{"id":23302,"date":"2014-03-23T10:04:05","date_gmt":"2014-03-23T08:04:05","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23302"},"modified":"2014-03-23T17:23:44","modified_gmt":"2014-03-23T15:23:44","slug":"rasstellende-aksie-moet-weg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23302","title":{"rendered":"Rasstellende aksie moet weg!"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-23246\" alt=\"danr2\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\" width=\"292\" height=\"198\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg 292w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2-190x130.jpg 190w\" sizes=\"auto, (max-width: 292px) 100vw, 292px\" \/><\/a>deur Dan Roodt<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/danroodtpage\" target=\"_blank\">Hou van Dan Roodt se Facebookblad<\/a><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is nie seker wie eerste van \u201crasstellende aksie\u201d begin praat het nie. Dis egter een van daardie vindingryke Afrikaanse terme of woordspelinge wat die onreg van huidige regeringsbeleid baie goed uitdruk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rasse word getel en rasse word in \u2018n rangorde gestel. Swart is bo en blank is onder, amper soos die Bybelvers wat s\u00ea:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste. (Markus 10: 31)<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos ek ook verlede jaar <a title=\"Rapport praat ook nou oor Abigail Fisher en regstellende aksie\" href=\"http:\/\/roodt.org\/?p=723\">opgemerk<\/a> het:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik kom alle vorme van regstellende aksie neer op anti-blanke beleid, met die uitsondering van Maleisi\u00eb waar dit teen Chinese gerig is. In verskillende lande word dit verskillend gerasionaliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier by ons moet RA \u2018n meerderheid teen mededinging vanaf die (blanke) minderheid beskerm. In die VSA weer moet die (swart) minderheid teen die voorlopig blanke meerderheid bevoordeel word. Ons weet egter dat die VSA-bevolking kantel en dat daar nou meer nie-blanke as blanke geboortes is, dus sal die argument daar ook mettertyd verander, nl. dat die meerderheid teen die minderheid beskerm moet word.<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onderliggend aan rasstellende aksie is insgelyks \u2018n stuk liberale rassisme, want blykbaar is swartes vanwe\u00eb een of ander aangebore gebrek nie in staat om met blankes in die ekonomie mee te ding nie! Daarom moet hulle, hetsy as minderheid, hetsy as meerderheid, altyd teen blankes bevoordeel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit geld veral die toelatingsvereistes op universiteit waar rasstellende aksie byna oral toegepas word sodat blanke studente van bepaalde studierigtings (veral die sogenaamde gesondheidswetenskappe) uitgesluit word ten gunste van swartes met veel mindere prestasie. Dus, sowel ekonomies as akademies is daar blykbaar \u2018n implisiete erkenning dat swartes oor minder vermo\u00ebns as blankes beskik<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voorstanders van rasstellende aksie verwys egter nooit na vermo\u00ebns of talent nie, aangesien hulle voorhou dat alle mense met dieselfde vermo\u00ebns of talente gebore word. Dis net omstandighede wat veroorsaak dat almal nie op gelyke vlak presteer nie, of dit nou daaroor gaan om \u2018n onderskeiding vir wiskunde in matriek te behaal of \u2018n Springbokrugbyspeler te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alle gebrek aan prestasie onder SA swartes word vaagweg aan \u201capartheid\u201d, \u201cdie geskiedenis\u201d of \u201cvorige benadeling\u201d toegeskryf sonder dat daar ooit na spesifieke voorbeelde van sodanige benadeling verwys word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, hierdie \u201ckumulatiewe benadeling vanuit die verlede\u201d is oorgeneem vanuit die marxistiese diskoers oor \u201ckapitaalvorming\u201d wat op grond van meerwaarde of die uitbuiting van arbeid plaasvind. Die swartman in Suid-Afrika beskik oor \u2018n opgehoopte \u201cbenadelingskrediet\u201d wat tans deur middel van rasstellende aksie \u201cuitgekeer\u201d word. Die kollektiewe blankedom is sy \u201cdebiteur\u201d wat die volgende aan hom verskuldig is:<\/p>\n<ul>\n<li>geld<\/li>\n<li>grond<\/li>\n<li>bevordering<\/li>\n<li>posisies in die staatsdiens<\/li>\n<li>aandele in openbare maatskappye<\/li>\n<li>aandele in private maatskappye<\/li>\n<li>\u2018n buitensporige rol in die land se geskrewe geskiedenis<\/li>\n<li>\u2018n buitensporige rol in die letterkunde, musiek en kultuur van die