149 paar blertsbalroere.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cH\u00e8?\u201d s\u00ea Ylbaard.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cPaint-ball guns,\u201d help ek hom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het ook twee voertuie,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cEk tel nege weerbare mans.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHet jy my getel?\u201d vra Kip, die man wie se ribbes ek gebruik het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Micki het \u0149 stywe verband om sy middeborskas gedraai, maar hy is steeds bleek en dit maak hom ooglopend seer om asem te haal.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het nie,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cJy is krukkelysmateriaal.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTel my,\u201d s\u00ea Kip tussen geknersde tande deur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cDankie, mater.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood, hoeveel van hulle is daar?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cUhm, ek kan nie presies s\u00ea nie. Kom ons s\u00ea vyf voor in die Ford, nog so agt agterop en miskien twintig in die bussie. So, wat is dit? Drie-en-dertig?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit gaan interessant raak,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cTien teen dertig.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDaar is ek en Tabitha ook,\u201d s\u00ea Micki saggies.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTien man plus twee vroue,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cMy dier, ek wil julle nie in die middel van \u0149 geveg h\u00ea nie, maar miskien kan ons vir julle werk uitdink.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Reginald steek sy hand op soos \u0149 skoolkind met \u0149 vraag en Joachim knik in sy rigting.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat van die kanon en die masjiengeweer op julle kar?\u201d vra hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim trek sy o\u00eb groot en grynslag paaiend: \u201cAlles net effekte, mater. Ek\u2019s bevrees jou blertsbalroer is baie dodeliker as my 37 millimeter wat net geraas en vonke kan maak.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSo jy\u2019t vir my gelieg?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee. Dit was nie \u0149 leuen nie. Dit was misleiding.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn die verskil is?\u201d vra Micki.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMens lieg in vredestyd en mislei in oorlogtyd. Lieg is \u0149 euwel, maar misleiding is die goeie bevelvoerder se plig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLuister! Genoeg daaroor. Ons moet \u0149 plan beraam en ons moet dit vinnig doen.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns moet eers probeer vasstel wat die vyand gaan doen. Ek dink dit is maklik genoeg om te raai. Hulle gaan die oop hek sien, hulle gaan die teken sien en dan gaan hulle eenvoudig hier injaag, die Ford voor en dan gaan hulle uitstap, waarmee ek bedoel hulle gaan die voertuie verlaat en voor die voet skiet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou goed, ons voordeel is dat hulle ons nie kan verras nie. Ons weet waar hulle ons gaan aanval en ons weet hoe hulle dit gaan doen.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSo, hoe stop ons hulle?\u201d vra Ylbaard. \u201cAs ons gou maak, kan ons die hek weer hang. Miskien dit blok met van die le\u00eb vraghouers!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee!\u201d s\u00ea Joachim. \u201cOns het nie genoeg tyd om \u0149 behoorlike versperring op te rig nie, en as dit werk, moet hulle van taktiek te verander en ons weet nie wat dit is nie. Dit beteken ons het nie meer die inisiatief nie. Nee. Ons moet hulle toelaat om in te kom en dan moet ons hulle slaan, hard slaan, so hard en so vinnig dat hulle nie kan herstel nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa,\u201d s\u00ea Dennis, \u201cmaar hoe?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHulle moet deur die hek kom,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cEn hulle gaan die Ford gebruik. As ons die Ford kan uitskakel, is hulle planne onmiddellik in die war.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn die bussie?\u201d vra Dennis.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSolank die voertuig buite die perseel bly, het ons die inisiatief.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn hoe gaan ons dit doen?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het die Merk Vier,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cDie pantserkar.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMa\u2019 hy makeer \u0149 kanon,\u201d s\u00ea Reginald. \u201cJy\u2019t self so ges\u00ea.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee, ek het nie. Hy h\u00e9t \u0149 kanon. Wat ons nie het nie, is ammunisie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLuister, nee, ons kan hulle nie skiet met die Merk Vier nie. Maar die kar weeg 6,3 ton en dis kliphard. Julle het gesien wat dit met die hek gedoen het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn ons h\u00e9t die Volkswagen. Ons weet wat ons het. Nou moet ons dit net alles aanmekaar sit.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy haal diep asem.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk weet presies wat ons \u00a0moet doen,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hier is twee dinge om op te merk: Dit het hom drie minute, niks langer nie,geneem \u00a0om die situasie op te som en op \u0149 plan te besluit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Meer merkwaardig nog: Ons het hom sonder huiwering geglo.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">As jy wil weet wat van hom die Maarskalk van die Swartland gemaak het, daar het jy dit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 14: Die goddelose\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23374\"><em>Bodem, boek II, 14<\/em><\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers\u00a0Bodem boek II, 12. Die wagte, Reginald en Tabitha, en drie van die motorfietsers het binne minute teruggekeer, kwetterend soos vinke, grootoog en opgewonde, met \u0149 12,5-kilogramsak mieliemeel en \u0149 inkopiesak met ses blikkies boeliebief en ses blikkies tamatie-en-uiebredie. Ylbaard het beheer van die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=23328\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem boek II, 13: Die boerpot&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-23328","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23328","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23328"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23328\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23328"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23328"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23328"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}