{"id":2332,"date":"2008-07-27T05:53:24","date_gmt":"2008-07-27T05:53:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2332"},"modified":"2008-07-27T05:53:24","modified_gmt":"2008-07-27T05:53:24","slug":"die-blywende-aard-van-die-volkstaat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2332","title":{"rendered":"Die blywende aard van die volkstaat"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\">Muller, &#39;n professor in geskiedenis aan die Katolieke Universiteit van Amerika, skryf in die <a href=\"http:\/\/www.foreignaffairs.org\/20080301faessay87203\/jerry-z-muller\/us-and-them.html\">Maart\/April uitgawe van Foreign Affairs<\/a>&nbsp; (my vertaling): &ldquo;Etniese nasionalisme het &lsquo;n groter en meer blywende rol in die moderne geskiedenis gespeel as wat algemeen verstaan word, en die prosesse wat gelei het tot die dominansie van die etnies-nasionale staat asook die skeiding van etniese groepe in Europa gaan waarskynlik elders herhaal word.&nbsp; Verhoogde verstedeliking, geletterdheid en politieke mobilisasie; verskille in bevolkingsaanwasse, &nbsp;die ekonomiese prestasie van verskillende etniese groepe en immigrasie sal die interne strukture en grense van state uitdaag.&nbsp; Of dit nou polities korrek is of nie; etniese nasionalisme sal voortgaan om die w&ecirc;reld van die een-en-twintigste-eeu te vorm.&rdquo;<\/p>\n<p align=\"justify\">Mense ag die nasiestaat vandag as die vanselfsprekende vorm van politieke assosiasie terwyl die gedagte van &lsquo;n ryk uiters skaars is.&nbsp; Die geskiedenis toon egter dat mense vir langer in Ryke as in Nasiestate gewoon het.<\/p>\n<p align=\"justify\">Gedurende die dae van die Hapsburg- en Romanofryk was die handel- of middelklasse grootliks Duitsers of Jode.&nbsp; In die Ottomaanse ryk was hulle Armeni&euml;rs, Grieke of Jode, terwyl die werkersklasse etnies uiteenlopend was.&nbsp; <\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Die milit&ecirc;re kompetisie tussen die ryke het hulle genoop om te moderniseer ten einde hulle ekonomie&euml; in staat te stel om die nodige weermagte te produseer en te onderhou.&nbsp; Hierdie modernisering van die ekonomie&euml; het massageletterdheid en maklike kommunikasie genoodsaak.&nbsp; Die grootliks landbou-gerigte etniese groepe soos die Tsjegge, Pole, Slowaki&euml;rs en Oekra&iuml;ners het verstedelik, net om agter te kom dat dit onmoontlik is om ekonomies te vorder in werksplekke wat nie jou taal en kultuur deel nie.&nbsp; Sprekers van dieselfde tale het begin om hul lotgevalle as gedeel te ervaar en om hul gemeenskappe teenoor ander te definieer.&nbsp; Uiteindelik het hulle ook begin om state van hul eie op te eis.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Michael P. Todaro en Stephen C. Smith skryf in <em>Economic Development <\/em>dat (my vertaling): &ldquo;Etnisiteit en geloof gereeld &lsquo;n wesenlike rol in die sukses of mislukking van ontwikkelingspogings speel.&nbsp; Dit is duidelik dat hoe groter die etniese- en geloofsdiversiteit van &lsquo;n land, hoe groter is die kans dat daar interne twis en politieke onstabiliteit sal wees.&nbsp; Dit is daarom nie verrassend nie dat die mees suksesvolle onlangse ontwikkelingservarings &ndash; Suid-Korea, Taiwan, Singapoer en Hong Kong &ndash; in homogene kulturele samelewings voorgekom het. <\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Vandag is daar &lsquo;n gewilde illusie dat ons in &lsquo;n w&ecirc;reld van individuele regte, oop grense en internasionale reg leef.&nbsp; Tog ervaar die duisende Afrikane en Asi&euml;rs wat jaarliks sterf in hul pogings om Europa binne te kom dat sy grense in werklikheid nie so oop is nie. &lsquo;n Opname sal toon dat daar in 1900 vele state in Europa was wat nie oor &lsquo;n enkele dominante etniese bevolking beskik het nie, terwyl daar in 2008 slegs twee sulke state oor is, waarvan een (Belgi&euml;) geleidelik besig is om in twee te verdeel.&nbsp; Die separatistiese projek het in Europa gese&euml;vier; nie verdwyn nie.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Suid-Afrika as politieke entiteit is veel meer tekenend van di&eacute; van &lsquo;n ryk as van &lsquo;n nasiestaat.&nbsp; Die grondgebied is so groot soos di&eacute; van Wes-Europa, terwyl elf tale amptelik erken word.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Die apartheidsregering wou nie die nodige finansi&euml;le opofferings maak om etniese nasiestate op &lsquo;n geordende wyse te laat ontstaan nie.&nbsp; Die ANC-regering daarteenoor, skroom nie om die instrumente van modernisering mildelik op die landelike bevolkings te laat neerre&euml;n nie.&nbsp; Die plakkerskampe wat soos paddastoele opspring, toon duidelik aan dat die proses van verstedeliking onstuitbare momentum geniet.&nbsp; <\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Die Amerikaanse milit&ecirc;re skrywer, <a href=\"http:\/\/jimdunnigan.com\/bio.htm#top\">James F. Dunnigan<\/a>, beskryf Suid-Afrika as &lsquo;n moontlike toekomstige konflikgebied.&nbsp; Hy skryf dat multikulturalisme die vloek van Afrika is terwyl Suid-Afrika nie anders is nie; dat demokrasie &lsquo;n hoog aangeskrewe doel is, maar dat dit &lsquo;n glibberige dier is wat in gewapende wanorde opeindig indien dit nie bymekaar gehou kan word nie.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Geweldpleging vorm &lsquo;n omgewing waarin daar meer verloorders as wenners is.&nbsp; Die gedagte daaraan laat my naar word.&nbsp; Dit hoef egter nie die enigste uitweg te wees nie.&nbsp; Om Carel Boshoff (IV) aan te haal: &ldquo;Sedert 1900 het die geografiese gebied wat ons as Suid-Afrika ken oor ses drasties verskillende grondwette beskik.&nbsp; Die nuutste sal in alle waarskynlikheid nie die laaste een wees nie.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">As Orani&euml;r is dit vir my verblydend om te sien hoe die groei van die dorp, ekonomies sowel as demografies, vir Afrikaners aandui dat daar ook vir ons hier in Suidelike Afrika &lsquo;n ruimte is waarin ons onsself sal kan uitleef.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">\u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u043d\u0435\u0442 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d \u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0445 \u0442\u043e\u0432\u0430\u0440\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/58379-istoriya-supermarketov-klass-ot-osnovaniya-do-nashix-dnej.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Die dae van die vorming en oprigting van Volkstate is waarskynlik nie getel nie. &#39;n Amerikaanse deskundige, Jerry Z. Muller, het in &#39;n artikel in <em>Foreign Affairs <\/em>aangetoon hoe modernisering grootliks die oorsaak van etniese selfbewussyn en separatisme is.&nbsp; <\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[21096,2226,2222,21093,2225,2227,2228,2224,2223],"class_list":["post-2332","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-s10-briewe","tag-etniese-nasionalisme","tag-f-e-terblanche","tag-s7-menings","tag-nasiestaat","tag-nasionalisme","tag-orania","tag-volkstaat","tag-volkstate-gaan-nog-lank-met-ons-wees"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2332","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2332"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2332\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2332"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2332"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2332"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}