land<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarskynlik is ek die enigste persoon wat telkens op die rol van die universiteite hamer as dit kom by die vestiging van \u2018n marxistiese w\u00eareldbeskouing in ons land kom. Wits en Kaapstad was op die voorpunt van die institusionalisering van marxistiese denke in die sestiger- en sewentigerjare, waarna dit na die res van die universiteite uitgebrei is. Die Afrikaanse universiteite is natuurlik eers onlangs tot die marxisme bekeer, maar getrou aan die aard van sommige Afrikaners hang hulle vandag kommunisme veel meer fanaties aan as wat hulle in die verlede die NP-beleid verdedig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jaarliks word \u2018n aansienlike gedeelte van die land se hulpbronne en die opvoedingstelsel gebruik om die begrip van swart benadeling aan die publiek tuis te bring, met die geesteswetenskappe wat byna uitsluitlik aan di\u00e9 doel gewy word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika beskik tans oor baie min oorspronklike denke oor die geskiedenis, die ekonomie en etnisiteit, anders as in die verlede. Die Britse marxisme het in die SA universiteite sy grootste afsetgebied in die Engelssprekende w\u00eareld gevind. Arthur Keppel-Jones, oor wie Leon Lemmer verlede week geskryf het, het reeds in die dertigerjare die Universiteit van Kaapstad as \u2018n Britse instelling ervaar:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Yes, my experience at the University of Cape Town first exposed me to liberal values and led me to question the fundamental values of the society in which I had grown up. I later learned that many of my friends who did not have a university education remained racists, while those who did like me became liberal. At UCT, I was taught by professors and lecturers most of whom had a British background. From my schooldays the British influence was a liberating one. Most of my lecturers were not tainted by South African racial prejudice.<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen die sestigerjare het die marxisme egter die Britse universiteite oorgeneem en moes sogenaamde \u201cliberalisme\u201d wyk voor sosialisme en kommunisme. Een van die sentrale argumente van die Britse marxisme, wat natuurlik klakkeloos deur ons koloniale kommuniste hier te lande oorgeneem is, is dat \u201cras\u201d en \u201cklas\u201d in Suid-Afrika min of meer ooreenstem. Selfs waar blankes, veral Afrikaners, in myne of fabrieke gewerk het, is hulle nie deur die Britse marxiste as \u201cware werkers\u201d beskou nie. Die ware werker of suiwer lid van die proletariaat was die swartman. Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty het ook die gedagte van \u2018n etniese federasie soortgelyk aan die Russiese stelsel wat in die laat vyftigerjare deur die Sowjet-akademie vir wetenskappe vir Suid-Afrika voorgestel is, verwerp. Die eenheidstaat met \u2018n Britse kultuur en met Engels as enigste amptelike taal was al waarin Joe Slovo, Ruth First, Rusty Bernstein en ander geharde SA kommuniste belanggestel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die \u201cnuwe Suid-Afrikaanse geskiedenis\u201d van die afgelope dekade of twee is feitlik geheel en al deur kommuniste geskryf, of is op die marxistiese geskiedskrywing met sy hoofsetel in Londen, gegrond. Daardie geskiedenis beklemtoon die skade wat die swartman weens \u201capartheid en kapitalisme\u201d gely het. Die feit dat die meeste winste in Londen opgehoop het, aangesien Britse beleggers nog altyd die room van ons myne en nywerheidsmaatskappye besit het, word gerieflikheidshalwe verswyg. Soos wat Stalin tegelyk kommunis \u00e9n Russiese nasionalis was, is die meeste Britse marxiste sowel links as Brits nasionalisties of imperialisties gesind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons sien dus dat rasstellende aksie soos ons dit deesdae in Suid-Afrika te\u00ebkom, sy wortels in die Britse marxisme het. Daarom verteenwoordig RA \u2018n variasie op die tema van die \u201cdiktatuur van die proletariaat\u201d. Omdat die swartman na die mening van SA\/Britse marxiste die enigste egte proletari\u00ebr is, moet sy oorheersing op alle gebiede ter wille van die \u201ctotale transformasie van die maatskappy\u201d gevestig word. Die uitsluiting van die blanke middelklas uit die ekonomie, tersi\u00eare opvoeding en van landbougrond geskied soortgelyk aan die vervolging van die sogenaamde \u201ckoelakke\u201d in die vroe\u00eb Sowjetunie. Oor die koelakke het Lenin ges\u00ea:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle is bloedsuiers, vampiere, plunderaars van die volk en uitbuiters wat hongersnood misbruik.<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe Stalin aan bewind kom, het hy besluit om \u2018n \u201cklasseoorlog\u201d teen die koelakke te verklaar en het hom in 1930 s\u00f3 oor hulle uitgelaat:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten einde die \u2018koelakke\u2019 as \u2018n klas uit te knikker, moet die weerstand van di\u00e9 klas in \u2018n openlike geveg vernietig word en moet dit van die produktiewe bronne van sy bestaan en ontwikkeling ontneem word\u2026 Dit verteenwoordig \u2018n wending na \u2018n beleid van die eliminering van die koelakke as \u2018n klas.<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Binne die Britse marxisme en sy siening oor Suid-Afrika &#8211; wat die heersiende siening in sowel ons universiteite as ons media geword het &#8211; is ras en klas uitwisselbaar. Rasstellende aksie is daarom, ewe seer as Stalin se beleid om \u201cdie koelakke te elimineer\u201d, daarop gemik om die blanke middelkas te \u201celimineer\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net soos wat kommunisme in die voormalige Sowjetunie \u2018n misdaad teen die mensdom was, is rasstellende aksie in Suid-Afrika besig om in \u2018n misdaad teen die mensdom te ontaard. Dis nodig dat ons dit oor en oor begin s\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke aspek van die propaganda oor rasstellende aksie, maar veral begrippe soos \u201cwitskuld\u201d, \u201chistoriese skuld\u201d, \u201cvorige benadeling\u201d en so meer, moet meedo\u00ebnloos aan kritiek onderwerp word. \u201cTransformasie\u201d as sodanig, asook enige gewaande behoefte daaraan, moet in sy geheel verwerp word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandat Marx en Lenin in 1948 hul Kommunistiese Manifes gepubliseer het, en waarin hulle van die \u201cspook van kommunisme oor Europa\u201d praat, het kommuniste en marxiste nog altyd histeries oor verskille in rykdom, prestasie en geskiedkundige onreg tekere gegaan. In ons land is dit nie anders gesteld nie. Inteendeel, enige bevraagtekening van die \u201ckumulatiewe witskuld\u201d word luidkeels met krete van \u201crassisme\u201d en \u201cfascisme\u201d begroet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die meeste politieke partye soos die ANC, DA, Cope en ander ondersteun rasstellende aksie. Dis nodig dat rasstellende aksie finaal aan die kaak gestel word vir die stuk marxistiese drogredenasie wat dit is, ook tydens debatte in die huidige verkiesing. Voorstanders daarvan behoort ook die eerlikheid te h\u00ea om die klassieke kommunistiese terme soos \u201cdiktatuur van die proletariaat\u201d te gebruik as hulle hul argumente in die openbaar stel, pleks van mooiklinkende Amerikaanse eufemismes soos \u201caffirmative action\u201d wat eintlik sinneloos is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die rasse te tel (kwotas) of bokant mekaar te stel, mag nie langer geduld word nie.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Ondersteun hierdie blad deur by praag <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=19181\">aan te sluit<\/a>.<\/h4>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dan Roodt [followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Ek is nie seker wie eerste van \u201crasstellende aksie\u201d begin praat het nie. Dis egter een van daardie vindingryke Afrikaanse terme of woordspelinge wat die onreg van huidige regeringsbeleid baie goed uitdruk. Rasse word getel en rasse word in \u2018n rangorde [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":23246,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[4798,227,16167,10561,5434,7599,6055,4933,16226,4708,16227,14133,5038,14454,7905,4772,15930,222,16224,12878,9941,16225,7581,4917,4438,5008],"class_list":["post-23302","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-affirmative-action","tag-anc","tag-arthur-keppel-jones","tag-blanke","tag-cope","tag-da","tag-joe-slovo","tag-kaapstad","tag-koelakke","tag-kommunisme","tag-kommunistiese-manifes","tag-lenin","tag-londen","tag-marx","tag-marxisme","tag-ras","tag-rasstellende-aksie","tag-regstellende-aksie","tag-rusty-bernstein","tag-ruth-first","tag-sowjetunie","tag-stalin","tag-swart","tag-universiteite","tag-wit","tag-wits"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23302","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23302"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23302\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/23246"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23302"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23302"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23302"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}